Maandag 17 Mei 2021

36ONE 13/14 Mei 2021



Ons het besluit om ‘n paar dae by my niggie op Marlu in die Steytlerville distrik te gaan kuier voordat ek my 7de 36ONE aandurf. Ons ry dus al die Dinsdagoggend hier af. Toe ek my fiets oplaai, merk ek ‘n “stuk” olie aan die ketting. Toe ons by ons betemmeing aan kom en ek dit wil afhaal, sien ek dit is ‘n gebreekte skakel. Gelukkig is dit reg langs die “master link” en oorkom ek die probleem deur net die gebreekte skakel uit te haal. 

 

Daar is ‘n baie rowwe en styl bult op na die plaaslike Wi-Fi toring nie te ver van die plaas af nie. Ek het nou al twee keer probeer om tot daar te ry, maar elke keer moed op gegee voordat ek by die toring uit gekom het. Ek besluit om weer te probeer en kry dit die keer reg. Dit neem my twee uur om die 11 km tot by die tower af te lê. Die totale klim vir die dag was 599 meter, maar indien in ag geneem word dat dit omtrent alles oppad daarheen was en dat die eerste 5 km op gelyk pad is, werk dit op ongeveer 100 meter se klim vir elke kilometer uit! ‘n Groot gedeelte van die pad is egter nie rybaar nie omdat dit te styl en daar te veel los klippe is, so ek weet nie of ek dit weer sal doen nie.


 

Tydens die rit kom ek tot die gevolgtrekking dat daar ‘n paar goed op my fiets is waarna ek sal moet laat kyk voordat ek die 36ONE aandurf, onder andere die oorskakeling van die ratte. Ek kry die naam van die plaaslike first winkel by die organiseerders en laai my fiets by hulle af toe ons Donderdagoggend in Oudsthoorn aankom. Ek kry my fiets weer die middag net voor 17:00 nadat hulle die stuur se laers vervang het en die ratte vir my gestel het. 

 

Net voordat ons na die wegspring vertrek, tel ek skielik ‘n probeer met my selfoon op. Ek skakel hom af en weer aan om te kyk of die probleem opgelos is en dit werk, maar ek het vergeet dat ek ‘n nuwe PIN gekry het nadat my vorige foon in Februsrie gesteel is, met die gevolg dat ek hom nie weer aan die gang kan kry nie, behalwe vir internet toegang waarvoor ek ‘n aparte “dongle” het. Op die laat stadium kan ek niks daaraan doen nie en moet maar met die probleem saam lewe. Mt broer laai my ongeveer 14:30 by die wegspring af. As gevolg van Covid mag toeskouers nie by die wegspring die deelnemers afsien nie! Die weervoorspelling vir die wedren is goed met ‘n moontlikheid van reën teen Saterdagaand. Ek hoop om dan al klaar te wees.

 


Ons spring 15:00 weg. Die eerste paar kilometer tot net buite die dorp is ‘n neutral sone, so die pas is redelik rustig. So in die verbygang loop ek twee manne wat ook die Freedom Challenge se Race Across South Africa gedoen het, raak. Hulle mik vri so 17 uur, terwyl my versier op 24 uur ingestel is! 

 

Ons draai op 6 km regs en die eerste klim begin. Gelukkig is dit nie so warm soos in November verlede jaar nie en die eerste klimme is darem nie te styl nie. Dit hou vir so 9 km aan en dan het ons ‘n lekker afdraend.


Onder in die vlak draai ons regs om ons Wes van Dysseldorp en oor die R29 te neem om dan weer by ‘n distrikspad aan te sluit wat ons eers in ‘n Westelike rigting tot op 44 km en dan Suid Wes neem. Op 55 km draai ons Suid na Heimersrivier toe. Dit is ook die eerste waterpunt. Ons klim 150 meter oor ‘n aftand van 7 kilometer. In teenstelling met verlede jaar het ons vanjaar ‘n briesie van die Noord Weste wat ons lekker aanstoot. By die Heimersrivier/Paardepoort kruissing draai ons weer links Daskop toe. Ons is nou op die area se “rolling hills” en wat opgaan moet ook afgaan, maar ons bly so tussen 540 en 640 meter bo seevlak oor die volgende 45 km. Ek kom na 5:19 in die saal by Louvein, waterpunt 2 en die eerste kontrole punt, aan. 


 

Ek kry my broer hier en neem ‘n warmbaadjie. Ek gee my “dongle” vir hom om te laai, sodat ek darem kontak oor die internet kan maak indien dit nodig is. Ek val na na 15 minute weer in die pad. Die pad vanaf Louvein na Harold is regtig baie vervelig en frustrerend! Ons daal van 650 meter tot 630 oor ‘n afstand van 20 kilometer en die pad is oor die algemeen redelik reguit, met die gevolg dan jy gedurig die ouens voor jou se ligte sien, maar die einde wil net nie kom nie! Op 122 km draai ons regs net voor Herold, ry onderdeur die N9 en sluit dan by die Paardepoortpad aan. Net voor die kruissing, waar ons 4 uur van te vore links in ‘n Oostelike rigting gedraai het, draai ons links in ;n Westelike rigting na ‘n stoor waar die 3 de waterpunt is. Na ‘n paar glasse Coke en stukkies piesangbrood is ek weer oppad. Alhoewel ons nou teen die wind ry het dit grotendeels bedaar en is die toestande baie gunstig. Ons daal vanaf 520 meter na 300 meter by Volmoed oor die volgende 47 kilometer. ‘n Paar van ons vorm ‘n lekker groep oor die laaste 20 kilometer en ek kom na 10:24 in Volmoed aan. Dit is nou 01:24 en ek het vir my broer gesê ek verwag on 02:00 in Volmoed te wees, so ek het sommer met die aankoms verwag dat ons mekaar gaan mis!  Ek eet ‘n bordjie pasta en drink koffie, maar sien my broer nêrens nie! Dit is darem nie ‘n te ernstigte probleem nie. Ek sou graag ‘n warmbaadjie en handskoene by hom wou kry, maar dit is darem nie te koud nie. Ek vertrek na 22 minute. 

 

Vanaf Volmoed is daar ‘n 20 kilometer se geleidelike klim tot op kilometer 201 km. Op hierdie stadium van die wedren is dit nogal baie gevra, maar ek byt vas. Oor die volgende 25 kilometer daal ons af na die kruissing van die Gouritsrivier, wat soos gewoonlik, droog is! Oor die volgende 25 kilometer, tot aan die voet van Rooibergpas, klim ons weereens geleidelik vanaf 150 meter na 350 meter! Daar is darem twee waterpunte oor hierdie afstand. By die eerste een vra ek vir ‘n swartsak, wat ek aan die binnekant van my warmbaadjie sit om die koue uit te hou end it werk dan ook baie goed. 

 


Op 250 kilometer begin die groot klim van Rooiberg! 440 meter se klim oor ‘n afstand van 7 kilometer! Ek byt egter vas en kry dit weereens reg om dit in een poging uit te ry! ‘n Gemidelde spoed van 7.92 k.p.u.


Ek drink weer ‘n paar glasse Coke by die waterpunt en durf dan die bult af aan. Op hierdie stadium is my hande besig om my op te keil! Die rowwe paaie wat ons tot dusver gery het, het tot gevolg dat my hande pyn. Rooiberg af is besonder rof, met die gevolg dat ek ekstra stadig moet ry om die pyn so min as moontlik te maak. Om sake te vererger is daar ook groot stukke sinkplaat wat die hand probleem het erger maak!

 


Ek na 18:30 kom ek in Calitsdorp aan. Die keer wag my broer darem vir my. Aangesien ek nie meer ligte gaan nodig hé nie, gee ek dit vir hom. Dit spaar darem so ‘n bietjie gewig! Na 14 minute is ek weer aan die ry. 



 




Vanaf Calitzdorp klim die pad geleidelik tot op so ongeveer 300 kilometer. Dan kom daar vier bulte oor die volgende 25 kilometer wat vergelykbaar met Rooiberg is! Die enigste verskil is dat daar na elkeen darem ook ‘n afdraend is. Dit is egter ‘n skrale troos op hierdie stadium van die wedren. Daar is darem ook ‘n waterpunt bo op een van die bulte. Nadat ons regs gedraai het Lategansvlei toe, is daar nog ‘n klein klimmetjie en dan ‘n lekker stuk, wat meesal afdraend is tot op 345 kilometer. Die laaste 15 kilometer is redelik gelyk en ek kom na 23:43:48 by die eindpunt aan! ‘n Verbetering van 37 minute op verlede jaar se tyd, maar ver kort van van beste tyd van 20:20 in 2018! Dit lyk my die jare begin my vang!

 

So eindig nog ‘n 36ONE. Hierdie wedren is beslis nie vir sissies nie en verg baie vasbyt en deurdrings vermoë.



<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6788862237' title='Oudtshoorn 36ONE' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>


Data                Afstand        Tyd              Klim

Waterpunt 1      55.58        2:27:31          530
Waterpunt 2      46.07        2:51:52          804
Waterpunt 3      30.79        1:58:47          194
Waterpunt 4      23.18        1:38:18          311
Waterpunt 5      22:55        1:27:54          199
Waterpunt 6      38:16        2:38:56          510
Waterpunt 7      27:45        2:05:18          467
Waterpunt 8      12.15        1:35:42          588    
Waterpunt 9      27.69        1:45:46          102
Waterpunt 10    27.66        2:21:05          616
Waterpunt 11    33.66        1:59:39          509
Einde                19.09        0:53:00          222

Totaal             364.03       23:43:48      5,052







 


Sondag 18 April 2021

Dag 7 Oewerzicht-Franschoek

 

Kooitjie Viljoen, my skoonseun se broer en eienaar van Oewerzicht, het die vorige dag gesê hy sal voor 06:00 op wees en ons by hulle kom ontbyt eet. Ons stap soos net voor 06:00 daar in en vind ‘n oop voordeur maar verder geen lewe nie. Die kombuis lig is aan maar verder niks! Ons help ons self maar aan die vrugte wat daar is en val 05:50 weer is die pad. 

 

Annavanklik is die temperatuur so 11 grade, dan daal dit na 9 en dan 7 en so gaan dit aan. On shou stil sodat peiter ‘n warmer baadjie kan aantrek. Teen die tyd dat ons by Greyton kom is dit 3 grade Celius! Peiter trek nou ook warmer handskoene aan. Ek oorweeg di took, maar besluit om deur te druk. Die son gaan immers binnekort op ko men dan gaan dit warmer word. Die temperatuur daal tot 2.2 voordat dit begin warmer word. Teen die tyd dat ons deur Genanedal ry is dit darem al 8 garde! Ons stop vir ‘n “piesang” breek. Die topgraief is nie te heuwelagtig nie en ons handhaaf ‘n pas van so om en by 15-20 kpu. 

 

Op 46 km na 3:30 in die saal, sluit ons by die Villiersdorppad aan. Die laaste sukkie klim na die pad is nogal steil! Regs op die teerpad en nog ‘n 3 km klim tot bo op die volgende bult. Anderkant a fen dan links op ‘n grondpad wat ons deur neem na die Grabouw/Villiersdorpapd. Van hier af is dit teerpad tot in Franschoek met net die Franschoekpas tussen ons en die eide van ons toer.

 


Ons  begin Franschoekpas na 74 km en 5:45 se ry. Gelukkig ken ek die pas goed en is goed bewus van wat voorlê. Die klim gedeelte van die kant af is 7 km end it neem my ‘n uur om tot bo te kom. Die 7 km bult af neem net 10 minute! Ons 12:45 na 88 km in Franschoek aan. 


 

Christine, Pieter se vrou is reeds hier, maar Sue land eers 13:00 so ek verwag hulle nie voor 14:30 nie!

 

So eindig ‘n wonderlike toer van Glenconner, naby Kirkwood ins die Oos Kaap tot in Franschoek. 872 km in sewe dae. Totale ry tyd is 65 en ‘n half uur met 10,500 meter se klim.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6620929268' title='Oewerzicht-Franschoek' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

<iframe height='405' width='590' frameborder='0' allowtransparency='true' scrolling='no' src='https://www.strava.com/activities/5141101572/embed/35e38e25a25aac317b92072676d1cb8401f55d72'></iframe>

Dag 6 Heidelberg-Greyton


Ons begin 05:48. Ons volg die "Exit" bortjie maar draai regs in plaas van reguit te hou. Ons gelukkig gou ons fout agter geniet die afdraand op die teer pad! Teen die tyd wat ons deur Suurbraak is, is dit al lig. Die pad is nou en 'n bakkie raak aan Pieter se arm! Die meeste mense ry ook baie vinnig. 


Na 18 km is ons op die N2, waar die verkeer nog meer druk is en die motors ook vinniger ry. Net verby die vulstasie draai ons links om met agter paaie te ry en sodoende die N2 te vermy. Ons egter verplig om die laaste 2 km op die N2 te ry. Gelukkig is daar 'n breë skouer. Ons stop in Swellendam vir ontbyt. 


Nadat ons klaar ge-eet het, ry ons met die grondpad in Drew se rigting. Soos ons nou al gewoond is, is daar geen te kort aan bulte nie. Ons roete is eers Noord Wes, dan Wes, gevolg met 'n stukkie in 'n Suidelike rigting totdat ons weer Noord Wes draai.


Op 71 km kom ons op 'n punt waar my Garmin 'n pad wat links draai wys en 'n "track" wat reguit aangaan. Ons draai links, maar kom na 'n verdere 3 km agter dat die pad doodloop, dus moet ons omdraai! Ons sien 'n paadjie deur 'n land, wat lyk of dit 'n kortpad na die "track" is en volg. Na 'n rukkie kom ons voor 'n 2 meter hoë elektriese heining te staan. Al wat nou oorbly is om terug te ry na die begin van die track. 



By die ingang is daar 'n kennisgewing wat meld dat die pad gesluit is. Ons is egter nou op 'n punt waar ons moet aanstoot of baie tyd verloor. Na omtrent 500 meter kom ons by 'n 2 meter hoë ekektrieseveerde hak en heining uit! Na beraadslaging en bevestiging dat die hek en heining se krag nie aan is nie, besluit ons om die kans te vat en oor te klim. 


Nadat ons dit suksesvol afgehandel het, pak ons die "track" aan. Dit is 'n redelike ernstige klim en dit neem ons 'n halfuur om die 3 km te ry. Anderkant af besef ons ons is in 'n wild reservaat met Springbokke, Zebras en Waterbokke. Na 'n verdere 3 km kom ons by 'n gesluite hek wat ba die Bonnievale/Stormsvlei teerpad ly. Ons was net besig om te beplan hoe ons oor die hek gaan kom, toe daar 'n voertuig in draai en die hek oopmaak! Ons gesels met die bestuurder wat vir firms werk wat die Wild Reservaat besit. Hy is nie juis be-indruk met die feit dat ons die tejen by die ander hek ge-ignoreer het nue, maar hy laat ons gaan!


Van hier us dit lekker bult af tot so 'n entjie voor die N2 waar ons 'n grondpad, wat parallel net die N2 loop, volg. Dit neem ons tot op 'n punt, so 7 km voor Riviersonderend, waar ons by die N2 aansluit. Ons ry dus maar die stukkie op die N2. 


In Riviersonderend nuttig om middagete by die Ou Meul. Daarna volg die rustige 30 km Oewerzicht toe. Ons kom 16:44 sonder enige verdere drama, daar aan. 


Nou het ons 780 km in 6 dae afgelê.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6617392197' title='Fleckvieh Heidelberg omgewing-Oewerzicht' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>




Donderdag 15 April 2021

Dag 5 Vanwyksdorp-Heidelberg

 

Ons kom 05:33 aan die gang. Nadat ons in die donker deur Vanwyksdorp genavigeer het, kom ons op die pad Herbertsdale toe. Die pad is in 'n uitstekende toestand met die normale op en af van hierdie omgewing. 


Na 18 km draai ons Suid-Oos en sluit na 'n verdere 7 km by die Herbertsdale/Barrydale pad aan. Op 43 km kom ons by Muiskraal aan, waar ons vir die slegste koffie wat ek in 'n lang ruk gedrink het, stop. Ek sit my Garmin per ongeluk hier af in plaas van net 'n "lap" se tyd te neem, met die gevolg dat ek nie die res van die dag se rit kon aflaai nie.


Ons ry 3 km Noord en draai dan wes oppad Barrydale toe. Die pad volg die gewone profiel met 'n paar ernstige bulte. Na 'n verdere 15 km draai ons links op die Gysmanshoekpas pad. Daar is 'n "closed/gesluit" teken en ek wonder hoekom! Dit blyk later onnodig te wees, alhoewel jy die regte voertuig moet hé. Daar is 'n paar geboue wat totaal verval is, maar daar is ook tekens van 'n boer wat skynbaar goed doen. Seker met Protea's. Die pad raak al hoe rowwer en is baie styl. Daar hang ook 'n dik wolk kombers oor die berg met 'n klammigheid in die lug. Ons beur die pas uit in met ons fietse in due donkie rar. Dit is voorwaar een van die stylste passe wat ek al uit gery het. Dit neem ons 40 minute om die 3 km te klim. Bo rus ons eers agter 'n bos voordat ons die pad af aandurf. 





Die klimaat, huidige weers omstandighede en plantegroei verander onmiddelik. Die nattigheid is weg, die wêreld is dig begroei met Protea's en ander fynbos gewasse. Dit luk ba 'n heel ander wêreld teenoor die klim wat ons pas voltooi het. Waar die pas op baie klipperig was, is die pad hier heelwat rowwer. Geen normale mens sal die pad met iets anders as 'n 4x4 aanpak nie! My broer het dit egter met 'n VW Kombi gery, maar dan is hy uniek! Die omgewing laat my baie aan die Attakwaskloof dink. 


Ons daal 450 meter in 9 km. Ons sluit by 'n baie goeie distriks pad aan, maar na al die gedaal, begin due volgende ernstige klim. Ons klim 250 meter in 4 km! Nou is die ergste klim darem verby en ons kom na 100 km wn 9 uur se ry in Heidelberg aan.





By die plaaslike Caltex kry ons 'n Seattle Coffee en ook plek by Fleckvieh wat 23 km verder op die Suurbraak pad is. Ons totale afstand vir die dag is 124 km en ons was vir 10:52 aan die gang. Voorwaar 'n besonderse dag.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6632705938' title='Vanwyksdorp-Kleckvieh, Suurbraak' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Dag 4 Harold-Vanwyksdorp


Die wiele het vandag 05:26 begin rol. Dit was koelerig, so ons het albei begin met 'n ekstra baadjie aan. Die eerste 15 km deur Paardepoort was meesal afdraend en in die donker. By die kruising het ons links gedraai Zebra toe. Teen die tweede bult is ons geseën met die mooiste sons opkoms!



Teen die tyd dat ons die N12 bereik is due son al op. Ons draai regs en 'n kilometer verder weer links. Hier hou ons stil om eers van ons baadjies ontslae te raak aangesien die temperatuur besig is om te styg. Die grond pad wat ons ry, wat 'n verbinding tussen die N12 en Oudtshoorn/Mosselbaai pad is, us oor die algemeen in 'n baie goeie toestand. Hier en daar 'n bietjie klipperig maar dele is beter as baie teerpaaie! Dit is ook lekker om die pad wat ek al 'n paar in die donker tydens die 36ONE gery het, in die dag te ry. Die nadeel is dat ek nou die bulte van ver kan sien teenoor die nag ry wanneer ek net ry!


Ons stop by La Plume in Volmoed om ons waterbottels vol te maak en drink koffie. Van Volmoed volg ons 'n "agter paadjie" wat ons na 'n grondpad, wat oor die Gouritzrivier na Vanwyksdorp toe loop, verbind. Hierdie pad is regtig 'n uitdaging. Laaang bulte, gevolg deur korter bulte. Net voor Gouritzrivier loop ons 'n plaashuus raak waar ons weer ons waterbottels kan volmaak. 


Die Gouritz is kurk droog. Daar was so een of twee plassies water, maar verder niks. Ek het nou al 7 keer oor die Gouritzrivier gery en nog nooit lopende water gesien nie! Anderkant uit klim ons vir 20 km met met hier en daar 'n afdraend. Gelukkig is due gradiënt waarteen ons klim nie baie styl nie. 



Na 110 km sluit ons by die Rooibergpad aan. Nou net 23 km Vanwyksdorp toe, maar raai wat, daar is nie een stukkie geykpad nie. Selfs die laaste 1.5 km na Watermill Farm us 'n kwaai klim. Ons kom na 10:11 daar aan. 134 km vir die dag en 1,888 meter se klim 


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6612442926' title='Herold-Vanwyksdorp' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Dinsdag 13 April 2021

Dag 3 Potjiesrivier-Harold


Na 'n goeie nag rus en 'n ontbyt van eiers en bacon, kom ons 07:26 weer aan die gang. 



Die dag begin sommer met 'n klim, maar die gradient is darem nie te kwaai nie. Al hoewel die Kamanassie vallei die afgelope vyf jaar onder gemiddelde reënval gehad het, bly dit nog altyd mooi. Daar is heelwat aktiwitiet en die boere is nog aan die gang. Die pad klim en daal nog gedurig maar die omgewing en natuur skoon maak op daarvoor. Ons ry al langs die rivier, wat droog is, en kruis hom 'n paar keer. 


Die eerste 34 km is afdreand met 'n knop elke hier en daar om die bloedsomloop aan die gang te hou. Dit is nie te warm en ons handhaaf 'n goeie pas. Na twee en 'n half uur kom ons by 'n aansluiting waar ek met die 36ONE, van die ander kant gekom het en regs na die N9 gedraai het. Nou gaan ek reguit en ry in die teenoorgestelde rigting as wat ek November 2020 met 36ONE gery het. 



Ons klim nou na hoër grond. Dit is egter nie 'n plato nie, maar ons ry al teen die rante langs en die pad is alles behalwe gelyk! Die se profiel lyk soos 'n saag se tande! Verder is dit dor. Volstruiskampe met net voerbakke en klippe. Daar is nêrens 'n stukkie groen nie! Ons water raak ook min en daar is geen plek om water te kry nie! 


Op 68 km sluit ons by die afdraai Herold toe, aan. Hier is 'n huis maar niemand is tuus nie. Ons kry darem 'n reënwater tenk wat in die koelte staan en kan dus ons water  bottel volmaak met koel water. Nou net 12 km Herold toe. Ons ry deur die lieflike Paardepoort, wat weer 'n paar meter se klim tot gevolg het, maar die omgewing maak op daarvoor!



Oor die N9 en na 80 km en 6 ure se ry stop ons by Over The Mountain, vannaand se slaapplek!


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6598561886' title='Potjiesrivier-Herold' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>


Dag 2 Marlu-Potjiesrivier


Ons val 06:16 in die pad.


Eers 12 km na die Steytlerville/Willowmore pad, dan 10 km rigring Willowmore en dan draai ons suid na die Spingbokvlakte. Die pad word duidelik nie baie gebruik nie. Daar is net twee spore uit gery. Die oppervlakte is nie te sleg nie maar dit is weer 'n gedurige op en af met die gevolg dat dit moeilik is om 'n goeie gemiddelde spoed te handhaaf. Na nog so 'n 15 km kom ons by 'n T-aansluiting wat ons na Winterhoek toe neem. Die pad is duidelik 'n groter pad as die vorige een. Baie  breër en ook in 'n beter toestand. Die topogrief verander egter nie en vir elke afdraand is daar 'n opdraend! 


Hierdie deel van die Karoo is beslis nie plat nie. Dit is golwende heuwels en die pad volg die kontoer van die omgewing. Die volgende 35 km loop in 'n westelike rigting. Daar gaan baie min in die omgewing aan. Die plase is ver van mekaar en by meeste is daar nie veel lewe nie. 



Ons kom na 5 uur se ry by die Willowmore/Baviaanskloof aansluiting aan. Daar is nêrens enige skaduwee nie en ons geniet middagete langs die pad in die son! Oppad na die Nuwekloofpas aansluiting kom ons op die plaas Albertspark af. Obs draai om water te soek. Daar is net 'n skoonmaker maar hy gee vir ons water en Pieter, wat altyd koffie en 'n Areopress saam ry, maak vir ons koffie. Ba nog 'n paar klimme slaan ons die afdraend ba die Nuwekloofpas. By die aansluiting draai ons regs N9 toe.


Ons vorder redelik, maar bly maar 'n ge-op en af. Na nog 18 km kom ons by Veberg Herberg uit. Hier kry ons weer water en lekker koue Cokes! Nog 18 km en dan is ons op die N9. Die geklim hou net nie op nie, maar ons haal darem die N9 na nog 'n uur en 'n half se ry.


Ons het gedink dit sal vinneger gaan wanneer obs die teer pad haal, maar daar is soveel bulte dat ons maar goed sukkel. Pieter stop by 'n plaas net voor Uniondale vir nog water terwyl en stadig aan ry. 


Ek sukkel nou al die afgelope ruk met my fiets agter ratte. Die ketting glip van die middelste rat af en loop dan tussen die rat en die houer. Dit is nie ernstig nie, ek moet net stil hou en hom met die hand op die rat sit. Reg langs Uniondale gebeur dit weer, maar die keer steek jy vas. Ek ruk en pluk, maar hy sit! Ek lê my fiets op die grond om 'n beter houvas te kry en wonder bo wonder daar kom hy los! Sal maar versigtig moet wees huis toe!


Ons blyplek is so 9 km verby en "true to history" is dit nie net afdraend nie! Ons maak dit darem in een stuk en na 167 km en 12 ure op die pad, arriveer ons by Potjiesrivier