Na 'n lekker ontbyt, kom ons 08:45 aan die gang. Tot my ontsteltenis ontdek ek dat my fietsry skoene by die huis vergeet het! Ek sal maar met by stapskoene moet ry!
Ons begin met 'n goeie bult vir die eerste 4 kilometer en die stapskoene werk darem redelik. Die pad is in 'n goeie toestandNa 7 kilometer draai ons regs en ry daarna deur 'n lieflike kloof. Daal eers af 'n stroompie en dan ander kant uit met 'n lekker klim om ons hartklop op te kry en hitte te generreer. Die temperatuur wissel so tussen 15-16 grade Celsius.
Na 22 kilometer sluit ons by die Albertinia/Herbertsdale pad aan. Op 27 kilometer daal ons weer en ry vir die volgende 11 kilometer op 60 meter bo seevlak! Ons het op 20 begin, tot by 130 gestyg, toe weer tot 10 gedaal, tot by 220 geklim en is nou op 60! Ons klim weer tot by 230 en ry by Jakkalsvlei, 'n redelik bekende wynplaas, verby. Dan daal ons weer af na Herbertsdale op 70 meter.
Ons stop by die enigste winkel en kry oets om te eet en te drink. Na 14 minute is ons weer oppad. Nog net 13 kilometer, masr die meeste daarvan is opdraebd! Na 3 kilometer begin ons met 'n 10 kilometer klim waar tydens ons 420 meter sal styg. Gelukkig is Dwarsrivier 2 kilometer voor die kruin, wat beteken ons begin môre met 'n twee kilometer klim.
So eindig dag 1 van die eerste HotH toer.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking