Dinsdag 29 April 2025

Marlu na Elandsrivier

 



Met 'n week met twee vakansiedae, is daar geen rede om by die huis te sit nie. Ek reël dus om by Lucia en Martin Dorfling op Marlu te gaan kuier en die Maandag met my fiets deur te ry na Llise en Mark Dodds in die Elandsrivier vallei. Albei kan my akkommodeer en ek ry Saterdag 26 April, met my motor, Marlu toe. Kuier Saterdag en Sondag lekker daar.


Ry afstand van Marlu na die Doddse is 165 km met net meer as 2,000 meter se klim. Dit sluit onder andere 'n rit deur Grootrivierpoort in. 


Lucia maak vir my 'n padkos pakkie met twee gekookte eiers, twee ham en kaas roosterbroodjies, biltong, 'n paar oorskied gebraaide lieslappe, 'n Coke, 'n pakkie Fritos en 'n Pakkie Jellie Tots. Ek voeg die twee piesangs wat ek saam gebring het by, saam met twee appels. Ek gaan dus nie honger ly nie!


Ek kom 05:57 aan die ry. By die plaashek, wat gewoonlik net in gehak is, kry ek nou 'n gesluite hek. Dus moet ek my fiets oor die hek tel. Daar is gelukkig 'n groot gat langsaan waar deur ek kan kruip. 


Na die hek draai ek links, Steytlerville se kant toe. Ek begin sommer met 'n klim. Gelukkig nie te erg nie. Die eerste 9 km is meesal afdraend. Daar is heelwat teken s van vloedskade by die driffies waar ek deur ry. In een geval is daar 'n groot gat aan die linkerkant waar iemand net 'n groot klip in die gat gesit het. Met 'n gewone voertuig sal die bestuurder mooi moet mik om een wiel op die klip te kry en die ander wiel op die deel van pad wat nog rybaar is. 


Na 9 km draai ek regs Steytlerville toe. Na 'n redelike klim, kronkel die pad tussen twee bergreekse deur. Die pad oppervlakte is goed en redelik gelyk met die gevolg dat ek 'n lekker pas handhaaf. Die laaste 5 km Steytlerville is alles afdraend! 


Deur die dorp en dan klim ek weer. Die gradiënt is redelik en die bult nie te lank nie. Op 43 km split die pad. Links na Cockscomb en regs Grootrivier toe. Ek kies regs. Eers stop ek vir 'n "snack" en eet 'n toebroodjie en drink die Coke. Ek het vroeër een van die piesangs ge-eet.


Net na die Winterhoek afdraai, stop 'n bakkie by my en vra waarheen ek oppad is. Die man se oë rek toe ek sê ek gaan deur die Grootrivierpoort en dan Elandsrivier toe. Hy wys die verte in en sê daar aan die einde van die berg is Grootrivierpoort. Hy groet en draai af Winterhoek se rigting. 


Op 60 km is daar weer 'n afdraai. Reguit gaan weer Cockscomb toe en regs Grootrivier toe. Ek sou later agterkom dat die Cockscomb by my pad aansluit. My pad klim so 'n bietjie en dan ry ek al bo teen 'n rant langs. Ek gaan verby 'n plaas genaamd Wilgerhof. Agter die plaashuis is daar 'n groot damwal met twee groot gate in. Gelukkig is die huis so 'n bietjie regs van die dam, maar ek dink die moes nogal skrikwekend gewees het toe daardie wal gebreek het!



Na 72 km sluit ek by die Cockscomb pad aan. Die pad Cockscomb het so 'n entjie vroeër links weggedraai en hierdie pad gaan nou ook Grootrivier toe. Die "ekskursie" het my dag se rit met ongeveer 2 km gerek! Ek is nou op die pad wat die Freedom Challende (FC) gebruik om van die Bucklands "Support Station SS" na die Hadley SS te ry. Ek onthou die pad van 2019  se FC en hy is baie op en af met 'n paar redelike lang bulte op en af. 


Ek het met Bennie Rathbone gereel vir 'n koffie en waterbottel stop. Ek kom 11:30 daar aan. Ek is dus op die stadium so 45-60 minute voor skedule. Bennie is nie tuis nie, probleme met 'n luiperd wat beeste vang, maar Anine is daar ek kry lekker moer koffie, koue water en maak my waterbottel vol. Die Hadley draai het my 36 minute geneem. Voor my stop was my gemiddelde spoed 16 kpu. Na die stop het dit na net meer as 14 kpu geval. Nou kom die Grootrivierpoort en die klim anderkant gaan 'n groot vermindering hierin gee!






Van Hadley is dit so 5 km na die begin van die poort. Die pad af na die rivier is baie rof en ek ry maar versigtig teen die bult af. Onder is daar twee stroompies. Die eerste nie baie diep nie maar die twee kom tot oor my skoene. Daar is ook 'n paar groot klippe onder die troebelwater wat mens nie kan sien, maar ek kom sonder probleme deur. 


Nou kom die groot klim. Ek het my reggemaak vir baie stoot en dit is dan ook binne 500 meter sulke tyd. Die gradiënt is oor die algemeen nie te erg nie, maar die los klippe maak dit moeilik om momentum te behou. Na 'n ruk raak die oppervlakte so dat ek kan ry. Ek kry ook twee 4x4's wat stil gehou het om fotos van die poort te neem. Ek kan darem lamgs hulle verby kom. So 'n entjie verder moet ek noodgedwonge maar weer af klim en stoot. Op hierdie stadium is daar 'n lekker koel bries reg van agter. 


Ek ry verby die Osseberg afdraai, wat deur FC gebruik word. Ek dink eers dit is nie die pad nie want die aanloop is meer toegerooi as wat ek kan onthou. Die pad anderkant die hek, wat maar altyd redelik begroei was, is nou glad nie eers meer sigbaar nie! Dit nogal interessant dat die pad nog steeds op Track4Africa as 'n "track" aangedui word! Sal met hulle daaroor moet praat.


Van hier na "die toring", waar die pad by die Elandsrivier pad aansluit, klim die pad redelik. Daar is weer 'n paar korter stukkies waar ek maar af klim en stoot. Na 113 km bereik ek die aansluiting. Die het my 9 uur en 6 minute tot hier geneem en my gemiddelde spoed het nou na 12.4 kpu geval. Daar is nou nog 54 km oor. Dit behoort ek darem in so tussen 3 en 4 uur af te lê. 3 uur beteken om kom met laaste lig daar aan. 4 uur sal ek donker daar aankom. 




Ek was hoopvol dat die pad in 'n goeie toestand sal wees en dat ek, sodoende, my gemiddelde kon lig sodat ek voor donker my eindpunt bereik, maar dit is ongelukkig nie so nie. Die pad is redelik verspoel en ook klipperig. Dit verbeter darem na so 'n paar kilometer, maar dan begin die bulte! Ek stop vir 'n "verversings breek" en eet my laaste eier en een helfte van my laaste toebroodjie. 


Ek ry verby die punt op 120.5 km waar die pad wat ek wil terug ry veronderstel is om af te draai. Die Dodds het my ingelig dat hulle nie van die pad weet nie. Ek sien toe ook hoekom hulle nie van hom weet nie. Daar is wel tekens van 'n pad maar hy word duidelik nie meer gebruik nie. In hierdie geval verskyn hy ook nie op Track4Africa nie. Komoot en Ride with GPS dui hom wel aan. Ek besluit dat ek maar eder met dieselfde pad waarmee ek gekom het, terug gaan ry. Ek gaan my egter nie twee keer in een week so beproef nie en gaan die terug tog in twee skofte verdeel en op Hadley, wat net mooi halfpad is, oorbly. 


So 15 km van my bestemming af hou 'n bakkie by my stil. Die bestuurder will weet of ek hoe ver ek nog moet gaan, want dit gasļn netnou donker wees. Ek bevestig dat ek nog net 15 km oor het. Hy groete en ry aan.


'n Rukkie later sit ek my ligte aan. Met 8 km oor sien ek 'n fietslig voor in die pad. Dit is Llise wat my na hulle huis "eskort". My water is teen die tyd leeg en sy gee my 'n vol bottel. 


Nou hoeveel bulte kan daar nog in die laaste 8 km wees! Te veel! Dit hou net nie op nie! Dit neem my seker meer as 'n half uur om die laaste 8 km af te lê. Ek was redelik verlig toe Llise sê daar is nog net 100 meter oor na hulle afdraai. Nog 'n verdere paar meter met hulle paadjie en dan is ek eindelik tuis.


Dit was voorwaar 'n goeie dag se oefening en ek was bly ek het die uitdaging vir my daargestel en suksesvol afgehandel.


167.14 km 12:37 met 2,668 meter se klim. 4,883 kalorië verbrand. Finale gemiddelde spoed is 13.2 kpu.


English Version


With a week with two public holidays, there is no reason to sit at home. So I arranged to visit Lucia and Martin Dorfling at Marlu and on the Monday I would cycle to Llise and Mark Dodds in the Elands River valley. Both can accommodate me and I drive to Marlu on Saturday, April 26, in my car. I spend Saturday and Sunday there.


The riding distance from Marlu to the Dodds Family is165 km with just over 2,000 metres of climbing. This includes, among other things, a trip through the Grootrivierpoort.


Lucia put together a "padkos" package with two boiled eggs, two ham and cheese toasties, biltong, a few leftover fried loincloths, a Coke, a packet of Fritos and a packet of Jellie Tots. I add the two bananas I brought with me, along with two apples. So I won't go hungry!


I get on the road at 05:57. At the farm gate, which is usually only hooked in, I now find a locked gate. So I have to pick my bike up and slide it over the gate. Fortunately, there is a large hole next to it through which I can crawl.


After the gate, I turn left, towards Steytlerville. I start with a climb. Fortunately, not too bad. The first 9 km is mostly downhill. There are many signs of flood damage at the drifts that I ride through. In one case, there is a large hole on the left where someone simply put a large stone in the hole. With a normal vehicle, the driver would have to aim carefully to get one wheel on the stone and the other wheel on the part of the road that is still drivable.


After 9 km, I turn right towards Steytlerville. After a reasonable climb, the road winds between two mountain ranges. The road surface is good and fairly flat or slightly downhill, with the result that I maintain a nice pace. The last 5 km Steytlerville is all downhill!


Through the town and then I climb again. The gradient is reasonable and the hill not too long. At 43 km the road splits. Left to Cockscomb and right to Grootrivier. I choose the right. First I stop for a "snack" and eat a sandwich and drink the Coke. I had eaten one of the bananas earlier.


Just after the Winterhoek turnoff, a bakkie stops stop next to me and the driver asks where I'm going. The man's eyes widen when I say I'm going through the Grootrivierpoort and then on to Elandsrivier. He points into the distance and says that Grootrivierpoort is at the end of the mountain. He greets me and turns off in the direction of Winterhoek.


At 60 km there is another turnoff. Straight is to Cockscomb and right to Grootrivier. once again I go right. I would later find out that the Cockscomb joins the road that I took. My road climbs a bit and then I ride along a ridge. I pass a farm called Wilgerhof. Behind the farmhouse there is a large dam wall with two large holes in it. Luckily the house is a little to the right of the dam, but I think it must have been quite scary when that wall broke!


After 72 km I join the Cockscomb road. There was a turnoff to Cockscomb left a little earlier and this road now also goes to Grootrivier. The "excursion" has extended my day's ride by about 2 km! I am now on the road that the Freedom Challende (FC) uses to ride from the Bucklands "Support Station (SS)" to the Hadley SS. I remember the road from the 2019 FC and it is very up and down with some fairly long ups and downs.


I arranged with Bennie Rathbone of Hadley for a coffee and water bottle stop. I get there at 11:30. So I am about 45-60 minutes ahead of schedule at this stage. Bennie is not home, problems with a leopard catching cattle, but Anine is there I get coffee, cold water and fill my water bottle. The Hadley "stop" took me 36 minutes. Before my stopped my average speed was 16 kpu. After the stop it dropped to just over 14 kpu. Now comes the Grootrivierpoort and the climb on the other side is going to give a big reduction in this!


From Hadley it is about 5 km to the beginning of the Grootrivierpoort. The road down to the river is very rough and I ride carefully down the hill. Below there are two streams. The first is not very deep but the second comes up to my shoes. There are also a few large rocks under the murky water that you can't see, but I get through without any problems.


Now comes the big climb. I've prepared myself for a lot of pushing and within 500 meters I get off and start to push. The gradient is generally not too bad, but the loose rocks make it difficult to maintain momentum. After a while the surface becomes such that I can ride. I also find two 4x4s that have stopped to take photos of the "poort". I can barely get past them. A little further on I am forced to climb down again and push. At this stage there is a nice cool breeze from behind.


I drive past the Osseberg turnoff, which is used by FC. At first I thought it wasn't the road because the approach was more overgrown than I remembered. The road beyond the gate, which was always quite overgrown, is now not even visible at all! It's quite interesting that the road is still indicated as a "track" on Track4Africa! I'll have to talk to them about that.


From here to "the tower", where the road joins the Elandsrivier road, the road climbs quite a bit. There are a few shorter sections where I just climb off and push. After 113 km I reach the junction. It took me 9 hours and 6 minutes to get here and my average speed has now dropped to 12.4 kph. There are now 54 km left. I should be able to do it in between 3 and 4 hours. 3 hours means arriving with last light. I'll arrive there in the dark if I take 4 hours.


I was hopeful that the road would be in good condition and that I could, therefore, raise my average so that I would reach my destination before dark, but unfortunately that is not the case. The road is quite washed out and also rocky. It does improve after a few kilometers, but then the "bumps" begin! I stop for a "refreshment break" and eat my last egg and one half of my last sandwich.


I drive past the point at 120.5 km where the road I want to take back is supposed to turn off. The Dodds informed me that they did not know about this road. I now see why they did not know about it. There are signs of a road but it is clearly no longer used. In this case, it does not appear on Track4Africa either. Komoot and Ride with GPS do indicate it. I decide that I will just ride back the same way I came. However, I'm not going to try this twice in one week and will split the return trip into two shifts and stay in Hadley, which is the halfway point.


About 15 km from my destination, a bakkie stops next to me. The driver wants to know how far I still have to go, because it's going to be dark soon. I confirm that I only have 15 km left. He greets  and drives on.


A while later I turn my lights on. With 8 km left, I see a bicycle light ahead on the road. It's Llise, who is going to "escort" me to their house. My waterbottel is empty and she gives me a full bottle.


Now how many bumps can there be in the last 8 km? Too many! It just doesn't stop! It probably takes me more than half an hour to cover the last 8 km. I was quite relieved when Llise said that there were only 100 meters left to their turnoff. Another few meters on their path and then I'm finally home.


It was indeed a good day's riding and I was glad I set myself this challenge and completed it successfully.


Statistics: 167.14 km 12:37 in the saddle with 2,668 meters of climbing. 4,883 calories burned. Final average speed is 13.2 kph.







Sondag 13 April 2025

Klein Karoo Toer Dag 3





 


Ons het die vorige aand 'n heerlike aandete met Lamb Shank as hoofgereg gehad. Obs was voor 21:00 om in die bed te klim met die plan om weer 07:00 te begin.


Mike en Johan begin "roer" 05:30 en obs kom 06:55 weg. Ons het vir ontbyt in ons kamers gereël en daar was genoeg sodat ons ook iets vir padkos kon saam neem. Obs draai links by die hek uit en na 3 km regs na Swartberpas.


Aanvanklik begin dit redelik met so 'n klein klimmetjie van net meer as 2 km. Dit word gevolg deur 'n redelike gemaklike stuk en dan sê my Garmin: 9.65 km met meer as 800 meter se klim. Die eerste 3 km se gradiënt wissel tussen 10-14%. Dit is die 5de keer dat ek Swartbergpas aandurf en ek moes nog altyd stukke stoot. Vandag wil ek kyk of ek heelpad kan trap! My pas is beswaarlik vinniger as 'n stap pas, maar ek hou aan. Na die eerste 3 km val die gradiënt na 5-9% en my spoed vermeerder dienooreenkomstig. Intussen het Johan weer sy selfoon verloor nadat hy 'n foto geneem her. Hy draai om en kry dit gelukkig baie gou.




Bo by die "eerste" top, stop ons om asem te skep en iets te eet. Na 11 minute is ons weer aan die gang. So 200 meter die pad af kom ek agter dat my rugsak nog daar bo is. Ek is genoodsaak om maar om te draai en hom te gaan haal. 



Swartbergpas het eintlik twee bopunte indien dit van Prins Albert se aangedurf woord. Die eerste is na 11 kilometer. Dan is daar 'n stukkie wat redelik gelyk is tot net na die Gamkaskloof afdraai. Dan kom die finale klim van 3 km. 


Toe ons van die eerste top vertrek, sien ons dat dat die top van die berg toe onder 'n misbank. Net toe ons begin klim, omhul die mis ons. Net voor ons bo kom, kom 'n paar ryers, wat vroeër terwyl ons oppad was by ons verby gekom het, van voor af. Hulle sê die koud bo op die pas! Op hierdie stadium is die temperatuur heel gematig. Bo neem ons fotos en begin die aftog. Dit het ons 3:01 geneem om die 19 km van Prins Albert tot by die too van Swartbergpas af te lê. Die mis is nou dik en die temperatuur daal na 12 grade Celsius. Die mis is ook klam, wat veroorsaak dat ons nat word. Ons ry redelik versigtig die pas af. Met tye raak die mis dunner en dat weer dikker. 


Net voor ons regs moet draai Calitsdorp toe,  kry ons teer. So 'n entjie verder stop ons by Kobus se Gat vir koffie en beskuit. Ons trek ook almal nog warm klere aan. Die diens is maar stadig en ons kom na 'n half uur daar weg! 


Dit is nou meesal bult af tot in Calitsdorp, maar daar is 'n paar "knoppe" waaroor ons moet kom. Die veld is besonder mooi en die pad is, in die algemeen, in 'n baie goeie toestand. Ons ry deur die Swartberg Wilds Reservaat. Daar is 'n hele aantal, baie imponerende "hekke". Ge-oordeel na hulle webwerf is hulle nie goedkoop nie! 


Die "knoppe" kom nou kort op mekaar. Nie te lank nie, maar lekker styl. By Kruisrivier draai ons regs Calitsdorp toe. Nou pak obs die laaste "knoppe" aan en dan al kangs die Groenrivier tot by die Calitsdorp dam. Die pad kronkel al langs die rivier af en die plantegroei skep 'n besondere mooi omgewing. 


So 3 km voor Calitsdorp draai ons regs, deur 'n kort valleitjie en dan weer links al op die kant van die dorp langs. Oor die R62 en dan 500 meter die pad af, links na Welgevonden. 



Afstand 85.5 km en 7:31 in die saal.


So eindig die eerste Klein Karoo Toer en almal stem saam dat dit besonders was  




Klein Karoo Toer Dag 2

 


Ons het gisteraand by Harries ge-eet. Van oggend probeer ons weer 07:00 weg kom, maar net toe ons wou ry ontdek Danie dat se agterwiel pap is. Na twee keer se pomp is hy reg en ons rol 07:19. 


Die eerste 23 kilometer is deur Meiringspoort, wat regtig besonder mooi is. Ons stop so elke nou en dan om fotos te neem. Daar is redelik baie verkeer en hulle is ook besig met hestelwerk na onlangse vloed skade. Daar is baie min "skouer" waar die pad oor die stroompies gaan, wat dit moeilik vir ons maak wanneer daar verkeer is.




Net voor die einde, draai ons links op die Middelwater pad. Dit is 'n baie mooi grondpad wat met 'n boog tussen die heuwels deur loop en dan na 19 kilometer by Klaarstroom weer by die N12 aansluit. Daar is twee goeie klimme op die pad. Die tweede is 9.5 kilometer met ongeveer 400 meter se klim. Net voor ek bo kom, kom ek agter dat my agter wiel papperig is. Ek stop gou om hom te pomp en gelukkig hou hy die res van die dag. Dit is regtig 'n besonder mooi pad met baie verskydenheid. Hier is lusern lande wat besproei word en verder mooi Karoo heuwels. Ons ry ook verby De Aap Lodge se afdraai. Hier loop skynbaar 'n pad deur tot by Bothashoek se Hut en van daar na die bopunt van Swartbergpas, maar ek kon nie die toestand van die pad bevestig nie, so ek het besluit om dit 'n mis te gee. 


By die Klaarsroom aansluiting besluit Danie en Johan om die 47 km teerpad Prins Albert toe te neem. Ek en Mike kies die 72 km Sleutelfontein opsie. 


Ons moet eers 'n stukkie terug om by die N12 aan te sluit. Dan volg 18 km teer wat meesal 'n gelyke op gradiënt het. Daar is 'n baie goeie soliede skouer en ons hou regs sodat ons die berkeer wat aan kom, kan sien. Sodra ons 'n voertuig sien gaan ons af op die gruis. Baie voertuie beweeg oor na die ander kant van die pad wanneer hulle ons sien. Net voor die afdraai na Sleutelfontein is daar 'n dam op regs en ons maak ons waterbottels vol .


Ons draai links op die Sleutelfontein pad. Dit is 'n redelike grondpad, wat skynbaar nie te gereeld gebruik word nie. Dit is eintlik 'n baie goeie tweespoor pad! Ons ry onder andere by die plaas Sleutelfontein verby. Na 26 km op die pad, kom ons by die eerste van die groot wildshekke. Ek het, voor die tyd, met Chris Fisher wat die Freedom Challenge reël en wat die pad gebruik, bevestig dat die hekke op die pad ongesluit is. Dit is dan ook so. Die hek is die begin van die Groot Sleutelfontein Privaat Wilds Reservaat. So 'n 10 km die pad af kry ons die tweede hek. Toe ek die vorige aand vir my mede fietsryers van die hek vertel, is daar onmiddelik vrae oor die moontlikheid dat die hekke gesluit kan wees. Ek bevestig dat dit 'n openbare pad is en dus mag die hekke nie gesluit word nie. Party mense het al "snaakse goed" gedoen met paaie deur privaar reservate, maar ons het geen probleme ondervind nie. By die aansluiting by die Beaufort Wes pad, is daar weer 'n hek wat ook oop is. 






Ek en Mike stop hier voor ons die laaste skof aanpak. Dit is veronderstel om afdraend te wees tot net voor Prins Albert. Die pad het egter talle droë stroompies. Dit is afdraend tot by die stroompie, dan is daar so 10-20 sand en dan klim die pad weer aan die anderkant. Verder is daar 'n redelije sterk SW wind wat ons reg van voor "treiter". Die laaste 24 km is "uitmergelend". Was dit nie dat ons ons waterbottels aan die begin vol gemaak het nie, so ons dehidrasie probleme ondervind het.


Ons stop by die eerste huis in Prins Albert, waar daar lewe is, en vul weer 'n waterbottel, wat ons deel. In die hoofstraat draai ons links en ry dan tot aan die kant van dorp waar Yellow House is. Daar gekom kry ons vir Danie en Johan wat so 'n uur voor ons daar aangekom het. Hulle het ook 'n baie lekker rit gehad.


So eindig Dag 2. 111 km met 1,145 meter se klim en 8:05 ry tyd.