Donderdag 06 Januarie 2011

Die volgende uitdaging

Nog net 'n week oor na die volgende uitdaging - die Contego Attakwas Extreme Mountain Bike 121km Challenge vanaf Chandelier Game Farm buite Oudtshoorn na Groot Brakrivier tussen Mosselbaai en George. Aangesien ek verlede jaar eerste in my ouderdomsgroep gekom het, sal ek moet probeer om vanjaar die prestasie te herhaal. Die voorbereiding vir die 2011 RASA vorder heel goed. Ek handhaaf tans so 12 ure se oefen per week. Die oogmerk is om dit gedurende die volgende drie maande op te skuif na 15 ure per week en dan 20 ure per week vir die laaste twee maande. Meeste oefening geskied tans in die Hillcrest, Kliprug, Contermanskloof, Meerendal omgewing. Ek wil volgende week al die paadjies wat daar is, te same met Majik Forest met een poging ry. Hopelik sal dit meer as 100km oplewer, wat goeie finale voorbereiding vir die Attakwas te wees. Die huidige hitte in die Kaap sal dit nie 'n maklike dag maak nie!

2 opmerkings:

  1. Sterkte, enjoy. Sou graag die attekwas wou gery het, maar dis vrek ver van Pretoria af...

    AntwoordVee uit
  2. Danki vir die goeie wense. Sien verslag.

    AntwoordVee uit