Sondag 13 April 2025

Klein Karoo Toer Dag 2

 


Ons het gisteraand by Harries ge-eet. Van oggend probeer ons weer 07:00 weg kom, maar net toe ons wou ry ontdek Danie dat se agterwiel pap is. Na twee keer se pomp is hy reg en ons rol 07:19. 


Die eerste 23 kilometer is deur Meiringspoort, wat regtig besonder mooi is. Ons stop so elke nou en dan om fotos te neem. Daar is redelik baie verkeer en hulle is ook besig met hestelwerk na onlangse vloed skade. Daar is baie min "skouer" waar die pad oor die stroompies gaan, wat dit moeilik vir ons maak wanneer daar verkeer is.




Net voor die einde, draai ons links op die Middelwater pad. Dit is 'n baie mooi grondpad wat met 'n boog tussen die heuwels deur loop en dan na 19 kilometer by Klaarstroom weer by die N12 aansluit. Daar is twee goeie klimme op die pad. Die tweede is 9.5 kilometer met ongeveer 400 meter se klim. Net voor ek bo kom, kom ek agter dat my agter wiel papperig is. Ek stop gou om hom te pomp en gelukkig hou hy die res van die dag. Dit is regtig 'n besonder mooi pad met baie verskydenheid. Hier is lusern lande wat besproei word en verder mooi Karoo heuwels. Ons ry ook verby De Aap Lodge se afdraai. Hier loop skynbaar 'n pad deur tot by Bothashoek se Hut en van daar na die bopunt van Swartbergpas, maar ek kon nie die toestand van die pad bevestig nie, so ek het besluit om dit 'n mis te gee. 


By die Klaarsroom aansluiting besluit Danie en Johan om die 47 km teerpad Prins Albert toe te neem. Ek en Mike kies die 72 km Sleutelfontein opsie. 


Ons moet eers 'n stukkie terug om by die N12 aan te sluit. Dan volg 18 km teer wat meesal 'n gelyke op gradiënt het. Daar is 'n baie goeie soliede skouer en ons hou regs sodat ons die berkeer wat aan kom, kan sien. Sodra ons 'n voertuig sien gaan ons af op die gruis. Baie voertuie beweeg oor na die ander kant van die pad wanneer hulle ons sien. Net voor die afdraai na Sleutelfontein is daar 'n dam op regs en ons maak ons waterbottels vol .


Ons draai links op die Sleutelfontein pad. Dit is 'n redelike grondpad, wat skynbaar nie te gereeld gebruik word nie. Dit is eintlik 'n baie goeie tweespoor pad! Ons ry onder andere by die plaas Sleutelfontein verby. Na 26 km op die pad, kom ons by die eerste van die groot wildshekke. Ek het, voor die tyd, met Chris Fisher wat die Freedom Challenge reël en wat die pad gebruik, bevestig dat die hekke op die pad ongesluit is. Dit is dan ook so. Die hek is die begin van die Groot Sleutelfontein Privaat Wilds Reservaat. So 'n 10 km die pad af kry ons die tweede hek. Toe ek die vorige aand vir my mede fietsryers van die hek vertel, is daar onmiddelik vrae oor die moontlikheid dat die hekke gesluit kan wees. Ek bevestig dat dit 'n openbare pad is en dus mag die hekke nie gesluit word nie. Party mense het al "snaakse goed" gedoen met paaie deur privaar reservate, maar ons het geen probleme ondervind nie. By die aansluiting by die Beaufort Wes pad, is daar weer 'n hek wat ook oop is. 






Ek en Mike stop hier voor ons die laaste skof aanpak. Dit is veronderstel om afdraend te wees tot net voor Prins Albert. Die pad het egter talle droë stroompies. Dit is afdraend tot by die stroompie, dan is daar so 10-20 sand en dan klim die pad weer aan die anderkant. Verder is daar 'n redelije sterk SW wind wat ons reg van voor "treiter". Die laaste 24 km is "uitmergelend". Was dit nie dat ons ons waterbottels aan die begin vol gemaak het nie, so ons dehidrasie probleme ondervind het.


Ons stop by die eerste huis in Prins Albert, waar daar lewe is, en vul weer 'n waterbottel, wat ons deel. In die hoofstraat draai ons links en ry dan tot aan die kant van dorp waar Yellow House is. Daar gekom kry ons vir Danie en Johan wat so 'n uur voor ons daar aangekom het. Hulle het ook 'n baie lekker rit gehad.


So eindig Dag 2. 111 km met 1,145 meter se klim en 8:05 ry tyd. 







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking