Saterdag 29 Oktober 2022

Suiddrak 20 Dag 3

Die groep kom 06:50 weg. Ek ry nie die eerste deel saam nie. Ek ry saam met Leonico en Derrick na die halfpad merk by die reunes net bokant Tena Head. Ons val net na 08:00 in die pad. Die pad is rof en dit neem ons 'n uur tot by die bopunt van Naudesnek. Ons 'n entjie anderkant af om 'n plek te kry waar die ondersteunings span ons kan in wag met koffie en beskuit. Terug na die Tena Head afdraai en deur na die reunes. Die pad is redelik tot waar die Traveres in kom. Van daaraf aan is dit baie rof. Ons is 10:00 daar en maak vuur. Die wind waai en dit is rederlik koud. Die hout is nat en die vuur sukkel! Ons oorweeg dit om die gaar tjops wat ons het net warm te maak indien hulle nou opdaag en die worst e braai vir later vanmiddag se beplande ontmoeting. Dit naderhand 11:00 en daar is nog geen teken van hulle nie. Intussen het die vuur darem behoorlik begin brand en ons kan die wors begin braai. 

Intussen ry die vier Carlislehoekspruit pas uit, maar dit gaan ook maar moeilik. Die gradient is kwaai en daar moet so hier en daar gestoot word. Verder is ek nie daar nie, so hulle kry nie soveel ruskans soos die vorige dae toe hulle vir my moes wag nie. Hulle gebruik toe maar die “verskoning” om te sê “kom ons wag vir Lippus" (my naam op die toer), wanneer hulle ‘n ruskans soek. Dit was pas nommer 10.


Dit neem langer as beplan om by die Tiffendale/Tena Head/Traverse se afdraai pad te kom. Verder is die pad ook baie rof wat hulle vordering kortwiek.

By die reunes besluit ek om in die pad aft e ry om te kyk wanneer hulle oor die bult kom sodat ek vir die ander kan laat weet hulle is oppad. So net voor 12:00 sien ek die eerste een oor die bult (wat seker so 10 minute weg is) kom. Dit was pas nommer 11. Ek jaag terug om die ander te laat weet. Daar word vining ge-eet en koffie gedrink. 

Na ‘n beraadslaaging word daar besluit om dit te oorweeg om net tot by die blou “container“ te ry en dan te besluit of ons die res van die dag se schedule gaan volg. Ons val 12:34 in die pad. Dit neem ons so ‘n half uur om bo te kom. Dit was pas nommer 12. Somme word gemaak en ons besluit da tons te laat gaan klaar maak indien ons by ons oorspronklike plan hou. Daar word dus ooreengekom om terug te gaan Tena Head toe, daar iets te drink en dan Rhodes toe te ry. 

By Tena Head aangekom kry ons die ander twee ook daar. Nadat ons die innerlike versterk het, val ons in die pad Rhodes toe. Ons skat dat dit ons so 2 uur sal neem om die net meer as 34 km af te lê. Die wind waai dat dit klap, maar gelukkig meesal van agter. By die Naudesnek aansluiting pomp die wind behoorlik. Ons neem ‘n paar fotos env al weer in die pad. Alhoewel die Mountain passes se teken hier is, is die hoogste punt so ‘n verdere 5 km in die pad af. Aanvanklik daal die pad maar dan klim hy weer ongeveer 2,600 meter. Hier word daar weer fotos geneem en dan begin die daling in alle erens.


Dit was pas nommer 13. Vir die volgende 10 km is dit ‘n adrenalien vullende jaagtog teen die pas af met sy al om bekende haarnaald draaie. Met ongeveer 15 km oor raak die pad gelyker, maar van hier tot in Rhodes is daar bykans 15 “pimples” wat dit moeilik maak om ‘n goeie gemiddelde spoed te handhaaf. Van die “pimples” is maar klein, maar daar is ‘n paar ernsiges ook. 

Alles verloop gelukkig goed en  ons bereik Rhodes teen 16:30. Ons stem almal saam dat dit die regte roep was om ons beplanning vir die dag aan te pas. Indien ons by ons oorspronlike gehou het, sou ons seker eers 19:30, in die donker en sonder ligte, klaar gemaak het. 








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking