Die voorspelling wys dat die wind Maandag weer gaan waai. Ek besluit dus dat dit raadsaam sal wees om vroeër aan die gang te kom. Beplan om 06:00 te vertrek. Ek reël met Karien van Rondavel vir water om my waterbottels op die roete vol te maak en bespreek plek by The Yellow House vir die aand met ete ingesluit.
Ek kom 06:21 aan die ry. Die weer lyk goed en alhoewel die temperatuur tot 6 grade Celsius daal, is ek voldoende aangettek vir die koue. Die pad uit Willowmore klim geleidelik so my spoed wissel so tussen 10-15 kpu. Na 50 minute begin dit liggies reën. Ek soek 'n boom vir skuiling om my reën klere aan te trek, maar hier is niks! Gelukkig reën dit baie liggies en ek stop net daar en trek my reën klere aan. Die prosses neem net minder as 15 minute. Teen die tyd wat ek klaar is, het die opgehou reën! Die reën klere help darem ook teen die koue.
Na 16 km draai ek regs op die Leeukloof pad. Die volgende 5 km deur die kloof is baie mooi. Dan is ek op die plato en vir die volgende 25 km is die padoppervlakte die bestes wat ek tot dusver tee gekom het. Op 47 km draai ek links af na Strydomvlei. Net na die opstal sien ek twee mense stap. Albei dra swaar! So naby aan die opstal, waarom stap hulle? Toe ek by hulle verby gaan sien ek dit 'n jongerige kleurling vrou met 'n baba op die rug en 'n masiewe swartsak vol goed en 'n jongere een met iets wat lyk soos 'n sak aartappels. Ek kan net bespiegel wat hier aan die gang is! So naby die opstal en so ver na die volgende beskawing! Maak nie sin nie. Hoekom neem die eienaar hulle na hulle stemming nie? Moontlik het hulle stry gekry en moes die pad vat. Die lewe kan soms moeilik wees!!
Na 'n verdere 8 km draai ek regs by die volgende kruising. Die pad neig heeltyd op en die wind druk van voor! Na nog 20 km, wat soos 'n ewigheid voel, draai ek weer links op die Miemieskraal pad. Hierdie is beslis 'n "onder geskikte" pad en plek-plek is dit net twee spore. Oppervlakte is redelik goed behalwe vir 'n paar sanderige kolle, maar nie dat dit my stagiger maak nie. Al rede hiekom dit "moeilik" gaan is die "styging" in gradiënt en die wind! Ek kyk heeltyd uit vir Rondavel se kenmerkende palm boom, maar die wil nie te voorskyn kom nie! Dit 21 km van hier tot by Rondavel en dit neem my 2 uur om dit af te lê.
Daar is geen lewe by Rondavel nie, maar daar is 'n 2 liter bottel vol water. Net sowel dat ek vooraf relings getref het. Ek nuttig my middagete op die agterstoep en kom na 22 minute weer aan die gang. Van hier is dit 15 km na die kruising van die N12 en dit neem my 1:20 om daar te kom. Ek laat weet vir Yellow House dat ek nog 53 km oor het en dat, met die wind, sand en gradiënt, dit my tussen 4-5 uur gaan neem. Dit is nou 16:20 so ek gaan eers so teen 20:30 daar aankom.
Die paaie in die Karoo het my al baie gefrusteer! Jy sien die kruin van die bult voor jou, maar wanneer jy daar kom is dit maar net 'n "stappie" na die volgende kruin en so hou dit aan! Ek ry by Klein Sleutelfontein verby, waar daar 'n teken is wat aandui dat die Groot Sleutelfontein (GSF) afdraai 6.1 km verder is. GSF is 'n redelike "posh" gaste plaas. Ek sien selfs Valterri Bottas, die F1 renjaer asook Sheijk Rashid Al Mualka van USE, het al hier oorgebly! R2,600 pppn! Die 25 minute wat dit my neem om die 6 km af te lê voel weereens besonder lank. Die son is besig om te sak en my oë "tuur" die verte in op die uitkyk vir die kenmerkende GSF hek, maar die wil nie kom nie! My verligting is groot toe ek uiteindelik die hek sien. Dit is 'n 2 meter ysterhek wat nie gesluit is nie. Nadat ek my fiets deur gestoot het, skakel ek my ligte aan.
My volgende mikpunt is waar die GSF pad by die Seekoegatpad, wat van Beaufort Wes kom, aansluit. Op die stadium is ek refelik "tam" en kan ek nie vir die einde wag nie. Om sake verder te bemoeilik is daar heelwat sand kolle en 'n paar vang my so uit dat ek tot stilstand kom en dan vir 50 meter of so moet stoot! Na 12:24 bereik ek die aansluiting. Volgens die pad se profiel is dit van hier afdraend tot so 10 km voor Prins Albert, maar vannaand gaan alles "op" en daar is gedurig sandkolle! Meesal kom ek maklik deur, maar 'n paar dwing my tot stilstand! Na wat weereens besonder lank voel, bereik ek die bekend laagwaterbrug met 10 km oor. Na dit is daar nog een laaste bult en dan is ek in Prins Albert. Yellow House lê ongelukkig op die einde van die dorp op die Klasrstroom pad, so daar lê nog 'n geswoeg voor!
Ek het vroeër my selfoon af gesit om die battery te spaar. Ek skakel dit nou weer aan om te sien waar ek is. Terwyl ek op die selfoon konsentreer, kyk ek nie waar ek ry nie en die volgende oomblik ploeg ek neer nadat ek die wal aan die rant van die pad getref het! Gelukkig het ek baie stadig gery, so gaan skade maar darem 'n paar lelike woorde vir my eie nalatigheid. Vannaad kom niks tot 'n einde nie en die teerstrate van Prins Albert by weg! My vreugde is hoog toe ek teer sien. Nou net 3 km om te gaan! Net voor 20:30 sleep ek by Yellow House in. Petro heer my welkom en my kamer is sommer die tweede een na die ingang. Ek besluit om eers te eet en dan in 'n bad te gaan ontspan. Dit was 'n rowwe dag, maar uitstekende fiesiese en geestelike oefening.
Die afgelope twee se ry teen die wind en die probleem met die voorwiel speek, laat my besluit om hier halt te roep en ek reël met my broer om my Dinsdagoggend op Prins Albert te kry. Ek kanselleer dus die deel Calitsdorp toe.
Opsomming: afstand oor die 3 dae is 390 km; tyd 31:27; klim 3,671 meter.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking