Vrydag 28 Oktober 2022

Suidrak 20 Dag 1

 Ons kom so net voor 06:00 aan die gang en val teen 06:46 in die pad. 



Joubertpas begin net buite Lady Grey en vir die volgende 1:36 "grind" ons die bult uit. Ons pas wissel so tussen 6 en 12 kph en die gradient so tussen 4 en 14%. so "slang" ons hoër die pas uit. Op 'n kol verloor Leon sy balans "koop 'n stukkie grond". Ego kry seerder as hy of sy fiets. Toe ons bo kom besluit die manne hulle wil na die toring ry, wat 'n verdere 5 km bult op is met 'n gradient van 20%, is. Hulle besluit om na 2 km terug te draai.




Bult af gaan holderste bolder en ons binne 'n paar minute weer op 'n gelykte. Ons is egter nog ver van die "onderpunt" want ons ry nou met 'n kontoerpad. 'n Paar kilometer verder daal ons weer en op een van die draaie misgis Erika haar spoed en kry dit net net reg om te stop voordat sy tussen die bosse beland! Ons kruis die Karringmelksrivier en klim anderkant uit om so pas nommer 2 af te merk.
 

So 'n entjie verder kry ons vir Leonico en Derrick wat ons in wag met grondboontjiebotter en Marmite broodjies. Hier sien ek 'n stoeltjie wat my Pa vir Leonico gegee het, vertel vir almal dat die stoel ouer as hulle almal is en gaan sit op die stoel. Ongelukkig staan hy nie stewig genoeg nie en die volgende oomblik lê ek plat op my rug in die pad! Weereens het die ego seerder as die liggaam gekry, alhoewel my linker elmboog 'n bietjie nerf-af is.


Ons val weer in die pad. maar om die draai kom Philip agter dat sy agterwiel lug verloor. Ons probeer met 'n pomp, maar behaal nie veel suksus nie. Hy ry terug na die motors om die wiel met die voetpomp styf te kry. 


Na nog so 'n paar kilometer oorwin ons die Grondnekpas en op 49 km draai ons links op die Lady Grey/Barkley Oos pad, die R58.


Na 'n rukkie besef Philip dat die probleem met sy band groter is as wat hy gedink het. Daar word besluit dat die enigste oplossing is om 'n binneband in te sit. Gelukkig is ons op teer tot in Barkley Oos. Ons vlieg die Kraainekpas af waar ek 'n maksimum spoed van 71.8 kpu behaal. `maar wat afgaan moet weer opgaan en ons spoed verminder tot onder 10 kpu.

Bo gekom is ons weer op die standaard profiel van die teerpaaie in hierdie omgewing wat afdfraendes met opdraendes verwissel. 



Ons stop net buite Barkley Oos vir 'n laaste foto. Daar was 'n hele aantal kandidate vir "mamparra" van die dag, maar ek dink almal sal saamstem dat en vandag daardie "prys" moet kry.



Totale afstand 88.08; totale tyd 7:12; klim 1,656 meter




 







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking