Vrydag 09 Maart 2012

Grape Escape Dag 3

Saterdag 3 Maart was die finale dag van 2012 se Grape Escape. Die skof het op Diemersfontein, die eindpunt van die Freedom Challenge, begin. Die tydsberekening van die organiseerdes was weereens perfek en ons val 07:00 in die pad. Die dag se roete begin egter met die ernstige klim en in die eerste 36 kilometer klim ons meer as 1,205 meter en dit neem my 2:46. My ketting breek weer, maar gelukkig kry het ek dit gou reg gemmak en weer in die pad geval. Die klim was teen die hange van die heuwels aan die voet van die Du Toitskloof berge, met heelwat paaie deur die plantasie en 'n paar baie oulike "single tracks" ingegooi. Die bome het heelwat skadu voorsien, met die gevolg dat ons nie te warm gekry het nie. Die laaste stukkie teen die berg af onderdeur die Hugenoottonnel se voerpad was nogal redelik tegnies, maar baie interessant. Van daar tot die einde was dit redelik op en af met die laaste redelik gelyk. Dit neem my 1:45 om die laaste 30 kilometer te voltooi. Ek eindig met 'n tyd van 4:58:01 vir die 71.82 km met 1,651 meter se klim en 166 uit 241 wat klaar maak.

Totale tyd oor die drie dae is 13:08:27 vir die 216 kilometer en ek eindig 132 uit 226 wat die wedren voltooi. 'n Heel skaflike vertoning vir die drie dae.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking