Dinsdag 14 Februarie 2023

Tankwa Trek Dag 3

 Ek is opgegradeer na Groep C! Ek verkies eintlik om in die laaste groep weg te spring want dan weet ek ten misted at ek beter as almal gedoen het wat na my klaar maak. Nou is dit ‘n geval van dat almal wat binne 8 minute na my klaar maak, beter as ek gedoen het. Die gaping tussen die groepe is 8 minute.

 

Ons kom 06:51 aan die gang. Ons volg dieselfde pad as gister tot by die begin van die Witzenberg valllei. Hier draai ons egter nou links om met die ou Gydopas af te ry. Johann de Bruyn, wat In Groep D weggespring omdat hy die vorige dag vir Egbert gewag het, haal my aan die begin van die pas, na 51 minute se ry, in. Dele van die pas is redelik rof end it is ‘n goeie vervanging vir Du Toits Drop waar osn in die verlede af gegaan het. Die het egter verspole en is nog nie weer reggemaak nie. Onder is daar ‘n verpligte “portage” om onder deur die teerpad te gaan. Dit word gevolg deur ‘n paar kilometer deur boorde voordat ons die heuwels Oos van Prins Alfred Hamlet aandurf. ‘n Deelnemer, wat by my verby kom, lig my in dat my agterwiel papperig is. Ek hou stil en pomp hom styf en ry aan. Dit is na 1:33 se ry en 25 km. Na 2:14 (35 km) kom ek by waterpunt 1 aan. Ek toets die wiel en hy is nog styf. Nadat ek iets gedrink het en waterbottel vol gemaak het, ry ek verder. 

 

Die roete van waterpunt 1 tot 2 is redelik op en af met geen lang klimme nie, maar ‘n paar kort en veeleisende bultjies. Die oppervlakte is ook baie klipperig end it is moeilik om ‘n goeie pas te handhaaf. Op 54 km (3:55) kom ek by waterpunt 2.


Die wiel hou nog! Hierna begin die erstige klimme van die dag. Ons klim  oor die volgende 20 km van 733 meter na 1,801 meter en dit neem my bykans 3 uur! ‘n gemiddelde spoed van net 6.67 kpu. Die eerste 3 km na die begin van die Ou Wapad neem 12 minute. Die maksimum temperatuur wat ek op my Garmin gesien het, was 46.5 grade Celsius. Dit is warm! Die Ou Wapad is 4 km lank en ons klim 260 meter gedurende die volgende 30 minute.


Dit word gevolg deur ‘n redelike “bedeesde” stuk van 5 km waartydens ons 20 meter klim tot by waterpunt 3. Nadat ek weer ‘n paar glasies Coke gedrink eh ten my waterbottel vol ys en water gemaak het, pak ek die Merino Monster! 

 

Die Monster is ongeveer 9 km lank en ons klim bykans 1,000 meter. Die gemiddelde gradient is so tussen 8 en 12% maar daar was ‘n paar keer wat ek 18 en selfs eenkeer 21% gesien het. Gelukkig trek daar ‘n windjie en die temperatuur het afgekom na so ongeveer 38 grade Celsius. Op 68 km moet ek vir die eerste keer stil hou om my agterwiel te pomp. Die “ordeal” deur voort vir die res van die pad boontoe en ek stop vyf keer om die wiel te pomp. Ek ry die laaste 500 meter op ‘n baie pap wiel! Ten spyte van die stoppe vir die wiel, kry ek dit reg om heeltyd te trap en nooit te stoot nie. Die gevolg is dat ek heelwat deelnemers verby gaan, wat dan weer by my verby kom wanneer ek vir die wiel moet stop. Bo gekom, besluit ek om nie ‘n kans te vat en net die wiel te pomp, maar om ook “sealant” in te sit. Johan Breunissen neem ‘n video bamn my toe en by die waterpunt aan kom. Nadat ek, my waterbottel en my agterwiel na omgesien is, pak ek die tog af aan.





 


 

Merino Monster op is ‘n kwaai klim. Merino Monster, anderkant af, is baie rof en styl. Ons daal 800 metyer in 6 km en die grootste gedeelte van die pad is baie rof en baie styl. Jy moet voorwaar jy ry ken om momentum te behou en nie te val nie. Dit is ‘n geval van ‘n goeie balans tussen spoed en versigtig wees! Dit neem my 40 minute on onder te kom.

 

Van hier toe by die einde, nog 15 km, is nie moeilik nie, maar na so ‘n lang dag is die pad maar lank! Daar is nog so ‘n laaste bultjie op 93 km tussen proteas en rotse deur, maar op hierdie stadium is ek nie meer lus vir sukkel nie! Die vermoeienis veroorsaak ook foute en ek en my fiets verlaat mekaar met nog so 500 meter na die einde oor. Gelukkig het ek dit sien kom en nie te hard geval nie.

 

Na 98 km en 8:34 in die saal met 2,134 meter se klim, bereik ek die einde. Die afsny punt vir die dag is 9:00, so ek maak dit darem met nog so 26 minute oor.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking