Hierdie is 'n aangename tyd van die jaar. Werk drukte is nie te erg nie en daar is heelwat vakansiedae, wat tot baie tyd in die saal aanleiding gee.
Vanaf 1-7 Desember het ek 17.56 uur, 298.34 km met 3,550 meter se klim in gekry; vanaf 10-17 Desember 19.44 uur, 363.81 km en 3,538 meter se klim; vanaf 18-24 Desember 17.89 uur, 306.03 km en 3,908 meter se klim en vanaf 26-31 Desember 9.48 uur, 203.5 km en 1,467 meter se klim gedoen.
Ons was onder andere van 14-17 Desember op Leeuwenboschfontein met drie dae se lekker rustige fietsry aksie. 11 ure se fietsry en 201 km met 2,551 meter se klim. Die weer was baie lekker en die geselskap ook!
Op 20/12 het ek my nuwe Specialized Stumpjumper gekry.
Op 22/12 gaan kyk hoe lyk die wereld bo van Koebergkoppie af!
Op 24/12 het ek ook n goeie dag ingekry en 105 km gedoen wat Hillcrest, Contermanskloof, Meerendal, Hoogekraal en kliprug ingesluit het.
Die jaar eindig met 582.94 uur in die saal; 11,136.71 km gery en 93,304 meter geklim! Ons vertrou dat 2013 ook 'n goeie jaar gaan wees.
This was in preparation for the Freedom Challenge Race Across South Africa (FCRASA)which I completed in June 2014 and 2019. Ek is die eerste persoon oor 70 jaar wat RASA voltooi het. Gedurende April 2016 en Maart/April 2024 ry ek om geld in te samle vir CANSA vanaf Beitbrug na Bloubergstrand ter gedagtenis aan Sue, my vrou, wat op 23/09/2022 oorlede is aan die newe effekte van kanker. 2026 afstand was 3,200 en 2024 3,500 kilometer. In June/July 2026 I plan to do the FCRASA again at age 77.