This was in preparation for the Freedom Challenge Race Across South Africa which I completed in June 2014 and 2019. Ek is die eerste persoon oor 70 jaar wat RASA voltooi het. Gedurende Oktober 2023 beplan ek om weer van Beitbrug na Bloubergstrand sonder enige ondersteuning, met my bergfiets te ry. Dit is vir CANSA in gedagtenis aan Sue, my vrou, wat op 23/09/2022 oorlede is aan die newe effekte van kanker. Afstand is 3,500 kilometer.
Maandag 25 April 2011
Voorbereiding vir RASA 2011
Oor 7 weke is ek teen hierdie al twee dae oppad. As alles volgens plan verloop slaap ek dan op Ntsikeni. Ek sien die Woolnoughs is in dieselfde groep as ek. Dit behoort te help met die navigasie! Die oefening verloop heel goed. Ek het die afgelope 14 dae 391 km gedoen met gemiddeld 15 meter per km se klim. RASA se gemiddeld is 16. Beplan om volgende week weer een la-a-ang dag in te kry en dan is dit die Saronberg MTN op 14 Mei en Dirtopia se 100 miler op 21 Mei. Daarna sal ek dit "rustiger" vat tot en met 12 Junie, wanneer die groot uitdaging begin.
Dinsdag 12 April 2011
21 Argusse
Ek het toe op 13 Maart my 21ste Argus, met dieselfde fiets, voltooi. Die prestasie om 21 Argusse op een fiets te voltooi was baie bevredigdnd, maar my "werkverrigting" op die dag was glad nie na wense nie. Die bene wou net nie teen die pas werk wat ek verlang het nie. Die gevolg was dat ek die swakste posisie ooit en my tweede swakste tyd, ooit behaal het. Ek het sommer teen Oostelike Boulevard al besef fat dit nie my dag vir 'n goeie tyd was nie en dit toe maar rustig gevat. Het die rit baie geniet en geen ander probleme ondervind nie. Nou kan ek darem volgende jaar daarna mik op 'n wesenlike verbeterring op vanjaar se 4,506 en 3:27 te maak
Teken in op:
Plasings (Atom)