Maandag 22 Junie 2026

FC2026 Dag 14 Hofmeyr na Groenfontein

 FC2026 Dag 14 Hofmeyr na Groenfontein


Daar is ooreengekom dat die wiele 06:00 gaan rol en ons kom 05:55 weg. Die eerste 5 km is net teerpad Cradock toe en dan regs op 'n baie goeie grondpad in 'n suid westelike rigting. Die pad is regtig uitstekend en daar is geen bulte nie met die gevolg dat ons 'n besonder goeie pas handhaaf, 19 km binne die eerste uur! Dan hou ons links en ry nog 3.2 km in 'n suidelike rigting en gaan regs by die volgende vurk. Ons volg dan 'n redelike rowwe jeep track tot op 'n punt waar ons regs moet draai, deur die veld stap en oor 'n heining klim. Van hier beweeg ons in  'n suid westelike rigting deur die veld totdat ons weer 'n baie rowwe jeep track optel. Ons is nou op die "berugte" Elandsberg gedeelte van die roete waar menige deelnemers al verdwaal het. Ons kry egter alles presies reg, verby 'n ou murasie en dan aan met die jeep track tot waar die afdraai Elandsberg toe, waar ons 09:15 arriveer. 


Ons word getrakteer met roer eiers en boerewors en kom na 33 minute weer aan die gang. 


Die pad uit Elanddberg is weer 'n fees! Meesal afdraend maar nie so goed soos by Hofmeyr nie. Ons handhaaf nogtans weer 'n goeie pas. Na 17 km draai ons links in Cradock se rigting. Hier is die pad oppervlakte weer baie gied. Na 9 km draai ons regs en ry deur plase tot by die N10. Dan regs vir 100 meter en links op die pad na Spekboomberg en Tom Safaris. Die pad is ook redelik egalig en net voor die einde loop ons vir die Buffalo Herder Mike Roy raak, wat 'n onderhoud met ons voer. By die hek net voor die R61 stop ons vir "versnappings". Dan vir 2.3 km regs op R61 gevolg deur 'n links na die plaas Newlands en deur die Paulsrivier. Die is gewoonlik droog maar loop tans redelik strek, so kuit diepte. 


Met nog net 13 km oor, dink ons ons is binne 30 minute tuis, maar diƩ 13 km neem heelwat langer want dit is baie rowwe plaaspaadjies en die navigasie moet baie nouleurig gevolg word. Ons draai op een kol te gou af maar kom gelukkig baie gou ons fout agter en kry die regte pad. Baie klipperig en moeilik om te ry. Ons kry darem alles reg en trek teen 15:05 by Groenfontein in.


Data vir die dag: tyd 9:10:12; afstand 97.31 km; 800 meters se klim.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking