Maandag 22 Januarie 2024

Vakansie kaskenades


Ek en Leon Erasmus het gedurende die 2022/2023 jaareind vakansie ‘n interessante pad van The Craggs by Plettenbergbaai na Louterwater in die Langkloof, ontdek. Ons het toe besluit dat ons die pad moet aandurf. Die plan was dat ons by Nature’s Valley begin en in Louterwater klaar maak. Karen, Leon se vrou, sou ons dan daar kry met hulle motor. Planne kan egter verander en Karen moes terug huis om the gaan werk. Ons besluit toe om net in en uit te ry en te kyk hoe ver ons kom. Die hele rit n een rigting is 66 kilometer. 

 

Ek reẽl met Leon dat ek 17 Desember Nature’s Valley toe kom en dan ry ons 18 Desember. Aangesien ek ‘n bietjie stadiger as hulle is, ry ek met die motor na The Craggs en begin 06:25 trap. Leon en ‘n paar ander mense ry vanaf Nature’s Valley, kry vir Philip Hanekom by The Craggs en ry dan verder met die hoop om my langs die pad in te haal. 

 

Ek ry lekker rustig en die weer is heel aangenaam. Dit is heelpad opdraand tot bo op die bult waar mens afdwaal na Soetkraal. Dit is 17 kilometer vanaf The Craggs tot bo op die Soetkraal bult. Dit neem my 2:30 om die 17 km af te lê, ‘n gemiddelde spoed van 6.8 kpu. Teen die tyd wat ek daar aankom is daar nog geen sig van die ander manne nie. Ek hou stil en stap deur die bosse om te kyk waar hulle is. Ek sien vir Philp Hanekom teen die laaste bult op sukkel. Na ‘n rukkie kom Leon daar en toe Philip. Die ander het almal omgedraai. Hulle het ook band probleme gehad, wat verduidelik hoekom hulle so lang geneem het. 

 



Ons pak die pad af na Soetkraal aan. Die pad is so rof dat dit my ‘n uur neem om die 8 km afdreand af te le!Onder by ‘n stroompie kry ek vir Philip. Hy is “op”! Ek ry aan om te sien of ek vir Leon kan kry. Die pad gaan weer op, is styl en rof en ek is genoodsaak om af te klim en te stoot. Na ‘n entjie kry en vir Leon, wat oppad terug is. Ons ry saam tot by Philip. Daar maak ons waterbottels in die stroompie vol en pak dan die pad terug aan. 

 


Ek ry ‘n entjie maar dan raak die oppervlakte, waar ons vroeër afgekom het, te styl en rof en ek klim af en stoot. Dit neem my ‘n uur en ‘n half om die 5 kilometer af te lê tot bo-op die “Soetkraal” bult waar ek vroeẽr vir Leon-hulle gewag het! Van hier af is dit meer redelik maar dit neem my nogtans ‘n uur en ‘n half om die 17 km na The Craggs te ry. 

 

Die eskepade van 47 km het net kort van 7 uur geneem, ‘n gemiddelde spoed van 6.8 kpu! Ons het toe nie Louterwater gehaal nie! Of ons ooit sal terug kom om dit te probeer is ‘n ope vraag. Na aanleiding van die toestand van die pad en dat daar nog 29 km oor was van waar ek omgedraai het, is dit miskien een wat ons maar sal moet oorsien.

 

Maandag het Leon vir my Stinkhoutkloof gaan wys. Dit was regtig ongelooflik mooi en het ‘n bietjie “hike-a-bike” ingesluit. 

 



Ek vertrek net voor 12:00 en ry na Shanzeley Gasteplaas in die Langkloof, waar ek die volgende twee nagte gaan deurbring. Ek het vroeër ‘n Voortrekker roete wat van Hoekwil na Louvain toe loop ontdek en besluit ek wil dit verken. Die roete is ook al deur Dryland vir die Pioneer Trek gebruik. In my navorsing het ek gesien daar loop ‘n pad van Shanzeley agter die berg langs wat by die Louvain roete aansluit.

 

Die volgende oggend is ek net na 07:00 weer in die pad. Na ‘n rukkie kom ek agter dat ek my waterbottel by die huis vergeet het, maar ek het my rugsak op en daarin is twee liter water. Na 5 kilometer kom ek by ‘n plaas uit. Ek doen navraag oor die pad wat ek wil ry en word baie duidelik in kennis gestel dat ek besig is om te oortree en onmiddelik moet terug draai. Ek maak toe maar so en gaan sommer by my blyplek aan om my waterbottel te kry. Daarna volg ek die N9 Louvain toe. 

 


Nadat ek eers gou gekyk het hoe lyk die stop op Louvain waar waterpunt 2 van die 36ONE is, klop ek aan by ontvangs. ‘n Baie vriendelik man verduidelik my mooi hoe ek moet ry en stel my in kennis dat ek die pad na Shanzeley mag ry. Teen die tyd het ek al 20 km gery en is al vir 2 uur aan die gang. Ek is daar weg en vind die pad, wat ook ‘n 4x4 roete is, baie maklik. Daar is aanvanklik ‘n paar styl gedeeltes wat my genoodsaak om af te klim en te stoort maar die uitsig toe ek bo op die eerste bult kom maak dit die moeilte werd. Ek merk ook die pad wat links na Shanzeley toe loop, op. Dit neem my ‘n uur en ‘n half om die volgende 6 km af te lê. Op 3.5 km het ek die mooiste uitsig oor die Langkloof in die rigting van Herold. Na nog so ‘n eintjie het ek die mooiste uitsig oor valleie in ‘n Westelike rigting en dan bo op die laaste bult weereens ‘n asemrowende gesig in ‘n Suid Oostelike rigting. 

 







Die pad is so rof dat ek groot dele van die afdraand moet stap. My spoed op die afdraand wissel van 3-20 kpu! Op 34-kilometer besluit ek dit is genoeg en draai om. Op hierdie stadium is ek so ongeveer 7-kilometer van Sewepasse teerpad, wat my mikpunt was. Ek is nou al vir 4:30 aan die gang en moet nog by die huis kom.

 






Die terugtog is maar teen dieselfde slake pas, maar nogtans baie interessant en verreikkend. Toe ek bo-oor die berg by die Shanzeley pad kom, volg ek hom eder as om terug na Louvain te gaan. Dit is ‘n heel interessante pad en ek sien gereeld swart mense tussen die bosse. Nie baie nie, maar genoeg! Elke hier en daar is daar ook ‘n rugsak, wat duidelik aan hulle behoort. Na ‘n ruk kom ek op ‘n gesluite hek af, maar dit was nog nooit ‘n probleem nie en ek klim oor. Teen ‘n lang bult af kom ek weer van die mense tee wat langs die pad sit en wag. Daar lê netjiese gesnyde bossie langs die pad. Ek stop vra wat doen hulle. Blybaar is die plante wat hulle “oes” en wat uitgevoer word. Toe ek onder by die plek kom waar ek vroeër die weg gejaag is, is daar niemend nie en ek maak “gatskoon” voordat ek weer gestop word.

 

Ek kom na 7:40 in die saal, waar tydens ek net 55 km gery het, by die huis. Dit was weereens ‘n baie interessante dag.

 

Die volgend dag ry ek Kleinmond toe om ‘n paar dae saam met Lizanne en Wynand-hulle daar deur te bring. Daar het ek heelwat op die plaaslike MTB Klub se roetes gery, maar ook Vaderstelpas aangedurf. Ek het ook weer die Kleinmond-Hermans-Stanford-Tesellaarsdal roete gery. Laas genoemde was nogal ‘n ondervind met weer wat droog begin het, toe reën dit, toe weer droog, weer reën en op einde kom ek droog by die huis aan!




Sondag 31 Desember 2023

BB2BB2 Recci - Vanwyksdorp na Theewaterskloof

Na my enkel besering, moes ek ‘n paar lang rite inkry om my stamina en “kop” reg te kry vir BB2BB2. Die eerste rit was dus om van Vanwyksdorp na Bloubergstrand, die laaste skof van BB2BB2 te verken. Ek vra vir Danie Kotzé of hy my Vanwyksdorp toe sal neem en reël met Hester du Toit om om Vrydag 24 November op Bosrivier oor te slaap. Ons vertrek net na 13:00 Vanwyksdorp toe en kom net na 18:00 daar aan. Ek het oppad vir ons braai goed gekoop en ons braai die aand. 

 

Saterdagoggend is ek net na 05:00 op en val 05:52 in die pad. Die mikpunt is Swellendam via Gysmanshoekpas en Suurbraak. Die totale afstand is 150 km met omtrent 2,400 meter se klim. Ek vol ‘n paadjie suid van Bosrivier onder om Vanwyksdorp en sluit suid van die dorp by die R327 aan. Na ongeveer 20 km draai ek regs op ‘n grondpad wat my na die R323. By Muiskraal draai ek rags en na 3 km links op ‘n grondpad verby Groot Phesante Fontein na die Gysmanshoek afdraai, wat ‘n 25 km kom.


Aanvanklik is die helling nie te erg nie, maar na ‘n paar kilometer klim ek teen 10-17%. Dit is 8 km to bo en dan kom daar ‘n lekker afdraend vir die volgende 12 km. Onder draai ek regs, eers ‘n westelike rigting oen dan suid p nog ‘n goeie grondpad. Hierdie wêreld is glad nie gelyk nie en wat afgaan moet ook opgaan, dus word elke afdraend gevolg deur ‘n opdraend, ‘n paar wat lekker lank is. Ek moet ook oor ‘n laagwaterbrug waar die water omgeveer so 30 cm diep is, gaan. Gelukkig is die oppervlakte onder die water egalig en loop water baie rustig. 

 

Na ‘n paar kilometer is dit weer regs en oor nog ‘n paar lekker styl bulte in ‘n suid westelike rigting. Ek stop by twee plase om my waterbottel vol te maak. Die temperatuur wissel so tussen 35-38 grade Celsius en die son staan stil! My energie vlakke is ook nie wat dit moet wees nie en ek stoot die laaste bult uit. My Garmin wys ‘n heling van 15%! Ek is redelik “tam” en wens eintlik iemand wil my ‘n “lift” Swellendam toe, aanbied maar dit gebeur nie. Ek kom van na 13:04, 150.51 kilometer en 2,366 meter se klim in Swellendam aan.

 

Ek sukkel ‘n bietjie om my bly plek te kry maar is aangenaam verras deur die netheid en kwaliteit van die Pajama Donkey. Nadat ek afge[a ken gestort het, stap en na ‘n resourant vir aandete en kom 22:00 in die bed.

 


My wekker maak my 06:00 wakker en na ‘n lekker ontbyt, val ek 07:08 in die pad. Die dag gaan ‘n bietjie korter wees en die bukte ook baie meer hanteerbaar! Die wêreld het egter nie baie gelyk gedeeltes nie en ek is of besig om op of anders af te ry. Die toetand van die paaie is baie goed en ek vorder teen ‘n redelike spoed. Die temperatuur klim vining e draai by 38.5 grade celsuis. Gelukkig is daar darem ‘n plaass of twee wat bewoon word en ek maak my waterbottel twee keer vol. 

 

Ek stop in Riviersonderend vir middagete en durf daarna die pad Greyton toe aan. Ek slaap vannaand by Wynand se ma en hulle het ‘n Kers sangdiens, so ek moet voor 18:00 daar wees. Die son steek en wnes weereens iemand wil my oplaai! Daar kom ‘n grys bakkie by my verby en ek kyk hom met leep oë aan. Hy kom later weer by my verby en ek kan maar net “hoop”. Ek ko moor nog ‘n bult en wat is my vebasing toe ek die bakkie langs die pad op sy kap sien! Daar was darem al mense wat kom help en dit het nie te ernstig gelyk nie, maar ‘n oop bakkie wat omslaan met mense agterop, kan nie goeie gevolge hé nie. Ek is toe ook darem baie bly dat hulle nie aangebied het om my Greyton toe te neem nie! Die dag se skof neem my 10:12 is 111.97 kilometer en 1,427 meter se klim.

 

Ek kom net na 17:30 in Greyton aan en vergesel Hanneke na die Kers sangdiens. Ek kom lekker vroeg in die bed.

 



Dit is Maandag en na ‘n ontbyt van Weetbix, val ek weer in die pad. Ek moet vandag oor Rusty Gates, ‘n klim van 920 meter oor 9 kilometer. Vir die res is daar nie veel nie, ek sien egter nie kans om die volle 172 kilometer Bloubergstrand toe te ry en reël dus met Danie om m y aan die voet van Franschoekpas by die Theewaterskloof dam te kry. Dit neem my 2 uur van Greyton tot aan die begin van Rusty Gates.


Die eerste 5 kilometer het ek verlede jaar tydens die Brewery to Brewery gery, so ek ken dit. Die helling wissel so tussen 10 en 19% en ek ry tot by die Rusty Gates afdraai, wwar ek vir ‘n foto stop. Nou volg die laaste 4 kilometer. Aanvanklik gaan dit heel goed, maar dan begin die oppervlakte losserig raak en ek is verlpig om so kilometer of wat te stoot. Ander kant af kan ek ‘n stuk tee waar die pad deur die kant van ‘n dam loop. Dit is gelukkig nie te diep nie en ek kan deur ry met skoene wat na die tyd lekker nat is. Dit is ‘n lang afdreand en my polsse sê les op van heeltyd rem. Ek draai links op die Villiersdorp/N2 en ry oor die wal van die Theewaterskloofdam, dan regs op Draaibergpad wat tans geteer word. Ek stop onder die bome aan die begin van Franschoekpas en wag vir Danie, wat net 13:00 daar aankom.

 


So eindig my eerste BB2BB2 recci. 329.46 km; 29:50 se ry tyd en 4,882 meter se klim.

 

Donderdag 14 September 2023

Enkel breek

 Op 2 September 2023 stap ek saam met my dogter, Carine en haar man, Henk, van Pakhuyspas na Heuningvlei. Die plan was om Saterdag die 11 km Heuningvlei toe te stap en daar te slaap. Die roete staan ook bekend as die "Donkey Trail" aangesien die mense van Heuningvlei besoekers met 'n donkiekar op die roete vervoer het. Sondag stap ons dan van Heuningvlei na Boskloof, ook 11 km. Henk is bevriend met die seun van Boskloof se eienaar en reël dat David ons bo op die Pakhuyspas aflaai en dan terug ry Boskloof toe, waar ons Sondag klaar maak. Dan braai ons sommer daar sam met hulle.



Nadat David ons 09:10 afgelaai het, begin ons stap. Die weer is baie gunstig, koel oop getrek. Die pad is heel goed, maar die donkiekar sal maar sukkel as gevolg van al die verspoelings na die onlangse groot reën. Ons kan van bo tot onder by Travellars Rest in die vallei afkyk. Ons kan ook sien waar die Bidou Vallei in die verte is alhoewel ons nie die vallei self kan sien nie. 





Daar is heelwat watersroompies en ons stop so elke nou en dan om net die natuurskoon te geniet. Daar is ook 'n rots wat duidelik vir "bouldering" gebruik word met die kenmerkende tekens van ankerpunte wat ingeslaan is. Na so 'n twee uur se stap, stop ons vir verversings en Henk maak vir ons koffie op sy gas stoofie. Die pad is baie op en af en selde gelyk. Daar is ook dele wat besonder klipperig is. Ons het op 900 meter begin en was na 45 minute op 1,002 meter! Nou is ons weer terug by 900 meter. Ons daal af na 845 meter, Klim weer 'n stukkie en daal na 832 meter, dan begin die klim weer tot op 1,010 meter. Van hieraf kan ons Heuningvlei in die verte uitmaak. 'n Gedeelte van die pad is gesment, wat aandui hoe styl dit is. Ons stap die laaste 3 kilometer is 50 minute en kom van 4:22 by Heuningvlei aan. 





Nadat ons ons begasie by die blyplek neergesit het, stap ons na die dame in beheer se huis om te bevestig dat ons aangekom het. Oppad daarheen moet ons oor 'n laagwater bruggie, met omtrent 4 centimeter water stap. Aan die regterkant van die bruggie is daar 'n paar klippe sodat mense kan oorstap sonder om hulle voete nat te maak. Toe ek op die tweede klip trap, wankel hy so 'n bietjie en ek gee nog 'n tree na die volgende klip en daar beweeg die eerste klip verder met die gevolg dat ek my balans verloor. In my poging om die saak te beredder, soek ek vastrap plek langs die bruggie met my regtervoet. Soos die noodlot dit nou wou hé, lê daar toe 'n gladde stuk sement. Ongelukkig tref ek die redelik hoog op en so gou soos nou gee my voet mee en val ek. Met die meegee slag, was ek bewus dat my voet 90% na binne gebuig het. Dit is onmiddelik baie seer en ek gaan sit op die wal. Henk stap na die dame (Dalene) toe en hulle kom terug met verbande. My enkel is onsetend seer, maar ek kan darem op hom trap en dus is daar nie 'n ernstige breuk nie. Ons sukkel aan na Dalene se huis waar sy reël dat die buurman my met sy bakkie na ons slaap kwartiere toe neem. 

Ek neem 'n vinnig stort en huppel aan na die sitkamer waar ek die res van die middag en aand sit. Hier is gee selfoon ontvangs, maar Dalene het 'n sataliet telefoon wat ook net werk wanneer die krag aan is! So tussen die krag onderbrekings deur reël hy dat David my die volgende dag met sy motor sal kom haal terwyl hy en Carine die laaste 11 kilometer Boskloof toe stap. 

Henk en Carine maak vir ons kos en na aandete is ek bed toe. Die volgende oggend eet ek saam met hulle ontbyt en hulle val net voor 08:00 in die pad. Soos hierbo genoem is dit 11 kilometer Boskloof toe. Die pad wat David-hulle moet ry is egter 76 kilometer. dus kom hulle eers na 10:00 daar aan. Hulle het besluit om dit 'n dag uitstappie te maak en die hele gesin het saam gekom. Dit is 'n mooi rit terug en die pad van Heuningvlei na Whuppertal is redelik goed. Net voor Whuppertal draai ons links en ry dan 'n paar kilometer tot by die R364 waarop ons links draai terug Clanwilliam toe.

Die reling was dat ons die middag by David-hulle braai. Carine en Henk kom net na 13:00 daar aan. Die pad van Heuningvlei na Boskloof was redelik toegegroei, maar hulle het die staptog geniet. Ons vertrek net na 15:00. Ek tel my ander begasie in Citrusdal op en is net na 18:30 in Blouberg. Oppad skakel ek vir Mike Smit en vra dat hy net na my enkel moet kyk. Hy bevoel dit en druk hier en druk daar en vra of ek pyn het. Alles lyk egter goed en hy dink daar is iets ernstig gebreek nie. 'n Bietjie rus hoort voldoende te wees. 

Toe ek by die huis kom klim ek onmiddelik op my fiets en ry om die blok. My enkel is gevoellig, maar ek kan fiets ry. Dit is posetief. Maandag reën dit en ek gaan Gym toe. Dinsdag lyk die weer beter en ek is net na 10:00 op my fiets met die mikpunt om 20 kilometer te ry. Die reën kom egter terug en na 10 kilometer blaas ek die aftog. Woensdag ry ek 40 kilometer Duynefontein toe en Vrydag en Saterdag ry ek die Botterberg roete. Op hierdie stadium is ek baie posetief want dit is makliker om fiets te ry as om te loop. Ek is nie eers bewys van die enkel wanneer ek fiets ry nie, maar ek kan nie my voet uit die "cleat" swaai nie. Ek kry dus eers my voet uit die skoen en draai dan die skoen uit.

Donderdagaand besluit ek dat dit darem seker raadsaam sal wees om X-strale te laat neem. Ek wil nie halfpad deur my rit van Beitbrug, wat 2 Oktober moet begin, probleme met my enkel optel nie. Ek en Mike kyk na die X-starle en slaak 'n sug ven verligting want dit is duidelik dat daar geen ernstige breuk is nie. Mike skakel my later die dag en sê dat die verslag van die radioloog wel 'n probleem opgetel het en hy beveel aan dat ek 'n Ortopediese Chirug gaan sien.

Maandagmiddag net na 12:30 stap ek by Dr Andre Heyns se spreekkamers in. In my gemoed vermoed ek dat hy gaan sê hy my eers oor 'n week of so kan sien. Ek besluit om hom te vra om net, op sy tyd, na die X-strale te kyk en my sy opinie te gee. Toe ek sy spreekkamer binne stap lyk dit asof hy vir my gewag het1 Hy nooit my onmiddelik in en kry die X-strale op sy rekenaar. Ek wonder nog steeds hoe hy dit reggekry het, want ek het hom nog nooit van tevore gesien nie en daar is geen rede hoekom hy my besonderhede moet hé nie! Hy wys my die X-strale en toon aan dat daar duidelik wel 'n breuk/kraak links agter is en dan kom die verdoemende woorde: "Meneer jy mag vir 8 weke nie op daardie voet trap nie"! Daar gaan my 2 Oktober vertrek datum by die venster uit! Die probleem is nie so groot dat hy voel hy moet opereer nie, maar ek moet op 26 September terug kom vir nog X-strale en 'n besoek aan hom, dan sal hy finaal besluit of daar enige verdere "werk" op my enkel gedoen moet word. Vir nou sit hy my in 'n "moonboot" en op krukke. Hy wil nie eers hé ek moet self terug huis toe bestuur nie! 

Wat 'n "gatslag"! Ek moet erken dat toe ek daar langs die stroompie bo by Heunigvlei gesit het, het ek myself vereenselwig met die moontlikheid dat ek BB2BB2 sal moet uitskuif. Nou gebeur dit en ek het besluit om op 14 Maart, die Donderdag na die Argus, met BB2BB2 "take 2" te begin!








27 September 2023


25 Oktober 2023


Fiets reg vir die groot rit 25 Oktober 2023








Sondag 27 Augustus 2023

Trans Baviaans nommer 9

Na verlede jaar se “no show” as gevolg van Sue se siekte en die slegte weer, was ek reg vir Trans Baviaans nommer 9. Johann het intussen vir Annemarie en Lisa ingetrek sodat ons nou vier in die span was. Ons het ‘n paar oefen rite gedurende Junie en Julie in gekry en was reg om die twee “newbies`’ te wys hoe dit gedoen moet word.


Danie Kotzé tree op as ondersteunings bestuurder en ons val Vrydagoggende net na 09:00 in die pad. By Johann konsollideer ons. Egbert Roberstson en sy broer ry ook, dus is ons nou twee voertuie en 8 mense. Egbert-hulle word deur Carien, sy vrou en Fred Lowe ondersteun. Langs die pad geniet ons middagete by Diesel en Crème in Barrydale. Ons kom net voor 18:00 op Willowmore aan en nadat registrasie afgehandel is en ons huoers vir waterpunt 2,3 en 4 ingegee het, vertrek ons Marlu toe waar ons gaan oorbly. Ons wou eers by Sandkraal, waar ons slaap, aangaan oppad Marlu toe, maar mis die afdraai in die donkerte. Na ‘n lekker aandete is dit Sandkraal toe. Dit is nou pik donker en ons kry eers die huis met die tweede  poging. Saterdagoggend is ons weer Marlu vir ontbyt. Oppad terug is dit eintlik ongelooflik hoe duidelik Sandkraal se huis op die hewel is. Dit is amper moeilik om te glo dat ons die vorige aan so gesoek het!


Na ‘n 07:00 ontbyt, vat ons die pad Willowmore toe. Na ‘n 350ml koppie koffie maak ons reg vir die wegspring. Ek het probleme met my Brookes saal, maar ons kry dit darem uitgesproteer met ‘n paar “cable ties”. So 09:30 se kant beweeg ons na die wegspring toe.






Op die kop 10:00 begin die wiele rol. Die temperatuur wissel so tussen 16 -19 grade Celsius. Na 2 uur se ry daal ons met Nuwekloofpas af, die Baviaankloof in. Waar ons ‘n ligte briesie van voor gehad het, is dit nou redelik stil. My agterwiel het oppad ‘n bietjie “sealant” gespoeg, so ek kan nie wag vir waterpunt 1 by Vero’s Restourant nie sodat ek ‘n bietjie meer lug daar kan in kry.

Ons bereik dit na 3 uur en 52 km. Na ‘n paar verversings en 9 minute se stop, val ons weer in die pad. Die temperatuur het in tussen tot 28 grade Celsius gestyg! Van hier tot by waterpunt 2 is daar geen noemenswaardige klimme nie en behalwe vir ‘n paar klein “knoppies” daal ons meeste van die tyd. Wanneer die roete gery word, besef mens dit nie, maar wanneer jy na die profile kyk, sien jy dat dit die geval is. Na 5:07 uur en 92 km bereik ons waterpunt 2. Nadat almal iets ge-eet en gedrink het, stoot ons weer aan. Ons vertoef 14 minute. Die twee dames hou goed by. Ons is veral be-indruk met Annemarie, wat in die aanloop na die wedren ‘n bietjie siek was. Sy toon nie juis enige ernsige nagevolge nie. 




Na ‘n kort klimmejtie net na die waterpunt, is dit weer punt in die wind en meesal bult af. Ons daal van 433 meters na 281 oor die volgende 21 kilometer. Ons is nou in die Baviaanskloof Natuur Reservaat en die natuurskoon is iets besonders. Ons is egter hier besig met ‘n wedren en op 114 km begin die eerste ernstige klim, die Grasnekpas. Wanneer dit gery word, voel dit soos ‘n kwaai klim. Ons klim van 281 meter tot by 480 oor ‘n afstand van 4 kilometer. Op ‘n Garmin profile lyk dit na ‘n “knoppie” terwyl dit in realiteit ‘n stewige klim is. Op 125 km en na 7:10 bereik ons waterpunt 3. Hier vertoef ons 19 minute, sit ons ligte op en maak reg vir die ergste water kruising van die Baviaans. ‘n Afstand van ongeveer 400 meter waar die rivier in die pad af loop. Die eerste gedeelte is nie baie diep nie, maar die laaste 20 meter kom tot ongeveer by my knieë. Johann het besluit om sy sokkies voor die kruising uit te trek en stop dus net daarna om dit weer aan te trek. Dit help darem so ‘n bietjie om die voete droeër te hou.


Die temperatuur is nou weer af na 12 grade Celsius. Hierna is dit ‘n gemaklike rit tot by die ”Fangs”.  Op 126 km en na 7:40 in die saal, breik ons die eerste van die “Fangs”. Die is twee kort kwaai klimme van 300 meter oor net meer as ‘n kilometer elk. Hierna is daar so ‘n 2 kilometer voor ons die Holslootpas, of wat die MAC (Mother of all climbs) genoem word, aanpak. Dit is op 133 kilometer en ons is nou al 8:20 aan die trap. Dit neem my 50 minute om die 5 kilometer tot by die parkeerplek, waar ons gereël het om vir mekaar te wag, af te lê. Ek wag 20 minute voordat die groep volledig is. Lisa sukkel op die stadium baie en ons moet vir haar wag om by ons aan te sluit. Ek het ook probleme ondervind met my ketting wat ‘n paar keer af geval het sodra ek die boonste ratte gebruik. Ons bereik Bergplaas na 9:55 se trap! Hier is daar lekker warm sop en in seker gevalle trek van ons ook droë klere aan of nog ‘n warm baadjie. Ons vertoef 35 minute. 



Nou volg Combrinkpas bergaf en dit is rof, veral in die donker! Bergplaas was op 142 kilometer en dit neem my 30 minute om die 10 kilometer tot onder af te lê. Hier wag ons weer vir Lisa om by te kom. Nou is daar “rolling hills” tot by Hankey en waterpunt 5. Hierdie is ook ‘n baie mooi gedeelte van die Trans Baviaans, maar in die donker kan ons dit nie regtig wardeer nie. Ons tel ‘n groep deelnemers op en ry saam met hulle. Na ‘n ruk kom ek agter dat die ander nie deel van die groep is nie en ry stadiger sodat hulle my kan inhaal. Ons bereik die pakhuis in Hankey waar waterpunt 5 is na 12:18 en 176 kilometer. Fred wag hier vir ons. Ek trek droë sokkies en skoene aan. Ons val na 23 minute weer in die pad. Die temperatuur het in tussen na tussen 9 en 11 grade Celsius geval. Tussen hier en waterpuint 7 is daar nie die “never ender” en die onbemande kontrole punt 6. Ons groep ”verbrokkel” op die “never ender”. Ek en Annemarie ry teen ‘n konstante pas van so 9-12 kpu. Agter hou Johann vir Lisa, wat nou kwaai sukkel, geselskap. Ons gaan oor een van die baie bultjies aan die einde van die “never ender” en Annemarie vra of ons nie vir Johann-hulle gaan wag nie. Ek sê ons wag bo op die l;aaste hoogte. Ons wou net stil hou toe Johann by ons aansluit en ons inlig dat Lisa tou op gegooi het. Nou gooi ons mielies, deur die onbemande kontrole, waar ons ‘n plakker optel, na waterpunt 7. Hier is daar heerlike “jaffles” en ek eet sommer twee! Annemarie beleef ‘n oomblik van “onsekerheid” oor hoe sy voel, maar kom gou daaroor. Met die wegtrek verloor sy haar balans en val oor ‘n wortel in die grond! Gelukkig kry net haar “ego” seer! 


Daar is nog 23 kilometer oor met net die “mini MAC” en die laaste stukkie langs die treinspoor oor. Ons ry ‘n goeie pas. Dit neem ons 24 minute om die 6 kilometer tot aan die voet van die “mini MAC” af te lê. Nou is daar nog 15 kilometer oor, maar die “uitmergelend” stuk langs die treinspoor, lê voor. Met nog 6 kilometer oor, begin ons die “single track” langs die treinspoor. Johann ry voor, dan Annemarie en ek agter. Dit neem ons 30 minute om die laaste stuk te voltooi. 




So eindig my 9de Trans Baviaans met ‘n totale tyd van 16:52. ‘n Baie lekker wedren teen ‘n baie gemaklike pas. Ons tyd was nou nie te wonderlik nie, maar die “pas” was wel! Die kameraderie was uit die boonste rakke!


Sondag 23 Julie 2023

My Love Affair with the Freedom Challenge





My love affair with the Freedom Challenge started sometime before 2010 when I bumped into this article about a race called The Freedom Challenge. I could not believe that anybody in their right mind would ride a bicycle, offroad, from Pietermaritzburg to Wellington. The more I read about this amasing race, the more intrigued I became. I only got my first mountain bike in October 2008, so doing 2,200 kilometer on a mountain bike seemed to be a bridge too far, but the idea kept nagging me. After a while I decided that this is a challenge I would like to tackle. After I received permission on the home front to do this, I entered for the 2011 RASA. At that time David Waddilove was still living in Newlands running the show from his home. He also organized some training rides in the Wellington area one Saturday per month in the run up to the start of the race. In April 2010 I visited my brother-in-law in Kirkwood and got my brother to drop me off at Kleinpoort and I cycled from there to Montagu to get some firsthand experience of what I was letting myself into. In June I got my friend Mike Smit to join me and we cycled from Ashton to Rawsonville. 

 

I have always considered myself to be mentally strong, so all I had to do was to get the body in shape and get on top of the navigation. I spent days go through the old maps with pink lines and narratives, following the route all the way from Pietermaritzburg to Wellington on Google Earth. I had dinner with Justin Bouwer, who did RASA in 2010, to get some firsthand knowledge of what I will be up to. I read every word of Marnits Nienaber’s blog “Die Omswerwings en Ervarings van ‘n Freedom Challenger” and I started my own blog “One Giant Challenge”! I reached what Alex Harris wore to stay warm and went out and bought the same stuff. By May 2011, I was ready! I was existed about completing this race and looking forward to ride past Doringrivier, the farm before the Support Station of Stuttgart, which has now been replaced by Groenfontein. My dad grew up on Doringrivier during the early 1900’s! 

 

We left Pietermaritzburg on a not too cold June morning. Our group split up fairly quickly and by the time I was riding past Baynesfield, I was on my own. A while later, George Schutte, who was from George and did some of the training rides with David, joined up with me. We rode the rest of the day together and got into Allendale at about 17:00. The next morning we left early with all the other guys. The group stayed together up to Donnybrook, but then the other guys decide that that we were to slow and left us. We got to Centocow at about lunch time and then tacked to road to Ntsikeni. We managed to get through the wattles after the Ntsikeni fence just as the sun was setting. At this stage George was really struggling and I decided to push on. That year we did not stay at the Ntsikeni Lodge but further along at May Lodge. On the way there the road was a bit of a marshland, the battry of my light had gone flat and I only had a fairly useless headlight, with the result that I ended up quite a number of times in the water. I finally got to Mays, fairly well drenched, at about 21:00. George arrived at about 23:00. The next morning we once again left with the other guys. That help with the navigation. At about Politique kraal the other guys left us again. So it was me and George on our own again. We did find our way through to Glen Edward without too much of a problem and left there in the early afternoon. We made good progress right up to the turn off to go left of Gudlintaba. By now it was dark and we did not really know where we were going. There was a cellphone signal so I phoned for help, but we were so far off the right track, that nobody had an idea where we were. I still remember I told Mike Woolnough that we are at the edge of a donga, but he said he did not know about any dongas in that area! We decided to wait the night out. At about 22:30 we saw a light. It was one of the racing snacks coming through. We got our things together and tagged along with him up to Mademong, where he left us. After getting lost again in Hillbron, we finally reached Masakala just after midnight. As the distance to Makelkonyane is only 58 kilometers, we decided that we would only leave at about 08:30 in the morning. We did pretty well that day, but progress was slow, with the result that the sun was setting when we reached Gladstone. We could not find the track and ended up going down the road and got into Malekoyane at about 22:00. We were both pretty despondent and suffer from a lack of energy, so we decided on a rest day. Mike Woolnough was there at the time, also struggling with a knee problem. When he felt the weight of my backpack, he was not surprised that I was struggling. It was about 13 kilograms! I even had a spare chain in there! I got rid of some of the stuff and we lounged around in the sun the next day. That evening the “Fat Farmers” from the Natal Midlands arrived. There also was doctor form Cape Town. I told him about my lack of energy and that my heart rate is very low. He checked me out. But felt that all was OK. We once again left early the next morning with all the other people. A kilometer down the road I realized that I left my water bottle on the dinning room table. Fortunately everybody waited for me while I retrieved it. We found our way onto the Ongelukneks road, but had to push our bikes up the hill into a howling wind. We all stayed together right op to Black Fountain. There the doctor checked my heart rate again and immediately recommended that I stop and that somebody should come and fetch me! That was a bit of an impossibility and I felt that I would be able to find my way to Tinana Mission, where I can then be picked up. They left me and I continued on my own, in tears, because my dream was shattered! I did find my down to Tinana, using the road around the koppie and arrived at the mission at 16:00. From there I was directed to Mrs Zibi, where I spent the night. The next morning the Bells came to pick me up and dropped me in Matatiele form where I found my way home. On arriving home I was diagnosed with a mild form of kidney infection! That may have made it easier to accept the disappointment, but I still felt it was more of a mind problem. In the end mu ego took the biggest knock.

 

After some soul searching and no small effort to get my wife to buy in again, I entered Race to Rhodes in 2013. In the group I started with was Gavin Robertson and a friend of his. They were doing RASA. We somehow stuck together and had a wonderful ride, getting to Rhodes in 5 days and 3 hours. Unfortunately we did pick up a 12 hour penalty due to some miscommunication, but that is a story for another day. On our way back from Rhodes to Cape Town, my brother and I popped in Stuttgart and learnt from Francois Moolman that he owns Doornrivier. The next morning he took us to the farm where my dad grew up and where I visited as a little boy. This was very special.

 

After this success, I had to tackle RASA again and did this in 2014. Once again I was fortunate enough to team up with a wonderful group of guys and we rode together right up to Slaapkrans. On the way into Slaapkrans, George Wienekus picked up a puncture. It got fixed that evening, but as we progressed the next day, we realized that there was slow leak and had to stop every now and then. This resulted in the group splitting up and I stuck with George. We eventually got the problem sorted out at Bucklands after a couple of very frustrating days and eventually completed the ride is 21.5 days. The only other mishap was a night in Mordor, but we were very fortunate in that it was over casted with the result that it was not too cold. 

 

Being in love with the event, another try had to come. Once again I started working on my wife, and received her permission to ride again. I decided that this had to be special, so I waited until 2019 so that I can be the first 70-year-old to complete RASA. In November 2018 I had a motor cycle accident and spent 8 days in ICU. By the grace of the Lord above, I was back on a bicycle, with two rods and eight screws in my back, in February 2018. The recovery was perfect and I lined up in Pietermaritsburg on 18 June 2019. This time there was no mishaps, except for an "off" at about 40 kph on a smooth gravel road on the way to Rossouw, fortunately with no serious damage, and I again was lucky enough to get somebody to stick with me. Johan Ratcliffe and I completed the race in 19 days 15 hours. Leon Erasmus, my brother’s son started 5 five days after us and caught up with us at Trouthaven. It really was a great honour for two of the Erasmus family to cross the finish line together. Richard Erasmus also finished that day, by we are not family.

 










What now? The legs still feel good and the plan is to be the first 75-year-old to complete RASA and my aim is to do that in 2024.