Dinsdag 17 Mei 2022

36ONE nommer 8

 Aangesien 70+ jariges gratis kan inskryf vir die 36ONE, het ek, verlede jaar toe inskrywings beskikbaar geraak het, weer ingeskryf en nou was dit tyd om te ry! Ek het ook vir Johann de Bruyn oortuig om in te skryf en hy het vir Fred en Christine Lowe gekry om took e ry en hulle het weer vir Fred se swaar, Egbert Robertse gekry om deel te neem. Dus vertrek ons almal van ons verskillende plekke om Donderdagmiddag 12 Mei in Oudtshoorn aan te kom vir die wedren wat Vrydag 13 Mei op 15:00 begin. Ons braai almal Donderdagaand saam by Karoo Soul en kom so 21:30 in die bed. Vrydagoggend is ons so net voor 08:00 op en reël om die ander by hulle blyplek, wat net oorkant registrasie is, te kry. Na registrasie, wat glad verloop, eet ons saam ontbyt. Ons ry terug Karoo Soul toe om te "chill" tot so net na 13:00 en dan met die fietse na die wegspring te ry. Ons laai eers ons "oornag begasie" by die ander af, want Carien gaan vir ons ondersteun met hulle voertuig. Na 'n paar fotos, ry ons oor die straat om vir die wegspring te wag.




Ons word aangesê om ons plekke by die wegspring op te neem, en die wiele begin 15:00 rol. Ons vertrek redelik rustig. die eerste 7 km is oppad Kango Grotte toe en die pas is redelik rustig. Op 7 km draai ons regs op die Vergelegen pad en begin onmiddelik klim. In die volgende 10 km klim ons 180 meter, wat nie te erg is nie. Dit word gevolg deur 'n 20 km afdraend waarna ons regs draai op 'n plaaspaadjie. 'n Ou kennis van my, Fred van Zyl wat 75 jaar oud is, kom by die bult af by ons verby gevlieg! Ons haal hom in net voordat ons draai en ry lekker saam. Fred, Christine en Egbert is so 'n entjie agter ons. Die pad loop redelik gelyk en ons kruis ook die Oudtshoorn/De Rust teerpad na 'n verdere 11 km. Gedeeltes van die pad is baie rof en my ketting spring van die agterste "derailleur" rat af. Dit is 'n ou probleem en ek stop gou om dit reg te maak. Oor die teerpad is ons weer op 'n plaaspad tot op 35 km. Hier sluit ons by 'n goei distrikspad aan en draai Suid Wes tot op 44 km waar ons Suid Oos draai tot by waterpunt op 54 km, wat ons na 2:31 teen 'n gemiddelde spoed van 21.96 kpu, bereik. Ons hou vinnig stil om waterbottels vol te maak, koeldrank te drink en iets te eet. Die res van ons groep het nog nie ge-arriveer teen die tyd wat ons vertrek nie. Ons stop was minder as 5 minute. Ons sou later hoort dat Fred nie lekker gevoel het nie en hier opgehou het.


Nou volg die "drag" na waterpunt 2 wat ook die eerste kontrole punt is. Dit begin nou donker word en ons moet ons ligte aanskakel. Op 72 km draai ons links. Op hierdie punt is ons 'n paar meter van Paardepoort af, waar ons op 132 km en na ongeveer 'n verdere 4 uur 15 minute van die teenoorgesetlde kant sou kom om weg te draai na Zebra toe. In die volgende 18 km klim ons 180 meter. In die 29 km tot by Louvain, klim ons 130 meter, maar daar is bitter min gelyk pad. Dit is of op of af. Lekker "rolling hills" wat mens "klaar" maak! Ek en Johann ry lekker saam en handhaaf 'n redelike pas. Ek gewaar Johann so net agter my net voor ek links draai Louvain toe. Daar aangekom, sien ek hom nêrens nie. Carien wag ons in met 'n koppie koffie en maak my waterbottel vol. Ek gaan kry vir my sop en gaan sit op die trappe. Na 'n ruk hoor ek iemand roep my naam, maar ek neem aan dit is 'n ander Philip. Toe die geroep nie ophou nie, kyk ek om, en daar sit Johann! Ek gaan sit langs hom. Hy lig my in dat hy, net nadat ons Louvain toe gedraai het, naar geword het! Ek gaan motor toe om warm klere aan te trek en toe ek terug kom is hy weg! Ek bel hom maar hy antwoord nie. Carien weet ook nie waar hy is nie. Ek aanvaar dat hy besluit het om of te rus of op te hou. ongelukkig het hy vir Christine-hulle gemis en toe maar besluit om op te hou. Ek vertrek na 42 minute se vertoef. Op hierdie stadium was ek amper 'n uur agter verlede jaar se tyd. Ek het 30 minute op die pad verloor en 'n verdere 30 minute by Louvain!


Van Louvain na Herold ry ons op plaas paaie wat parallel met die N9 loop. Dit is 'n afstand van 22 km met geen ernstige bulte nie. Die laaste gedeelte is baie eentonig want jy sien die ligte van die ouens voor jou, maar die einde wil net nie kom nie! Na 1:15 bereik ek uiteindelik die N9. Ons word om 'n dam gelei na die Paardepoortpad. Na 132 km en 7:53 se ry bereik ek waterpunt 3. Ek vertoef 7 minute en dan rol die wiele weer. Ons word op 'n plaaspad, wat baie rof is, omgelei na die Heimersrivierpad/Zebra pad toe. Dit sluit ook 'n goeie klim in en dan is dit weer op en af. Soortgelyk aan die gedeelte voor Louvain. Ons word deur Die Wieg, met plaaspaaie en langs die treinspoor, wat nie meer gebruik word nie, onder deur die Oudtshoorn/George pad gelei na waterpunt 4 op 154 km. Ek is nou al vir 9:26 op die pad. Dit was redelik bewolk toe dit begin donker word het, maar die lug is nou oop en ons pad word verlig deur 'n helder volmaan. Dit sou later vervang word, nadat die maan gesak het, met 'n helder sterre hemel. Ek stop net 4 minute en kom gou weer aan die gang. Nou nog net 22 km na Volmped en kontrolepunt 2 (waterpunt 5). Op 170 km sluit ons by die Oudtshoorn/Mosselbaai pad aan. Ons ry in Oudtshoorn  se rigting vir 5 km en na nog 4 km is ons by Volmoed. 176 km en 10:40 se ry. My tyd van 3:27 vir die 75 km vanaf Louvain na Volmoed was 16 minute vinniger as verlede jaar! Dit was egter die laaste keer wat ek naby verlede jaar se pas gekom het.


Hier wag Carien en Fred vir my. Fred neem my fiets, olie die ketting en maak my waterbottel vol, terwyl en rustig sit en eet en Milo drink. My stop duur 24 minute. Ons ry vir die volgende 8 km teerpad, totdat ons regs draai deur 'n paar plase tot by die Volmoed/Vanwyksdorppad wat agter Gamksberg verby loop. Van km 188 tot 201 klim ons van 286 meter tot by 532 meter. Dit neem my 'n uur om die 13 km af te lê. Daarna daal ons af na 92 meter waar ons die droeë Gouritsrivier kruis op 227 km en na 14:24 se ry. Daar was darem weer 'n waterpunt, nommer 6, op 214 km waar ek net 5 minute gestop het. 


Na die rivier kruising is daar weer 'n almintige klim. Nie so styl nie, maar lank! Oor die volgende 15 km klim ons 230 meter na waterpunt 7. Ek stop weer vir 5 minute. Nou is dit 5 km na die begin van Rooiberg. Ek ry Rooiberg teen 'n redelik konstante spoed uit. Ek moet twee keer stil hou. Een keer omdat ek my balans verloor het en teen die kant vas gery en en 'n tweede keer toe ek traksie verloor oor 'n los klip! Dit neem my 1:20 om die 8  km af te lê. Gelukkig het hulle sedert verlede jaar 'n ekstra waterpunt bo-op die berg aangebring. Ek stop 4 minute vir Coke, piesangbrood en waterbottel volmaak. Dit pad anderkant af is vreeslik rof en van die onderpunt tot by die Calitsdorp Spa pad is weer vreeslik sinkplaat. Daar is darem gelukkig nie meer eintlik enige bulte tot by Caltisdorp en die laaste kontrole punt (waterpunt 9) nie. Op hierdie stadium is daar min op my lyf wat nie pyn nie! My boude is gaar, my nekspeire pyn, my hande is moeg, my polse is seer, my knieë pyn en die feit dat ek nie my skoene se vetters 'n bietjie losgemaak het toe ek dikker sokkie by Louvain aangetrek het nie, veroorsaak dat my tone redelik dood is! Nou-ja, dit is maar deel van die "avontuur"!


Na 280 km en 19:10 op die pad, kom ek in Calitsdorp aan. Dit is 55 minute stadiger as 2021. Fred sorg weer vir my fiets. Carien en Johann help ook om my so gemaklik as moontlik te laat voel. Na 280 km is "gemaklik" nie deel van my woordeskat nie. Ek eet net twee pannekoeke en drink 'n koeldrank. My stop duur 29 minute. Ek is nou 1:09 agter verlede jaar se tyd en berus my daarby dat ek nie in minder as 25 uur gaan klaar maak nie. Vanaf Calitsdorp volg ons die natuurskone roete deur die Kruisrivier vallei. Vanaf Calitsdorp to by waterpunt 10 op 310 km klim ons vanaf 170 meter tot by 647 meter oor 28 km. Dit werk uit op 17 meter per km, wat veroorsaak dat dit baie moeilik is om 'n goeie gemiddelde spoed te handhaaf.


Dit neem my 2:10 teen 'n gemiddelde spoed van 12.3 kpu. Aan die voet van die bult net voor waterpunt 10, stop ek om water af te slaan. Toe ek op my fiets klim om verder te ry, is daar fout. Die "free body" op my agterste ratte wil nie "engage" nie. My pedale draai net in die ronde sonder enige weerstand, met ander woorde ek kan nie verder ry nie! Ek probeer weer met my hand die pedale draai en kry dieselfde resultaat. So dit lyk nie of ek nommer 8 gaan voltooi nie en ek begin maar stap. Ek het gedurende die nag agtergekom dat my fiets se "free body" nie "lekker" is nie, want waar die ratte gewoonlik onmiddelik aan die gang kom, moes ek gereeld 'n ekstra halwe draai of so trap voordat dit behoorlik gevat het. Na 'n paar treë probeer ek weer, en wonder bo wonder, daar werk dit! Wat 'n bietjie gebed darem kan doen!. Ek ry baie versigtig tot bo want ek wil nie "free" nie vir ingeval dit weer gebeur. Bo gekom hou ek stil en vra raad. Carel Heroldt van Dryland is toevallig daar en hulle roep hom. Ek verduidelik my probleem. Sy voorstel is dat ek vir die "sweerper" wag. Ek vra vir 'n beter oplossing, soos of iemand vir my 'n ander wiel kan bring. Hy bevestig dat dit gedoen kan word, ek moet dit net self reël. Ek bel vir Johann en verduidelik die probleem. Ons kom ooreen dat ek aan sal ry en dat hulle reg sal staan om my te kom help indien ek weer 'n probleem kry. Ek laat my waterbottel volmaak en val onmiddelik weer in die pad. Vir die volgende 30 km trap ek sonder ophou, want ek is bang die probleem kom weer te voorskyn wanneer ek "free". Daar is nie sel ontvangs nie so ek sal ook nie vir Johann kan laat weet nie. Toe ek op die punt kom waar daar weer ontvangs is, besluit om 'n kans te vat en te kyk of die "free body" nog hou. My geluk is in en ek ry sonder enige verdere probleme aan. Ek stop self by 'n boer om my waterbottel met lekker bergwater vol te maak.


Die padoppervlakte vanaf km 322 tot by 355 waar ons by die Caltisdorp/Oudtshoorn pad aansluit is baie klipperig en my stêre sê les op! Verder bestaan die gedeelte vanaf km 344 tot 355 uit kort afdraendes en langer opdaendes. Die opdraendes is nie baie styl nie, maar na 344 km is enige opdaende 'n uitdaging. Ek besluit om die laaste waterpunt op 341 km te "skip" en ry aan. Na 355 km is dit teer met 'n kort  klim tot by km 358 en dan is dit afdraend en/of gelyk tot by die einde. Fred en Johann wag my in net voor die teerpad om my aanmoediging. 







Na 25:21:42 en 364 km, kom ek by die einde aan. Vol tevredenheid om my 8ste 36ONE suksesvol te voltooi! Voor die wedren het ek gewonder of ek sou klaar maak! Ek het myself voorbery vir die moontlikheid dat ek dit nie tot die einde sou maak nie. Dit het my dus soveel meer satisfakise gegee dat ek dit weereens kon regkry om deur te druk.Christine en Egbert het so net meer as 'n uur na my klaar gemaak. Voorwaar ook 'n goeie prestasie indien in aggeneem word dat Christine eers aan die begin 2021 begin bergfiets ry het en dat Egbert eers verlede week toestemming by sy dokter gekry het om te mag ry! Nogtans baie dankie aan Carien vir haar opoffering en vir die lekker saamesyn wat ons vanaf Donderdagaand tot Sondagoggend kom ervaar. Mens besef onder sulke omstandighede weer hoe belangrik goeie vriendskap is!


Dryland Post Race Report


Although we know each participant deserves a special mention we just wanted to highlight a few of the extraordinary achievements from this weekend.
 
New course record was broken by Drikus Coetzee at a time of 13:17:50.
 
Fjord Jordaan at 57 years young was the second person to complete his 10th The Challenge race at our 11th edition this year. Andreas Pankratz was the only person last year to have finished all 10 races! They received, special gifts for this huge achievement!
 
Did you know, if you are older than 70 years, you get to take part for free! We had 3 participants this year who qualified. We salute you Philip Erasmus, Frederick Van Zyl & Gert Mulder.


Thank you for joining us for this special race.

Thank you for joining us for this special race.


We challenge all of you to invite a buddy to join you next year and make it a yearly tradition!


We cannot wait to see you in 2023!

We cannot wait to see you in 2023!


Warm regards,
The 36ONE MTB Challenge Team
























Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking