Dinsdag 18 Junie 2019

Van 8 dae in ICU na die Freedom Challenge Race Across South Africa

13 November 2018. Die dag sal ek sekerlik nooit vergeet nie. Dit het begin met 'n 08:00 vergadering in Seepunt wat tot net na 09:00 aangehou het. Oppad huistoe het ek my motorfiets by die Engen garage in Seepunt vol gemaak en koffiebone by Beans for Africa in Montagu Gardens gekoop. Ek was so net na 10:00 tuis en het gou aan die werk gespring. Daar was 'n paar goed wat ek nog gedoen wou kry voordat ek 14:00 'n CBMC Forum vergadering by All in the Kitchen in Blaauwbergweg moes bywoon. 

Ek spring so 13:45 op my Blackbird en sit af All in the Kitchen toe. Ry met Marinerylaan teen die kus af met Tafelberg in die agtergrond. By die sirkel verminder ek spoed en draai in Blaauwbergweg af. Die verkeerslig by Marinesirkel is groen! Daar staan 'n Taxi, maar ek het reg van weg en ry rustig voort. Die volgende oomblik tref ek die Taxi, wat besluit het hy gaan 'n u-draai reg voor my maak! 

Ek eindig op die sypaadjie tussen die pale van die verkeersligte. Ek besluit onmiddelik ek is OK en sit regop teen die paal en begin my valhemel afhaal. Daar is onmiddelik mense om my wat sê ek moet bly lê en nie my hemel afhaal nie maar ek het dit klaar gedoen. Ek is by my volle bewyssyn en vra dat iemand my selfoon, wat in my linkerbroeksak is, vir my moet gee sodat ek vir Sue kan skakel. Ek is dankbaar dat ek dit self kan doen, veral in die lig van Adré se nootlottige ongeluk vier jaar gelede.

Mense drom om my saam en iemand het die ambulans laat kom. Daar is paramedisie op die toneel. Hulle vra of ek my tone kan beweeg en die resultaat is posetief. Dit is 'n goeie teken. Ek is bewus dat die Taxi bestuurder vir iemand sê dat die lig rooi was. Sue is binne 'n paar minute daar en alhoewel sy redelik ontsteld is, is sy dankbaar dat ek ek skynbaar nie te ernstig beseer is nie. Die ambulans arriveer. Hulle wil my Blouberg Netcare to neem, maar ek dring daarop aan dat hulle my na Milnerton se Mediclinic toe neem. Ek was al 'n paar keer daar en hulle het al my data daar. Ek voel ook net meer gemaklik om daarheen te gaan. Ek het gedurende Januarie 'n afskrif van die ongeluksverslag by die verkeerspolisie gekry. Daarin bevestig getuies dat die lig groen was en dat die Taxi my spoed, wat nie meer as 40 kpu kon gewees het nie, onderskat het!

Hulle stut my nek, skuif my op 'n bord en plaas my so oor na die ambulans. Net voor die ambulans vertrek, loer Mike Smit in! Dit is 'n riem onder die hart! Die rit Milnerton toe is 'n nagmerrie. Ek voel elke hobbel in die pad en die ongemak tydens die reis is onbeskryflik. Ek het nie ernstige pyn nie, maar die ongerief is onbeskryflik! Ek onthou dat ons by die hospitaal gekom het en in die gebou ingestoot is, maar van daar totdat ek op 'n bed in "ICU" tot rus kom, is 'n blur! 

Ek lê op my rug en kan nie eintlik beweeg nie. My bors is vol slym, maar ek kan nie hoes nie, dit is te seer omdat my longe in die ongeluk gekneus is! Mense kom en gaan. Ek is dankbaar dat ek my voete kan beweeg, met ander woorde ek het nie lewensgevaarlike rugbesreings opgedoen nie! Daar is heelwat dokters wat gereeld 'n draai by my bed maak. Na 'n ruk begin ek hulle ken: Dr Weinriech die Internis, Drs Ebrahim  en Thompson die Nuroloë, Dr Engelbrecht die Plastiese Chirug, Dr Smith wat op trauma diens was en na my hand omsien. 

My beserings is drie ernstig beskadigde rugwerwels (5, 6 en 7), twee gekraakte skouerblaaie , kwaai kneussing van longe, seer borsbeen, 'n paar gebreekte ribbes, twee gebreekte beentjies in my regterhand, 'n groot los stuk vel aan my regter pinkie en 'n stukkende regterknie. Die gekeunsde longe en beskadigde rugwerwels is die rede hoekom ek ses dae in die hoësorg eenheid moes bly voordat hulle kon opereer. Niks wat nie met operasies en tyd kan hertsel nie!

Ek kry natuurlik 'n katteder en sal een of ander tyd 'n nommer twee in 'n pan moet doen! Ek kry nie eintlik kans om goed te slaap nie want my bloeddruk word elke twee uur geneem. Ek het nie eintlik veel van 'n eetlus nie en op dag twee raak ek twee keer van kos ontslae, onder andere gedeeltelik oor een van die verpleegsters! Ek moet ook gewoond raak aan die feit dat ek deur verpleegsters, mans sowel as vrouens, gewas word. Dit is nogal 'n "humiliating" ondervinding! Ek ondergaan twee keer per dag fissioterapie. Hulle werk veral aan die slym op my bors.

Dr Engelbrecht kom werk die vel van my pinkie, wat skynbaar tussen my bors en die Taxi vasgedruk was en los geskeur het, vas. Dr Smith lig my in dat hy twee plaatjies in my regterhand gaan plaas om die beentjies wat gebreek het, te spalk.

Na 'n paar dae kom wys Dr Thompson wat hulle beplan om met my rug te doen. Hy sê hulle noem dit "scaffolding" wat hulle in my rug gaan sit. Werwel 5, 6 en 7 is redelik ernstig beskadig, veral 5 en 7. Hulle gaan twee skroewe in 4, 6 en 8 anker en een in 5 en 7. Die 8 skroewe word dan met twee titanium stawe verbind om werwel 4-8 te anker. Die prognosis is 'n volkome hetstel, mettertyd! Ek mag dalk probleme hê om my nek te draai en agter my te kyk.

Ek is redelik oorweldig deur al die mense wat my besoek. Dit is voorwaar baie bemoedigend wanneer mens heeltyd op jou rug moet lê en nie veel kan doen, maar dan is daar elke nou en dan die gesig van 'n bekende wat kom kyk hoe dit gaan. Verder was Mediclinic besonder toegeeflik met besoek tye en het hulle nooit iemand wegewys nie.

Die dae gaan stadig verby en ek oorleef my eerste opelyf op 'n bedpan! Operasies kan eers op dag 7 en 8 plaasvind as gevolg van my longe wat ook seer gekry het en eers moet herstel. Ek verwyl die tyd deur musiek te luister. Ek kan nie lees nie want ek moet plat lê en dit is te vermoeiend om heeltyd met jou arms in die lug te lê!

Maandagoggend opereer hulle my regterhand. Dinsdag is dit tyd vir my rug. Voordat ek narkose kry verduidelik hulle hoe hulle my gaan draai. Wanneer ek wakker word is ek terug in ICU. Ek het geen pyn nie, voel net baie ongemaklik.

Woensdagmiddag laat hulle my toe om op te staan en in 'n stoel te sit. Donderdagoggend neem ek my eerste tree in 9 dae. Donderdagmiddag loop ek in die gang af en klim weer trappe. Vrydag word ek na 'n gewone kamer verskuif! Sondag 25 November, na 13 dae in die hospitaal, word ek ontslaan.

My eerste opvolg besoek aan Dr Thompson, wat my rug gedoen het, is op Dinsdag 11 Desember. Hy verwyder die pleisters van die sny op my rug en spreek sy tevredeheid met my vordering uit. Hy gee my toestemming om op 'n oefenfiets te ry. My volgend afspraak met hom is 11 Januarie 2019.

Ons gaan kuier 26 Desember vir Lizanne en Wynand op Kleinmond en ek bestuur vir die eerste keer motor sedert die ongeluk. Ek stap ook baie tydens die paar dae daar, oder andere teen die koppie agter die dorp uit.

My opvolg besoek aan Dr Thompson op 11 Januarie verloop baie goed en hy gee my toestemming om weer fiets te ry en ook om voort te gaan met my plna om in Junie aan die Freedom Challenge deel te neem. My eerste wedren is die 2019 Argus Cape Town Cycle Tour op 10 Maart. Voorbereiding vir FCRASA begin op 16 Maart met die Eroica in Montagu oor 137 km, gevolg deur 'n "oefenlopie" met Stettynskloof op en terug te veot op 27 April, en dan die AMARider 100 miler op 13 April oor 163 km, Platteklip Gorge op 11 Mei en 'n rondomtalie rit oor Riebeek Kasteel van 190 km op 18 Mei.

Ek vlieg 16 Junie Durban toe en begin 18 Junie met die Freedom Challenge vanaf Pietermaritzburg na Wellington, 'n afstand van 2,200 km met 30,000 meter se vertikale klim en meesal gronspaaie! 


1 opmerking:

  1. Meestal grond paaie ja! Maar daar is ook heelwat bergklim betrokke en rivier kruisings, dus nie so eenvoudig nie !!

    AntwoordVee uit