Sondag 20 Januarie 2013

Attakwas

Ek en Danie Kotze het op Vrydag 18  Januarie die pad Oudtshoorn toe gevat vir vanjaar se Attakwas. Danie het Donderdag sy 29er gekry en het besonder daarna uitgesien om sy nuwe fiets goed op die proef te stel. Ons net na 17:00 in Oudtshoorn aangekom en het heel eerste gaan registreer. Daarna het ons kos gekoop en aangemeld by NA Smit Verblyfoord. Na 'n lekker braai en 'n luister na Lance Armstrong se bekentenis, is ons bed toe. 

Aangesien die wedren 06:30 begin, besluit ons om te sien dat ons 06:00 daar is. Ons is dus 05:30 op om te eet en deur te ry Chandelier toe. Aangesien ons motorbestuurder ons Woensdag in die steek gelaat het, het ons besluit om van die "schuttle" gebruik te maak. Nadat ek hom opgespoor het en ons tente en skoonklere daar afgelaai het, het ons fietse aanmekaar gesit en na die wegspring area beweeg.

Die eerste groep het stiptelik 06:30 weggespring. Ons was in die B groep en spring dus 06:35 weg. Die reeling werk baie goed en die deelnemers is onmiddelik in groepe wat 'n goeie pas handhaaf. Ons vorder goed. Die veld is tiepies Klein Karoo, nie dor nie maar ook nie groen nie, tog sy eie "mooi". Die eerste waterpunt is nader aan die begin en ons bereik dit na 1:10. Van hier tot by waterpunt 2 is die terrein redelik "rof" met 'n paar kwaai bulte. Die 29er klim lekker en hanteer die terrein en sand baie goed. Ek loop ook vir Fred van Zyl, wat my ouderdomegroep tydens die eerste jasr wat ek deel geneem het, gewen het, raak. Ons ry 'n rukkie saam en gesels daaroor en ook oor sy Imana Wild Ride! Waterpunt  2 is net nadat ons die Oudtshoorn/Mosselbaai teerpad kruis. Hier kry ons 'n bottel USN. Ek stop vir 'n paar glassies Coke en ietsie om te eet. My tyd tot hier is 2:20. Dit is ongeveer 15 minute beter as verlede jaar. Ek is dus goed oppad na 'n 7:15-7:30.  Van hier tot by Bonniedale moet ons deur die Attakwaskloof. Die natuurskoon is baie besonders en alhoewel die pad baie klipperig is, maak ek goeie vordering. Die nuwe fiets klim beslis beter as die ou fiets, maar daar is nog altyd 'n paar plekke waar ek verplig is om af te klim en te stoot. Die groot uitdaging is die afdraend na Bonniedale. Dit is ook nie lank nie en ek is daar. Ongelukkig, of miskien "gelukkig" is daar iemand voor my wat nie kans sien vir die baie styl gedeeltes nie. Aangesien ek nie kan verby kom nie, moet ek op twee plekke afklim. Na die tweede afklim kom ek verby en dit is oopketel tot by die rivier en op na waterpunt 3. Die sand teen die laaste bult vang my en ek is verplig om die laaste 30 meter te stoot. Waterpunt 3 is bekend as die Spur stop, want hier kry jy 'n Spur Burger. Fiets word ook vinnig afgespuit en ketting ge-olie. Waterbottel word met Coke gevul en ek val weer in die pad. Tyd tot hier a 4:01. 30 minute beter as verlede jaar! Daar wag egter 'n 20-25 km Suidooste wind oor die laaste 50 km op ons, so ek verwag dat ek van my voordeel oor die laaste paar km sal verloor. 
Nou volg dasr 'n 7 km klim waar tydens ons 206 meter klim! Dit neem 37 minute. Dan volg 'n lekker stuk deur die denne plantasies tot by waterpunt 4.

Hier maak ek weer my waterbottel vol, eet 'n paar lekkernye en val in die pad. Die pad gaan hier vir ongeveer 2 km deur die veld, oor 'n rivier en sluit dan weer by 'n distrikspad aan. Ek kom 'n trop beeste tee wat net nie wil padgee nie, met die gevolg dat ek geduldig my weg tussen hulle moet deur vleg. Net nadat ek deur die rivier is, kom ek agter my agterband kort 'n bietjie lug. Ek hou stil, kry 'n ligbom uit my rugsak en pomp hom styf, maar o-wee ek hoor daardie onrusbsrende sus geluid van 'n band wat lek! Om sake te vererger blyk dit 'n sny op dit kant te wees. Gelukkig is die sny nie dwarsdeur nie! Wat nou gedoen? Ek kan 'n binneband insit of 'n "patch" aan die binnekant, maar alby vereis dat ek die band afhaal. Ek besluit om'n kans te waag en net die sny te "plug". Doen dit gou, pomp op met lugbom en hoop vir beste! Dit lyk of dit werk. Ek pak alles terug en spring weer in die pad, heeltyd met die agterwiel in my kop en 'n vrees dat hy weer pap gaan word. 'n Verdere probleem is dat my lugbom so te sê leeg is en ek het nie meer spaar bommetjies het nie! Dit het op 86 km gebeur na 5:13 se ry tyd, 31 minute vinniger as verlede jaar. Die episode het my seker 'n goeie 5-10 minute gekos. Daar is nog 35 km oor en indien die band nie hou nie, kan dit 'n lang dag word. Gelukkig is daar nou meer ander deelnemers rondom my en indien die wiel weer pap word kan ek darem hulp vra. Die punt van die "plug" wat by die sny uitsteek, is ook so lank dat dit teen die raam kap. Dit is egter nie 'n probleem nie, net 'n irritasie. Ek ry nou gereeld saam met ander deelnemers. Ons vorm 'n kern van drie wat lekker saamwerk. Die wiel bly in my kop. Ek kyk gereeld na hom, maar kan niks agterkom nie. Dit voel darem nie of hy te pap word om te ry nie en ek besluit om dit eenkant toe te skyf en my by die funksie van ry te bepaal. Alles hou tot by waterpunt 5. Ek maak weer my waterbottel vol Coke, eet 'n bietjie, laat my ketting olie en val weer in die pad. Ek vergeet skoon van die wiel! Daar is nou net een bult en 19 km oor. Dit lyk of ek so binne 7:30-7:45 gaan klaar maak. Die Suidooster is nie te erg nie. Dit is net sterk genoeg om die ergste hitte te verdryf en 'n klein bietjie ekstra "effort" van ons kant in te vereis om 'n goeie pas te handhaaf. Na die laaste bult sluit ek by Sean en Liesbet Kristafor aan. Sean is die een wat die pas aangee en ons maak goeie vordering. Die windjie druk, maar Sean druk harder! Nog 2 km oor. 7:30 lyk haalbaar. Dit is nou alles afdraand tot by die einde. 1 km oor. Hierdie die finale draai en ons is op die sementpad na die eindstreep toe. Ek maak klaar in 7:29:51. 24 minute vinniger as verlede jaar. 234 uit 654 en 4de in my ouderdomsgroep. 'n Goeie resultaat vir 'n hardedag se fietsry! Klim 2,656 meter oor 120 km. Totale ry tyd 7:00:39!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking