Maandag 28 November 2016

To Hell and Back 2016

Ek net na BB2BB vir Hoffie Conradie gevra of ons nie vanjaar To Hell and Back saam kan doen nie. Hy het ingestem en ons het albei ingeskryf. Planne werk egter nie altyd uit nie en Hoffie moes kanselleer as gevolg van werk verpligtinge en het sy inskrywing aan my broer se seun, Leon, verkoop.

Ons reël dat ek hom Vrydag 18 November 14:00 by sy huis optel. Ons vat die pad Oudtshoorn toe so net na 14:00 en kom net na 18:00 daar aan. Val gou in by Pick n Pay om ‘n paar nood voorrade aan te vul en vertrek na De Hoek kamp terrain, net langs die Kongo Grotte, om te registreer en slaapplek vir die aand te soek.

Registrasie verloop glad en ek kry my bors “pasta” wat ek saam met die inskrywing bestel het. Daar is ongelukkig nie kos vir Leon nie omdat Hoffie nie die opsie geneem het toe hy ingeskryf het nie.

Nadat ek ge-eet het, is ons terug Oudtshoorn toe sodat Loen iets kon eet. Ons besluit op Jamino’s en Leon kry ‘n taai steak en ek gaan vir ‘n lekker merang met roomys.  Ons is so teen 21:20 terug by De Hoek, betaal R170 vir ‘n nag se verblyf en slap in my twee man tent op die kampgronde so 100 meter van die wegspring af.

Die trok met ons begasie vir die dag in Gamkaskloof (Die Hel), vertrek 06:15 dus moet ons teen daardie tyd reg wees . Daarna volg die groot wag tot 07:00, die offisiële wegspring tyd.

My fiets was die afgelope twee weke by die fietswinkel sodat hulle die “bottom bracket” kon vervang en die skobrekers diens. Die gedienste skokbrekers voel soos nuwes en ek is baie be-indruk met die werk wat gedoen is.

Ons spring op die kop 07:00 weg. Die eerste deel is redelik maklik op die teer pad uit die kamp en die aanloop na die Swartbergpas. Na 5 km draai ons af op ‘n plaaspad en begin klim. Na ‘n verdure 5 km, waar tydens ons 210 meter klim, sluit ons weer by die teerpad aan. Dit verander egter binne ‘n paar meter na grond en die klim van die Swartbergpas begin in alle erns. Gedurende die volgende 12.5 km klim on seers 600 meter tot by die bopunt van die pas en daal dan 150 meter tot by die afdraai na Die Hel, op 22 km en na 1 uur 40 minute se ry.

By die afdraai Hel toe is daar ‘n kennisgewingbord wat aandui dat dit 48 km tot in die Hel is, maar dat reisigers, met motors, moet twee uur reis tyd toe laat as gevolg van die moeilikheids graad van die pad. Vir ons was daar nog 38 km oor. Hierdie 38 km het my 2:15 geneem en ons het omtrent 1,00 meter geklim! Een van die redes hoekom die reistyd per motor so lank neem is as gevolg van die pad oppervlakte. Groot dele van die roete se oppervlakte is baie grof met die gevolg dat normale mense nie teen volspoed teen die bulte kan afgaan nie. Daar is egter “malles” wat teen ongelooflike snelhede teen van die bult af snel! Daar is ook nie eintlik enige gelyk sukke nie, of jy klim of jy daal meeste van die tyd. Die konsentrasie veroorsaak dat die skoonheid van die kloof tot ‘n mate verby jou gaan onderwyl jy die ongelykheid in die pad oppervlakte navigeer! Mens kan egter nie help om be-indruk te wees met die grootsheid van sekere van die klowe nie!

Een van die interressanthede van ‘n wedren soos To Hell and Back is die deelnemers en die onderlinge mededinging met mense in jou omgewing. Daar is gewoonlik so ‘n paar mense van soortgelyke krag wat in mekaar se teenwoordigheid bly. Dan is daar weer die, wat vir een of ander rede agter geraak het en dan teen ‘n spoed by jou verby kom. Daar is egter so ‘n kern van deelnemers wat jy gereeld sien. Oor sekere gedeeltes is jy sterker en oor ander is hulle sterker! So was daar die ou in die Barloworld Centurion klere. Ek het hom die eerste keer teen Swartbergpas opgemerk. Hy het op ‘n kol by my verby gekom, maar na ‘n ruk het ek opgemerk dat hy nie vir my wegry nie. Later op die stuk oppad Hel toe het hy egter onder my uit getrek en ek het him nie weer gesien nie. Ek het later gesien dat hy so ongeveer 5 minute voor my klaar gemaak het.  Ons sou mekaar die volgende dag weer sien. Dan was daar ‘n dame, nommer 85. Ek het haar ook teen Swartbergpas by my verby sien kom, maar sy kon nie eintlik weg kom nie. Sy het agter ‘n bietjie tyd op my opgemaak by die Spur ruspunt waar ek langer as sy vertoef het. Later het ek haar so ‘n ent voor my opgemerk en daaraan begin werk om haar in te haal. Aanvanklik was ek nie eintlik baie suksesvol nie, maar so halfpad teen Heartbreak Hill op het ek haar gevang en toe 3 minute voor haar klaar gemaak.

Heartbreak Hill is “die” uitdaging van die “in” rit.  Ek het al drie keer vantevore die “in” roete, tydens oefeninge vir en met die Freedom Challenge gery, maar ek was nooit werklik bewus van Heartbreak Hill nie. Gelukkig was daar ‘n teken aan die begin was aangedui het dat dit 4 km lank is. Volgens die totale afstand kon ek ook die gevolgtrekking maak dat daar na Heartbreak Hill net die laaste afdraend oorbly. Die Heartbreak van Heartbreak Hill is in die feit dat daar ‘n aantal “vals” bopunte is. Ek kom myself dus goed “pace” en nie “val” vir die vals bopunte op 1.4, 2.4 kilometer en verder aan nie. Dit was ‘n groot verlingting toe ek eindelik bo kom en daarna net die laaste afdraand tot by die einde oor gehad het. Toe ek oor die lyn gaan kondig die kommentator aan dat my tyd 3:55 is, dat ek 88ste algeheel en 3de in my ouderdomsgroep is. ‘n Heel skaflike rseultaat vir ‘n goeie dag se fietsry.

Leon het vir ons tente in die skaduwee gekry, maar ons sou die laat middag son vang, dus nie veel kans dat ons in die tente sou bly nie. Na ‘n vining stort het ek iets te ete gaan kry en daarna die res van die middag onder een van die twee oop tent beddekkings deurgebring aangesien dit weg van die son was en daar ‘n ligte briessie deur getrek het. Vir aandete was het hulle vleis en braaibakke met kole voorsien sodat elke person sy eie vleis kom braai. Daar was ook slaaie en poeding. Later die aand is ons deur ‘n “troebadoer” met ‘n kitaar vermaak. Dit het tot na 21:00 aangegaan en ek het so teen 22:00 in die bed gekom.

Die volgende oggend is ons weer vroeg op vir ontbyt en om ons sakke teen 06:15 op die vragmotor te kry. Die wegspring was weer 07:00.

Die eerste 4.8 km is dit net klim en dit neem my 41 minute en ons het 570 meter geklim. Halfpad teen die bult op kom hier ‘n ouerige vrou by my verby. Ek probeer byhou, maar sien gou dit gaan nie werk nie en laat haar gaan.  Anderkant af vlieg ek by haar verby aangesien sy skynbaar redelik versigtig is oor die rowwe afdraand. Teen die volgende opdraand syl sy weer by my verby! Die gaan so aan vir ‘n ruk totdat die opdraandes meer word as die afdraandes en ek sien haar nie weer nie! Dit blyk dat sy oor die twee dae 26 minute vinniger as ek gery het en die Grand Woman afdeling gewen het!

Ek het ook vir Leon langs die pad raakgeloop, oppad af! Hy het besluit die wedren is nie moeilik genoeg nie en die eerste bult twee keer uit gery!

Ek het weer van die mense wat ek die vorige dag in my omgewing gesien het langs die pad tee gekom, onder andere my vriend van Barloworld Centurion. Hy het aanvanklik vir my weggery, maar ‘n minder ernstige problem opgetel wat veroorsaak het dat ek by hom verby is. So ‘n rukkie later toe kon hy weer by my verby. Maar teen die laaste helfte van die dag se klimme het sy “gewig” teen hom getel en ek skop stof in sy oë. Ek klop hom op dag 2 met 10 minute en met 4 minute oor die twee dae.

Die ‘uit” het 200 meter se ekstra klim, met die gevolg dat dit so ‘n bietjie langer neem as die “in”. Die watertafels en die Spur stop was albei dae op dieselfde plek. Die keer het ek egter net ‘n Spur burger gegryp, twee glassies Coke gedrink en in die ry verder ge-eet.

Ek het dit reggekry om ‘n goeie pas oor die tweede helfte te handhaaf en haal dus ook heelwat ryers, wat vroeër by my verby gekom het, in en sien hulle nie weer nie. So halfpad teen Swartbetgpas af sien ek dat my tyd op 3:37 staan met 16 kilometer oor. Ek besef toe dat en nie 4 uuur sal breek nie, maar trap nogtans so hart ek kan om die beste moontlike tyd daar te stel. Met 2.5 kilometer oor, slaan my meter oor na 4 uur en met die grootste gedeelte van hierdie 2.5 kilometer bult op, neem dit my ‘n verdere 6 minute voordat ek in 4:06 klaar maak.

Leon het dag 2 in 4:34 voltooi, ongeveer ‘n uur langer as normal weg as gevolg van die eerste bult wat hy twee keer uit gery het.

Ek het die twee dae baie geniet en is bly ek kon hierdie een van my “bucketlist” afkry. Sal dit weer ry indien iemend my saam nooi want dit is ‘n goeie uitdaging, maar sal dit nie sommer weeer net vir die “lekker” doen nie.









Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking