Dinsdag 14 Februarie 2023

Tankwa Trek Dag 4

 



Vir een of ander rede het ek dit weer reggekry om in die C Groep te beland. Die wiele begin 06:52 rol. Vir die eerste 1.5 km volg ons dieselfde pad uit as al die vorige kere. Dan draai ons links en volg die roete van ‘n vorige keer se “Prolog” in ‘n suid oostelike rigting van Kaleo. Na ‘n aanvanklike “jeep track” tot by die teerpad, waar daar ‘n oponthoud is om oor ‘n A-raam te kom, ry ons al langs die pad om ‘n lekker “single track”. Ooe die grootpad en teen die bult uit. Na ‘n rukkie is Johann de Bruyn, wat agter my in ons groep weggespring het, agter my. Hy deel my weereens die “goeie nuus” deel dat my agterwiel besig is om pap te word! Ek hou stil en pomp maar weer en maak seker dat die wiel lekker styf is! Ons is nou meesal op “single tracks” en die pas is goed. Ons kruis weer die grootpad volg ‘n stukkie van Saterdag se roete en dan al teen ‘n heining af in ‘n noord oostelike rigting. Die pad oppervlakte is goed, my agerwiel hou en ons “laatwaai”! Die eerste waterpunt is op 24 km. Ek gebruik die geleentheid om my agterwiel met ‘n voetpad pomp lekker hard te pomp, gryp ‘n galsie of twee Coke, maak my waterbottel vol gen val weer in die pad.

 

N a’n entjie op ‘n distrikspad, draai ons weer af op “single tracks” deur die veld en dan weer teen ‘n rant uit. Die roete is redelik tegnies en die pas verslap aansienlik. Party van die deelnemers sukkel maar om momentum te behou teen die tegniese gedeeltes bult op. Ek kry dit darem reg om aan die gang te bly en ry lekker. Dit lyk darem of my agterwiel probleem opgelos is. Ons ry om ‘n redelik groot koppie en sluit aan by ‘n gedeelte wat ons Donderdag tydens die ”Prolog`” gery het. Op 42 km is daar weer ‘n waterpunt. Na ‘n kort stop, rol die wiele weer. Ons ry onder andere ook by die styl damwal, waar ‘n paar mense Donderdag geval het, af. Dit word gevolg lekker “Single tracks” en ‘n lekker uitdagende afdraende, waardeur ek, stadig maar sonder enige probleme, navigeer. Die pas is lekker hoog en die einde kom nou vining nader. Oor nog ‘n paar bultjies en dan by die swemgat verby einde toe.

 

55 km in 4:02 met 831 meter se klim en so eindig nog ‘n Tankwa Trek. Dit was voorwaar ‘n besondere naweek en ek het die uitdagings wat die roete aan ons gestel het werlik geniet. Totale tyd was 21:12:23 oor 270.09 km met 4,987 meter se klim.












Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking