Sondag 08 Mei 2016

BB2BB Reflection

Refleksie

As most of my followers are Afrikaans speeking, I am doing the reflection in Afrikaans.

So wat sê mens na so 'n wonderlike avontuur? Ek wil 'n blaadjie uit 2 Samuel 24 haal, waar David na die helde van sy gevegsloopbaan verwys en eindig met onder andere drie helde. My drie helde was Hennie de Clercq, Olof de Villiers en Hoffie Conradie Snr.

Hennie het Johannesburg toe gevlieg, 'n bus Ohrigstad toe gehaal en vier veel eisende dae saam met my gery. Daarna het hy en Sy vrou, Helena saam met Sue deur gekom Tulbagh toe op 1 Mei sodat hy die laaste dag ook saam met my kon ry.

Olof sou net sy BMW GS in Rhodes by my aangesluit het, maar sy aandag was by die motorfiets se GPS en nie op die pad nie tie sy reis begin het, met die gevolg dat hy 'n klein ongelukkie gemaak het, die GS nie reg wou loop nie en sy enkel gekraak het. Ten spyte van dit klim hy in sy bakkie en ry Moordenaarspoort toe (ongeveer 80 km SW van Barkley Oos) om my vir een aand te kom bemoedig en die goedere wat ek gevra het hy moet saambring, af te lewer. Die volgende dag ry hy terug Plett toe.

Hoffie Conradie koop 'n buskaartjie, klim op die bus met sy fiets en ry Queenstown toe. Van daar ry hy met sy fiets Moordenaarspoort toe en sluit by my aan vir die volgende agt dae.

Vir die drie helde wat vir my besonder baie beteken het op hierdie avontuur kan ek nie genoeg dankie sê nie!

Dan al die mense by wie oorgebly het. Party staan natuurlik 'n bietjie meer uit as ander.

Jan en Ronnie Ferreira het die aand op Ohrigstad spesiaal gemaak met daardie "steaks"! Dit was onverbeterlik.

Ester Craffert, wat my net buite Utrecht kom haal het na 'n lang dag waar ek teen die einde GPS probleme opgetel het en redelik moedeloos was.

Gavin Ryan who went out of his way to make life easier for me. Without his help my bike would surely not have made it to Bloubergstrand! The parts fitted at Callan's Bike Tech is still doing their job.

Bruce and Judy Hanson of Underberg, friends of Gavin, who opened their home for me even though they did not know me from a bar of soap!

The "Mama" from Vuvu who gave up her bed for me so that I could sleep in it while she shared accommodation for the night with her family.

Alta en Barry Stretton van Brosterlea wat bereid was om vir twee baie nat en misrabelle fietsryers, op die ingewing van die oomblik, in te neem, te voed en slaapplek te gee. Julle het ons van 'n baie moeilike situasie gered en 'n makliker uitkoms verseker.

Francois en Ina Botha waar ons lekker ge-eet en geslaap het en waar Francois hemel en aarde probeer beweeg het in 'n poging om my fiets se agterste skokbreker opgepomp te kry, al was dit net gedeeltelik suksesvol.

Elsa en Garth Featherstone wie se gasvryheid onverbeterlik was, maar veral vir Garth, wat toe ek hom van my skokbreker vertel, net verdwyn het en drie uur later terugkeer met 'n skokbreker pomp wat vir my skokbreker gemaak is! Wie sou dink dat 'n boer, wat tussen Graaff-Reinet en Aberbeenweg op 'n plaas bly, my die oplossing kon aanbied. Ek het hom amper gesoen!

Nelis Meiring en my swaer Chris wat 'n uur en 'n half vanaf Kirkwood na Kamferpoort toe gery het om 'n hek vir ons oop te sluit!

Martin en Lucia van Marlu waar ek nog altyd lekker gekuier en ge-eet het. Dit was ook 'n goeie idee om die relatiewe rit na Willowmore, eers na ontbyt saam met hulle, aan te pak.

Daniel en Marlene Hugo, Hoffie se neef, wat ook op kort kennisgewing ons ge-akkomodeer het.

Karel en Susan van Rooifontein, waar ek twee dae oorgebly het omdat ek 'n dag voor skedule was.

Danie Kotze en Mike Smit wat drie uur langs die pad vir my gewag het om die laaste 60 km saam met my en Hennie, wat weer op Tulbagh by my aangesluit het, te ry. Veral ook vir hulle hulp teen die Suid Oos vanaf Duynefontein deur Melkbosstrand tot in Bloubergstrand. Ek het daardie paadjie al baie teen die wind gery, maar dit was 'n plesier om in hulle "slip stream" te sit en baie makliker as wanneer jy alleen teen die wind moet sukkel.

Dan is daar die getroue ondersteuners op die BB2BB WhatsApp groep. Sekere name staan uit as gevolg van hulle gereelde en positiewe terugvoering en hier moet ek vir Gerrit Bruwer, Leon de Bruyn en Rene Kitshoff uitlig.

Ek moet ook na my broer verwys wat die relings van hierdie avontuur noukeurig gevolg het en ook die pad tussen Prins Albert en Lainsburg, uit sy eie, vir my gaan verken het en die nodige toestemming dat ons daar mag ry, gekry het.

Sonder die ondersteuning vsn my familie sou die avontuur nooit gebeur het nie! Dit was besonder lekker om elke aand met Sue te kan gesels en ek is haar vele dankies verskuldig dat sy my toegelaat het om dit te doen.

Ek het nooit, op enige tydstip terwyl ek gery bedreig of in gevaar gevoel nie. Almal langs die pad was vriendelik en meeste verbygangers het vriendelik gegroet. Ek het selfs 'n oomblik in Natal beleef waar 'n vragmotor, toe hy my op die grondpad sien aankom, stil gehou het sodat die stof kon gaan le, en nadat ek verby is verder gery het.

Ek is ook baie dank verskuldig aan ons Here Jesus Christus wat Sy hand van bewaring heeltyd oor my gehou het. Ek het ook tyd gehad, veral onderwyl ek alleen was, om met Hom te praat. Ek moet bieg dat ek nie antwoorde op van die vrae wat ek gevra het, gekry het nie, maar dit was goed om, in afsondering, met Hom te kommunikeer.

So kom alle goeie dinge tot 'n einde. Dankie aan een en slmal wat gedurende die afgelope maand hierdie avontuur saam met my beleef het.

Thanks to CyclesDirect who serviced my bicycle before I left and got it back to me last Friday after fixing the little things which needed attention after the trip. A special word to Specialized, who manufacturers the Stumpjumper, which now had done 35,000 km in just over three years and have given me hours of joy and pleasure.

2 opmerkings:

  1. Did you once work at a company called Suneesi and have dealings with Mr Mirrko Manojlovic around 1999? If so, there is a company today and many folks out of work because of his doings in johannesburg now in 2016. He is a habitual con man and has scammed lots of people. If you know anything or are willing to help, it could help prevent this from happening again to hundreds of people. There are papers where you Mr Erasmus ordered surveillance of staff and it looks like mirrko is making others take the blame in a similar way again today. If you would like to help, or have the sense of justice, please give us your phone number. If you don't help you must live with your own conscious knowing more lives will be ruined. You have a chance to help to make a one or two page affidavit to put this crook behind bars. Please give a phone number or contact here. There are many people making affidavit so every one helps. Thank you. If you a Christian then it's your duty to stop this happening over and over again.

    AntwoordVee uit