Vrydag 07 Junie 2019

In memory of Adré

'n Paar van Adré se kollegas by die werk het na sy dood besluit hulle moet iets doen om sy heengaan meer viseul te maak. Hulle het 'n ou fiets kry, hom wit geverf, 'n stuk yster aan die "bottom bracket" vas geswys en in die vroeë oggend ure van Februarie 2016 (ongeveer 'n jaar na die ongeluk), die fiets in Milnerton, regoor die MyCiti Woodbridge Island busstop waar die ongeluk gebeur het, in die grond in gesement.
Die fiets het vir twee en 'n halwe jaar daar gestaan. Ons het baie positiewe terugvoering van die publiek gekry oor die aandenking en wat dit verteenwoordig. Gedurende die twee jaar het ons hom twee keer geverf om seker te maak dat iemand nie kla oor 'n slordige en verroeste fiets wat die munisipaliteit se tuin ontsier nie. Gedurende Mei 2018 het ek agtergekom dat die fiets skuins staan. Met nadere inspeksie sien ek toe dat die swyswerk tussen die "bottom bracket" en die sement besig is om los te kom. Ek vra te vir iemand om my te help om dit weer stewig te maak. Dit kort daarna gedoen. Gedurende die naweek van 24 September 2018 het die fiets egter "verdwyn". Ek het by die persoon wat die video kamera's langs die pad monitor, probeer vasstel of hulle kon sien wie dit gedoen het, maar sonder enige welslae. Ons was redelik seker dat dit nie die Munisiplaitiet was nie, want die blomme en foto aan die boom is nie verwyder nie. Ons het toe tot die gevolgtrekking gekom dat die "bosslapers" seker die fiets gesteel het om as "scarp" te verkoop. Smile 90.4 FM Radio het 'n paar weke later 'n ope lug uitsending van oorkant die pad gehad en die fiets en die feit dat dit weg is, was een van die groot besperkings punte.

So is daar toe 'n prosses aan die gang gesit om weer 'n fiets te "plant" maar die keer met die Munisplaitiet se toestemming. Die proses het gedurende November 2018 begin. Een van Adré se kollegas kry 'n ou fiets en reël dat daar twee 2.5 mm ysterstawwe aand die "bottom bracket" vasgeswys word, sodat die hele kontrepsie stewwiger sal wees. Ek neem die fiets na 'n plek in Parow wat dit vir ons "epoxy coat" en wit verf.
Nou wag ons net vir toestemming. Na 'n paar oproepe en eposse, was daar 'n ter plaatse vergadering gehou. Die gevoel was dat daar geen rede is hoekom dit nie gedoen mag word nie, maar niemand was bereid om toestemming te gee dat dit wel gedoen mag word nie. Paaie het die besluit na Parke verwys! Ek het die volgende motivering vir die "plant" van die fiets ingedien:

Thank you for meeting with me on Monday at the sight where we would like to put a ghost bike. I am forwarding the email from Robin so that you can see what the bike, which was in this position for two and a half years, looked like. This bike was placed without the necessary permission during early hours of February 2016. The actual accident happened at 19:07 of Tuesday 20 January 2015. This ghost bike did become a reference point for many people in creating an awareness for people who died in cycling accidents. After it was removed, we suspect by vragants to sell as scrap metal, we received numerous enquiries as to what happened to it. In other words it was noticed by many people and respected for what it represented. We also feel that the fact that it remained there for more than two years did create a president for the viability of such a structure and what it represented.

I also like to refer you to the latest news letter from the President of the Western Province Pedal Power Association wherein they encourage people to join a memorial ride to sights in Durban where symbolic 'ghostbikes' were to be erected in memory of cycling killed on public roads. We have also seen pictures of bikes erected at places where accidents have happened, so this is something is done on a reasonable regular basis.

We would like to appeal to you to grant us permission to erect a replacement on the sight where the previous bike was erected. We will undertake to ensure that only the bike will be visible above the ground and to replace all plants damaged during the placement process. As you can see from the attached photos, the "wild figs"cover the bottom of the wheels in no time. We also undertake to ensure that the condition of the bike is maintained in such a way that it do not become unsightly due to rust and ware and tare. We have all ready acquired a replacement bike and had in epoxy coated to protect it against rust.

You are welcome to contact me if you do require any further information or want to meet with me again to discuss this matter further.

Ek het erkenning van ontvangs van die skrywe gekry, maar vir die volgende drie maande het niks gebeur nie. Na 'n opvolg epos het daar weereens 'n paar eposse tussen verskillende Departemente begin vloei. Almal bevestig dat dit nie 'n probleem behoort te wees nie, maar niemand wil goedkeuring gee nie. Ons besluit ons gaan weer die reg in eie hande neem en 25 Mei word bepaal as die dag wanneer die nuwe fiets "geplant" gaan word. Gedurende die week voor die "plant" sou plaasvind kry ek weer 'n oproer van die Superintedent van Parke. Hy wil my graag by die plek waar ons die fiets wil plant, sien. Ons ontmoet en hy deel my mee dat hy nie vir ons toestemming kan gee om voort te gaan met die planting nie, maar hy gaan ook nie sê ons mag dit nie doen nie. Ek bedank hom en deel hom mee dat dit beplande "planting" reeds geskedilleer is.

Op Saterdag 25 Mei kom Wynand (my skoonseun), Johan Lotter (wat die "ready mix" voorsien), Donovan en Schalk by die beplande plek bymekaar om die fiets te "plant". Ons maak eers 'n stuk grond skoon deur die plantegroei netjies opsy te skuif en grawe 'n groot gat, plaas die fiets in die gat, sement hom behoorlik vas en bedek die bogrond weer met die plante. Die hele prosses neem ongeveer 1 uur. 




'n Week na dit kry ek 'n epos wat sê dat bankies met name op aanvaarbaar merobalia is, maar iets meer substantieël soos 'n fiets is nie eintlik aanvaarbaar nie. Die fiets is egter nou al reeds geplant en ons gaan hom nie nou verwyder nie! Na nog 'n week kry ek 'n oproer van die persoon van paaie wat by die heel eerste ontmoeting was. Hy deel my mee dat hy nog net so een of twee dinge wil uitsorteer, maar in beginsel gaan hulle toestemming gee dat ons met die "plant" van die fiets kan voortgaan. 

So kom dit dan dat die fiets weer op sy plek is en as baken/nagedagtenis dien vir 'n geliefde seun en kollega.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking