Vrydag 04 Maart 2011

Grape Escape dag 1


Vrydag 4 Maart 2011. Die Grape Escape begin vanoggend 09:00 op my voorstoep. Ons spring vanaf Eden on the Bay weg. Kabous Marra arriveer 07:30. 'n Werkskrisis duik op en ons kom eers 08:25 weg. Dit is egter so naby dat ons 08:30 by die wegspring is. Ek is in Groep A, saam met al die "Groot manne". Gelukkig is die eers 8 km "nutraal" as gevolg van verkeer, dus kan ek darem so 'n rukkie saam met hulle ry. Een groot bondel ry saam tot by die Caltex Garage in Gieweg. Dan begin die wedren in alle erns. Ons volg paadjies aan die Noorde kant van Du Noon tot by die N7 wat ons onderdeur met 'n stormwater bruggie kruis. Dan op na Contermanskloof. Klim redelik baie tot by begin van Kliprug en dan af na die plaas. Kabous, wat in die groep na my begin het, vang my by die eerste waterpunt. Daar verby, op teerpad en met Malanshoogte oor na Adderleyweg. Regs met Occultdale en dan verby die windkragopwekkers. Gelukkig is die kwaai klimme vir die dag verby. Draai regs na Leenwendans en dan terug in die rigting van die Boland Landbou Skool. Laaste waterpunt so 18 km van einde. Kabous sê ek moet aan ry, hy voel 'n bietjie op. Ons volg grond en plaaspaaie deur tot by Nelsons Creek. 87 km, 4 uur 20 min, 3291 kalorië verbrand en 993 meter geklim. Kabous kom so 10 min na my in. Lekker dag. Stert 'n bietjie seer maar bene voel redelik. Sien uit na dag twee wat 07:30 by Nelson's Creek begin. Eindig 144ste uit 595 beginners.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking