Sondag 19 April 2026

Carine se doeke party April 2026


Carine se doeke party vir haar tweede baba, wat op 7 Mei bestem is om in die wêreld in te kom, is gereel vir 18 April by De Tol bo-op Piekenierskloofpas net voor Citrusdal. Ek besluit om die naweek 'n FC Oefen naweek te maak en met my fiets Citrusdal toe te ry. Die plan is om dag 1 (16 April) van Bloubergstrand na Bridgetown, op die Bergrivier te ry, 'n afstand van 113 km. Dag 2 (17 Aoril) van Bridgetiwn na CItrusdal via Porterville en Beaverlac, 'n afstand van 111 km. 18 en 19 April kuier ek op Citrusdal en dan begin die terugtog op Maandag 20 April, dag 3. Roete vir die dag is oor Greyspas en Piketberg weer na Bridgetown (85km) en dag 4 van Bridgetown terug Bloubergstrand toe via Riebeek Wes en Malmesbury (127km).


Dag 1 en 2


Ek kom Donderdag 16 April net voor 09:00 aan die ry. My roete us dieselfde as begin Maart met die CBMC kamp op Bridgetown. Die weer is egter baie beter. Waar ek die vorige keer in temperature van hoë 30's en 40's gery het, wissel dit vandag tussen 24-26 met 'n maksimum van 30. Ek stop weer in Malmesbury vir 'n koffie by Seattle en is na 16 minute weer aan die gang. Vandag se rit loop baie goed en ek maak goeie tyd. Na 113 km en 6:30 trek ek by Bridgetown in, waar Anso my hartlik ontvang. Aandete is 'n heerlik pasta gereg en 'n slaai. Ek kom vroeg in die bed en slaap soos 'n klip. 


Na 'n lekker ontbyt. Kom ek op dag 2 eweer so net voor 09:00 aan die gang. Die Swartland is nie plat nie en dit kom mens baie gou op 'n fiets agter. Gelukkig is die bulte nie te lank of styl nie. Aanvanklik ry ek weg van die rivier en na 18 km kom ek af rivier toe by Misverstand dam. Daarna daai die pad weer weg van die rivier tot by Die Brug waar ek oor die rivier gaan. Anderkant is die grootse klim voor Porterville, 1.33 km met 'n maksimum gradiënt van 10.8%, maar die bult voor Beaverlac lê nog voor! Daar is vandag 22 klimme op die roete, maar nie een langer as 2 km nie met 'n gemiddelde gradiënt van so om en by 2-4%. Waar my gemiddelde spoed gister 17 kpu was, veroorsaak al die bulte dat dit op 13 kpu staan toe ek deur Porterville ry. 


Ek het beplan om in Porterville te stop, maar ek sien nie 'n geskikte plek nie en druk deur. Ek ry verby die Dasklip afdraai sonder om te besef dat dit eintlik die Bearlac afdraai is. 'n Bietjie geluk saam met die ongeluk, want 5 minute later begin dit reën. Ek is voorberei vir die reën, maar moet eers 'n plek kry waar daar 'n bietjie skuiling is om my reënbaadjie aan te trek en dit is baie skaars op die pad. Teen die tyd wat ek 'n geskikte boom kry, is ek al redelik nat. Intussen het my foon se battery tot 20% gesak. Ek laar weet vir Carine en sê hulle moet my op my Spot "tracker" volg en sit foon af. Nadat ek my reën baadjie aan getrek het, val ek weer in die pad. 


Dit reën nou lekker, maar my baadjie werk goed want ek word nie natter nie. Ek handhaaf ook 'n redelike pas, onder die omstandighede. Ek hou regs sodat ek kan sien wat aankom. Wanneer daar 'n voertuig aankom, gaan ek af op die skouer. Dit werk beter as om te skat wanneer om af te gaan wanneer ek iets van agter hoor. Die turbulensie van groot vragmotors is egter 'n groot probleem en ek hou later stil wanneer ek een sien aankom. Gelukkig is daar nie te veel nie. Die pad het ook nie 'n teerskouer nie, maar die gruis langsaan is rybaar! 


Terwyl ek so ry debateer ek nog of ek Beaverlac oor moet gaan of maar op die teer moet bly. Gelukkig is dit 'n geval van "sanity prevails" en neem ek die regte besluit om op die teer te bly. Ek kom eers by die huis agter dat ek in elk geval die Bearlac afdraai gemis het. Ook maar gelukkig! Na 6 ure se ry kom ek by die N7. Ek oorweeg dit om by die padstal, by die Eendekuil afdraai in te gaan en ook om oor Eendekuil te ry, maar besluit om maar op N7 te bly en deur te druk. N7 het lekker breë skouer. 'n Ander geluk tref my. Hulle werk aan die N7 en daar is net een laan vir verkeer. Daar gaan nie vandag veel aan die die laan wat "toe" is nie, so ek het my eie laan met geen verkeer nie! Dit is so tot net voor die voet van Piekenierskloofpas.


Die hele tyd wat ek so in die reën ry "hoop" ek dat Carine en Henk my "jammer" sal kry en my kom haal! Net toe ek die Eendekuil afdraai nader sien ek 'n bakkie, wat soos Henk sin lyk, wat sy "hazars" aan het en daar afdraai, maar hy lyk wit en Henk se bakkie is bruin! Toe ek by die afdraai kom sien ek Carine wag daar vir my. Dit was toe hulle. Watter verligting. Ons laai my fiets agter in en ek ry die laaste stukkie in die "luukse" van 'n droë warm bakkie! Ek het darem 'n goeie 94 km in 7:04 in die saal in gekry. Reënbaadjie het ook goed gewerk, maar dit was 'n fout om nie ook die reënbroek aan te trek nie. Sou minder koud gewees het met broek aan. By die huis blyk dit darem dat my top nie natter geword het nadat ek die reënbaadjie aan getrek het nie. Goeie dag se oefening!


Dag 3 en 4


Sienende dat ek Vrydag Beaverlac gemis het, het ek besluit om oppad terug Bloubergstrand toe, eder oor Beaverlac tecry as Piketberg om.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking