Ek was van plan om deel van FC roete rondom Cradock en Pearston te doen, maar agv Bek en Klouseer, kon ek nie toestemming kry om oor van die plase te ry nie. Ek pas my skedules dus aan om by Marlu, tussen Willowmore en Steytlerville te begin en vandaar na Hadley, een can FC se oorbly plekke, en dan deur Willowmore en Prins Albert tot in Calitsdorp te ry. My broer gaan saam en kuier op Marlu en kry my dan weer in Calitsdorp.
Ek tel hom Vrydag 24 April 09:30 op en ons kom so 16:30 op Marlu aan. Kuier die aand lekker en kom nie te laat in die bed nie.
Saterdagoggend net voor 08:00 val ek in die pad. Ek het die grootste deel van die roete al van te vore gery, so ek ken die pad goed. Ek kry heelwat spore van die RASA, wat van 13-28 April aan was, se deelnemers se spire soos ek ry want hulle het oor Streytlerville gekom en heelwat van hulle het ook by Marlu oorgebly. Die wind is van agter en vir groot dele "cruze" ek teen 25-30 kpu! Wanneer ek Steytlerville binne ry, is my gemiddelde spoed 18 kpu!
Anderkant Steytlerville neem ek die Cockscomb afdraai. Padoppervlakte is goed en daar kom net twee voertuie verby. Op 63 km draai ek af Grootrivier toe en ry deur Hottentotsvallei. By die volgende aansluiting stop ek vir 'n versnapping. Terwyl ek daar sit kom my gasheer se buurman verby. Ons gesels eers 'n bietjie voor hy aan ry. Die 28 km na Hadley is meesal opdraend en neem my 2:22, wat my gemiddelde spoed afbring na 15.3 kpu. Na 90.91 km en 5:56:47, trek ek by Hadley in. Daar is niemand tuis nie, maar 'n nota op die agterdeur, wat nie gesluit is nie, heet my welkom en sê waar my kamer is. Bennie-hulle sal 15:00 tuis wees. Wat 'n voorreg om op 'n plek te woon waar jy deure ongesluit kan laat terwyl jy weg is! Bennie-hulle daag net na 15:00 op. Ons kuier lekker en eet ook lekker. Ek kyk ook die MotoGP Sprint in Jerez, Spanje. Watter ongelooflike wedren met besondere intrege as gevolg van die reën!
Afstand 90.91 km; tyd 5:56:47; meters geklim 978.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking