Sondag 05 Julie 2026

FC2026 Dag 24 Montagu na Trouthaven

FC2026 Dag 24 Montagu na Trouthaven

Nog 'n lang dag wat voorlê. 160 km op mees al goeie distrikspaaie en 'n gedeelte teer, met so 14 km deur plase na McGregor. Ons beplan om weer 04:00 te begin. 


Ons staan 03:00 op, kry al ons "goed" reg, eet ontbyt en kom 04:05 weg. Die roete uit Montagu tot anderkant Bonnievale was nog altyd teer. Na die onlangs vloede en die wegspoel van die Rooibrug, is die roete so 'n bietjie verander. Die eerste 33 km is teer, terwyl die eerste 36 in die verlede teer was. Ons twyfel 'n bietjie of ons op die regte roete is toe ons van die teer af draai. Ek was van mening dat ons op die punt by die ou roete aansluit, maar dit is toe nie die geval nie. Ons bevestig met mense langs die pad dat die pad waarop ons is wel McGregor toe gaan en wanneer ons begin ry stem die profiel ooreen met die kaart, wat gerustellend is. Die pad het egter 'n paar meer ernstige klimme as die ou pad. Van die afdraai op 143 meter klim ons oor die volgende 13 km na 356 meter en die meeste daarvan is in die laaste 5 km. Wanneer ons die laaste "knoppie" oorsteek kan ons nog nie vir McGregor sien nie. Die pad maak nog 'n paar golwings en dan is die dorp is sig. So halfpad af draai ons links om oor Rhebokskraal te ry. Na 'n kilometer "verdwyn" die pad en ons moet 'n rivier oorsteek. Ons kan darem droog oor kom deur op die klippe te loop. Anderkant moet ons 'n meter hoë grondwal uit "skarrel" en pad soek. Die vind ons so 'n entjie links van waar ons deur gekom het en dan is dit lekker ry tot by McGregor Back Packers. Alles is egter toe en niemand antwoord wanneer ons die nommers skakel nie! Na so 5 minute se soek, kry ons eindelik vir Geoff Bottom. Hy maak vir ons spek en eiers en na 42 minute is ons weer oppad.


Links by die polisestasie en dan vir 3.5 km, op die Koningsrivier pad, dan links op 'n plaaspad en 900 meter verder tel ons 'n "single track MTB" paadjie op wat ons om 'n berg, deur 'n nek en dan, na 10.5 km na die Robertson/Poesniesvallei pad neem. In tussen het die wind weer begin optel. Ons het nou weer 19 km teer en dan links na die Gannabergpas oor die Scheepershoogte en anderkant af. Die wind "looi" ons nou en ek stop onder agter 'n bos om uit die wind te kom. Na 'n "piekniek", ry ons weer. Om die draai kom ons 'n motor tee met insittendes wat baie entosiasties vir ons waai. Die blyk mense te wees wat Tilla ken. Hulle was oppad na sy broer, toe kruis hulle pad met ons. Ons stop, gesels en kry versnappings by hulle. Hier ontdek ek dat een van my fiets se agterwiel se speke gebreek is. Ek vermoed al van Willowmore se kant dat daar 'n gebreekte speek was, maar wou nie "seker" maak nie want dan is daar net nog iets om oor bekommerd te wees en op die stadium loop die wiel nog reguit. Na 10 minute is ons weer aan die gang. Ons volg paadtjies langs die Breerivier deur na die Worcester/Villiersdorp pad. Wanneer ons hier kom, begin dit liggies reën en ons trek weer reënklere aan. Ons ry nog so 'n paar "jakkalsdraaie" en dan in by die Brandvlei dam area. Die son is besig om te sak en ek sê vir Tilla ons moet net sorg dat ons by die "T-juntion in front of a small farm house" kom voordat dit donker is. Ons kry dit reg en nou is dit met 'n grondpad teen die hang van die berg tot by die Brandvlei gevangenis. Elke nou en dan probeer die wind ons van ons fietse af waai, maar ons "ploetter"voort. 


My verligting is groot toe ons uiteindelik die geangenis se gronde binne ry. Ek is doodmoeg en weet nie hoe ek die laaste paar kilometers tot by Trouthaven gery gaan kry nie. By die "boom" by die hoof ingang, besluit ek ek gaan eers 'n beitjie rus en sit op 'n trappie voor die wagte se hokkie. Na 'n rukkie is ons weer oppad. Die ligte reën is aanhoudend. Nie te hard nie, maar onophoudend! Ek begin my "opsies" oorweeg en kom tot die besluit dat wanneer ons links draai Trouthaven toe met 13 km oor, gaan ek vir Tilla sê om alleen aan te ry, ek kom agterna. kom. Gesien al my fiets probleme en die feit dat ek doodmoeg is, sal ek dan 'n dag af vat, iemand kry om my ander fiets deur te bring, my 6 uur boete vir die ander fiets uitdien en dan Sqterdag klaar maak. Toe ons links draai, sê ek vir Tilla sy moet aanry, ek kom agterna. Sy weier egter om my voorstel te aanvaar. Ek is te moeg om te redeneer en begin ry. Ek begin 'n goeie tempo handhaaf en ons ry lekker saam in die donker en in die reën! By die Trouthaven hek, met 5 km oor, hou ons onder die bome stil om iets te eet en pak dan die stuk Trouthaven toe een. Ek onthou van die verlede, dat daar een lekker styl bult is. Daar is 'n paar bulte en elke keer wanneer ons begin klim, dink ek dit is dié bult, maar hulle is almal te kort totdat ons by een kom wat aanhou en aanhou en aanhou. Ek voel egter nou sterk genoeg om aan te hou trap totdat ons bo is. Nog so 'n paar meter en dan om die draai met Trouthaven voor ons. 


Dit neem ons seker 5 minjute om die regte chalet te kry. In my poging om my fiets onder die dak te kry, verloor ek my balans en val in die "kol-kol hot tub"! Gelukkig, of miskein ongelukkig, is hy nie "hot" nie maar gelukkig is daar 'n plastiek bedekking oor so net my linker boud word nat! Die patalje gaan natuurlik met heelwat geswets gepaard! Daar is drie fiets op die stoep en binne kom ons agter dat die Malcoms en Paul Lochner, wat ons voor Hofmeyr ingehaal het, ook hier is. Hulle slaap reeds. Paul word wakker, wys ons waar ons kos, die stort is en waar ons kan slaap. Dit neem ons 'n rukkie om tot ruste te kom, maar ons kan uitsien na 'n maklike dag môre. Stettynskloof is toe as gevolg van rotse stortings, dus moet ons Bainskloof om ry. Dit is 30 km verder, maar beslis maklike as Stettyns!


Data vir die dag: tyd 17:54:48; 163.4 km; 1,630 meter se klim en 'n storim sterkte NW wind gepaard met reë. ons hoor ook heelnag die reën op die chalet se dak1 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking