Woensdag 28 Oktober 2026

Rasa 2027 Oct training ride Day 4 - Citrusdal to Bloubergstrand

 This is going to be a long day! I was planning to go via Beaverlac, but that would add 30 km and a lot of climbing! So I got going at 05:22 and set off to cross the Piekenierskloof via the old Greys Pass. This little exercise of 9 km took me 1:15 resulting in an average speed of 7 kph! With a total distance of 186 km, that ment that I would have to do some serious pedalling if I did not want to get to Bloubergstrand too late. I was hoping to move this up to 14 by Eendekuil, but at that point I was only standing at 12 kph! 


After 3:38 I have covered 49 km and reached Piketberg. As the next town was Malmesbury, which was 90 km down the road, I decided to stop for "brunch" even though it was only 09:22. Average speed has "creeped" up to just below 13 kph. The 90 km to Malmesbury also has a fair number of undulations, so the chances of me getting that average up was slim. Generally the roads were in a good condition and I was enjoying the ride. I stopped at Misverstand dam to fill my water bottle and again at a farm after 102 km. Progress was better as I got closer to Malmesbury, where I arrived after 124 km and 10 hours in the saddle. I met an old friend at Seattle for coffee and got going again after 40 minutes.


The last 60 km to Bloubergstrand is mostly tar and not too hilly. I did have a bit of a headwind but did managed to move along at 15 kph. Once I reached the N7 at the Melkbosstrand turnoff, I turned on the "after burners' and cruised into Bloubergstrand at an average speed of 19.6 kph for the last 20 km, bring my overall average up to 12.8. The day's journey was 186 km and it took me 14:34 with 2,171 meters of climbing


So, that was "mission accomplished"! I did 527 km in four days with 6,884 meters of climbing. Total riding time was 39 hours 40 minutes. I will have to do a couple more of these before I tackle RASA in April 2027.

Rasa 2027 Okt oefenrit Dag 3 - Mount Ceder na Citrusdal

 Die kombuis maak eers 08:00 oop en ek moet ontbyt eet voor ek die dag aanpak met die gevolg dat ek eers 08:44 aan die gang kom. Die begin is intimmiderend! 6.05 km; 510 meter se klim; gem 8.4; maks 18.7 grade! Dit neem my 1:15 om tot bo te kom. Die uitsig vorentoe lyk ook moeilik, maar daar is darem 'n lekker afdreand voor die tyd. Die volgende klim is net so lank maar nie so styl nie. In die eerste 3 uur lê ek net 22 km af. 5 km daarvan was die afdreand teen 31 kpu wat net 10 minute neem! Daarna stop ek by Kromrivier vir 'n Coke, koffie en "chicken mayo" toebroodjie. Na 40 minite is ek weer aan die gang.


Die klim uit Kromrivier is ook nie net 'n fulletjie nie maar darem nie so lank en styl soos daardie eerste twee nie. Ek stop by Dwarsrivier om my waterbottel vol ys te maak. Die pad van hier tot aan die begin van Uitkykpas en veeleisend. Redelik gelyk maar wind van voor en moeilik om goeie momentum te handhaaf. 19 km in 1:30. Uitkykpas is van net voor die bokant tot anderkant die Jamaka afdraai geteer! Dit word gevolg deur Nieuwoudtpas. Albei passe in baie lekker van oos na wes want ek kom van 'n platoo af. Die klim van wes na oos sal beslis 'n ander storie wees. 


Met al die afdreades klim my gemiddelde spoed en wanneer ek op 76 km links draai Citrusdal toe staan dit op 11 kpu. Die volgende 12 km is grond wat dan teer raak. Die teerpad is redelik sieldodend met 'n paar lastige heuweltjies oppad Citrusdal toe. Daar is ook 'n ligte bries van voor. 


Na 103 km en 8:55 met 1,755 meter se klim, arriveer ek by my blyplek vir die aand. Goeie dag se oefening!

Sondag 25 Oktober 2026

RASA 2027 Training ride Day 2 - Ceres to Mount Ceder

 Breakfast was served in my room at 07:45 and I got going just after 08:00. For the first 12 km to just past Prince Alfred Hamlet there is a tar cycle/footpath that keep me away from traffic. Then after another kilometer the old Waboom track starts. This was the original way up to Op Die Berg before Gydo Pass was built. It is about 2 km shorter than Gydo and quite a bit steeper, so a fair amount of "hike-a-bike" was at the order of the day. The first 12 km took me less than an hour. The next 7 km took me 1:40!


Once on top the road was fairly flat up to the turn off to the Cederberge. The first 63 km was all tar except for the pass, so I managed a good pace partly also due to very few hills. At this point there was a turn off to the right going to the Tankwa Padstal via Katbakkies Pass. This also was the end of the tar. The tar makes for easier ridding, but I really want to do some distances on gravel. The start of the gravel also ment the start of some hills. Not to steep, but whereas the tar was fairly flat, the undulations now took over with a couple of short sharp inclines. 


With 19 km to go I saw a sign Aankoms Padstal! I thought this was joke. Who in his right mind would operate a farmstall on this remote road. As I crested the next hill, I was pleasantly surpised. In the dip was a farmstall. Very rustic with no power and only gas for cooking, but there it was. They also had a variety local products. Trading hours is a sensible Friday 09:00 to Sunday 16:00. It is well worth planning a trip to the Cederberge with this in mind. It is well worth the visit. The lady told me that there were two more hills before Mount Ceder where I arrived at 14:50 after 97 km. Tomorrow I start with 6 km hill climbing 500 meters. Nice way to warm up the leggs!

Saterdag 24 Oktober 2026

RASA 2027 Okt oegenrit Dag 1 - Blouberg na Ceres


Die mikpunt is 500 km oor 4 dae. Die roete: Blouberg-Ceres-Mount Ceder-Citusdal-Blouberg.


Akkommodasie is gedurende die week uitgesorteer.


Dag 1 


Ek val Saterdag 24 Oktober 05:00 in die pad. Ek wou oor Leeuwendans ry, maar besluit Vrydagaand ek hou aan met Slentpad, oor R45 direk tot by Haazendal pad. Die laaste stukkie is oor 'n plaas maar ek het al baie daar deur gery en nog nooit probleme opgetel nie. Vandag is my "gelukkig" dag en ek loop 'n plaas bestuurder raak. Hy sê fiets ryers is welkom om daarlangs te ry, so nou weet ek vir die toekoms! 


Die 68 km tot by R45 was meesal teer, maar nou is dit grond tot by Gouda. Die laaste deel langs die spoorlyn af. Hier loop ek 'n groot poel water raak wat my noodsaak om 'n entjie op die spoor langs te ry. Anderkant Gouda tel ek 'n grondpad langs 'n kanaal wat parrallel met die R46 loop, op. Nie te ver nie dan kom ek by 'n sementwal en moet dan my fiets op my rug sit om by die ou Nuwekloof pad uit te kom. 


Dit is net rybaar met 'n moerraserigge gedeelte tot waar dit deur die berg gaan. Hier is die brug wat die oor die treinspoor geneem het nie meet daar nie en ek moet weer spoorlangs. Gelukkig geen treine vandag. 


Die res van die pad is alles teer tot in Ceres. Ek stop langs die pad vir middag ete en in Mitchellspas, wat 'n paar "stop and go's" het, vul ek my waterbottel met lekker berg water.


Na 153 km en 9:28 se ry, kom ek ny Palmboom Gastehuis, my blyplek vir die aand, aan. Lekker dag se oefening.


Day 2

Maandag 12 Oktober 2026

Red Stone Hills toer/tour

 

Ek, Danie Kotze en Hasie Lourens ry Vrydag 9 Oktober Red Stone Hills, tussen Calitzdorp en Oudtshoorn, toe vir 'n drie dag wegbreek en lekker fiets ry. 


Day one comprise a 75 km circle route from Red Stone Hills to Kruisrivier and then Wildehondekloof and Lategansvlei back to Red Stone Hills. No major climbs but the road do have a fair number of climbs. The condition of the roads are excellent. After 69 km we stop at Big Foot Safaris, which used to be roadside cafe, but is now much fancier. We have some coffee, Danie buys a bottle of wine to sellebrate his birhday (today), a ginger beer for me and three "rooster koeke" for tomorrows supper. After 5:25 and 75 km, we clock in at Red Rock where we are spending the next couple of days.


Day two is the "queen stage"! We will tackle Lawsons Pass, which traverse Gamkaberg. Danie decides to only go the Gamkaberg Nature Reserve and then back to Red Rock as he feels the heat together with the challenge of Lawsons Pass is a bridge to far at this point of his fitness level. He is also suffering from a back problem. 


It takes us 2 hours to cover the 38 km from Red Rock to the office at Gamkaberg. The next 10 km, to the top of the pass takes me and Hasie 3 hours. In some sections the garde goes up to 30%! I have never encountered a pass that steep and that includes Sani Pass! Once you think you have reached the top, there is another hill. This pass really is a challenge and it takes a special kind of "guts" to conqure it! The 6 km down the otherside takes us 30 minutes as the road surface is loose rocks and extra care must be taken not to fall.


Once we hit the main road, progress is much better and we stop at La Plume, Volmoed after 70 km and 6:15. Here our lunch stop takes us 51 minutes. It takes me 2:15 to cover the 32 km home. Hasie started cramping and we agree the we will both carry at our own pace. After I got home and filled my water bottle, we go and look for Hasie. We find him 2 km down the road and he gladly accepted a lift home. What a day!


101 km and 9:21 in the saddle. The 1,477 meters climbed do not do justus to the severity of the 10 km climb in 3 hours, bit the view from the top and the scenery was well worth it.


Dag drie is 'n sirkel roete deur Groenrivier, verby Calitzdorp dam, deur die dorp en verby die Spa en dan terug via Langverwacht. Danie draai na 12 km om om te gaan werk en ek en Hasie beur voort oor twee heuwels voordat ons die pad, wat grotendeels afdraend is, Calitzdorp toe volg. Die weer is baie aangenaam en dit is redelik koel in die vallei. Net voor die dorp neem ons 'n "verby pad" wat tydens die 360NE gebruik word. Net voor die R62 stop ons by Calitz Collective vir 'n oggend versnapping. Hasie sê hy herstel nog van gister en gaan kortpad terug Red Stone Hills toe vat. Dit is 28 km. Ek hou by my oorspronklike roete wat 'n verdere 60 km behels. Ons vertoef 'n rustige 59 minute by Calitz Collective. Ek doen 'n paar aankope daar en los dit by Kevin Taylor, by wie ons begin September oorgebly het, om dit môre op te tel. Dan sky my en Hasie se paadjies. 


Ek wou die pad oor die Gamkarivier neem, maar word meegedeel dat die brug weggespoel het en moet dus Middelpad neem. Wanneer ek oor die Olifantsrivier gaan by die ingang van die Spa, wat nog in choas is, verwonder ek my weer aan hoe hoog die opdrifsels van Mei se vloed, lê. Dit moes voorwaar 'n gesig gewees het om al daardie water te sien. Ek tik "Red Stone Hills" op my Garmin in en volg die pad. Die roete neem my oor die Olifantsrivier reg oor Gamkaberg se ingang, maar die is nog onbegaanbaar na die vloed, so ek moet 'n 10 km draai ry om oor die rivier te kom.


Ek hou weer by Big Foot Safaris se padstal stil vir 'n gemmerbier en kry sommer ook een vir aandete. Van hier is dit net 6 km huis toe en ek kom na 7:29 en 103 km daar aan, net voor die donderweer 'n buitjie oor ons uitstort! Baie lekker dag met goeie oefening.


Sondag 06 September 2026

KKT Sep 2026 Dag 3

 

Saterdag aand het ons eers lekker rugby gekyk by ons blyplek en toe by Harries gaan eet. Ons reël vir ontbyt by Housemartin maar dit word op naweke eers vanaf 08:00 bedien. Na 'n lekker ontbyt val ons 08:45 in die pad.


Ons ry eers so 'n stukkie op die Willowmore pad en draai net oor die rivier regs om suid-oos agter om De Rust te ry. Die paaie is in 'n baie goeie toestand en wanneer ons wes draai blaas daar 'n lekker windjie van agter. Ons moet oor 'n paar laagwater bruggies, maar by almal is die water onder die pad oppervlakte. Met die wind van agter handhaaf ons 'n goeie pas. Daar is ook nie enige ernstige bulte nie. Ride with GPS laat ons 'n paar draaie ry net na Dyseldorp. Bo op die bult net voor die Kamanassiedam wil hy ons weer deur die "veld" neem en ek besluit om by die groot pad te hou. 


Dit bring ons by die teerpad na Karoo Lusern Slaghuis uit. Die is ongelukkig toe, anders het ons vir biltong en droeëwors gestop. Die ander voordeel is dat ons nou in Oudtshoorn 'n draai kan maak vir lekker koffie! Daar is toevallig 'n fiets wedren by die Emporium met die gevolg dat daar kos stalletjies is en my vriend Johan Breunissen het ook 'n Beans About Coffee stalletjie om vir die lekker koffie te sorg. Ons loop ook vir Fred van Zyl en sy vrou daar raak! Die 53 km van De Rust tot by Oudtshoorn het ons 2:49 geneem en ons stop hier duur 38 minute. 


Ons val weer in die pad en net oor die Olifantsrivier draai ons regs op die Bakenskraalpad. Al langs die rivier af tot by die R328. Dan regs vir so 1 km en dan weer links op 'n grondpad wat weereens in 'n baie goeie toestand is. Net voor De Hoop sluit ons by die ou R62 aan. Dit was oorspronklik 'n semenrpad, maar nou is dit teer. Met die wind van agter handhaaf ons 'n spoed van so om en by 30 kpu. 


Na 10 kilometer draai ons links op 'n grondpad wat ons nader aan die Gamkaberg neem. Al teen die kant van die tot by die Hoogkraalpad, waar ons weer regs gaan. Na so 1 km kom ons by die Olifantsrivier wat hier die pad vol lê. Ons probeer deur ry maar toe die water my bobene bereik besef ek dat daar geen manier is waarop die e-fietse hier gaan deur kom nie. Ons is verplig om Calitsdorp Spa om te ry. By die Spa sien ons die waterskade. Die opdrifsels lê op die eerste verdieping van die gebou by die ingang!   


Ons ry oor die laagwaterbrug na die Spa en Hasie en Johan ry vooruit en mis die Vanwyksdorp afdraai waar langs ek Calitsdorp toe wou ry. Teen die tyd wat ons hulle aandag kry, besluit ek dat ons maar met die pad moet aanhou tot by die R62 en dan daar langs Calitsdorp toe. Na 'n laaste klim is dit gelyk pad tot in die dorp met 'n laaste kort klim en dan langs Boplaas verby tot by Gasteria Grange waar ons oorbly.


Die pad was toe 'n bietjie langer as beplan, maar die wind van agter het gehelp om die kilos vinnig te laat verby gaan. 130 km en die vandag net 7:23 geneem. 


So eindig nog 'n baie aangename Klein Karoo Toer!


Totale afstand 300.69 km; 24:32:32 totale ry tyd; 4,895 meter geklim.

KKT Sep 2026 Dag 2


Ek en Hasie besluit om weer Swartbergpas aan te pak terwyl Danie en Johan Meiringspoort deur gaan ry. Die afstande is soortgelyk, maar Swartbergpas is 'n baie groter uitdaging.


Ek en Hasie val so 'n rukkie voor 08:00 in die pad. Die weer is uitstekend. Nie te koud nie en geen wind nie. Dit neem ons 2:42 vanaf Prins Albert to by die uitkykpunt voor die Gamkaskloof afdraai, waar ons vir 'n "piekniek" stop. Vandaar na die top van die pas neem 'n verdere 44 minute. Dit is lekker koud hier bo. Waar dit so 9 was toe ons begin het, styg die temperatuur so dat ek halfpad teen die pas op begin warmkkere uittrek. Bo op die pas is dit weer lekker koud en stop ek om weer 'n warm top aan te trek. 


Die 24 km af tot by Wildewandel, waar ons middagete geniet, neem net 54 minute. Hier ontmoet Hasie die eienaar saam met wie hy op Elsenburg gestudeer het. Dit is die eerste keer in 50 jaar dat hulle mekaar weer sien! Na 49 minute val ons weer in die pad.


Ons ry verby die gedeelte waar 70 ton rots die pad Kango Grotte toe onlangs met die groot reën toegeval het. Na 5 km daai ons links op die Oude Muragie pad. Dit begin gelyk en dan het ons gelygelike klimme vir die volgende 15 km. Daar is 'n paar van die bultjies wat kort styl seksies het, maar kan darem alles uit trap. Dan volg 15 km afdraend tot by die N9 net voor De Rust. Ons draai links en ry die vedere 5 km tot in De Rust waar ons by Housemartin oorbly. 


Lekker dag met 1,700 meter se klim oor 84 km wat ons 7:55 geneem het.