Dinsdag 12 April 2011

21 Argusse




Ek het toe op 13 Maart my 21ste Argus, met dieselfde fiets, voltooi. Die prestasie om 21 Argusse op een fiets te voltooi was baie bevredigdnd, maar my "werkverrigting" op die dag was glad nie na wense nie. Die bene wou net nie teen die pas werk wat ek verlang het nie. Die gevolg was dat ek die swakste posisie ooit en my tweede swakste tyd, ooit behaal het. Ek het sommer teen Oostelike Boulevard al besef fat dit nie my dag vir 'n goeie tyd was nie en dit toe maar rustig gevat. Het die rit baie geniet en geen ander probleme ondervind nie. Nou kan ek darem volgende jaar daarna mik op 'n wesenlike verbeterring op vanjaar se 4,506 en 3:27 te maak

1 opmerking: