Donderdag 11 Junie 2026

FC 2026 Dag 2 Allendale na Ntsikeni


 FC 2026 Dag 2 Allendale na Ntsikenl


Ons beplan om 04:00 te begin. Gill en John Graaf ken die roete uit Allendale  en hulle sal ons help om sonder probleme die pad te vind. John het gisteraand genoem dat ons seker eers 04:30 sal weg kom. Ons kom eers 04:48 weg!! 


Die navigasie span kwyt hulle goed van hulle taak en kry ons deur die eerste paar "moeilike" kilometers. Daarna is ons op ons eie aangesien die Graafs baie stadig is. Matilda Uys sluit by my en Sara-Jane aan. Ek en Sara is die "stil tipe" maar Matilda is op die andercent van die "spektrum"! Daar word in die eerste uur meer gepraat as wat ek en Sara gister gepraat het! 


Sara ken die roete baie goed en is ons hoof "navigator". Sy kwyt haarself uitstekend met die taak en ons het die hele dag nêrens verkeerd gery nie. 


Na die aanvanklike rit uit Allendale kruis ons 'n groot pad en dan is dit deur plantasies tot in Donnybrook. Vandaar is dit weer deur 'n klomp plantasies tot ny Centacow, waar ons middag ete kry. Dit neem ons 4:55 om die 46 km af te lê, wat aantoon dat daar heelwat klimme was. Behalwe vir die eerste 6 km kon ons alles ry. Ete neem ons 33 minute. 



Nou lê die groot klimme vir die dag voor. Twee massiewe klimme in die volgende 48 km. Die pad uit Centacow is ook nie maklik nie. Dit is op en af met 'n gradiënt van tussen 12 en 15%. Die klimme is nie lank nie maar veel eisend! Na 6 km draai ons links vir die eerste groot klim. Dit is 4 km lank en groot gedeeltes is net te styl om te ry. Dit ons meer as 'n uur om tot by die water skeiding te kom. Die pad is goed dus is ry of stoot maklik. Anderkant af is lekker vinnig en ons gou weer in 'n bewoonde gebied. Soos gewoonlik is die pad nie gelyk nie!


Ons sluit by 'n groot pad aan en na 4 km draai ons links op 'n bees/voet paadjie af rivier toe. Die is ongeveer 50 meter breed en so kuit hoogte diep. Maklik om deur te stap. Daarna ry ons deur 'n bloekom plantasie tot op die volgende water skeiding. Hierdie klim is baie geleidelik en ons kan alles ry. Dan is dit weer anderkant tot by 'n distriks pad waar ons regs draai. 


Na 5.7 km draai ons links vir die volgende groot klim. Die aanvanklike klim is 2.7 km maar dit is 'n voetpad wat in onbruik verval het met die gevolg dat dit baie rof is. Dit neem 'n uur om die 2.7 km af te lê. Op daardie punt sluit 'n goeie pad aan en kan ons weer ry, behalwe vir die laaste 200 meters wat net te styl is! 


Nadat ons eindelik die bopunt bereik volg ons die kontoer vir die volgende kilometer of so. Dan draai ons af op 'n rowwe paadjie deur 'n wattle plantasie tot by die Ntsikeni Natuur Reservaat. 


Nou nog net 6.2 km oor, maar weereens is daar 'n angel in die "stert". Al hoewel ons die eerste gedeelte kan ry, begin die pad geleidelik klim. Weereens aanvanklik rybaar maar dan raak dit al styller oppad na 'n nek wat weer stoot tot gevolg het. Na die nek volg ons die kontoer lyn en kan na 'n ruk Ntsikeni Lodge se ligte sien. 




Na 13:08 en 96 km met 2,537 meter se klim kom ons by Ntsikeni aan. Alhoewel vandag 'n bietjie korter as gister was met 'n soortgelyke klim syfer, was vandag baie meer veeleisend omdat ons so baie moes stoot. Ek skat ons het tussen 5 en 6 ure fiets gestoot!


My plan was om, soos in die verlede, Masakala toe te ry, maar groepsdruk veroorsaak dat ons môre net tot by Two Springs gaan ry. Dit sal 'n bietjie her beplanning vir die res van na Rhodes tot gevolg hé. Ons gaan moontlik maar hiu by ou skedule en dus een dag langer neem.

Dinsdag 09 Junie 2026

FC 2026 Day 1 Pmb to Allendale

 


FC 2026 Day 1 Pmb to Allendale

Please excuse any spelling "problems" as I do not have the time to check this!


Got up at 04:15, had breakfast and assembled outside at 05:30 to cycle down to the start at Pmb Town Hall. The wheels started rolling at 06:01 and we were "escorted" out of town and through the traffice to the entrance of Bisley Nature Reserve. 


After a few km we went through a gate and then cycled through some cane fields, liking up with a tar and down to a T-junction to Richmond. A few km and then right into the Baynesfield Estate back onto gravel. This carried on for quite awhile until we took a forestry road up the hill. The road winded up the hill and after some lefts and rights, we entered a track through a grassland up another hill which resulted in a lot of pushing. Down the other side tge track was very rough and I took the conservative opion  to rather push. This ran into a better road and then a beautiful downhill to The Oaks at Byrne. 




Lunch was tomatoe soup and bread. I "sort of" teamed up with Sara-Jane. I generally am stronger on the hills than her, but our pace. She did have some stomuch issues today, so must have affected her riding. We left Byrne together and cycled together right up to the "entry" of the Umkomaas. She have done this route recently, so I let her do the navigarion along the bank of the river and tonthe point where we crossed. Unfortunately my phone's battery was flat, so I did not get a photo. 


Now came the big climb of Hella-Hella. This really is one hell of a climb. Most of it is between 10-12% and it is about 12 km long. This involved a lot of pushing! It took more than two hours to "conquer" it. 


I was running out of time to get into Allendale before dark and navigation in the dark always create problems. I have been having problems with my ofometer all day, withbthe result that I was not sure of the final distance. At a point I "decided" that I probably am on a wrong road. I checked the narrative and decided to go back to the Mackenzie Club. Just before I got there, I saw Sara-Jane's light and joined her onto the ride to Allendale. It turned that I was on the right road and should gave carried fir a further 100 meters! 


We arrived at Allendale at 18:12 and after 108 km with 2,644 meters of climbing!

Maandag 08 Junie 2026

FC 2026 Dag -1

 


FC 2026 Dag -1

 Laas nag gesukkel om aan die slaap te kom. "Butterflies in the stomuch"! 06:30 wakker geword en myself reg gekry vir "shuttle" wat my 07.30 kom optel. 


Fiets en sak is al Saterdag klaar gepak. Lekker ontbyt van Weetbix en 'n "Strawberry smoothy" om bessies in yskas op te gebruik. 


Shuttle is op tyd en reis lughawe verloop redelik wanneer oggend verkeer in ag geneem word. Ek is voor 09:00 op die lughawe en die in weeg verlooop glad. Nadat ek my fiets by "bulk baggagde" afgegee het, bederf ek myself met 'n "Bomba Enegia" van Vida en gaan dan deur die hek na die wag area. Ek mrt 'n plek waar ek my selfoon kan laai en 'n bietjie opvang met die naweek se sport. 


09:55 gaan staan ek in die ry, neem my sitplek in "wees rustig" vir die vlug. Ek "chiil" lekker en wanneer ek my oë uitvee, begin ons daal Durban toe. Buite skyn die son en is dit 'n lielike dag. Ek het ook nie te veel wolke oppad gesien nie, so dit lyk of ons in goeie weer gaan begin.


Ons land net na 12:00 en ek moet so 10 minute wag vir my fiets en dan vir Earl Pmb Shuttle om my op te tel. Hy kom 12:43 daar aan my 'n motor wat te klein is vir die "bike box"! Sy bussie het enjin probleme. Haal net daar die fiets uit die boks en sit los in die motor en san is ons oppad Pmb toe. 


Ons kom so om en by 14:30 by die Sleeping Bao aan wasr ek twee van my ry maats, Mike Roy (Buffalo Herder) en John Bowen raak loop. (Buffalo Herders) is ouens wat ons deur die Baviaans Natuur Reservaat vergesel om ons teen die buffels te beskerm). As gevolg van die baie reën ry ons vanjaar die Baviaans mis, dus het Mike besluit om die FC aan te durf. 


