Saterdag 01 Februarie 2025

HotH Toer (Reverse) Aanloop



Nadat datums geko-ordineer is, is relings getref vir HotH Toer (Reverse) van 31/01 tot 02/02. Die plan was om Donderdag 30/01 House on the Hill toe te ry. Op Dag 1 sou ons dan van daar na Klein Karoo Welgevonden op die Vanwyksdorp/Herbertsdale pad roe te ry. Dag 2 van daar na Gouritsrivier Gasteplaas en dan Dag 3 vandaar terug na HotH toe. Maandag dan terug huis toe. 


Ek kon ongelukkig nie vir Klein Karoo Welgevonden oortuig om ons te help nie (hulle is net selfsorg en dit sou nie vir ons werk nie). Ek pas Dag 1 toe aan na Dwarsrivier, wat die dag 33 km langer maak en Dag 2 soort gelyk korter. 


Akkommodasie is die week voor die tyd bevestig en die groep sou bestaan uit myself, Mike Smit, Johan Schoeman en Alan Simpson, 'n vriend van Johan. Alan raak egter Maandag siek en onttrek Woensdag. Ek en Mike kom net na 13:00 in Blouberg weg. Ons tel vir Johan in Riviersonderend op en kom net na 17:00 by House on the Hill aan. 


Johan maak vir ons heerlike steaks gaar op die kolle en ons eet baie lekker. Ons verkas net na 21:00 kamers toe met die doel om 05:45 in die pad te val.


English version:


After dates were coordinated, arrangements were made for the HotH Tour (Reverse) from 31/01 to 02/02. The plan was to drive to House on the Hill on Thursday 30/01. On Day 1 we would then ride from there to Klein Karoo Welgevonden on the Vanwyksdorp/Herbertsdale road. Day 2 from there to Gouritsrivier Gasteplaas and then Day 3 from there back to HotH. Then back home on Monday.


Unfortunately I could not convince Klein Karoo Welgevonden to help us (they are only self-catering and that would not work for us). I adjusted Day 1 to Dwarsrivier, which makes the day 33 km longer and Day 2 the same distance shorter.


Accommodation was confirmed the week before and the group would consist of myself, Mike Smit, Johan Schoeman and Alan Simpson, a friend of Johan. However, Alan fell ill on Monday and withdrew on Wednesday. Mike and I left Blouberg just after 13:00. We pick Johan up in Riviersonderend and arrived at House on the Hill just after 17:00.


Johan "braaied" delicious steaks on a fire and we had a wonderful meal. We retired to our rooms just after 21:00 with the aim of hitting the road at 05:45.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking