Sondag 30 Oktober 2022

Suiddrak 20 Dag 4

Die aksie begin 06:50. Uit Rhodes is die pad redelik gelyk en dan begin ons klim na die Bokspruitafdraai. Hier word weer fotos geneem om die eerste pas vir die dag te merk naamlik die Bokspruit pas. Daarna volg 'n heerlike afdraend met 'n goeie grond oppervlakte. In hierdie wêreld word elke goeie afdraend gevolg deur 'n goeie opdraend nadat ons oor Bokspruit is begin ons onmiddelik weer klim. Ons kan duidelike tekens sien van hoe modderrig die paaie die vorige week was. Gelukkig het die paaie mooi uit gedroog en is die padoppervlakte is baie goed. 




Ons draai links op die R393 af in die rigting van Elliot. Die pad loop al langs die Sterkspruit en daar is duidelik tekens van boerdery bedrywighede. Alhoewel die pad langs die rivier af loop is daar nie 'n te kort aan bulte nie. Hulle is gelukkig redelik kort. Leon stel voor dat ek verby die Bottelnek afdraai skiet en hulle by die Bastervoetslaanpad kry. Ek stop by die Bottelnek afdraai en neem 'n foto. Daarna is die voort na die Bastervoetdlaanpad. Ek stop by die afdraai en wag 20 minute. Die wind het in tussen opgekom en waai in die rigting van die pas. Die ander het Bottelnek tot bo gery maar Erika het besluit om dit 'n mis te gee een geniet Leonico en Derrick se geselskap onder die pas op 'n stil plek waar die wind nie waai nie. Hulle nuttig ook 'n ietsie om te eet en drink koffie. 





Ek het verstaan dat ons vir Leonico en Derrick iewers tussen Bottelnek en Bastervoetslaan sal kry. Aangesien ek hulle nog nie tee gekom het nie, aanvaar ek dat hulle oppad ba die Bastervoetslaan sal wag. Dit het egter geblyk dat hulle by Bottelnek afgdraai het en aan die voet van die pas gewag het. 



Ek ry dus maar aan. Aangesien ek niemand teekom nie, besluit ek om aan te stoot na die bopunt van die pas. Ek het 2020 die pad saam met swaar in sy Fortuner gery, so ek het 'n goeie idee van die toestand van die pad. Die pad is rof maar nie te styl nie. Indien ek momentum behou word, kan ek aan hou met ry. Ek kry dit reg om voort te boenner en dit neem my 48 minute om die 5.5 km uit te klim.



Die sterk wind van agter het beslis gehelp om hierdie bult te oorwin! Net nadat ek die bopunt bereik, begin daar 'n paar groot reën druppels te val. Ek kruip agter 'n klip weg en so 15 minute later daag die ander ook daar op. Leonico maak dit ook tot bo met die bakkie. Die gebruiklike fotos word geneem en dan begin die terug tog aan gesien ons nie hier bo-oor ry nie, maar terug draai om nog die Barkley pas af te ry en vannaand in Elliot te slaap. 


Nou moet ons teen die wind in ry en so elke nou en dan word ons met 'n paar haal korrels en groot reën druppels getyster. Nadat ons weer by die R393 aansluit, raak die weerlig en donderweer ook al erger. Ons sien gereel weerlig strale en die wolke donder. Dit begin harder reën en ons raak nat. By die R56 draai ons links af Elliot toe.


Ons gaan die Barley pas teen 'n malle spoed af. My maksimum was 77 kpu terwyl van die ander tot 84 kpu behaal het. Gelukkig het dit ophou reën en die wind veroorsaak dat ons gou droog raak. Dit is darem ook nie te koud nie met 'n temperatuur van so 13 grade celsuis. Die laaste 10 km dorp toe is redelik gelyk en die ander laat my toe om die pas aan te gee sodat hulle nie vir my wegry nie. 


Na 9:21 en 115.33 km kom ons by ons bestemmimg vir die dag aan. Die ander het so 8 km en 'n half uur langer gery. Voorwaar weereens 'n besonder dag.






 




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking