Dinsdag 19 November 2019

2019 To Hell and Back

To Hell and Back 2019

Na 2016 se To Hell and Back het ek gesê ek sal die wedren slegs weer ry indien iemand my vra om te ry! Dit gebeur toe middel Oktober toe Garreth Sexton, saam met wie ek Trans Baviaans gedoen het, my vra of ek nie iemand, wat onttrek het, se plek wil in neem. Nadat ek Sue se goedkeuring gekry het, het die onderhandelinge begin. Die voordeel van te “sub” is dat die koste gewoonlik verminder. Dit was toe ook die geval en ek het die inskrywing teen ‘n afslag beding. 

Die reling was dat ons twee groepe van drie sou maak en so Oudtshoorn toe ry. Ek moes vir Johan de Bruyn in Pinehurst, Durbanville optel en dan deur ry na Garreth in De Wynlanden en dan sou ons drie saam ry. Maandag begin nie goed nie! Ek ontwikkel ‘n loop maag! Teen Donderdag het dit nog nie opgeklaar nie, maar gelukkig voel ek nie “pap” nie. 
Donderdagoggend kry ek ‘n oproep van SARS wat my die geleentheid gee vir ‘n 08:00 afspraak op Vrydag om ‘n BTW aansoek in te dien. So ‘n geleentheid laat mens nie verby gaan nie! Ons relings verander toe so ‘n bietjie met Garreth wat die Stellenbosch se drie tal 09:00 optel en ek en Johann wat 10:00 vanaf Pinehurst vertrek. Alles werk mooi uit en ons kom ooreen om op Barrydale te groepeer. Ek en Johann kom so ‘n halfuur na die ander daar aan. Hulle het toe al klaar ge-eet, maar ons bestelling, wat ons per WhatsApp aangestuur het, is oppad. Hulle verterk so 15-minute voor ons. Ons kom almal veilig by Ou Tol Gastehuis, so 10 km vanaf die wegspring plek, aan. Nadat ons begasie afgelaai het, ry ons De Hoek toe om te registreer en nommers op te tel. Terug by die gastehuis, bestel ons pizza’s van die restaurant in die pad af. Dit is ‘n bestelling wat ons beslis nie sal herhaal nie, maar ons het darem vol gekom. Intussen hou my maag.

Saterdagoggend is dit vroeg opstaan want ons begasie moet teen 06:15 op die trok wees wat dit na die kampterrein in Gamkaskloof moet neem. Ons motors los ons by De Hoek. Ek beleef ‘n oomblik van “spanning” toe ek agter kom dat my Garmin by my begasie op die trok is terwyl ek reg is om weg te spring. Gelukkig is my sak by die vragmotor se agterdeur en is daar nog laat kommers wie se begasie ingelaai word. Ek haal die gou uit my sak en plaas die sak terug in die trok.




Die weer het heel week aangedui dat ons reën kan verwag. Die lug is nou egter redelik oop en dit is nie koud nie. Ons spring op die kop 07:00 weg. Na ‘n aanvanklike afdraend, begin ons met ‘n gelydelike klim op die teerpad Swartbergpas toe. Na ‘n paar kilometer word ons afgely na jeep tracks deur ‘n plaas wat later weer by die teerpad aansluit. Kort na die aansluiting verander die teer in grond. Van nou af sal ons nie weer teer sien voordat ons Sondag weer by die pad met die terugkeer, aansluit nie. Die Swartbergpas klim klink erger as wat dit is. Ons klim 840 meter in die eerste 19 kilometer to op die hoogste punt van die pas. Dit neem my 1:41. Dit word gevolg deur ‘n kort afdraend (3 km) na die afdraai pad Hell toe. Hier is ‘n kennisgewingsbord wat sê “ 37 km maar laat twee uur se ry tyd toe”! Dit is per motor! Die toestand van die pad is oor die algemeen baie rof. Oor die volgend 30 km verloor ons geleidelik hoogte tot ‘n laagte punt van 703 meter. Indien daar na die profiel gekyk word lyk dit maklik, maar ry hom en jy kom gou agter dat daar heelwat klimme oor daardie 30 km is. 

Die eerste waterpunt is kort na die afdraai en ons groep “hergroepeer” hier. Dit is nou behalwe vir Andy wat almal al teen Swartbergpas agter gelaat het. Ons sal hom eers weer by die einde sien. Ons bly redelik bymekaar tot by waterpumt 2 waar ons ‘n halwe Spur Burger kry. Ons spring weer as ‘n groep weg, maar die die groep verdeel gou in twee met ek en Johann aan die voorpunt en die ander drie so ‘n entjie agter ons. Ek en Johann handhaaf ‘n lekker pas en begin die laaste paar bulte na 3:14 in die saal. Johann voel hy kan miskien nog in onder 4 uur klaar maak en stoot aan. Ek vat die bulte teen ‘n meer gemaklike pas en bestyg die laaste kruin na net mooi 4 uur. Ek het gelukig hierdie pad gedurende Julie tydens die Freedom Challenge gery, so ek ken al “Heartbreak Hill” se valse eindpunte! Daar is ten minste drie van hulle! Van hier is dit alles afdraend einde toe. Ek maak in 4:09 klaar, 15-minute langer as 2016. Ek eindig 93ste!

Ons kry ons tente en gaan staan in die ry om te stort. Almal wat uit die storte kom, kla oor die te kort aan waterdruk in die storte. Toe ek uiteindelik my beurt kry en die kraan oopdraai, kan ek nie lekker verstaan wat die problem is nie. Die water loop goed en ek maak myself goed nat en net daar droog die water op! Ek is naderhand verplig om die wasbak se water te gebruik om myself af te spoel! Ek is darem redelik skoon en droog maar die orige seep af. Middag ete is in die tent. Ons sit in ‘n groep en eet en drink baie water. Die temperatuur moet in die dertigs wees. Die res van die die middag word deurgebring deur rond te sit en te gesels. Van die ouens dra hulle mattrasse na ‘n koelte kol en slaap. Ek gaan sit later in die vermaaklikheidstent en luister musiek. So verwyl ons die tyd. Teen 17:00 kom almal so een-een by die tent aan. Die gaskunstenaar vermaak ons met musiek. ‘n Paar prys vir dit en dat, word uitgedeel en 18:00 begin aandete.


Aandete bestaan uit ‘n steak, hoender sosatie en stuk wors, wat jy self moet braai, op kole wat hulle voorsien. Daar is ook heerlike slaaie en vars plaas brood. Ons is teen 19:00 reg om te gaan slaap. Hier is nie veel anders om te doen nie! Die gas unstenaar het weer begin musiek maak, maar dit het teen 20:00 tot ‘n einde gekom. Teen 21:00 is dit doodstil. 

Sondagoggend is ons weer vroeg aan die gand om seker te maak dat ons begasie teen 06:15 op die trok is. Onbyt word vanaf 05:30 bedien en bestaan uit ‘n keuse van Oats, Weetbix of Museli. Geen rede om honger te begin nie. Toe ek my fiets neem, sien ek ‘n lap op die grond. Tot my verbassing is dit my Buff wat ek die vorige dag oor my fiets gehang het om droog te word. Dit sou my later in die dag goed te pas kom!





Ons is teen 06:30 reg om te begin. Die gesig van waar ons die eerste 5-kilometer moet uit, is nie baie bemoedigend nie! Ons moet 500 meter in die eerste 4.75-kilometer klim! Die wiele begin so kort na 07:00 rol. Dit is aanvanklik ‘n problem om aan die gang te kom. Dit neem seker so 5-minute vir die bottelnek om voldoende uit te dun sodat ons behoorlik aan die gang kan kom. Ek neem 46-minute om tot bo te kom. Vandag begin ek as agter os en kom laaste van ons groep by waterpunt 1. Johann het die hasepad gekies en ons sal hom eers weer by die einde sien. Shaun, Garreth en Johannes is so ‘n paar meter voor my. Ons is nou besig om by Heartbreak Hill af te gaan, so die pas is warm. Ek haal die ander drie manne na ‘n rukkie in en ons ry tydelik saam. Waar ons die vorige dag 30-kilometer se afdraend gehad het, het ons nou 30-kilometer se opdraend! Daar is darem so elke nou en dan ‘n afdraend. By waterpunt 2 word ons ingelig dat dit 6 gade en nat op Swartbergpas is! Dit is nie iets om na uit te sien nie. Dit is nou bewolk en daar is ‘n klammigheid in die lug. Gelukkig reën dit nie en dit is nie te koud nie. Ek is nou redeiik jammer dat ek nie my baadjie, wat by my begasie is, by my het nie. Die grond is ook klam en die son is baie skaars. By waterpunt 3 vra ek die ouens om my te help om die Buff, wat ek vroeër by my fiets gekry het, op my bors onder my fietsry hemp in te sit om te help om die koue uit te hou! Dit was nou voorwaar ‘n geluk dat ek vergeet het om dit saam met my begasie te sit. Dit help baie om die koue so ‘n bietjie te beperk oor die laaste paar kilometers.

By die aansluit van die Oudsthoorn/Prins Albert-pad is dit heelwat natter. Daar val ook so elke nou en dan ‘n regte Kaapse reënbui. Ons klim nou die laaste deel na die bopunt van die pas en dit help om die liggaam warm te hou. Die mis is so dig dat mens nie meer as 50-meter ver kan sien nie. Bo-oor die top is die pad heelwat natter en ook baie modderig. Die reën was nou net genoeg om die bolaag in ‘n modderige laag te verander. Die pad is ook redelik glad met die gevolg dat ek nie die kans wil neem om te vining te ry nie. Ek wil nie op die laat stadium van die wedren val nie! Die motors op die pas is ook baie versigtig en ons fietsryers gaan by die meeste van hulle verby. My hart verbly toe ons eindelik by die teer uitkom. Dit is egter van korte duur aangesien ons weer afgely word na die jeep tarck deur die plaas. Die jeep track is nog meer modderig as die pas! Ek is redelik bly toe ons weer die teer bestyg. Van hier af is dit gelukkig teer tot die einde, maar daar is so ‘n lastige bult net voor die einde. Die bene hou darem en ek maak in 4:39 in die 103de plek klaar. 


So eindig ‘n heel suksesvolle To Hell en Back. Dit bly ‘n uitdaging en ‘n wedren wat weereens die bevrediging gee van die genoegdoening wat saam met die suksesvolle voltooiing daarvan gaan.

Resultaat: 
Dag 1 4:09:02; 93/254; 1,707 meter geklim en 1,802 gedaal; 2,255 kalorië verbrand; maksimum temperatuur 32 en minimum 11.
Dag 2 4:37:29; 103/242; 1,875 meter geklim en 1,751 gedaal; 2,323 kalorië verbrand; 
Maksimum temperatuur 19 en minimum 5.
Algeheel 107de uit 275 deelnemers; totale tyd 8:46:31


2 opmerkings:

  1. Hallo, seizoensgroeten aan al mijn vrienden daar, laat me weinig scheren over hoe mijn huwelijk werd hersteld met de hulp van een grote tovenaar genaamd Dr.Amiso. Ben Eva Lucas, uit Assen, Nederland. Na tien jaar trouwen begon mijn man me vreemd te gedragen, we hadden ruzie en een paar andere problemen met mijn man totdat hij uiteindelijk naar Texas verhuisde om bij een andere vrouw te zijn. Ik dacht dat mijn leven voorbij was, en dat van mijn kinderen dachten ze dat ze hun vader nooit meer zouden zien. Ik probeerde alleen maar sterk te zijn voor de kinderen, maar ik kon de pijn in mijn hart niet aan. Elke dag en nacht denk ik aan hem en wil altijd dat hij terugkomt, ik was echt verdrietig en had hulp nodig, dus ik zocht online naar hulp en vond een website die suggereerde dat Dr.Amiso iemand kon helpen die ex-geliefde snel terug had. Dus ik vond dat ik het eens moest proberen, ik nam contact met hem op en hij vertelde me wat ik moest doen en ik deed het, hij verzekerde me dat mijn man binnen 48 uur later bij me zou komen, mijn man belde me eigenlijk en zei: hij miste mij en mijn kinderen! Verrassend kwam hij die dag met enkele vrolijke cadeau-artikelen en verontschuldigde zich voor zijn fout en voor de pijn die hij mij en de kinderen opdreef. Sindsdien hebben we een belofte gedaan om de wereld deze grote tovenaar en hengelbreker van alle soorten te laten weten, allemaal dankzij Dr. Amiso, ons huwelijk is sterker dan ooit tevoren geworden. Hij is zo sterk en krachtig, Dr. Amiso is echt een door God gezonden, die ik altijd zal bidden om lang te leven om zijn kinderen te helpen in tijden van moeilijkheden, als u hier bent en uw man is verhuisd naar een andere vrouw. Als je wilt trouwen met de liefhebber van je keuze of gezondheid en huwelijksproblemen, gevallen van kanker of echtscheiding, baanpromotie en succes, wil je ook in de wereld worden herkend, geef niet op, geen problemen helemaal stoppen met huilen, neem nu contact op met deze krachtige wizard. Hier is haar persoonlijke e-mailadres: herbalisthome01@gmail.com

    AntwoordVee uit