In "geboek" nommer op die fiets en nou "chill" tot aandete. Sal vannaand hopelik vroeg in die bed kom en lekker slaap.


















Sondag 24 Mei 2026

FC Oefening in plek van 360NE


Ek sou op 22 Mei my 13de 360NE gery het, maar dit is gekanselleer as gevolg van die onlangse oorstromings in die Oudtshoorn omgewing. Ek beplan toe maar 'n oefen rit vanaf Blouberg oor Bridgetown, Piketberg en Moorreesburg. Ek nooi vir Mike Smit saam en ons vertrek Vrydagoggend 09:00 vanaf Bloubergstrand.


Dag 1 het heel goed verloop met so 'n ligte reëntjie verby Philadelphia. Dit klaar gelukkig gou op en ons stop in Malmesbury vir 'n Steer burger vir middagete. Die weer is eintlik perfek vir fietsry en ons trek net na 16:00 in by Bridgetown waar ons hartlik ontvang word deur Anso Lotter. Ons gaan kyk na die "verwoesting" wat die onlangse vloed by Bridgetown aan gerig het. Op die hoogte van die vloed het die water toe by Bridgetown se grasperk opgestoot. Dit is omtrent 3 meter hoër as normaal! Sy voorsien 'n lekker pasta gereg vir aandete en ons kom vroeg in die bed. Dag se afstand was 110 km en dit het on 7:21 geneem met 1,168 meter se klim.


Dag 2

Na 'n goeie nagrus en lekker ontbyt, val ons 08:12 in die pad. Die mis lê dik, maar die weer is weereens perfek vir fietsry. Ons stop by Misverstanddam om te kyk hoe die water oor die wal stort. Daarna ry by Die Brug oor die Bergrivier. Oppad Piketberg toe kom ons die deelnemers aan 'n "Gravel" fiets wedren, tee. 


Ons stop 11:11 in Piketberg by die "Crasy Cat" vir middagete. Na lekker koffie en French toast, val ons 11:50 weer in die pad. Nou lê Versfeldpas en 'n rowwe pad af na Goedverwacht voor. Dit neem ons ongeveer 1 uur om die pas uit te klim tot by die afdraai na Goedverwacht. Die eerste paar kilometer is 'n pad na 'n toring op die einde van die berg en die is in 'n goeie toestand. Groot gedeeltes is sement. Ons sukkel 'n bietjie om die afdraai Goedverwacht toe te kry want die paadjie het in onbruik verval en is redelik toe gegroei. Ons kan darem die eerste paar kilometer ry maar later raak dit te styl en rof en ons is verplig om te stoot. Ons "verloor" gereeld die pad maar my Garmin wys hom darem en dan tel ek hom weer op. Dit neem ons ongeveer 2 uur om 8 km af te lê! Ons bereik Goedverwacht teen 16:00. Met nog 40 km Moorreesburg toe, gaan ons nie voor 19:00 daar aankom nie!


In Moravia wys die padwyser links na Koringberg. Ek onthou dat ek laas regs gegaan het, maar my selfoon se battery is pap so ek volg maar vir Garmin wat ook links wys! Nadat ons te ver is kom ek tot die gevolgtrekking dat ons eintlik verkeerd is. Sal nou maar van Niewedrift af met die N7 Moorreesburg toe moet ry. Gelukkig is die "ou pad" vir groot gedeeltes nog rybaar, dus hoef ons vir die gedeeltes nie op die N7 te ry nie. Teen 18:20 is daar nog 15 km oor en moet ons ligte aan skakel. Ons haal die kruin van die laaste bult voor Moorreesburg en draai op 19:00 af dorp toe. Ons blyplek is reg op die einde van die dorp aan die Suid Oostelike kant en dit neem ons nog 'n verdere 15 minute om daar te kom. Na 11:01 en 106 km met 2,005 meter se klim, bereik ons ons blyplek. Dit was 'n lang dag en beslis goeie "FC" oefening! 


Dag 3. Ons kom 08:12 weg. Oor die N7 en sommer gou bult op. Gelukkig 'n redelike gradiënt. Dit is weer mistig en baie aangename fietsry weer. Ons handhaaf 'n goeie pas en gaan na 22 km by die plek verby waar ons Vrydag afgedraai het Bridgetown toe. Nou is op dieselfde pad as Vrydag, net in die teenoorgestelde rigting. Die pad is baie stil. Na 44 km is ons in Malmesbury en stop by Seattle vir koffie en iets om te eet en kom na 23 minute weer aan die gang. Nou is dit meesal teerpad tot by die huis. Net voor Philadelphia steek die son vir die eerste keer sy kop uit. Na 107 km en 7:03 kom ons in Bloubergstrand aan.


Dit was nou 'n goeie naweek se FC oefening. Dinsdag oor twee weke begin ek.

Woensdag 29 April 2026

FC Oefening April 2026 Dag 3

 


Die voorspelling wys dat die wind Maandag weer gaan waai. Ek besluit dus dat dit raadsaam sal wees om vroeër aan die gang te kom. Beplan om 06:00 te vertrek. Ek reël met Karien van Rondavel vir water om my waterbottels op die roete vol te maak en bespreek plek by The Yellow House vir die aand met ete ingesluit.


Ek kom 06:21 aan die ry. Die weer lyk goed en alhoewel die temperatuur tot 6 grade Celsius daal, is ek voldoende aangettek vir die koue. Die pad uit Willowmore klim geleidelik so my spoed wissel so tussen 10-15 kpu. Na 50 minute begin dit liggies reën. Ek soek 'n boom vir skuiling om my reën klere aan te trek, maar hier is niks! Gelukkig reën dit baie liggies en ek stop net daar en trek my reën klere aan. Die prosses neem net minder as 15 minute. Teen die tyd wat ek klaar is, het die opgehou reën! Die reën klere help darem ook teen die koue.


Na 16 km draai ek regs op die Leeukloof pad. Die volgende 5 km deur die kloof is baie mooi. Dan is ek op die plato en vir die volgende 25 km is die padoppervlakte die bestes wat ek tot dusver tee gekom het. Op 47 km draai ek links af na Strydomvlei. Net na die opstal sien ek twee mense stap. Albei dra swaar! So naby aan die opstal, waarom stap hulle? Toe ek by hulle verby gaan sien ek dit 'n jongerige kleurling vrou met 'n baba op die rug en 'n masiewe swartsak vol goed en 'n jongere een met iets wat lyk soos 'n sak aartappels. Ek kan net bespiegel wat hier aan die gang is! So naby die opstal en so ver na die volgende beskawing! Maak nie sin nie. Hoekom neem die eienaar hulle na hulle stemming nie? Moontlik het hulle stry gekry en moes die pad vat. Die lewe kan soms moeilik wees!!


Na 'n verdere 8 km draai ek regs by die volgende kruising. Die pad neig heeltyd op en die wind druk van voor! Na nog 20 km, wat soos 'n ewigheid voel, draai ek weer links op die Miemieskraal pad. Hierdie is beslis 'n "onder geskikte" pad en plek-plek is dit net twee spore. Oppervlakte is redelik goed behalwe vir 'n paar sanderige kolle, maar nie dat dit my stagiger maak nie. Al rede hoekom dit "moeilik" gaan is die "styging" in gradiënt en die wind! Ek kyk heeltyd uit vir Rondavel se kenmerkende palm boom, maar die wil nie te voorskyn kom nie! Dit 21 km van hier tot by Rondavel en dit neem my 2 uur om dit af te lê. 


Daar is geen lewe by Rondavel nie, maar daar is 'n 2 liter bottel vol water. Net sowel dat ek vooraf relings getref het. Ek kry 'n dag later 'n boodsjap ban Karien van Rondavel wat sê daar was 'n bord kos bit my in die buitekaner!  Ek nuttig my middagete op die agterstoep en kom na 22 minute weer aan die gang. Van hier is dit 15 km na die kruising van die N12 en dit neem my 1:20 om daar te kom. Ek laat weet vir Yellow House dat ek nog 53 km oor het en dat, met die wind, sand en gradiënt, dit my tussen 4-5 uur gaan neem. Dit is nou 16:20 so ek gaan eers so teen 20:30 daar aankom. 


Die paaie in die Karoo het my al baie gefrusteer! Jy sien die kruin van die bult voor jou, maar wanneer jy daar kom is dit maar net 'n "stappie" na die volgende kruin en so hou dit aan! Ek ry by Klein Sleutelfontein verby, waar daar 'n teken is wat aandui dat die Groot Sleutelfontein (GSF) afdraai 6.1 km verder is. GSF is 'n redelike "posh" gaste plaas. Ek sien selfs Valterri Bottas, die F1 renjaer asook Sheijk Rashid Al Mualka van USE, het al hier oorgebly! R2,600 pppn! Die 25 minute wat dit my neem om die 6 km af te lê voel weereens besonder lank. Die son is besig om te sak en my oë "tuur" die verte in op die uitkyk vir die kenmerkende GSF hek, maar die wil nie kom nie! My verligting is groot toe ek uiteindelik die hek sien. Dit is 'n 2 meter ysterhek wat nie gesluit is nie. Nadat ek my fiets deur gestoot het, skakel ek my ligte aan. 


My volgende mikpunt is waar die GSF pad by die Seekoegatpad, wat van Beaufort Wes kom, aansluit. Op die stadium is ek refelik "tam" en kan ek nie vir die einde wag nie. Om sake verder te bemoeilik is daar heelwat sand kolle en 'n paar vang my so uit dat ek tot stilstand kom en dan vir 50 meter of so moet stoot! Na 12:24 bereik ek die aansluiting. Volgens die pad se profiel is dit van hier afdraend tot so 10 km voor Prins Albert, maar vannaand gaan alles "op" en daar is gedurig sandkolle! Meesal kom ek maklik deur, maar 'n paar dwing my tot stilstand! Na wat weereens besonder lank voel, bereik ek die bekend laagwaterbrug met 10 km oor. Na dit is daar nog een laaste bult en dan is ek in Prins Albert. Yellow House lê ongelukkig op die einde van die dorp op die Klasrstroom pad, so daar lê nog 'n geswoeg  voor! 


Ek het vroeër my selfoon af gesit om die battery te spaar. Ek skakel dit nou weer aan om te sien waar ek is. Terwyl ek op die selfoon konsentreer, kyk ek nie waar ek ry nie en die volgende oomblik ploeg ek neer nadat ek die wal aan die rant van die pad getref het! Gelukkig het ek baie stadig gery, so gaan skade maar darem 'n paar lelike woorde vir my eie nalatigheid. Vannaad kom niks tot 'n einde nie en die teerstrate van Prins Albert by weg! My vreugde is hoog toe ek teer sien. Nou net 3 km om te gaan! Net voor 20:30 sleep ek by Yellow House in. Petro heer my welkom en my kamer is sommer die tweede een na die ingang. Ek besluit om eers te eet en dan in 'n bad te gaan ontspan. Dit was 'n rowwe dag, maar uitstekende fiesiese en geestelike oefening.


Die afgelope twee se ry teen die wind en die probleem met die voorwiel speek, laat my besluit om hier halt te roep en ek reël met my broer om my Dinsdagoggend op Prins Albert te kry. Ek kanselleer dus die deel Calitsdorp toe. 


Opsomming: afstand oor die 3 dae is 390 km; tyd 31:27; klim 3,671 meter. 

FC Oefening April 2026 Dag 2

 


Na 'n goeie kuier en lekker gesels, kom ek weer net voor 08:00 weg. Dit was eintlik 'n bietjies te laat, maar ek het nie verwag dat die dag so lank sou wees nie! Net voor ek ry, lig Bennie se gas my in dat die wind van voor gaan wees!


Die eerste 28 km verloop goed, met min wind en die pad meer af as op! Dan begin die wind! Aanvanklik redelik lig, maar hoe later hoe kwater. Verder neig die pad meesal op. Nie erenstig nie, maar net so dat dit moeilik is om 'n goeie gemiddelde spoed te handhaaf. Dit wissel so tussen 10-15 kpu. Na 30 km draai ek links op die Rietfontein pad. Aanvanklik is die pad baie goed, maar vanaf so 35 km raak die al slegter. Heel rybaar, maar baie klipperig. My water raak ook min en hier is nie veel lewe nie. Ek is lankal by Rietfontein verby en toe was water nie 'n probleem nie. Ek ry verby Boschfontein, maar die hek is gesluit! Op 78 km kry ek 'n huis wat duidelik baie onlangs voltooi is. Ek ry daar in maar daar is ook niemand nie. Daar is ook nie water in die krane nie. Gelukkig is daar 'n 5 liter waterbottel wat so kwart vol is. Ek maak my waterbottels vol en eet die padkos wat Aneen vir my ingepak het. 


Die pad word al meer klipperig, so vordering is redelik stadig. Die wind druk ook heeltyd van vooraf. Na 88 km kom ek by die Winterhoek/Steytlerville pad en draar links Winterhoek toe. Nou is ek op die pad wat ek 2024 vanaf Marlu na Uniondale tydens BB2BB2 gery het. Dit is nou net skouer aan die wiel sit oppad Willowmore toe. Die pad is lank en die son sak. Volgens my berekening sal ek so tussen 19:00-20:00 in Willowmore aankom. Dit raak donker en net voor ek die R339 bereik, skakel ek my ligte aan. Ek ry nou al 10 uur 30 minute lank en daar is nog 17 km oor. Nog net een bult dan is dit meesal af Willowmore toe. Die voel soos 'n ewigheid om oor die kruin van daardie bult te kom en die pad tot by die N9 kry! Dan nog 4.5 km tot by Willows Gastehuis waar ek 19:22 arriveer. Ek bad gou en geniet 20:00 lekker groente sop en pasta. Daarna bed toe!


Dit was 'n lang dag! 11:24:20; 136.39 km met 1,560 meter se klim. 

FC Oefening April 2026 Dag 1

 


Ek was van plan om deel van FC roete rondom Cradock en Pearston te doen, maar agv Bek en Klouseer, kon ek nie toestemming kry om oor van die plase te ry nie. Ek pas my skedules dus aan om by Marlu, tussen Willowmore en Steytlerville te begin en vandaar na Hadley, een can FC se oorbly plekke, en dan deur Willowmore en Prins Albert tot in Calitsdorp te ry. My broer gaan saam en kuier op Marlu en kry my dan weer in Calitsdorp.


Ek tel hom Vrydag 24 April 09:30 op en ons kom so 16:30 op Marlu aan. Kuier die aand lekker en kom nie te laat in die bed nie.


Saterdagoggend net voor 08:00 val ek in die pad. Ek het die grootste deel van die roete al van te vore gery, so ek ken die pad goed. Ek kry heelwat spore van die RASA, wat van 13-28 April aan was, se deelnemers  se spire soos ek ry want hulle het oor Streytlerville gekom en heelwat van hulle het ook by Marlu oorgebly. Die wind is van agter en vir groot dele "cruze" ek teen 25-30 kpu! Wanneer ek Steytlerville binne ry, is my gemiddelde spoed 18 kpu!


Anderkant Steytlerville neem ek die Cockscomb afdraai. Padoppervlakte is goed en daar kom net twee voertuie verby. Op 63 km draai ek af Grootrivier toe en ry deur Hottentotsvallei. By die volgende aansluiting stop ek vir 'n versnapping. Terwyl ek daar sit kom my gasheer se buurman verby. Ons gesels eers 'n bietjie voor hy aan ry. Die 28 km na Hadley is meesal opdraend en neem my 2:22, wat my gemiddelde spoed afbring na 15.3 kpu. Na 90.91 km en 5:56:47, trek ek by Hadley in. Daar is niemand tuis nie, maar 'n nota op die agterdeur, wat nie gesluit is nie, heet my welkom en sê waar my kamer is. Bennie-hulle sal 15:00 tuis wees. Wat 'n voorreg om op 'n plek te woon waar jy deure ongesluit kan laat terwyl jy weg is! Bennie-hulle daag net na 15:00 op. Ons kuier lekker en eet ook lekker. Ek kyk ook die MotoGP Sprint in Jerez, Spanje. Watter ongelooflike wedren met besondere intrege as gevolg van die reën! 


Afstand 90.91 km; tyd 5:56:47; meters geklim 978.