Donderdag 09 Julie 2026

FC2026 Refleksie/Reflection


 FC2026 Refleksie


Nou ja, wat sê mens na so 'n epiese tog? Dit is voorwaar een van die moeilikste uitdagings wat ek al afgehandel het. Daar was dae wat ek nie geweet het hoe ek die eindpunt vir die dag gaan maak nie. Daar was gelukkig ook 'n paar maklike dae. Ek was redelik verbaas dat almal na dag 2 besluit het om die volgende dag net die 31 km Two Springs toe te ry eder as die normale 100 km na Masakala. Verbaas maar ook bly. Indien ons dit in een skof gedoen het sou dit ons seker 14-15 uur geneem het en dan was dit drie groot dae net om te begin. Die kort dag het gehelp om so 'n bietjie tot verhaal te kom. 'n Paar kort dae laer af op die roete het ook gehelp om die "tamheid`' beter te bestuur.


Vandaar tot by Rhodes het alles volgens plan verloop. Die enigste "wobbles" was die gesukkel om uit Malekonyane uit te kom, wat veroorsaak het dat ons die laaste deel Vuvu toe in die donker moes doen en die wind teen Naudesnek uit. Ek het in 2013 en 2014 die Lehana's opsie gevolg, maar sedertdien nou al 4 keer die Mcambalalala opsie oor Naudesnek gevolg. Die afstand is langer, maar tydsgewyse is dit omtrent dieselfde en oor Mcambalalala is dit nie nodig om jou fiets te dra nie. Die wind "pepper" jou ook gereeld meer op Lehana's. Vanjaar het die wind my byna onder gekry teen Naudesnek uit!


Ek was op my eie van Rhodes na Chesney Wold, wat 'n maklike navigasie dag is en het die "solitude" baie geniet. Vandaar het ek en Tilla 'n "onskeidbare vennootskap" begin wat regtig besonders was. Ek het nou drie Freedom Challenges op my eie begin en elke keer die hele tyd saam met een spesifieke persoon gery. Dié kamaradrie is iets wat wonderlik "groei" terwyl mens ry. Dit is ook lekker om saam met iemand anders seker te maak dat jy die navigasie reg het.


Ons was drie van Chesney Wold tot by Kranskop, maar daar moes SJ onttrek nadat sy so 'n entjie uit Moodenaarspoort geval het en haar skouer seer gemaak het asook ligte harsingskuddings opgedoen het. Vandaar was ek en Tilla om ons eie navigasie aangewese en het ons die toets met lof geslaag. Ons het nooit ernstig gesukkel nie, behalwe om die voetgangershekkie by die begin van Struishoek in die donker te kry, maar dit het ons seker nie meer as 'n half uur gekos nie. 


Vir my was die aankoms in Hofmeyr 'n hoogte punt. Vir een is ons "opgegradeer" na die Victoria Boutique Hotel, wat 'n besonderse belwenis is. So 'n deftige hotel in middel van nêrens kan ek nie regtig verstaan nie. Dit was ook die punt waar ek vir myself gesê het "you have got this". Daar is altyd 'n paar kritiese punte op so 'n "avontuur". Om verby Slaapkrantz te kom en om Hofmeyr binne 13 dae te haal. In 2014 en 2019 was ek binne 10 dae deur Hofmeyr en ek het verwag dat ek dit vanjaar seker binne 11 of 12 dae gedoen behoort te kry, so die dertien dae was "cutting it fine" maar baie realisties. Die het gehelp om my liggaam te "pace", want die jare stap aan!


Slaapkrantz tot by Bontehoek was "veeleisend". Die feit dat ons Slaapkrantz so aangepak het dat dit lig was toe ons met die "moeilike" gedeelte begin het, het baie gehelp met die navigasie. Die afgaan by Bontehoek is vergelykbaar met Struishoek. Dit is "baie moeilik". Dit was ook ons derde stadigste dag van die hele wedren. Omdat ons "later" begin het, het ons dus ook in die donker klaar gemaak, maar net die laaste halfuur was in die donker en Moodernaarpoort is maklik om te kry, veral wanneer jy al vantevore daar was. Tilla het 'n bietjie "gestress" want sy was so 'n halfuur agter my, maar het dit darem redelik maklik daar gekom. 


Van Moodenaarspoort tot by Groenfontein was van die lekkerste ry op die roete. Aasvoëlkop en Elandsberg kan uidagings wees, maar indien jy dit in die dga doen, soos ons gedoen het, is dit eintlik maklik. Dieslfde geld vir Schurfteberg, Coetzerskloof en die aanloop na Struishoek. Indien ons 'n halfuur vroeër by Struishoek aangekom het, sou ons die pad baie gouer gevind het. Toe ons eers die hekkie en toe die "wit klippe" gekry het, was die afgaan daar nie moeiliker as in die dag nie. Die laaste 20 km na Pearston toe, in die donker, het ons net minder as 'n uur geneem. 


Al die rën van die afgelope paar weke het "droeë lope" in riviere verander. Van Karoopoort tot by Koedoeskop moes ons vier keer oor die rivier gaan en hy was te diep om deur te ry maar darem nie meer as kuit hoogte nie, want natuurlik nat skoene tot gevolg gehad het. Dit was ons voorland to by Marlu! Baie mense dink ek is "laf" maar ek het die laaste twee keer 'n ekstra paar skoene saam geneem om te verseker dat ek droeë skoene het. k moet erken dat die ry met nat skoene nie so erg was nie. Veral wanneer ek "selskinz" sokkies aangeterk het. Dit is sokkie wat die meeste water uit hou. Jy moet net sorg dat die bokant nie onder die water kom nie, want dan kan daardie water nie uit kom nie!


Die laaste 20 km Bucklands toe was nat. Gelukkig het dit nie te hard gereën nie en my reënklere het my droog gehou. Ons moes egter so 1 km voor Bucklands deur die Grootrivier, wat redelik sterk geloop het, gaan. Hannes Horn het 'n kabel gespan en so lank jou fiets aan die onderkant van die stroom was, was dit redelik maklik om met behulp van die kabel die rivier oor te steek. Die grootste uitdaging was die modder aan die Bucklands kant! Om sake verder te bemoeilik, was die Eskom krag by Bucklands af en moes ons tevrede wees met kerse vir lig. Daar was darem gas storte en gas stowe om die kos warm te maak. Die volgende dag moes ons ook 'n ander roete na die begin van Perdeberg neem om te verhoed dat ons twee keer deur die vol Grootrivier moet gaan. Die Perdeberg was ook 'n groot uitdaging. 3 uur om 3.5 km af te lê en meeste van daardie 3 uur moet jy jou fiets dra.


Hadley na Prins Albert was weer lekker ry dae. Die wind het ons van net voor Rondavel toe in Prins Albert redelik gekou. Net nadat ons die N12 gekruis het, kom ek agter dat my fiets se BB (bottom bracket) nie lekker is nie. Tilla dink my ketting kort olie, maar ek besef dit is die BB wat so raas! Gelukkig is daar 'n fiets "mechanic" in Prins Albert wat ons almal mag gebruik sonder om enige boetes op te tel. Ek laat weet hom ek het probleme en hy stem in om my fiets vroeg die volgende oggend op te tel en te kyk wat hy kan doen. Ons kom die aand 19:15 in Prins Albert aan nadat ons 04:33 begin het. Ek kry my fiets net voor 09:00 die volgende oggend terug met die slegte nuus dat hy nie die BB kon vervang nie, maar dat hy hom darem uitmekaar gehaal, gegries en weer inmekaar gesit het. Ek pak die 60 km Gamkaskloof toe so net voor 09:00 aan. Swartbergpas uit gaan redelik. 'n Derde word gestoot en twee derdes word gery. Net nadat ek regs draai op die pad die kloof in, trek die lug toe en begin reën dit. Ek raak regtig bekommerd, want sulke weer kan die hele "avontuur" verongeluk! Dit duur vir so 'n half uur en dan sien ek die wolke lig in die rigting waarheen ek ry. Nog so 'n rukkie later en die son begin sy kop uitsteek en so word 'n moeilike situasie omskep in gunstige omstandighede. Die laaste stukkie pad die kloof in is redelik verspoel en ek kom net voor sononder by ons bly plek aan. 


Ons mik die volgende dag net vir Sandrivier. 'n Afstand van 40 km, maar die eerste 26 km gaan moeilik wees want die pad tot aan die voet van die leer het verpoel, die leer is 'n uitdaging op sy eie en die pad van die bopunt tot by die Bos Luyskloof pad is groot gedeeltes nie rybaar nie. Dit neem my 9:43 om die 26 km af te lê! Ons moes ook 'n sterk vloeiende Gamkarivier oorsteek. Die stroom was so sterk dat ek stadig dwars moes beweeg om te verseker die stroom druk my nie van balans af nie. Ons is nou op dag 22 en het vier dae om klaar te maak. Aangesien die terrein en navigaise van hier tot by Diemersfontein maklik is, beplan ons vir drie dae. Ons is redelik verlig, maar tog'n bietjie teleurgetseld dat Stettynskloof toe gemaak is as gevolg van rotsstortings. Ons moet dus Bainskloof om wat 30 km verder is, maar baie minder van 'n uitdaging as Stettynskloof! 81 km teenoor 51. Die 81 km hoort ons 9 uur te neem, terwyl Stettyns se 51 km 12 uur of meer sal neem. Sandrivier/Montague is 153 km en neem ons 14:32. Motague/Trouthaven is 163 km en neem ons 16:54. Ons sluit weer die dag in die reën af en ek is verheug dat my reënklere my droog gehou het. Deur die Brandvlei Gevangenis is my "gó" behoorlik uit. Ek weet nie hoe ek die laaste 13 km Trouthaven toe gery gaan kry nie! Ek besluit, so by myself, dat ek vir Tilla gaan sê om die laaste 13 km op haar eie te ry. Ek sal op my tyd aankom. My fiets se BB klink en voel glad nie goed nie, so ek gaan vra dat my spaar fiets vir my gebring word, wat 'n 6 uur daglig boete tot gevolg sal hé. Ek sal dan die dag by Trouthaven "rus" en Saterdag klaar maak. Toe ek dit vir Tilla noem, weier sy om dit te aanvaar. Nou moet ek maar ry en om een of ander wonderbaarlike manier kry ek daardie Jes 40:31 krag "Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vlerke soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie flou nie." Die laaste 13 km neem ons 1:15 en dit sluit 'n paar lekker bulte in!


Die nag reën dit omtrent heelnag, maar wanneer ons wakker word, skyn die son. Ons is rustig en kom net voor 09:00 weg. Ons ry die laaste dag lekker rustig en kom net na 17:00 in Diemersfontein aan. 


So eindig 'n merkwaardige reis. Dit is moeilik om vir die man in die straat te verduidelik hoe moeilik dit is om jou fiets oor klippe en berge uit en berge af te dra, maar die menslike liggaam is tot baie meer instaat as wat ons aldag aanvaar. Daar was ook baie lekker dae wat die speke leker gesing het. Dit was ook besonder lekker om vir drie en 'n halwe weke saam met Tilla te ry. Sy was voorwaar 'n "tonniek" vir my! In 2019 was ek die eerste 70-jarige wat die Freedom Challenge voltooi het. Intussen het twee 71-jariges dit ook reg gekry. My doel met die "avontuur" was om 'n nuwe perk daar te stel vir die oudste persoon wat nog die Freedom Challenge voltooi het en op 77 jaar en 10 maande het ek daarin geslaag!


Stastestiek:


Total tyd 24 dae 11 uur en 15 minute; ry tyd 268 uur; afstand 2,183 kilometer; totaal geklim 34,167 meters; stadigste dag 3.6 kpu (uit Gamkaskloof); vinnigste dag 12.6 (Marlu na Willowmore); kortste dag 30.74 km en 4::52 (Ntsikeni na Two Springs); langste dag 163.4 en 16:54 (Montague na Trouthaven); samel stelling van roete: teer 172.75 km; grondpad 1,662.12 km; "tracks" 309.32 km; berge 39.03 km. 










 FC2026 Reflection


Well, what can one say after such an epic journey? It was truly one of the toughest challenges I have ever completed. There were days when I didn't know how I would make it to the day's finish line. Fortunately, there were a few easy days, too. I was quite surprised when, after day two, everyone decided to ride only the 31 km to Two Springs the following day, rather than the usual 100 km to Masakala. Surprised, but also relieved. Had we done it in a single leg, it surely would have taken us 14 to 15 hours—and that would have meant three massive days right at the start. The short day helped us recover a bit. A few short days further along the route also helped to better manage the 'lethargy'.


From there to Rhodes, everything went according to plan. The only "wobbles" were the struggle to get out of Malekonyane—which meant we had to cover the final stretch to Vuvu in the dark—and the wind on the climb up Naudesnek. I took the Lehana's route option in 2013 and 2014, but since then, I’ve opted for the Mcambalalala route over Naudesnek four times. The distance is longer, but the time taken is roughly the same, and the Mcambalalala route doesn't require you to carry your bike. You also tend to get "pounded" more by the wind on the Lehana's route. This year, the wind nearly got the better of me on the climb up Naudesnek!


I rode solo from Rhodes to Chesney Wold—a day with easy navigation—and really enjoyed the solitude. From there, Tilla and I formed an "inseparable partnership" that was truly special. I’ve started the Freedom Challenge solo three times now, and each time I ended up riding the entire way with one specific person. That camaraderie is something that grows wonderfully as you ride. It’s also great having someone else there to help ensure your navigation is spot-on.


There were three of us from Chesney Wold to Kranskop, but SJ had to withdraw after falling a short distance out of Moodenaarspoort; she injured her shoulder and sustained a mild concussion. From that point on, Tilla and I had to rely on our own navigation, and we passed that test with flying colours. We never struggled significantly—except for finding the pedestrian gate at the start of Struishoek—but that probably took us no more than half an hour, even in the dark.


For me, arriving in Hofmeyr was a highlight. For one thing, we were "upgraded" to the Victoria Boutique Hotel, which was a real treat. I find it hard to fathom a hotel that posh in the middle of nowhere. It was also the moment I told myself, "You've got this." There were always a few critical milestones on an adventure like this: getting past Slaapkrantz and reaching Hofmeyr within 13 days. In 2014 and 2019, I had passed through Hofmeyr within 10 days and expected to do it in 11 or 12 this year; so, the 13-day mark was cutting it fine, yet very realistic. This helped me pace my body—after all, the years are catching up with me!


The stretch from Slaapkrantz to Bontehoek was demanding. Tackling Slaapkrantz in a way that ensured it was daylight when we started the "difficult" section really helped with navigation. The descent at Bontehoek is comparable to Struishoek; it is very difficult. It was also our third-slowest day of the entire race. Because we started "later," we also finished in the dark—though only the last half-hour was in the dark—and Moodernaarpoort is easy to find, especially if you’ve been there before. Tilla was a bit stressed because she was about half an hour behind me, but she managed to find it quite easily.


The stretch from Moodenaarspoort to Groenfontein offered some of the most enjoyable riding on the route. Aasvoëlkop and Elandsberg can be challenging, but if you tackle them during the day—as we did—they are actually quite easy. The same applies to Schurfteberg, Coetzerskloof, and the approach to Struishoek. Had we arrived at Struishoek half an hour earlier, we would have found the path much sooner. Once we located the small gate and then the "white stones," the descent was no more difficult than it would have been in daylight. The final 20 km to Pearston, ridden in the dark, took us just under an hour.


All the rain over the past few weeks had turned "dry riverbeds" into actual rivers. Between Karoopoort and Koedoeskop, we had to cross the river four times; it was too deep to ride through but—fortunately—only calf-deep, though this naturally resulted in wet shoes. That was our reality all the way to Marlu! Many people think I’m being "silly," but on the last two occasions, I brought an extra pair of shoes to ensure I’d have a dry pair available. I must admit, though, that riding with wet shoes wasn't all that bad—especially when wearing "Sealskinz" socks. These socks are excellent at keeping most of the water out. You just have to make sure the tops don't dip below the water line, because once water gets in, it can't get out!


The final 20 km to Bucklands was a wet ride. Fortunately, the rain wasn't too heavy, and my rain gear kept me dry. However, about 1 km before reaching Bucklands, we had to cross the Grootrivier, which was flowing quite strongly. Hannes Horn had strung up a cable, and as long as your bike was on the downstream side, it was fairly easy to cross the river using the cable. The biggest challenge was the mud on the Bucklands side! To complicate matters further, the power was out at Bucklands, so we had to make do with candles for light. Fortunately, there were gas showers and gas stoves for heating up food. The next day, we also had to take a different route to the start of Perdeberg to avoid having to cross the swollen Groot River twice. Perdeberg itself was a major challenge, too: it took three hours to cover 3.5 km, and for most of that time, you had to carry your bike.


The ride to Prince Albert was enjoyable. The wind battered us quite a bit from just before Rondavel all the way to Prince Albert. Shortly after crossing the N12, I noticed something was wrong with my bike's bottom bracket. Tilla thought my chain needed oil, but I realized it was the bottom bracket making that noise! ​​Fortunately, there was a bicycle mechanic in Prince Albert whose services we are permitted to use without incurring any penalties. I let him know I was having trouble, and he agreed to pick up my bike the next morning to see what he could do. We arrived in Prince Albert at 19:15 that evening, having started at 04:33. I got my bike back just before 09:00 the next morning with the bad news that he couldn't replace the bottom bracket, though he had at least taken it apart, greased it, and put it back together. I set off on the 60 km route to Gamkaskloof just before 09:00. The ascent up Swartberg Pass went reasonably well; I walked the bike for a third of the way and rode the other two-thirds. Just after I turned right onto the road leading into the kloof, the sky clouded over and it started to rain. I became really worried, as weather like that could ruin the entire adventure! It lasted for about half an hour, and then I saw the clouds clearing in the direction I was heading. A little while later, the sun began to peek through, turning a difficult situation into favorable conditions. The final stretch of the road into the kloof was quite washed out, and I reached our accommodation just before sunset.


The next day, we aimed simply for Sandrivier—a distance of 40 km—but the first 26 km promised to be tough: the road to the foot of the "ladder" has turned into a rock garden, the ladder itself is a challenge, and large sections of the road from the top to the Bos Luyskloof road are unrideable. It took me 9 hours and 43 minutes to cover those 26 km! We also had to cross a fast flowing Gamkarivier, which was about waste deep and the stream was strong. At one point I moved very slowly to ensure that I do not loose my balance against the strong current. We are now on Day 22 and have four days left to finish. Since the terrain and navigation from here to Diemersfontein is easy, we plan for a three-day stretch. We are somewhat relieved, yet a little disappointed, that Stettynskloof has been closed due to rockfalls. We therefore have to go via Bainskloof; it is 30 km longer, but far less challenging than Stettynskloof—81 km versus 51 km. The 81 km route should take us 9 hours, whereas the 51 km Stettyns route would have taken 12 hours or more. The Sandrivier-Montagu leg is 153 km and takes us 14 hours and 32 minutes. The Montagu-Trouthaven leg is 163 km and takes us 16 hours and 54 minutes. We end the day in the rain again, and I am delighted that my rain gear kept me dry again. By the time I pass Brandvlei Prison, I am completely out of steam. I have no idea how I’m going to manage the final 13 km to Trouthaven! I decide to tell Tilla to ride the last 13 km on her own; I’ll arrive in my own time. My bike’s bottom bracket sounds and feels terrible, so I’m going to ask for my spare bike to be brought to me—a move that will incur a six-hour daylight penalty. I planned to "rest" at Trouthaven for the day and finish on Saturday. When I mentioned this to Tilla, she refused to accept it. So, I had to keep going, and by some miracle, I found that strength from Isaiah 40:31: "But those who wait on the Lord shall renew their strength; they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary, they shall walk and not faint." The final 13 km took us an hour and fifteen minutes—and that included a few tough hills


It rained almost all night, but the sun was shining when we woke up. We took it easy and set off just before 09:00. We enjoyed a leisurely ride on the final day and arrived at Diemersfontein just after 17:00.


And so, a remarkable journey came to an end. It is difficult to explain to the average person just how hard it is to carry your bike over rocks and up and down mountains, but the human body is capable of far more than we usually assume. There were also many wonderful days when the spokes sang a happy tune. It was also a special pleasure to ride alongside Tilla for three and a half weeks; she was truly a tonic for me! In 2019, I became the first 70-year-old to complete the Freedom Challenge. Since then, two 71-year-olds have also achieved this feat. My goal for this "adventure" was to set a new bar for the oldest person to complete the Freedom Challenge, and at the age of 77 years and 10 months, I succeeded!


Statistics:


Total time: 24 days, 11 hours, and 15 minutes; riding time: 268 hours; distance: 2,183 kilometers; total ascent: 34,167 meters; slowest day: 3.6 km/h (out of Gamkaskloof); fastest day: 12.6 km/h (Marlu to Willowmore); shortest day: 30.74 km and 4:52 (Ntsikeni to Two Springs); longest day: 163.4 km and 16:54 (Montagu to Trouthaven); route composition: tar 172.75 km; gravel road 1,662.12 km; tracks 309.32 km; mountains 39.03 km.















Sondag 05 Julie 2026

FC2026 Day 25 Trouthaven to Diemersfontein










FC2026 Day 25 Trouthaven to Diemersfontein


As the last day, which normally is a bit of a nightmare, was made easier due to the closure of Stettynskloof, we decided to leave between 08:00-09:00. Tilla's family will be flying down from Pietermaritsburg and will not get to Wellington before 19:00, so we aim to finish just after sunset. I look at the Bainskloof detour map, add the distances and come up with distance of just over 90 km. Except for Bainskloof, there is not much climbing, so we should be able to do it in about 9 hours.


We finally get rolling at 08:50. We stop as we turn left towards Rawsonville and I realise that the BB on my bike now have a lot of play in it. We stop and I try to get some Squirt chain oil on it. There is a distinct possiblity that this BB can packup before the end of the day, so I need to look after it! We go over the Smalblaarrivier at Rawsonville and it is obvious why it has been closed for all motorised traffic. There is a distinct "sagging" of the road in the middle of the bridge. We go through Rawsonville and onto the Slangrivier valley. We do not enter Slangrivier from the Goudini side, but cycle around the base of the Badsberg and then Kleinberg to finally link up to the R43. We cross the Breerivier at a low water bridge and cycle through a farm to get there. When we turn left onto the R43, Tilla is quite concerned, because our distances are incorrect. I do have a reasonable knowledge of this area and am certain we are on the correct road. While cycling on I do study the map and see that we actually joined the R43 about 2 km too early. In the end it transpired that most people did this as the road next to the Breerivier, linking us back to the Slangrivier raod, have been washed away during the resent floods, so we missed the right turn onto the Slangrivier road and then cycled past to Slangrivier road/R43 connection.




A few kilometers down the R43 and then left onto the Bainskloof Pass road. As we cross the Breerivier again, the devastation of the floods are evident. Whole fences were just pushed down by the sheer force of the water. The initial climb of Bainskloof is very gentle. The total length is about 29 km of which approximately 18 is up and 11 is down! After 11 km the climbing start in earnest. The gradient of the steeper parts vary between 7 and 11%. I stop to fill my water bottle with cool water from a stream running down the mountainside. Below us the Witrivier "roars" down to the Breerivier. Somebody said that Bainskloof is one of the most beautiful passes in SA and after this ride I tend to agree. It takes me 2:30 to climb the 18 km to the top. Up the pass me and Tilla "jo-jo" all the time untill she pulls away near the top. I do not expect to see her again, but as I go around the last bend, there she is, waiting for me! We regroup again, take some photos and even get a young cyclist who did some "intervals" up the mountain, to take a photo of us. I informed my family and friends this morning that we would arrive at Diemersfontin at about 18:00. When I arrived at the top of the pass, it was 15:28. With 10 minutes downhill and 30-45 minutes for the climb and ride into Diemersfontein, we would arrive at about 16:30-17:00! I quickly sent a message that we would come in at about 17:00, but by now that message was probably too late to get then to reschedule and arrive by 17:00! Enslin also informed Tilla that they missed their flight due to traffic and will therefore not be at the finish. Now it is all downhill into Wellington. We did contemplate stopping for a coffee shop to ensure that we get to Diemersfontein closer to 18:00m than 17:00, but that did not happen. Initially the gradient is so weak, that we must pedal to maintain momentum, but then gravity gradually takes over. Tilla once agin wait for me at the stop street and then again at the foot of the last climb to the Diemersfontein gate. 







We have to climb over the Diemersfontein gate and then proceed to ride down to the manor house. At the entrance to the estate, Chris Fisher waits for us to open the electronic gate. One less gate to climb over! We follow him down the brick paved road, around the dam and then the final climb up to the manor house. In 2019 this was gravel, now it is well paved! Then the final stretch to the finish line. We are rather ecstatic when we finally cross it. My brother, his son and wife and my friend Mike Smit as well as Tilla's friends who met us yesterday, are there to welcome us. What a joyous moment. Champagne is popped. This is followed by the formal blanket presentation, Tilla's first and my third! 


So ends an epic journey. This surely is one of the toughest race in South Africa. There are other events that surely is more difficult, but this is a unique event with some unique challenges and wonderful rewards. 


I will post a final blog entry in Afrikaans and English which will give a summarised reflection of the event and total statistics.


Data for the day: time 8:36:41; distance 81.44 km; climbing 753 meters.






FC2026 Dag 24 Montagu na Trouthaven




FC2026 Dag 24 Montagu na Trouthaven

Nog 'n lang dag wat voorlê. 160 km op mees al goeie distrikspaaie en 'n gedeelte teer, met so 14 km deur plase na McGregor. Ons beplan om weer 04:00 te begin. 


Ons staan 03:00 op, kry al ons "goed" reg, eet ontbyt en kom 04:05 weg. Die roete uit Montagu tot anderkant Bonnievale was nog altyd teer. Na die onlangs vloede en die wegspoel van die Rooibrug, is die roete so 'n bietjie verander. Die eerste 33 km is teer, terwyl die eerste 36 in die verlede teer was. Ons twyfel 'n bietjie of ons op die regte roete is toe ons van die teer af draai. Ek was van mening dat ons op die punt by die ou roete aansluit, maar dit is toe nie die geval nie. Ons bevestig met mense langs die pad dat die pad waarop ons is wel McGregor toe gaan en wanneer ons begin ry stem die profiel ooreen met die kaart, wat gerustellend is. Die pad het egter 'n paar meer ernstige klimme as die ou pad. Van die afdraai op 143 meter klim ons oor die volgende 13 km na 356 meter en die meeste daarvan is in die laaste 5 km. Wanneer ons die laaste "knoppie" oorsteek kan ons nog nie vir McGregor sien nie. Die pad maak nog 'n paar golwings en dan is die dorp is sig. So halfpad af draai ons links om oor Rhebokskraal te ry. Na 'n kilometer "verdwyn" die pad en ons moet 'n rivier oorsteek. Ons kan darem droog oor kom deur op die klippe te loop. Anderkant moet ons 'n meter hoë grondwal uit "skarrel" en pad soek. Die vind ons so 'n entjie links van waar ons deur gekom het en dan is dit lekker ry tot by McGregor Back Packers. Alles is egter toe en niemand antwoord wanneer ons die nommers skakel nie! Na so 5 minute se soek, kry ons eindelik vir Geoff Bottom. Hy maak vir ons spek en eiers en na 42 minute is ons weer oppad.


Links by die polisestasie en dan vir 3.5 km, op die Koningsrivier pad, dan links op 'n plaaspad en 900 meter verder tel ons 'n "single track MTB" paadjie op wat ons om 'n berg, deur 'n nek en dan, na 10.5 km na die Robertson/Poesniesvallei pad neem. In tussen het die wind weer begin optel. Ons het nou weer 19 km teer en dan links na die Gannabergpas oor die Scheepershoogte en anderkant af. Die wind "looi" ons nou en ek stop onder agter 'n bos om uit die wind te kom.


Na 'n "piekniek", ry ons weer. Om die draai kom ons 'n motor tee met insittendes wat baie entosiasties vir ons waai. Die blyk mense te wees wat Tilla ken. Hulle was oppad na sy broer, toe kruis hulle pad met ons. Ons stop, gesels en kry versnappings by hulle. Hier ontdek ek dat een van my fiets se agterwiel se speke gebreek is. Ek vermoed al van Willowmore se kant dat daar 'n gebreekte speek was, maar wou nie "seker" maak nie want dan is daar net nog iets om oor bekommerd te wees en op die stadium loop die wiel nog reguit. Na 10 minute is ons weer aan die gang. Ons volg paadtjies langs die Breerivier deur na die Worcester/Villiersdorp pad. Wanneer ons hier kom, begin dit liggies reën en ons trek weer reënklere aan. Ons ry nog so 'n paar "jakkalsdraaie" en dan in by die Brandvlei dam area. Die son is besig om te sak en ek sê vir Tilla ons moet net sorg dat ons by die "T-juntion in front of a small farm house" kom voordat dit donker is. Ons kry dit reg en nou is dit met 'n grondpad teen die hang van die berg tot by die Brandvlei gevangenis. Elke nou en dan probeer die wind ons van ons fietse af waai, maar ons "ploetter"voort. 



My verligting is groot toe ons uiteindelik die gevangenis se gronde binne ry. Ek is doodmoeg en weet nie hoe ek die laaste paar kilometers tot by Trouthaven gery gaan kry nie. By die "boom" by die hoof ingang, besluit ek ek gaan eers 'n beitjie rus en sit op 'n trappie voor die wagte se hokkie. Na 'n rukkie is ons weer oppad. Die ligte reën is aanhoudend. Nie te hard nie, maar onophoudend! Ek begin my "opsies" oorweeg en kom tot die besluit dat wanneer ons links draai Trouthaven toe met 13 km oor, gaan ek vir Tilla sê om alleen aan te ry, ek kom agterna. kom. Gesien al my fiets probleme en die feit dat ek doodmoeg is, sal ek dan 'n dag af vat, iemand kry om my ander fiets deur te bring, my 6 uur boete vir die ander fiets uitdien en dan Sqterdag klaar maak. Toe ons links draai, sê ek vir Tilla sy moet aanry, ek kom agterna. Sy weier egter om my voorstel te aanvaar. Ek is te moeg om te redeneer en begin ry. Ek begin 'n goeie tempo handhaaf en ons ry lekker saam in die donker en in die reën! By die Trouthaven hek, met 5 km oor, hou ons onder die bome stil om iets te eet en pak dan die stuk Trouthaven toe een. Ek onthou van die verlede, dat daar een lekker styl bult is. Daar is 'n paar bulte en elke keer wanneer ons begin klim, dink ek dit is dié bult, maar hulle is almal te kort totdat ons by een kom wat aanhou en aanhou en aanhou. Ek voel egter nou sterk genoeg om aan te hou trap totdat ons bo is. Nog so 'n paar meter en dan om die draai met Trouthaven voor ons. 


Dit neem ons seker 5 minjute om die regte chalet te kry. In my poging om my fiets onder die dak te kry, verloor ek my balans en val in die "kol-kol hot tub"! Gelukkig, of miskein ongelukkig, is hy nie "hot" nie maar gelukkig is daar 'n plastiek bedekking oor so net my linker boud word nat! Die patalje gaan natuurlik met heelwat geswets gepaard! Daar is drie fiets op die stoep en binne kom ons agter dat die Malcoms en Paul Lochner, wat ons voor Hofmeyr ingehaal het, ook hier is. Hulle slaap reeds. Paul word wakker, wys ons waar ons kos, die stort is en waar ons kan slaap. Dit neem ons 'n rukkie om tot ruste te kom, maar ons kan uitsien na 'n maklike dag môre. Stettynskloof is toe as gevolg van rotse stortings, dus moet ons Bainskloof om ry. Dit is 30 km verder, maar beslis maklike as Stettyns!


Data vir die dag: tyd 17:54:48; 163.4 km; 1,630 meter se klim en 'n storim sterkte NW wind gepaard met reë. ons hoor ook heelnag die reën op die chalet se dak1