Maandag 25 April 2011

Voorbereiding vir RASA 2011


Oor 7 weke is ek teen hierdie al twee dae oppad. As alles volgens plan verloop slaap ek dan op Ntsikeni. Ek sien die Woolnoughs is in dieselfde groep as ek. Dit behoort te help met die navigasie! Die oefening verloop heel goed. Ek het die afgelope 14 dae 391 km gedoen met gemiddeld 15 meter per km se klim. RASA se gemiddeld is 16. Beplan om volgende week weer een la-a-ang dag in te kry en dan is dit die Saronberg MTN op 14 Mei en Dirtopia se 100 miler op 21 Mei. Daarna sal ek dit "rustiger" vat tot en met 12 Junie, wanneer die groot uitdaging begin.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking