Sondag 13 April 2025

Klein Karoo Toer Dag 3





 


Ons het die vorige aand 'n heerlike aandete met Lamb Shank as hoofgereg gehad. Obs was voor 21:00 om in die bed te klim met die plan om weer 07:00 te begin.


Mike en Johan begin "roer" 05:30 en obs kom 06:55 weg. Ons het vir ontbyt in ons kamers gereël en daar was genoeg sodat ons ook iets vir padkos kon saam neem. Obs draai links by die hek uit en na 3 km regs na Swartberpas.


Aanvanklik begin dit redelik met so 'n klein klimmetjie van net meer as 2 km. Dit word gevolg deur 'n redelike gemaklike stuk en dan sê my Garmin: 9.65 km met meer as 800 meter se klim. Die eerste 3 km se gradiënt wissel tussen 10-14%. Dit is die 5de keer dat ek Swartbergpas aandurf en ek moes nog altyd stukke stoot. Vandag wil ek kyk of ek heelpad kan trap! My pas is beswaarlik vinniger as 'n stap pas, maar ek hou aan. Na die eerste 3 km val die gradiënt na 5-9% en my spoed vermeerder dienooreenkomstig. Intussen het Johan weer sy selfoon verloor nadat hy 'n foto geneem her. Hy draai om en kry dit gelukkig baie gou.




Bo by die "eerste" top, stop ons om asem te skep en iets te eet. Na 11 minute is ons weer aan die gang. So 200 meter die pad af kom ek agter dat my rugsak nog daar bo is. Ek is genoodsaak om maar om te draai en hom te gaan haal. 



Swartbergpas het eintlik twee bopunte indien dit van Prins Albert se aangedurf woord. Die eerste is na 11 kilometer. Dan is daar 'n stukkie wat redelik gelyk is tot net na die Gamkaskloof afdraai. Dan kom die finale klim van 3 km. 


Toe ons van die eerste top vertrek, sien ons dat dat die top van die berg toe onder 'n misbank. Net toe ons begin klim, omhul die mis ons. Net voor ons bo kom, kom 'n paar ryers, wat vroeër terwyl ons oppad was by ons verby gekom het, van voor af. Hulle sê die koud bo op die pas! Op hierdie stadium is die temperatuur heel gematig. Bo neem ons fotos en begin die aftog. Dit het ons 3:01 geneem om die 19 km van Prins Albert tot by die too van Swartbergpas af te lê. Die mis is nou dik en die temperatuur daal na 12 grade Celsius. Die mis is ook klam, wat veroorsaak dat ons nat word. Ons ry redelik versigtig die pas af. Met tye raak die mis dunner en dat weer dikker. 


Net voor ons regs moet draai Calitsdorp toe,  kry ons teer. So 'n entjie verder stop ons by Kobus se Gat vir koffie en beskuit. Ons trek ook almal nog warm klere aan. Die diens is maar stadig en ons kom na 'n half uur daar weg! 


Dit is nou meesal bult af tot in Calitsdorp, maar daar is 'n paar "knoppe" waaroor ons moet kom. Die veld is besonder mooi en die pad is, in die algemeen, in 'n baie goeie toestand. Ons ry deur die Swartberg Wilds Reservaat. Daar is 'n hele aantal, baie imponerende "hekke". Ge-oordeel na hulle webwerf is hulle nie goedkoop nie! 


Die "knoppe" kom nou kort op mekaar. Nie te lank nie, maar lekker styl. By Kruisrivier draai ons regs Calitsdorp toe. Nou pak obs die laaste "knoppe" aan en dan al kangs die Groenrivier tot by die Calitsdorp dam. Die pad kronkel al langs die rivier af en die plantegroei skep 'n besondere mooi omgewing. 


So 3 km voor Calitsdorp draai ons regs, deur 'n kort valleitjie en dan weer links al op die kant van die dorp langs. Oor die R62 en dan 500 meter die pad af, links na Welgevonden. 



Afstand 85.5 km en 7:31 in die saal.


So eindig die eerste Klein Karoo Toer en almal stem saam dat dit besonders was  




Klein Karoo Toer Dag 2

 


Ons het gisteraand by Harries ge-eet. Van oggend probeer ons weer 07:00 weg kom, maar net toe ons wou ry ontdek Danie dat se agterwiel pap is. Na twee keer se pomp is hy reg en ons rol 07:19. 


Die eerste 23 kilometer is deur Meiringspoort, wat regtig besonder mooi is. Ons stop so elke nou en dan om fotos te neem. Daar is redelik baie verkeer en hulle is ook besig met hestelwerk na onlangse vloed skade. Daar is baie min "skouer" waar die pad oor die stroompies gaan, wat dit moeilik vir ons maak wanneer daar verkeer is.




Net voor die einde, draai ons links op die Middelwater pad. Dit is 'n baie mooi grondpad wat met 'n boog tussen die heuwels deur loop en dan na 19 kilometer by Klaarstroom weer by die N12 aansluit. Daar is twee goeie klimme op die pad. Die tweede is 9.5 kilometer met ongeveer 400 meter se klim. Net voor ek bo kom, kom ek agter dat my agter wiel papperig is. Ek stop gou om hom te pomp en gelukkig hou hy die res van die dag. Dit is regtig 'n besonder mooi pad met baie verskydenheid. Hier is lusern lande wat besproei word en verder mooi Karoo heuwels. Ons ry ook verby De Aap Lodge se afdraai. Hier loop skynbaar 'n pad deur tot by Bothashoek se Hut en van daar na die bopunt van Swartbergpas, maar ek kon nie die toestand van die pad bevestig nie, so ek het besluit om dit 'n mis te gee. 


By die Klaarsroom aansluiting besluit Danie en Johan om die 47 km teerpad Prins Albert toe te neem. Ek en Mike kies die 72 km Sleutelfontein opsie. 


Ons moet eers 'n stukkie terug om by die N12 aan te sluit. Dan volg 18 km teer wat meesal 'n gelyke op gradiënt het. Daar is 'n baie goeie soliede skouer en ons hou regs sodat ons die berkeer wat aan kom, kan sien. Sodra ons 'n voertuig sien gaan ons af op die gruis. Baie voertuie beweeg oor na die ander kant van die pad wanneer hulle ons sien. Net voor die afdraai na Sleutelfontein is daar 'n dam op regs en ons maak ons waterbottels vol .


Ons draai links op die Sleutelfontein pad. Dit is 'n redelike grondpad, wat skynbaar nie te gereeld gebruik word nie. Dit is eintlik 'n baie goeie tweespoor pad! Ons ry onder andere by die plaas Sleutelfontein verby. Na 26 km op die pad, kom ons by die eerste van die groot wildshekke. Ek het, voor die tyd, met Chris Fisher wat die Freedom Challenge reël en wat die pad gebruik, bevestig dat die hekke op die pad ongesluit is. Dit is dan ook so. Die hek is die begin van die Groot Sleutelfontein Privaat Wilds Reservaat. So 'n 10 km die pad af kry ons die tweede hek. Toe ek die vorige aand vir my mede fietsryers van die hek vertel, is daar onmiddelik vrae oor die moontlikheid dat die hekke gesluit kan wees. Ek bevestig dat dit 'n openbare pad is en dus mag die hekke nie gesluit word nie. Party mense het al "snaakse goed" gedoen met paaie deur privaar reservate, maar ons het geen probleme ondervind nie. By die aansluiting by die Beaufort Wes pad, is daar weer 'n hek wat ook oop is. 






Ek en Mike stop hier voor ons die laaste skof aanpak. Dit is veronderstel om afdraend te wees tot net voor Prins Albert. Die pad het egter talle droë stroompies. Dit is afdraend tot by die stroompie, dan is daar so 10-20 sand en dan klim die pad weer aan die anderkant. Verder is daar 'n redelije sterk SW wind wat ons reg van voor "treiter". Die laaste 24 km is "uitmergelend". Was dit nie dat ons ons waterbottels aan die begin vol gemaak het nie, so ons dehidrasie probleme ondervind het.


Ons stop by die eerste huis in Prins Albert, waar daar lewe is, en vul weer 'n waterbottel, wat ons deel. In die hoofstraat draai ons links en ry dan tot aan die kant van dorp waar Yellow House is. Daar gekom kry ons vir Danie en Johan wat so 'n uur voor ons daar aangekom het. Hulle het ook 'n baie lekker rit gehad.


So eindig Dag 2. 111 km met 1,145 meter se klim en 8:05 ry tyd. 







Vrydag 11 April 2025

Klein Karoo Toer Dag 1


 


Ons is baie be-indruk met ons "basis verblyf" in Calitsdorp. Johan het ons weer "getreat" met Picanha steaks vir aandete. Ons verkas 21:30 kamers toe en beplan om 07:00 die volgende oggend te begin ry. 



Ons kom 07:11 weg. Die eerste 40 kilometer tot by die Volmoed pad is gelyk teerpad. Die teer is perfek en daar is baie min verkeer. Ons kon die grondpad via Calitsdorp Spa geneem het, meer dit sou 'n hele paar kilometer by die dag se 117 km gesit het. Ek was ook nie bewus dat die hele pad nou geteer is nie. Dit was in die verlede grootliks 'n pad wat uit sement blokke bestaan het. Ons het altyd van die "sement pad" gepraat. Ons het meer as 20 kpu gemiddeld gehandhaaf en ons het selde meer as 30 kpu gehaal, wat wys hoe "gelyk" die pad was. 


Na net minder as 2 uur se ry kruis ons die Volmoed pad en kry ons eerste stukkie grondpad. Die pad is sommer onmiddelik interessanter met 'n paar styler bultjies, draaie en modderpoele! Ons ry verby granaat boorde en lusern lande. Ons gemiddelde spoed verminder gou. Na 4 kilometer kruis ons die R328 wat Oudtshoorn met Mosselbaai verbind. Die toestand van die grondpad is goed en na 'n verdere 6.5 km draai ons regs op die N12 wat Oudsthoorn met George verbind. 




'n Kort entjie oor die Olifantsrivier en dan links op 'n redelike grondpad al langs die Oranjerivier. Dit is eintlik 'n baie mooi pad. Bietjie klipperig maar mooi met rooi sandsteen kranse regs van ons. Na 3.5 kilometer kom ons by 'n 1.5 meter hoë gesluite hek. Daar is egter heelwat "lewe" en ek roep een van die werkers en vra of hulle kan reël dat iemand die hek kom oopsluit. Nou moet ek noem dat daar geeh teken aan die Oudtshoorn kant van die pad was nie, maar hier is daar 'n groot "Privaat pad" teken met ander relevante inligting en reg onder"Gebruik op eie risiko"! So die pad mag gebruik word, lyk met of mens vooraf tiestemming moet kry. Na 5 minute kom 'n man uit die kantoor. Ek vra of hy asseblief die hek kan oopsluit. Hy sê botweg "Nee". Ek smeek hom met my hande in "gebeds vorm" maar hy volstaan met "Nee". Ons begin "argumenteer" onder andere oor die feit dat daar geen teken aan die anderkant is nie. Ek sê as hy nie oopmaak nie, klim ons oor die hek. Jy dreig om dan die polisie te skakel. Ons "snou" mekaar nog "'n paar "beledigings" toe en hy stap drygende nader. Onder "druk" van my kollegas draai ons maar om. Langs die pad terug is daar 'n moontlikheid om langs die heining deur te kom, maar as gevolg van die moontlikheid van nog gesluite hekke of hoë heinings besluit ons om maar liewer terug te gaan na die grootpad.


Op die brug oor die Olifantsrivier "plot" ek gou 'n alternatief om anderkant "die probleem man" se pad aan te sluit. Ek kry 'n roete deur due lande wat ons ook deur 'n konsertinahek neem. Alles verloop goed tot by die teerpad. Hier word ons gekonfronteer deur 'n twee meter lemmejiedraad gesluite hek! Ek soek deurkom plek, maar daar is niks. Die manne draai om maar ek sê ek gaan nie opgee nie. Ek soek rond vir ander opsies maar kry niks. Ek kyk na die hek en sien daar is 'n gaping tussen die hek en die grond. Ek haal die voorwiel af, plaas die pedaal tussen die hek en kantpaal en skuif eers die fiets en toe die wiel onderdeur die hek. Geluklig kan ek langs die kant, waar daar 'n gaping tussen heining langsaan en die lemmetjies draad is, oor klim. Wolla! Ek is deur. Voor ek begin ry haal ek 'n klomp duweltjies uit my bande. Toe ek klaar is, kom die ander agter my om die draai.



So 'n paar kilometer die pad af, dan regs oor die Olifantsrivier met 'n laagwaterbrug. Gelukkig loop die rivier nie nou strek nie. By ons "vriendelike boer" se plek verby en links terug op die regte roete. Die teerpad verander in grond. Die pad vleg tussen die koppies deur. Ons ry verby 'n brouery, wat ongelukkig toe is. Koue bier sou nou baie welkom gewees het!


Ons pak die ergste klim van die dag aan. 'n Paar kilometer verder draai ons links en ry verby die Kamannasiedam. Dit word gevolg deur 'n lekker afdraend, onder deur die vallei en dan die laaste klim van die dag. Die begin baie geleidelik maar eindig baie skerp.  Nog so 30 kilometer oor. Die "draaie" as gevolg van die gesluite hekke, het ongeveer 9 km by die dag se afstand gevoeg. 


Ons ry Dysseldorp binne. Na 'n gesukkel kry ons 'n oop winkel. Cokes "all round" en ons is weer oppad. By Le Roux moet ons 'n stukkie op die teerpad ry om oor die treinspoor te kom. Anderkant af is ons weer op grond. Die roete loop nou tussen plase deur. Oral op die heings is tekens wat sê "volstruise geen toegang" maar dit is vir die kampe nie op die pad nie. Bo op die bult stop 'n boer, wat van links van 'n plaas kom en gaan gal af omdat ons die volstruise "verjaag". Ons gesels mooi met hom en hy verduidelik, 'n klein bietjie teesinnig, hoe ons kan ry. Sê selfs dat daar 'n plek is waar ons die fietse deur 'n heing sal moet tel. 


Ons ry lekker verder. By 'n T-aansluiting draai Mike links en ek volg hom. 'n Entjie verder wys my Garmin ek moet regs gaan. Voor my is een "moerse" bult. Ek begin trap! Toe ek amper bo is lui my selfoon. Dit is Danie! Ek gaan nie nou stil hou nie. Reg bo hou ek stil en kyk af na my Garmin. Ek is op die verkeerde pad! Moet maar omdraai en terug gaan. Onder volg ons die regte roete. Na 'n ruk kom ons weer by 'n T-aansluiting. GPS wys links wat nog 5 km tot by De Rust is en wat die pad is wat die boer verduidelik het. Daar is ook regs 'n opsie wat omtrent 8 km sal wees. Ek en Mike gaan links en Johan en Danie gaan regs!


Ons kom by 'n hek wat duidelik "Geen toegang" aandui, maar daar is 'n spasie regs wat spesifiek is vir fietse. Dit is waarna die boer verwys het. Ons tel ons fietse deur en ry aan. Ons ry veby nog 'n "geen toegang" teken, maar die pad is oop. So vorder ons tot in De Rust. Ek en Mike gee mekaar 'n "fist bump". Ek sê vir hom ek sou nie verbaas gewees het indien ons weer 'n gesluite hek of hoë heining gekry het nie, maar gelukkig was daar niks. 


Ons blyplek is so 'n kleintjie die straat op. Twee verheugde fietsryers "klok in". Johan en Danie kom so 25 minute later ook daar aan. So eindig 'n heel gebeurtenus volle dag!





Sondag 23 Maart 2025

Louvain Toer (Reverse) Dag 3 Knysna na Ou Meul oor Ou Voortrekkerpas

 



See English below.


Ons besluit om weer net na 06:00 aan die gang te kom. Ons het die vorrige aand vir 'n "ontbyt pakkie" gereël. Dit bestaan uit 'n eier en mayonaise toebroodjie, 'n lemoen, sjokelade muffin en 500ml water. Ek eet die broodjie en drink die water vir ontbyt. Ons hoop om middagete by Bergville winkel te kry.


Ons kom 06:18 weg. Die weer is perfek vir fietsry. Koellerig met heelwat wolke maar kans op reën is skaars. Die eerste paar kilometer is met die N2 langs tot voor die Knysnarivier waar ons regs draai op 'n grondpad en dan met die Rooibrug oor die rivier na Phantompas. Hy kronkel teen die bult op en die einde neem lank om aan te breek. 


Dan volg 'n stuk teerpad tot by Rheenendal. Ons "vriende" van gister se ondersteunings voertuig kom op die stuk pad by ons verby. Verder is daar 'n groot hokkie toenoei op die sportgronde langs Totties Country Market. Net na die Rheenendal afdraai word dit weer grondpad en begin Homtinipas. Een kant af en anderkant op! Af is vinnig en op is stadig! Die natuur se mooi help om die "op" draagliker te maak. 


Die Sewepasse pad kry sy naam van die sewe passe wat sewe riviere tussen Knsyna en George kruis. Die gevolg is dat daar baie min gelyke gedeeltes is. Dit is gedurig af na 'n rivier toe en dan anderkant op tot bo op die rant. Soms sorg die "rante" vir 'n gelyk stukkie, maar daar is ook 'n aantal kleiner ops en afs! 


Als verloop goed tot so 15 km voor die Bergville afdraai. Hennie tel skielik probleme met sy fiets se krag op. Hy dink dit is die battery. Hou stil, haal hom uit en maak seker die kontakte is skoon. Sit terug en daar werk dit weer. Na 'n rukkie is die probleem terug. Ons besluit om aan te sukkel tot by Bergville en dan te sien wat ons te doen staan. Ek jaag vooruit om te kyk of ek nie ons vriende van gister daar kan vang nie. Hulle kan dan vir Hennie George toe neem. Daar is geen kans dat hy die pad Louvain met 'n "doggy" fiets kan aanpak nie. 


Toe ek by die Bergville winkel kom, is alles toe en ons vriende is dus ook nie daar nie. Hennie kom 'n rukkie later daar aan. Na "kajuutraad" besluit ons hy moet reguit George toe gaan en dan kom kry ek hom later daar. Terwyl ek terug stap na my fiets kom die Bergville winkel eienaar se dogter daar aan. Sy sê sy is oppad George toe en haar vriend kom tel haar op. Ek vra of hulle nie vir Hennie kan oplaai nie. Hy het intussen al begin ry. Ek gee vir hulle 'n beskrywing van hom en hulle stem in om hom op te laai. Gelukkig ry hulle met 'n bakkie!


Nou moet ek maar die laaste 45 km op my eie aanpak! Die eerste 20 is omtrent alles bult op! Ek begin trap. My eerste mikpunt is die hek by die ingang van die 4x4 roete na Louvain toe. Dit is so 4 km bult op met 200 meter se klim. Dit neem my so net minder as 'n uur. Hier moet ek my fiets oor die eerste hek tel. My volgende mikpunt is 'n vurk in die pad, so 'n 7 km verder. Die klim oor die afstand is nie so erg as die eerste deel nie en ek ry lekker gemaklik. My volgende mikpunt is 6 km verder waar die pad 'n skep regs draai maak en waar die Ou Voortrekkerpas in alle erns begin. Ek kom 'n bakkie, wat oppad af is,  tee op die gedeelte. Ons gesles 'n stukkie en ek kry water by hom. 


So 'n entjie na die regs draai raak my "energie" min en ek klim af en begin stoot. Die helling word al erger en daar is baie los klippe. Die gradiënt wissel tussen 13 en 16 grade. Ek is verplig om vir die volgende uur en 'n half fiets te stoot. Ry is net te moeilik.


So gaan dit aan tot omtrent 500 meter van die bopunt. Hier raak die weer rybaar. Regs van my beweeg daar 'n donker wolk in, maar die reën bly gelukkig weg. Heel bo is die kop gehul in mis en is die sigbaarheid net 100 meter. 


Ek is nou op die kruin van die berg en ry teen 'n redelike spoed. My gemiddelde spoed het met al die klim en gestoot, geval na 9.3 kpu. Oor die kruin begin ek anderkant af daal. Die pad is redelik rof, dus gaan dit maar stadig. Ek bereik die Louvain afdraai. Hier gaan die pad reguit aan, maar daar is 'n duidelike "geen toegang" teken. Die pad is egter 10 km korter as die Daskop pad en ook baie interessanter as die ander opsie van die N9. Ek het met my beplanning al besluit ek gaan wel die opsie kies. 


Die pad word duidelik nie baie gebruik nie maar die oppervlakte is aanvanklik redelik goed. Ek kom by 'n punt waar daar 'n pad links afdraai. Dit is die Louvain wandel, fiets en motorfiets pad. Heel onder is daar 'n pyltjie regs wat duidelik wys "no entry"! Ek gaan regs! Nou raak die pad baie klipperig met 'n paar lekker, gelukkig kort, styl seksies. Ek klim ook redelik tot by 'n hek wat gesluit is.


Ek tel my fiets oor en ry aan. Dan kom daar 'n lekker afdraend, maar die oppervlakte verhoed die kans om spoed op te tel. 


Onder, net voor die boer se huis, daar ek links. Nou is die pad goed en óf gelyk óf bult af tot by die volgende gesluite hek. Ek en fiets moet maar weer bo-oor. Nou is ek darem af van die "geen toegang" areas! 


Ek ry lekker vinnig af tot by Shanzeley Guest  House se afdraai. Hier volg ek die pad parallel met die N9 tot by die Klip Kop pad. Van hier is ek verplig om op die N9 te ry. Soos gewoonlik hou ek regs en wanneer daar 'n motor van voor kom gaan ek af op die gruis. Die pad is baie besig en ek is omtrent 40% van die tyd op die gruis. 


Met net meer as 6 km oor, draai ek regs waar ek en Hennie Vrydag uit gekom het om by die Buffelsdrifpad aan te sluit. Terug langs dieselfde pad waarmee ons gekom het tot by Ou Meul Gastehuis. Die laaste 15 km of so kon ek darem 'n goeie spoed handhaaf en ek eindig op 'n gemiddelde van 10.1 kpu. Totale afstand was net meer as 96 km met 2,166 meter se klim.


Ek laat weet vir Hennie ek is tuis en kom haal hom sodra ek gestort het. Hy wag by die "Four Passes" uitkyk op Outenikwapas. Hy het intussen vasgestel dat die probleem by die motor lê en nie by die battery nie.




We decide to get going again just after 06:00. We had arranged for a "breakfast pack" the night before. It consists of an egg and mayonnaise sandwich, an orange, a chocolate muffin and 500ml of water. I eat the sandwich and drink the water for breakfast. We hope to get lunch at the Bergville store.


We leave at 06:18. The weather is perfect for cycling. Cool with a lot of clouds but the chance of rain is rare. The first few kilometers are along the N2 until before the Knysna River where we turn right onto a dirt road and then take the Red Bridge over the river to Phantom Pass. It winds up the hill and the end takes a long time to arrive.

Then a stretch of tar road follows to Rheenendal. The support vehicle of our "friends" from yesterday's pass us on this stretch of road. There is also a large hockey tournament on the sports grounds next to Totties Country Market. Just after the Rheenendal turnoff the road becomes a gravel again and the Homtini Pass begins. Down one way and up the other! Down is fast and up is slow! Nature's beauty helps to make the "up" more bearable.

The Seven Passes road gets its name from the seven passes that cross seven rivers between Knsyna and George. The result is that there are very few flat sections. It is constantly down to a river and then up the other side to the top of the ridge. Sometimes the "ridges" provide a flat section, but there are also a number of smaller ups and downs!

Everything goes well until about 15 km before the Bergville turnoff. Hennie suddenly notices problems with his bike's power. He thinks it's the battery. Stop, take it out and make sure the contacts are clean. Put it back and there it works again. After a while the problem is back. We decide to struggle on to Bergville and then see what we have to do. I rush ahead to see if I can't catch our friends from yesterday, who probably would have stopped there. They can then take Hennie to George. There's no chance he can tackle the road to Louvain with a "doggy" bike.


When I get to the Bergville shop, everything is closed and our friends are therefore not there either. Hennie arrives there a while later. After a discussion we decide he should go straight to George and then I'll meet him there later. While I'm walking back to my bike, the Bergville shop owner's daughter arrives. She says she's on her way to George and her friend is coming to pick her up. I ask if they can give Hennie a lift. He has already started riding and they should catch up with him. I give them a description of him and they agree to pick him up. Luckily they are driving a bakkie, so there will be space for the bike!

Now I have to tackle the last 45 km on my own! The first 20 are almost all uphill! I start pedaling. My first goal is the gate at the entrance to the 4x4 route to Louvain. It is about 4 km uphill with 200 meters of climbing up ti there. It takes me just under an hour. Here I have to pick my bike up and get it over the first gate, which is locked. My next goal is a fork in the road, about 7 km further. The climb over this distance is not as bad as the first part and I ride comfortably. My next goal is 6 km further up where the road makes a sharp right turn and where the Ou Voortrekker Pass begins in earnest. I come across a bakkie, which is on its way down, on this section. We chat for a bit and I get water from him.

About a kilometer after the right turn my "energy" runs low and I get off and start pushing. The slope is getting worse and there are a lot of loose rocks. The gradient varies between 13 and 16 degrees. I am forced to push the bike for the next hour and a half. Riding is just too difficult.

And so it goes until 500 meters from the top. Here it becomes ridable again. To my right a dark cloud is moving in. Fortunately the rain stays away. At the very top the hill is covered in ist and visibility is only about 100 meters.

I am now on the summit of the mountain and riding at a reasonable speed. My average speed has dropped to 9.3 kph with all the climbing and pushing. Over the summit and I start to descend down the other side. The road is quite rough, so I go slowly. I reach the Louvain turn-off. Here the road continues straight, but there is a clear "no entry" sign. This road is 10 km shorter than the Daskop road and also much more interesting than the other option of the N9. I had already decided with my planning that I would choose this option.

The road is clearly not used much but the surface is initially quite good. I come to a point where a road turns off to the left. This is the Louvain walking, cycling and motorbike track. At the very bottom of the sign there is an arrow to the right clearly indicating "no entry"! I go right! Now the road becomes very rocky with a few steep, fortunately short, sections. The road also climb quite a bit until I reach a gate that is closed. I pick my bike up, place it over the gate and ride on. Then there's a nice descent, but once again the surface prevents the chance of picking up speed.

Below, just before the farmer's house, I turn left. Now the road is good and either level or sloping down to the next closed gate. The bike and I have to go over again. Now I'm out of the "no access" areas!

I ride down pretty quickly to the Shanzeley Guest House turnoff. Here I follow the road parallel to the N9 to the Klip Kop road. From here I am obliged to drive on the N9. As usual I keep right and when a car comes from the front I go onto the gravel. The road is very busy and I am on the gravel about 40% of the time.


With just over 6 km to go, I turn right where Hennie and I came out on Friday to join the Buffelsdrif road. Back along the same road we came on to Ou Meul Guest House. The last 15 km or so I was able to maintain a good speed and I end up at an average of 10.1 kpu. Total distance was just over 96 km with 2,166 meters of climbing.


I let Hennie know I am home and will come and pick him up as soon as I have showered. He is waiting at the "Four Passes" lookout on the Outeniqua Pass. He has since determined that the problem lies with the motor and not the battery.