Sondag 13 April 2025

Klein Karoo Toer Dag 3





 


Ons het die vorige aand 'n heerlike aandete met Lamb Shank as hoofgereg gehad. Obs was voor 21:00 om in die bed te klim met die plan om weer 07:00 te begin.


Mike en Johan begin "roer" 05:30 en obs kom 06:55 weg. Ons het vir ontbyt in ons kamers gereël en daar was genoeg sodat ons ook iets vir padkos kon saam neem. Obs draai links by die hek uit en na 3 km regs na Swartberpas.


Aanvanklik begin dit redelik met so 'n klein klimmetjie van net meer as 2 km. Dit word gevolg deur 'n redelike gemaklike stuk en dan sê my Garmin: 9.65 km met meer as 800 meter se klim. Die eerste 3 km se gradiënt wissel tussen 10-14%. Dit is die 5de keer dat ek Swartbergpas aandurf en ek moes nog altyd stukke stoot. Vandag wil ek kyk of ek heelpad kan trap! My pas is beswaarlik vinniger as 'n stap pas, maar ek hou aan. Na die eerste 3 km val die gradiënt na 5-9% en my spoed vermeerder dienooreenkomstig. Intussen het Johan weer sy selfoon verloor nadat hy 'n foto geneem her. Hy draai om en kry dit gelukkig baie gou.




Bo by die "eerste" top, stop ons om asem te skep en iets te eet. Na 11 minute is ons weer aan die gang. So 200 meter die pad af kom ek agter dat my rugsak nog daar bo is. Ek is genoodsaak om maar om te draai en hom te gaan haal. 



Swartbergpas het eintlik twee bopunte indien dit van Prins Albert se aangedurf woord. Die eerste is na 11 kilometer. Dan is daar 'n stukkie wat redelik gelyk is tot net na die Gamkaskloof afdraai. Dan kom die finale klim van 3 km. 


Toe ons van die eerste top vertrek, sien ons dat dat die top van die berg toe onder 'n misbank. Net toe ons begin klim, omhul die mis ons. Net voor ons bo kom, kom 'n paar ryers, wat vroeër terwyl ons oppad was by ons verby gekom het, van voor af. Hulle sê die koud bo op die pas! Op hierdie stadium is die temperatuur heel gematig. Bo neem ons fotos en begin die aftog. Dit het ons 3:01 geneem om die 19 km van Prins Albert tot by die too van Swartbergpas af te lê. Die mis is nou dik en die temperatuur daal na 12 grade Celsius. Die mis is ook klam, wat veroorsaak dat ons nat word. Ons ry redelik versigtig die pas af. Met tye raak die mis dunner en dat weer dikker. 


Net voor ons regs moet draai Calitsdorp toe,  kry ons teer. So 'n entjie verder stop ons by Kobus se Gat vir koffie en beskuit. Ons trek ook almal nog warm klere aan. Die diens is maar stadig en ons kom na 'n half uur daar weg! 


Dit is nou meesal bult af tot in Calitsdorp, maar daar is 'n paar "knoppe" waaroor ons moet kom. Die veld is besonder mooi en die pad is, in die algemeen, in 'n baie goeie toestand. Ons ry deur die Swartberg Wilds Reservaat. Daar is 'n hele aantal, baie imponerende "hekke". Ge-oordeel na hulle webwerf is hulle nie goedkoop nie! 


Die "knoppe" kom nou kort op mekaar. Nie te lank nie, maar lekker styl. By Kruisrivier draai ons regs Calitsdorp toe. Nou pak obs die laaste "knoppe" aan en dan al kangs die Groenrivier tot by die Calitsdorp dam. Die pad kronkel al langs die rivier af en die plantegroei skep 'n besondere mooi omgewing. 


So 3 km voor Calitsdorp draai ons regs, deur 'n kort valleitjie en dan weer links al op die kant van die dorp langs. Oor die R62 en dan 500 meter die pad af, links na Welgevonden. 



Afstand 85.5 km en 7:31 in die saal.


So eindig die eerste Klein Karoo Toer en almal stem saam dat dit besonders was  




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking