Saterdag 29 Oktober 2022

Suiddrak 20 Dag 2

 Ons kom 06:48 weg. Die eerste paar kilometer tot by die Tiffendale afdraai pad is teer met ‘n paar gematigde klimme. Die grondpad waarop ons afdraai is in ‘n baie goeie toestand. Nadat ons oor die eerste bult is, is daar ‘n heerlike afdraend na die lifelike Loch brug wat in 1893 gebou is en nog steeds stewig staan. Behalwe vir die feit dat dit ‘n engineurs wonder is, is dit ook  ‘n lieflike brug wat mense aan die “viaducts” wat die Romeine 2,000 jaar gelede gebou het, laat dink. Na die brug begin die eerste pas. Halfpad teen die pas uit sien ons die oorblyfsels van die ou “reverses” treinspoor wat gebruik was om die trein deur die Kraairivier vallei te kry. Daar is ongelukkig nou net tekens daarvan. Al die trienspore is óf opgetel óf gesteel! Die klim is geleidelik, maar lank. Daar is geen teken wat die pas se naam aandui nie en ons besluit om dit die Lochbrug Reverses pas te noem. Leon stel later was dat die pas se naam eintlik Tierkrans pas is.


 

Dit word gevolg deur die Winternek pas, wat nie groot uitdagings bied nie.


Daarna volg die Bulloch pas, wat mooier is en ook meer van ‘n uitdaging. Hier loop ons vir Ray Stephson, wat al 'n paar Freedom Challenge "events" gedoen het en in die omgewing boer, raak.

Op 45 km kom ons by die Ludeansnek/Tiffendale furk en gaan regs Tiffendale toe. So ‘n entjie verder kom Leonico en Derrick by ons verby. Ons kry ‘n lekker koelte kol onder ‘n paar bome en stop vir ‘n ietsie om te eet. Hulle het vir ons heerlike eier en spek broodjies met skyfies by die Royal Guest House gekry en ons ontspan lekker terwyl die water vir koffie op die gasstofie kook.

Na 37 minute val ons weer in die pad. Dit is ‘n liefkike pad oor stroompies en deur laanings bome. Net na die Bidstone gaste plaas kruis ons weer ‘n strookpie en dan begin Volunteershoek pas.

 

Die profile op Garmin dui aan dat ons in is vir ‘n ding.


Die klim is 17.8 km lank met die eerste deel wat wissel tussen 10 en 21%. Daar is selfs ‘n deel waar die gradient by 26% gaan draai. Baie dele is ook baie rof, wat dit moeilik maak om te ry.

Die groep wag so elke nou en dan so dat ek hulle kan in haal. Na 67 km kom ons by die teken wat die pas se naam aandui.

Ons het ooreengekom dat ek nie die Tiffendale/Ben Macdhui gedeelte gaan doen nie en die res van die groep ry vooruit. Dit raak redelik koud met ‘n sterkerige bries reg van voor. Ek is baie dankbaar dat ek nie my ‘windbreaker” by die motor gelos het toe ons ge-eet het nie! Na ‘n verdere paar kilomete. kom ek by die Tiffendale afdraai pad en hou stil om ‘n paar fotos te neem. Hier is daar selfoon ontvangs en onderwyl ek besig is om fotos te neem lui my selfoon. Francois Meyer wil net weet hoe dit gaan en wat ek doen. Hy is baie jaloers toe hy hoor waar ek is!



 

Ek val weer in die pad na die bopunt van Carlisleshoekspruit pas se bopunt, waar ons gereēl het dat ek vir hulle sal wag. Hier draai die wind na van agter, wat die koue so ‘n bietjie wegneem. Ek ry ook verby die Tena Head traverse afdraaipad wat op die volgende dag se program is. Die pad gaan redelik op en af, maar is meesal rybaar. Daar is gedeeltes wat redelik verspoel is en vir ‘n motor ‘n probleem kan wees, maar met die fiets gaan dit maklik.

 

Ek beriek die Carlisleshoekspruit pas teken na 9 uur se ry. Ek maak myself gemaklik agter ‘n randjie waar die vlouerige son my so ‘n bietjie warmer kan bak. Ek lê rustig en dut so elke nou en dan in.


Na 57 minute daag die res van groep op. Ek neem gou ‘n foto van die pas se naambord en dan volg die tog teen die pas af.

Dit begin redelik rustig, maar dan verander dit in sement stroke wat teen ‘n gradient 21% ons die bult af jaag. Na die sement is daar nog so ‘n entjie pas en dan  is ons in die vallei. Die pad is goed en meesal afdreand met so hier en daar ‘n bultjie. Nadat ek 93 km gery het, sluit ons by die grootpad na Rhodes aan. Nog net 3 km eindpunt toe. Na 11:14 kom ons by ons bestemming aan. Die res van die groep het 106 km gery en  3,000 meter geklim. Dit was voorwaar nie ‘n maklike dag nie. Verder was die pad op na Macdhui so sleg dat dit nie rybaar was nie. Af was beter maar het ook maar sy uitdagings gehad.








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking