Aanloop
Ek en Hennie ge Clercq kry nekaar Vrydsaoggend 10:30 by Century City en vat die pad Albertinia toe. Ry goed en stop op Swellendam by Terdici vir middagete en kom 14:08 daar weg. Net ander kant Swellendam ry ons agter 'n tenker. Die volgende oopblik is daar 'n slag en 'n rond kraak op my voorruit reg voor my! Moes seker maar 'n klip op die pad gewees het!
Ons kom net voor 16:00 by Gouritsrivier Gasteplaas aan. Ons bly in 'n ou plaas huis, wat baie netjies reggemaak is. Elkeen het sy eie kamer. Aandete word geskeduleer vir 19:00.
Ryna en Kosie Sauerman is ons gasheer en gasvrou. Ons gesels baie lekker. Ryna se kos is uit die boonste rakke en Kosie braai vir ons "perfekte" "steaks". Na ete sit ons lekker en gesels. Dit kom uit dat Hennie en Kosie "gemeenskaplike" vriende het, wat die gesprek baie interessant maak. Daar word 'n paar "goeie" planne gemaak vir wanneer ons Dinsdag weer daar slaap.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking