Ek het vir Leon, my broer se seun wat in 2019 die Freedom Challenge (FC) saam met my klaar gemaak het, oortuig om 2027 weer te ry en saam met my klaar te maak. In voorbereiding hiervoor beplan ons 'n paar gele van die roete te "recci". Ons eerste "recci" is van Bucklands oor Perdeberg na Hadley. Dit is in die Steytlerville distrik. Daarna doen ons Coetzerskloof naby Pearston.
Ons is Vrydagoggend net na 09:00 uit die Kaap weg en het, na 750 km by Bucklands aangekom. Ons gaste huis is 'n lieflike ou plaashuis en aandete is hoender dye en slaai.
Die Perdeberg roete Bucklands toe is 'n redelike nuwe toeboeging tot die FC roete. Die ou roete op die distrikspad is nog toelaatbaar. Die roete oor die berg is 25 km teenoor die fistrikspad se 43 km, maar sluit 'n veeleisende 3 km "hike-a-bike" in wat tussen 1.5-2.5 uur kan neem.
Ons begin net na 09:00. Die eerste 7 km is op dieselfde roete as die begin van die distrikspad, maar dan draai ons links en begin klim. Die eerste 3 km, tot by die Ghe-Ghe hut is redelik rybaar. Die oppervlakte is rof op plekke, maar interessant. Die 11 km tit hier het ons 1:15 geneem. Na die hut kan ons nog so 'n entjie ry san drrai ons regs op 'n voetslaan pad en dit is onmiddelik fiets op die rug en stap.
Aanvanklik is die helling nie te erg nie. Die roete is baie duidelik met wit merkers gemerk. Na 'n ruk raak dit al styler. Die merkers raak ook minder, maar daar is net een rigting en dit is op! Bo-oor die rantjie blyk dit dat die rantjie nie die bopunt is nie. Ons rus 'n bietjie en pak die volgende "rantjie". Wanneer ek bo kom bly dit dat dit 'n vals "bopunt" was! Daar lê nog baie klim voor. Die helling is nou redelik en ek kan my fiets stoot. Leon trap die bult uit.
Na 13 km kom ons uiteindelik by die grensdraad. Dit het net meer 2 uur geneem om die 3 km van die hut tot by die bopunt van bult af te lê. Nou is ons op die rug van die bult en ry redelik gemaklik op 'n dubbelspoor paadjie. Na so 'n entjie begin ons daal. Die pad is baie klipperig en ek ry maar versigtig want dit is maklik om oor die los klippe jou balans te verloor en te val. Op dié klippe kan die gevolge redelik seer wees en stukkend nerwe tot gevolg kan hé.
Ek navigeer die baie tegniese afdraend sonder enige probleme. Onder rybons deur 'n revierloop en dan anderkant bult op na die destrikspad. Een van Hadley se ingange is regoor en dit nog net 'n kilometer tot by die huis.
Die "recci" was regtig baie aangenaam. Leon reken dit sal omtrent 'n uur vinniger wees as die distrikspad. Ek is van mening dat die klim, wat na 90 km op die dag se skof van die FC sal kom, moeiliker gaan wees as die distrikspad.
Data vir die dag: 24.83 km; 4:39.58; 939 meter se klim.








Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking