Saterdag 21 September 2024

Wild Ride Day 3 - The Haven to Ocean View Hotel, Coffee Bay



What a day! 48.03 km; 6:34:30; gemiddelde spoed 7.3 kpu! 13 rivier kruisings waarvan baie enkel of kuit diep was, maar een het tot oor my skouers gekom. Om die waarheid te sê ek moes op my tone loop, maar kom ons begin by die begin.


Breakfast was at 07:30 with an antisipated time of departure of 08:30. We were ready at 08:30, but a heavy thunder storm with thunder and lighting was moving overhead, so we debated about waiting this out and only got going at 08:34. 


Down to the beach and onto the sand. The first river crossing came after 5.74 km. Not to deep and easy to cross. The next one came after another 1.54 km. Once again nothing serious. This was followed by by 1.11 km on the sand before the next crossing. Once again the water was not too deep and as Eric cycled through, I followed suit. It went well untill I got to the otherside, where there was a small lip. Unfortunately my effort to lift the front wheel was not successful and I took a tumble with only my ego getting seriously damaged. I also received lots of help from guys who crossed allready. 



Crossing number 4 came after another 1.82 kilometer and 5 after another 867 meters. Every now and then we also had to negotiate some rocks or take a detour inland. These detours uselly involved hiking a bike up a gully or over a hill! Crossing number 6 came after 2.52 kilometers and 7 after another 8.59 kilometer. Progress was slow due to all the "obsticales" in the form of rivers and rocks and gullys!


Number 8 was a 5.52 kilometers further and 9 after another 782 meters. We then went inland again. After 7.9 kilometers we encountered a "torrent". Not too deep and wide but really fast flowing. On the otherside we had to navigate our way up a gully for about a kilometer. Once on top we stopped for Cokes, which Jeanie had been carrying in her backpack for us! 


Bo oor en anderkant af. Weg van die see is ons meesal op "cattle tracks". Die ander mense in ons groep het regtig "uitgereik" na die "ou man" en by al die moeilike rivier kruissings my gehelp deur my fiets vir my oor te dra en self my hand te vat waar die stroom sterk was of die water diep. 


Na 35 kilometer kom ons bo op 'n bult met "Hole in the Wall" se rots formasie voor ons. Voorwaar 'n besondere uitsig. Nou teen die bult af en oor die rivier om "Hole in the Wall" in al sy glorie te sien, maar ons moet eers oor die rivier kom! Dit is hier waar die water tot by my nek kom! Gelukkig het Eric dit op video vas gelê.



'n Paar fotos word geneem en ons ry na die plaaslike restourant om iets te drink. Koffie met kalua word bestel. Drie van ons gaan vir gewone koffie en Jeanie vir tee. Halfpad deur die koffie maak proses gaan die krag af! Daar is net 10 koffies en almal is met kalua "gedokter"! Ek drink saam met Jeanie tee. 



Nou is daar 10 kilometer oor na die hotel, maar ons moet eers oor twee en 'n halwe "monster" bulte kom! Die twee is elk so ongeveer 500 meter en die halwe 200 meter. Die eerste twee se gradiënt draai hier by 18%! My "kannie dood" temprament tree in en ek trap al die bulte uit. Martin wys ons 'n kort paadjie, deur 'n stroompie, en na 48 km en net meer as 6 en 'n half uur is ons tuis. Nou vir 'n lekker stort en warm klere. Alles wat ek aan het is nat as gevolg van al die reën en ook die diep riviere waar ons deur is. 





Donderdag 19 September 2024

Wild Ride Dag 2 - Kob Inn na The Haven

 


Ontbyt was 07:00 met 08:00 vertrek tyd. Ons kom net na 08:10 weg. By Kob Inn se hek uit en dan regs af na die eerste rivier kruising wat net die bande nat maak. Nou is dit weer al op die strand langs tot by die volgende rivier kruising na 5.9 kilometer. Hierdie een is heup hoogte diep. Almal kom sonder probleme deur.



Dit word weereens gevolg met 'n lang stuk op die strand af vir nog 2.95 kilometer waar daar weereens 'n revier kruising is. Dit word gevolg met 'n klim teen 'n baie styl bult waar ons moet stoot. Elke nou en dan is daar ook 'n "gully" waar ons moet deur. Vordering is maar stadig! Ons klim ook 'n baie, baie styl bult uit om te kyk na die plek waar 'n man en sy meiesie oor die krans is en hulle dood geval het met 'n motorfiets. Hy was van mening dit was net nog 'n lekker bult om oor te jaag en het te laat agter gekom hy maak 'n fout!



Na 'n verdere 15.77 kilometer na die laaste rivier kruising, is ons weer by een. Weereens so heup hoogte diep. Dit word gevolg deur die ingang na die Dwesa-Cwese Natuur Reservaat. Dit reën nou baie hard en ons soek hier skuiling in 'n gebou terwyl Martin Dreyer ons "inteken" by die hek. Die proses neem 16 minute. 1.45 kilometer in die reservaat in is dit weer rivier kruising tyd. Na 500 meter nog een. Almal gelukking rybaar. 




So 'n entjie verder is dit teen 'n sandduin uit. Bo waai die wind ons weer amper van ons fietse af! Dit word gevolg deur nog strand ry tot by die laaste rivier kruising. Hier is die water tot oor ons heupe en om sake moeiliker te maak kom daar 'n golf in die monding op toe ek op die diepste gedeelte is wat tot gevolg het dat die water, vir 'n paar oomblike, tot by my bors kom. Ek oorleef dit sonder probleme en ons pak die laaste 2 kilometer na The Haven aan, waar ons aan kom na 37.73 km en 4:39 op die pad. 


Dit was 'n heel interessante dag met baie reën, sterk wind van agter, heelwat klimme en so 'n klein bietjie sonskyn! Ons middagete is heerlike "chiken a la king" met vas tuis gebakte brood.


Voorgereg vir aandete is vas oesters en aandete is "pork 




Woensdag 18 September 2024

Wild Ride Dag 1 - Trennerys na Kob Inn



Ontbyt was 07:00 en ons beplan om 07:30 weg te kom. Die manne is lekker rustig en ons kom eers 07:45 aan die gang. Hier is 'n "ride" en nie 'n "race" nie. Pas my goed. Eerste dag se afstand is 38 km maar dit gaan ons 4 uur neem om dit af te lê . 


Ons ry van Trennerys direk af na die strand aan dan al langs die see op die harde dand. Om dit rit te doen moet die organiseerder na die getye kyk. Groot dele is onrybaar tydens hoogwater, so dit moet so gereël word dat die rywerk net voor en na laagwater gedoen word. Laagwater is vandag 09:13. Dit is hoekom ons 07:30 wou weg kom. Die sand is lekker hard maar daar is elke nou en dan 'n hindernis wat ons vordering belemmer. In die eerste uur lê ons net 8 km af.

 

Ons kom ook by 'n reviermonding wat gekruis moet word. Die water loop nie baie sterk nie maar is middellyf diep! Almal kom deur sonder enige iemand se elektonika nat word. Daar is ook heelwat plekke waar ons oor rots moet klim. Nie hoog nie, maar nie rybaar nie. Ons moet ook sons binneland in gaan om om rots te kom. Dit is gewoonlik rybare paadjies deur die bosse. Ons ry ook gereeld op bees paadjies. Daar is ook elke hier en daar 'n paar huise. Dit lyk meesal na swart mense se bly plek. Ek wonder hoe hulle hier 'n bestaan maak. 






Na 'n ruk ry ons deur Wavescrest. Dit is 'n hotel/vakansie oord. Ek wonder hoe gereeld word dit nog besoek en wat motiveer iemand om hier so 'n plek te kom oprig! Net na Wavescrest is daar weer 'n rivier kruising. Hierdie een lyk dieper. Dit wil voor kom asof daar hoër op 'n vlakker gedeelte is om deur te kom en ek gaan daarheen. Die aanloop in baie klipperig en toe ek af in die rivier kyk waar ons aanvanklik wou oorgaan, sien ek dit is glad nie so diep nie. Ons was drie wat die opsie gekies het. Tom besluit hy gaan eder terug. Ek wil eers omdraai, maar Ray het van onder af op gery en moedig my aan om deur te druk. Waar dit toe "vlakker" gelyk het, is die water tot by my bors! Loop nie baie sterk nie en met Ray se hulp kom ek deur. 



Nou is dit weer lekker op die strand langs ry met so elke nou en dan 'n paar klippe of 'n ekskursie deur die bosse. Na 32 km en 3:30 kom ons by Mazeppabaai, waar daar weer 'n rivier kruising is. Vier van ons mik weer stroom op en winder bo wonder hier wag 'n boodjie vir ons. Die eienaar sê hy sal ons oor neem. Ons klim in, met ons fietse en hy rooi ons oor. Waar ons droogvoet in geklim het, moet ons egter inndie vlak water uit klim. Die ander het almal laer af deur gekom met water wat net tot onder hulle middellyf gekom het. 


Anderkant die bult uit word ons met die mooiste uitsig bederf en Cob Inn in die verte. Die rit Cob Inn toe is redelik rustig en ons kom na 38.62 km en 4:28 se ry daar aan. Fietse word gewas, ons stort en kry lams bredie vir middagete.





Wild Ride 2024



So here we are on a cycling journey again. Doing the WildRide with Martin Dreyer from Kei Rivier mouth to Port Edward starting 17 September until the 24th. Today we fly to East London and take a schuttle to Trennerys at Kei River. Probably get there by 16:00-17:00. Guys from Durban ran into some fly day problems and will only get there by 20:00 tonight! Looking forward to a "wild ride" along the Wild Coast over the next week.

Maandag 02 September 2024

Louvain toer Dag 3

 


De Vlugt na Louvain


Ons plan was om vandag terug Kaap toe te ry sodra ons klaar gemaak het. Obs besluit dus om vroeër te begin. Ons gasvrou, Adri van Rooyen bied aan om vir ons 06:30 ontbyt te gee sodat ons 07:00 in die pad kan val. Alles werk mooi uit en ek en Mike kom 07:11 weg. Danie het besluit dat hy op sy eie tyd gaan ry en ook die laaste gedeelte van vandag se roete gaan uitsny om tyd te spaar. Hy begin dus 'n klein bietjie later. 


Die pad langs die Keurboomsrivier is heelpad opdraend. Die klim is nie te erg nie en daar is so elke nou en dan 'n afdraend, maar die meeste van die tyd klim ons. Die pad is in 'n baie goeie toestand en obs handhaaf 'n goeie pas. Oor die eerste 25 km klim ons 540 meter totdat ons by die N9 aansluit. Langs die pad is 'n paar plase maar dit lyk nie of hier ernstige boerdery aktiewiteite is nie. Daar is min landerye en ons sien nie eintlik baie vee nie. Net 'n paar bokke en skape so hier en daar. Hierdie is ook deel van die plaaslike "Garden Route Pilgrimage of Hope" roete, 'n 270 km staproete van Uniondale na Mosselbaai, en ons sien oral langs die pad die kenmerkende tekens van 'n rooi vuurtoring wat die roete aan dui. Ons ry ook verby "Die Beloofde Land gasteplaas" met sy imposante kliphuise. Dit is voorwaar 'n besondere onderneming van drie lieflije kliphuise wat die eienaars hier gevestig het.



Na 25 km draai ons regs op die N9, so 'n entjie bult op en dan links op die Buffelsdrifpad, 'n grondpad net Noord van die N9 wat ook bekend staan as die Kykoe pad. Na 'n verdere 7 kilometer kruis ons weer die N9 en volg nou 'n grondpad via Nolshalte net Suid van die N9. Dit neem ons deur 'n paar plase totdat ons weer die N9 kruis en op die Buffelsdriftpad Noord ry totdat ons, na 6 kilometer, wat 'n goeue klim insluit, by die Kanannasie pad, aansluit. Hier draai ons links oppad Daskop toe. Net verby Daskop Farm Stat draai ons links en kruis die Gansekraanrivier oppad terug N9 toe. Ons ry verby die Heimersrivier aansluiting, al langs die Matjiesrivier tot by die N9. Dan regs en na een kilometer links op die Louvain pad. 



Na 75 km en 5:47 op die pad bereik ons Louvain. So eindig ons eerste Louvain toer.


207.2 km; 5,050 meter se klim; totale ry tyd 15:21:15


Oppad terug hou ons by Elvis Blue se padstal stil vir koffie en quiche!







Saterdag 31 Augustus 2024

Louvain toer Dag 2


 

Knysna na De Vlugt via Kom se Pad

Aangesien dit net 57 km na De Vlugt toe is, het ons besluit om eers ontbyt te eet voordat ons die pad aanpak. Ontbyt is 07:30 en ons kom net na 08:00 weg.


Ons begin sommer met die Simola klim, wat jaarlikse vir die Simola Bergklim motorwedren gebruik word. Gelukkig is dit teer en die gradiënt is oor die algemeen so tussen 6-9% met dele wat op gaan na 12%. Bo oor is dit weer kwaai af vir so 'n kilometer of twee en dan kom die volgende klim. Hy is 1.18 kilometer maar die gemiddelde gradiënt wissel tussen 10-14% en ons klim 155 meter! Die gemiddelde gradiënt is 13%! Ek "grind" die bult uit teen tussen 3.5-4 kpu.



Dit word gevolg deur 'n redelije gelyk stuk en dan 'n 8.5 km bult, maar hier is die gemiddelde gradiënt 5.05% en ek handhaaf so tussen 8-12 kpu. Bo is die uitsig weereens iets besonders.



Nou daal ons af in die Knysna woude in. Ons ry letterlik deur 'n tonnel van inheemse bosse. Dit lyk of iemand varings langs die pad geplant het! Die pad oppervlakte is ook oor die algemeen besonder goed. Daar is so elke nou en dan 'n styl "knoppie" wat die bene toets. Na 27 km sluit ons by die R339 aan. Hier is die pad oppervlakte nog beter. Daar is dele wat gladder as baie teer paaie is. Ons het oor hierdie 24 km amper 900 meter geklim. Dit kom op 35 meter per kilometer te staan! Dit is nogal "rof" wanneer dit by bergfiets ry kom. Enige iets oor 20 is veeleisend!



Nou is ons op die R339, wat Knysna met Uniondale verbind. Hier is die pad weer meesal so glad soos 'n babatjie se boude! Aanvanklik is ons redelik gelyk maar ek weet daar wag nog 'n paar lekker bulte. Veral een wat 4.75 kilometer lank is met 'n gradiënt van so 4-8. 'n Groot gedeelte is ook in die son en die oppervlakte is los gruis. Verder waai daar elke nou en dan 'n sterk dwarel wind reg van voor. Gelukkig is dit nie te warm nie. 


Bo wag ek vir Mike en Danie. Hulle kom so 10 minute later daar aan. Nog so 'n klein entjie dan daar die pad links. Daar is 25 km oor. Van hier is dit meesal afdraend tot by De Vlugte met net drie kort, so ongeveer 1.5 km elk, bulte om ons stamina te toets. Danie sukkel nog met sy rug en verder maak die rowwe afdraendes die lewe vir hom baie moeilik met sy "gravel" fiets wat net 30 mm "travel" het. Ons ry verby die R340 wat regs draai Wittedrif en Plettenbergbaai toe.



Na 'n lekker lang afdraend kom die eerste van die laaste drie bulte. Net voor dit stop ons by 'n spruitjie om ons waterbottels vol te maak. Daar is geen skaduwee langs die bult nie en die son braai ons uit. Ek gooi van die water oor my kop en teen my rug af. Ander kant af jaag ek en Mike mekaar. Dan nog 'n bult. Ek vergeet van die laaste een en maak nou die pap dik aan. Ek wag heeltyd vir die laaste afdraend om te kom, maar na 'n ruk gee ek op en verslap die pas. Om sake te vererger kom die laaste bult ook nog! 




Weereens moet ek dit maar net uit "grind"! Met 6 km oor is ons bo op laaste bult en nou is dit beslis bo! Ek laat waai teen die bult af. Die pad is redelik rof as gevolg van al die reën maar my bergfiets hanteer dit uitstekend. Na 5 uur en 40 sekondes hou ek by die Plaaskind Padstal, waar ons vannaand oorbly, stil. Nog 'n goeie dag in die saal agter die rug! 


Tyd 5:00:40; afstand 57.29 km; meters geklim 2,035.







Vrydag 30 Augustus 2024

Louvain toer Dag 1


 Louvain na Knysna via die Louvain 4x4 roete, Woodville en die Sewe Passe pad.

Die gedagte van die Louvain toer het sy wortel in my verkenning van die Louvain 4x4 roete in Desember 2023 en is in Mei vanjaar beplan. Ek en Danie Kotze het dit vasgemaak vir die laaste naweek in Augustus.  Mike Smit, wat Kalagadi toe sou gaan, besluit tor om saam te kom nadat die besoek uitgestel is. Ek, Mike en Danie vertrek 12:00 uit die Kaap en kom so 18:30 by Louvain aan waar ons in die Stalle inbespreek is. Lekker vleis gebraai en so 21:30 verkas ons bed toe. Ons beplan om so 08:00 môre oggend in die pad te val.



Ons begin so net voor 07:00 roer en kom 07:47 weg. Om die dam en op Louvain se 4x4 roete. Dit begin redelik, maar hoe verder, hoe rowwer! Aanvanklik ry ons, maar dan raak dit so styl en klipperig dat ons nie momentum kan behou nie en verplig is om af te klim en te stoot tot op kilometer 3. Van hier af raak die gradiënt redeliker en kan ons weer ry. Op 5.65 kilometer is ons heel bo en word beloon met 'n lieflike panoramiese uitsig. Ons kan tot by die Swartberge in die Noord Weste sien en Suid kan ons Swartvlei uitmaak. 



Toe ek verlede Desember hierdie roete verken het, was die pad van hier af vir die volgende 3 kilometer vir groot gedeeltes onrybaar. Morne, die eienaar van Louvain, het regtig baie moeite gedoen om die pad te herstel. Blykbaar het dit R170,000 gekos. Daar is hoop vir die Montagupas! Die gevolg is dat ons die hele pad kan ry. Dit is nou meesal afdraende met so hier en daar 'n klein klimmetjie, behalwe een van so 'n kilometer wat by 19% draai. Na 17.5 km kom ons by die einde van die Louvain 4x4 roete aan. Nou is dit heel pad bult af tot by die Sewe Passe pad.




Na 2:33 en 22 km kom ons by die Woodville Padstal, waar hierdie roete by die Sewe Passe roete aansluit, uit. Ons stop vir 'n vars bobotie pasty en "plunger" koffie. Ons vertoef 24 minute en toe is ons weer oppad. Nou is dit op en af met die sewe passe pad. Daar is nog drie van die sewe passe oor oppad Knysna toe. Die pad is oor die algemeen in 'n baie goeie toestand. Die volgende 54 neem ons 3:34! Die roete is baie mooi en ons ry lekker saam. Danie sukkel 'n bietjie met sy rug. Hy stel sy saal 'n bietjie laer en dit blyk die probleem gedeeltelik op te los. 




Ons ry deur Rheenendal en by Phantompas af. Onder kruis ons die Knysnarivier oor 'n yster brug wat eintlik daar is om 'n pyplyding oor die rivier te kry. Gelukkig is daar ook 'n pad wat net reg is vir fietse.



Van hier is dit net meer as 5 km na Lagoon Lodge, waar ons vannaand oor bly. Die "cherrie" op die koek is dat daar 'n restourant binne stap afstand van Lagoon Lodge is.

Nadat ons klaar gestort het, stap ons oor vir iets om te drink. Ons bly sommer daar tot na aandete. Môre gaan ons eers ontbyt eet en dan so 08:00 in die pad val. Die afstand vir die dag is 57 km en ons beplan om so omtrent 5 uur op die pad te wees.