Sondag 20 Oktober 2024

HotH toer Dag 2





Ons het gisteraand baie lekker saam met Martin en Jenny ge-eet en gekuier. Baie interessante onderwerpe bespreek en aan geraak. Sy het vanoggend vir obs 'n "biker" ontbyt van roer eier, wors, spek en roosterbrood voorgesit. Net voor ontbyt begin dit hard reent. Ek tref voorsorg met "leg warms", 'n plastiek langbroek om 'n bietjie reent uit te hou, twee "base layers, "arm warmers", 'n "wind breaker" en 'n reën baadjie. Na ontbyt skyn die son en die lug is oop! Halfte van die ekstra klere gaan terk sak toe!


Ons kom 08:10 weg. Ons get gister 3 kilometer van die bopunt van Cloetespas opgehou, so ons begin met daardie laaste drie kilometer. Anderkant af voor ons beloon met 'n lekker afdraend tussen die fynbos en wattel bome deur. Langs aan die pad is mooi heuwels wat tot teen die pad kom. Daar is nie enige kranse nie , maar ons ry tussen die mooi heuwels deur. 


Dit duur vir twee kilometer en dan klim ons weer. Wanneer ons op dieselfde hoogte is as die bopunt van Cloetespas was, begin ons daal! Dit is nou afdraend tot by die Jan Mullerbrug oor die Gouritsrivier. Ek en Mike Smit moes ons Junie HotH toer aanpas omdat die brug oorstroom was. Nou loop die rivier ver onder die brug deur. Interessant hoe vinnig die water wegloop! Die klim ander uit is 'n sement pad en die gradiënt gaan op na 17%! 




Ons ry verby 'n paar interessante plekke. Onder andere 'n bult teen die berg op links van ons. Dit is 'n klim wat skrik vir niks!






Daarna klim ons vir die volgende 28 kilometer tot net voor waar ons môre regs draai Muiskraal toe. Van hier tot by Vanwyksdorp is dit heeltyd op en af. Die klimme is nie te lank nie rn ook nie texstyl nie maar daar is baie min gelyk gedeeltes. Ons kom so in die omgewing van 13:00 in Vanwyksdorp aan. Ek wil vir Hennie die Vanwyksdorp Mall wys, maar "verdwaal". Nadat ons aanwysing vra, eet 'n burger en drink 'n bier by Dusty Dog, wat eers Spekboom was! 


Nou is dit die 12 kilometer Rooiberg Lodge toe. Die pad het ook nie enige gelyk gedeeltes nie en in die wêreld gaan jy óf op óf af! Ek besluit om by wyse van versndering die oostelike ingang te gebruik, dan kan ons môre oggend met die westelike ingang vertrek. 


Dag se stastistiek: 73.84 km; 5:55:20; 1,307 meter geklim.

















Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking