Vrydag 23 Januarie 2015

Attakwas 2015

Saterdag 17 Jauarie 2015 en dit is weer Attakwas tyd. My broer het ingestem om saam te gaan om my  motor om te neem einde toe. Ons is Vrydag net na 12:00 uit die Kaap weg en het, na ‘n aangename en voorspoedige rit, net na 18:00 by NA Smit Vakansie-oord aangekom. Omdat het ons vir ons “aandete” gekoop en my nommer opgetel. Na ‘n lekker braai, het ons die vere geslaan en albei soos klippe geslaap.

Ek was in groep B en my wegspring tyd was 06:35. Ons het so om en by 06:00 by die wegspring area aangekom. Die weer was perfek. Die groep A het 06:30 weggespring. Soos gewoonlik was die organiseerders baie stiptelik en ons het die pad 06:35 geslaan.  Daar was ongeveer ses groepe wat almal 5 minute na mekaar weggespring het.

Die aanvanklike pas was redelik en ek het ‘n goeie pas gehandhaaf. Na 25 minute het die voorste manne van grope C by my verby gekom. Die begin tempratuur was 13 grade Celcius. Die “jeep tracks” deur Chandelier en Doornrivier was in ‘n baie goeie toestand met geen onverwagte donga’s of spoel slote nie. Ons is na 1:19 by waterpunt 1, waar ek vir ‘n vinnge glas water gestop het., verby. Die eerste 65 kilometer van die Attakwas bestaan hoofsaaklik uit redelik goeie ”jeep tracks”. Daar is ‘n paar areas wat redelik rof is en ook drie bulte waarvan die gradient en oppervlakte sodanige is dat dit nie uit gery kan word nie.  Dan moet dapper en stapper maar gebruik word om bo te kom. Teen hierdie tyd het die tempratuur na 22 grade Celcius geklim.

Ek het redelik goed gevaar teen die laaste bult af net voor waterpunt 3. Daar was twee kort stukkies van 10 meter elke wat my moed my begewe het en maar afgeklim en gestoot het. Net voor die waterpunt loop die roete so ongeveer 100 meter in ‘n stroom af. Daar iemand voor my wat ‘n bietjie gesukkel het, met die gevolg dat ek so ‘n bietjie gewag het. Ongelukkig het ek nie genoeg momentum opgebou om deur die stroom te kom nie, met die gevolg dat my voorwiel teen ‘n klip vasgeteek het wat veroorsaak het date k my balans verloor. My spoed was baie laag, maar met die val slag val ek toe met my bors op die fiets se handvatsel wat regopstaan. Vir ‘n oomblik kon ek nie behoorlik asem haal nie en my bors was ontstetend seer. Ek kon gelukkig onmiddellik wwer aan die gang kom en by die waterpunt herstel. Die skade blyk nie te groot te wees nie, behalwe vir ‘n stukkende plek op my regter maarmerrie en ‘n bors wat pyn wanneer ek my linker arm optel! Ek het ongeveer 15 minute hier vertoef terwyl ek my waterbottel volgemaak het, ‘n paar glasies Coke gedink het en ‘n halwe Spur Burger ge-eet het.

Gelukkig het die bors my nie gepla wanneer ek ry nie, maar dit was redelik seer wanneer ek my linkerhand van die handvatsel afgehaal het. Die temperatuur het nou geslyg tot 31 grade. Die laaste gedeelte is omtrent alles op distriks paaie met vier lelike bulte. Die eerste een begin sommer onmiddelik. Oor 7 km klim jy 200 meter teen ‘n redelike konstante gradient en daar is geen skauduwee nie. Gelukkig is daar darem so ‘n paar “dips” wat jou toe laat om asem te haal. Anderkant af is deur die plaaslik plantasie, wat help om die hitte te breek. Op 83 km begin ‘n 4 km afdraand waar tydens ons 250 meter daal. Dit word gevolg deur nog twee bulte oor die volgende 8 km met ‘n klim van 200 meter in totaal.

Dit bring ons by die volgende water punt, met net die laaste twee knewels oor. Dit is slegs 17 km einde toe, maar dit is deur twee ”dale“ en oor twee “berge”. Ek het die hele ent vanaf water punt 3 redelik goed gevoel ten spyte van die seer bors, maar ek het in hierdie gedeelte 30 minute op verlede jaar se tyd verloor, so die bors het seker maar ‘n invloed gehad. Ek het in die laaste 3 km ‘n lekker “trein” opgetel en dit ook reggekry om hulle aget te laat.

Totale tyd: 8:17:27; afstand 121.22 km; klim 2,929 meter.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking