Ek en Hasie besluit om weer Swartbergpas aan te pak terwyl Danie en Johan Meiringspoort deur gaan ry. Die afstande is soortgelyk, maar Swartbergpas is 'n baie groter uitdaging.
Ek en Hasie val so 'n rukkie voor 08:00 in die pad. Die weer is uitstekend. Nie te koud nie en geen wind nie. Dit neem ons 2:42 vanaf Prins Albert to by die uitkykpunt voor die Gamkaskloof afdraai, waar ons vir 'n "piekniek" stop. Vandaar na die top van die pas neem 'n verdere 44 minute. Dit is lekker koud hier bo. Waar dit so 9 was toe ons begin het, styg die temperatuur so dat ek halfpad teen die pas op begin warmkkere uittrek. Bo op die pas is dit weer lekker koud en stop ek om weer 'n warm top aan te trek.
Die 24 km af tot by Wildewandel, waar ons middagete geniet, neem net 54 minute. Hier ontmoet Hasie die eienaar saam met wie hy op Elsenburg gestudeer het. Dit is die eerste keer in 50 jaar dat hulle mekaar weer sien! Na 49 minute val ons weer in die pad.
Ons ry verby die gedeelte waar 70 ton rots die pad Kango Grotte toe onlangs met die groot reën toegeval het. Na 5 km daai ons links op die Oude Muragie pad. Dit begin gelyk en dan het ons gelygelike klimme vir die volgende 15 km. Daar is 'n paar van die bultjies wat kort styl seksies het, maar kan darem alles uit trap. Dan volg 15 km afdraend tot by die N9 net voor De Rust. Ons draai links en ry die vedere 5 km tot in De Rust waar ons by Housemartin oorbly.
Lekker dag met 1,700 meter se klim oor 84 km wat ons 7:55 geneem het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking