Dinsdag 31 Januarie 2023

Nature's Valley na Soetkraal in die berge

Ek, Leon, Hennie de Clercq en ‘n vriend van Hennie het op 6 Januarie die pad na Soetkraal aan gedurf. Soetkraal is ‘n nedersetting halfpad tussen The Craggs en Louterwater, diep binne die berge tussen die twee plekke wat veroorsaak dat mense òf oor Kareedouw  óf oor die Prins Alfredpas moet ry om hulle te verbind. Die pad is nie baie duidelik op karate aangedui nie, maar Tracks4Africa toon dit wel aan. Dit is egter ‘n pad wat net met ‘n hoë grondvry hoogte voertuig aan gepak kan word. Dus bring maar die bakkie of die 4x4. 

Ons het so net voor 08:00 in die pad geval. Hennie en sy vriend was op E-bikes en ek en Leon op gewone foetse. Die eerste 20 km was teer, maar dan begin ons klim en die pad verander na ‘n goeie grondpad. Op 22 km ry ons verby ‘n bosbou stasie en dan begin die klim ernstig raak en die pad verander na ‘n jeep track. Ons klim oor die volgende 13 km van 250  na 910 meter. Dele van die pad oppervlakte is goed, maar daar is dele wat baie rof is. 

Die reën van die vorige aand het gesorg dat die pad goed nat was met heelwat poele. Gelukkig was hulle nie te diep nie, maar 'n paar het gesorg dat ons behoorlik moes trap om deur te kom. 

Net na die eerste kwaai klim het dit liggies begin reën en ek het begin bekommerd raak dat ons deurnat so raak, maar gelukkig was dit van korte duur. Die lug was nog steeds toegetrek wat gehelp het om dit koel te hou. 


Die pad was nogal 'n baie interessante uitdaging en elke nou en dan moes ek diep "skep" om momentum te behou. Twee keer was ek nie suksesvol nie, gelukkig net vir so 20 meter of so. 


Daar het ook 'n Fortuner by ons verby gekom en ons het gewonder of hy oppad Soetkraal toe was. Ons het hom egter, net voordat ons omgedraai het langs die pad gekry. Blykbaar was die mense op 'n staptoer.


Bo-op die kop het ons 'n lieflike uitsig oor Soetkraal gehad. Almal was dit egter eens dat ons nie kans gesien het om vandag die bult af na Soetkraal met die terug rit wou uittrap nie, so ons draai net daar om. 



Die terugtog was heelwat makilker met 'n paar uitdagende afdraendes, maar almal oorleef dit. Onder by The Craggs stop ons vir 'n koffie voordat ons die teerpad terug Nature's Valley aandurf. 


Na die tyd stem ek en Leon saam dat ons die hele pad tot by Louterwater sal wil aanpak op 'n bolgende keer.






Maandag 30 Januarie 2023

Nissan Trail Seeker - Banhoek

 













Attakwas nommer 14


Dit is weer Attakwas tyd en ek durf my 14de Attakwas aan op Saterdag 21 Januarie. Ek ry Vrydag saam met Fred Lowe Oudtshoorn toe en dan Saterdag saam met Johann de Bruyn terug. Ons bly weer by Karoo Soul. Dit is niet naasteby so warm soos verleden jaar nie en ons krt ’n goeie nag se slaap in. Ek en Johann besluit ons gaan met ons fietse na die wegspring by Chandleur ry. Dit hoort ons so 30 minute te neem. Fred sal ons begasie kom optel en deurneem Grootbrak toe, waar Johann sy motor die Vrydag geloof het. Ons reël met Fred dat hy ons 05:45 moet krt. Hy daag eens 06:00 daar op. Dit gee ons net mooi ’n half uur om betyds in ons wegspring blok te kom! Ons maak dit daarmee, betyds!

Ons wegspring tyd is 06:45 en soos gewoonlik verloop Dryland se tyd stiptelik. Die roete het van verlede jaar so ’n bietjie verander wat so ’n paar kort en kwaai klimme voor die eerste waterpunt tot gevolg het. Ek is verplig om by een van die bultjies af te klim en te stoot. Daarmee net vir so 50 meter. Dit neem my so 1:44:51 om die eerste waterpunt te bereik. Na 4:46 is ek weer aan die gang. Op hiertoe stadium is ek so 5 minute agter vorige jare!

Die pad waterpunt 2 toe is seker die onineressanste gedeelte van die hele roete. Dit sluit egter die eerste ernstige bult in, waar self die voorste ouens vanjaar die laaste stukkie moes stoot omdat die so rof was. Net voor waterpunt 2 is daar ’n rivier kruising, maar selfs dit is ’n bietjie droeër as verlede jaar ten spyte van die onlangse goeie reën. Ek is na 3:31 hier. Stop vier drie minute en val dan weer in die pad. 

Die gedeelte tussen waterpunt 2 en 3 is beslis die mooiste maar ook die moeilikste! Net an die waterpunt kom die eerste klim. Ons klim van 560 meter na 617 meter oor ’n afstand van 1.3 km. Dit is ’n gemiddelde van 44 meter per kilometer. Enige iets meer as 15 is moeilik! Dit word gevolg deur ’n kort afdreand en dan ’n redelijke gelijk stuk. Op 55 km is ons op 540 meter en oor die volgende 5 kilometer klim ons 825 meter.Dit is ’n gemiddelde van 57 meter per km! Dit neem my bijkans 1 uur om die 5 kilometer af te lê! Die volgende 11 kilometer neem my net meer as 50 minute. Na 5:55 is ek by waterpunt 3! So ’n kwartier vinniger as verleden jaar, maar 30 minute stadige as 2021! Ek stop vir 6 minute en durf dan die distriks paaie Groot Brak toe aan. 

Ek gaan heelwat deelnemers, wat ’n bietjie sukkel met die hitte, wat glad nie vergelykbaar met verlede is nie, derby. Die pad is maar babe saagtand wat begin met die lang bult net na waterpunt 3. Ek kom na ’n verdere 1:37 by waterpunt 4 aan. So ’n 5 kilometer voor die waterpunt kom ek agter dat my voorwiel papperig is. Ek stop om hom te pomp, maar my pomp werk nie! Gelukkig kan ek nog ry en ek jaag ’n ander deelnemer in en leen sy pomp. Gelukkig hou die wiel darem tot by die waterpunt. Die waterpunt het gelukkig ook tegniese ondersteuning en die ouens kry hom reg. 

Ek is baie verbaas om Johann de Bruyn hier te kry. Hy sê hy het probleme met ’n ongelyke hartklop en het toe besluit om vir my te wag. Ek loop ook vir Philip van der Merwe, wat saam met my by Pepkor gewerk het, hier raak. 

Ons vertrek almal saam met Philip en sy seun, wat met hitte uitputting sukkel, voor. alle is so bijtje stadig na my smaak en by die rivier kruising krt ek dit erg om by hulle verby te gaan. Dit word gevolg deur ’n rit deur ’n vrugteboord wat onder net is. Gelukkig is die hier niet so warm soos velde jaar nie. Toe was dir soos ’n bakoond. Net nadat ons links draai op die distrikspad, roep Johann my. Hy bevestig net dat my pomp niet werk en dat hy ’n pakwiel het. Met ’n stukkende pomp, kan ek hom nie help niet en ek ry aan. Dit sou later blyk dat hy ’n speek breek het, veroorssak het dat si wiel pap word. Na ’n gesukkel besluit hy om ’n binneband in te sit. Die word egter deur die speek stukkend gesteek en alhoewel hy kon aan sukkel, besluit hy om handdoek in te gooi toe hy by die R328 kom.

Ek druk aan ry marginaal vinniger as verleden jaar. Ek ry weleens al die bulte uit en kom na 1:41 by waterpunt 5. Nou is ek daarmee so 45 minute vinniger as verlede jaar, maar ’n uur stadige as 2021! Die einde is egter in sig en na 2 minute is ek weer aan die gang. Dit is nou voet in die hoek eindstreep toe. Dit is met groot verligting dat ek links op die grondpad af na Pine Creek draai. Na 10:07 kruis ek die eindstreep vir my 14de Attakwas!


















Woensdag 02 November 2022

Suiddrak 20 Dag 5

Dit reën omtrent heel aand. Ek en Erika besluit ons gaan eers by Clifford by die res aansluit. Leon, Philip en Niel vertrek net voor 06:00 saam met Leonico in die bakkie om tot by die begin van die Otto du Plessis pas te ry waar hulle gaan begin trap. Leonico is voor 07:00 terug. Ons eet ontbyt, drink koffie en pak al ons begasie in die bakkie. Ons gaan nou Barkley Oos toe ry om Philip se voertuig te kry en dan ry ons Clifford, waar ons vir die res sal wag en dan ry ek en Erika van daar saam.







Ons kom so 'n rukkie na 11:00 by Clifford. Hoekom die plek 'n naam op 'n kaart het, kan ek ook nie lekker verstaan nie. Daar is net 'n selfsorg en die pad van die Otto du Plessis pas sluit hier aan by die pad wat van Barkley Oos na Dordrecht toe loop! Leon-hulle arriveer so net na 11:30. Hulle stories van hoe die pas gelyk het, laat ny besef dat ek beslis die regte besluit geneem het. Alhoewel die modder en reën ‘n ontbering was, is dit duidelik dat die satisfakise van die oorkoming van die elemnte, genoeg is om dit die moeite werd te gemaak het. Alma eet ‘n paar broodjies en drink koffie.


Die wiele begin seer rol net na 12:00. Ons begin sommer met ‘n stewige klim die Perdenek pas uit. Hy is nie te lank nie en die gradiënt is redelik gemalik.


Dit word gevolg deur die Greyling pas. Baie soortgelyk aan die Perdenek, maar heelwat langer. Dit is dan ook Erika se 20st pas. 



Ons ry teen ‘n stewige briesies wat reg van voor waai en die lewe redelik moeilik maak. Ek ploeter voort teen so 8-15 kpu. Ons stop by ‘n bruggie net voor Rossouw. Almal is “verwonderd” oor die dorpie wat in die middel van nêrens is. Volgens Wikipedia het die dorp 284 inwoners, maar dit is 2011 se syfer. Dit sal my nie verbaas indien die huidige syfer minder is nie. Meer as 90% van die bevolking is Xhosa.



Net anderkant Rossouw klim ons die Killian pas uit. Dit is my 18de pas!


Met nog 21 km sluit ons by die R396 wat na Indwe loop, aan. Daar word ooreen gekom dat ek en Erika hier gaan ophou aangeslien di tons te lank gaan neem om die orige 25 km Indwe toe af te lê. Leon, Philip en Niel ry voort en rël dat Leonico by hulle sal bly totdat hulle oor die Barkersnek pas is. Daar sal hulle dan ophou vir die dag. Ek Erika en Derrick ry Indwe toe om proviant vir die aand te gaan koop.


 

My rit vir die dag was toe 3:47 en 46 km. My total ry tyd vir die 5 dae was 35.49 uur, 386.7 km en 7,403 meter se klim vir die 18 passe wat ek gery het. So eindig ‘n heerlike avontuur en 5 dae se fiets ry wat my lank sal by bly!








Sondag 30 Oktober 2022

Suiddrak 20 Dag 4

Die aksie begin 06:50. Uit Rhodes is die pad redelik gelyk en dan begin ons klim na die Bokspruitafdraai. Hier word weer fotos geneem om die eerste pas vir die dag te merk naamlik die Bokspruit pas. Daarna volg 'n heerlike afdraend met 'n goeie grond oppervlakte. In hierdie wêreld word elke goeie afdraend gevolg deur 'n goeie opdraend nadat ons oor Bokspruit is begin ons onmiddelik weer klim. Ons kan duidelike tekens sien van hoe modderrig die paaie die vorige week was. Gelukkig het die paaie mooi uit gedroog en is die padoppervlakte is baie goed. 




Ons draai links op die R393 af in die rigting van Elliot. Die pad loop al langs die Sterkspruit en daar is duidelik tekens van boerdery bedrywighede. Alhoewel die pad langs die rivier af loop is daar nie 'n te kort aan bulte nie. Hulle is gelukkig redelik kort. Leon stel voor dat ek verby die Bottelnek afdraai skiet en hulle by die Bastervoetslaanpad kry. Ek stop by die Bottelnek afdraai en neem 'n foto. Daarna is die voort na die Bastervoetdlaanpad. Ek stop by die afdraai en wag 20 minute. Die wind het in tussen opgekom en waai in die rigting van die pas. Die ander het Bottelnek tot bo gery maar Erika het besluit om dit 'n mis te gee een geniet Leonico en Derrick se geselskap onder die pas op 'n stil plek waar die wind nie waai nie. Hulle nuttig ook 'n ietsie om te eet en drink koffie. 





Ek het verstaan dat ons vir Leonico en Derrick iewers tussen Bottelnek en Bastervoetslaan sal kry. Aangesien ek hulle nog nie tee gekom het nie, aanvaar ek dat hulle oppad ba die Bastervoetslaan sal wag. Dit het egter geblyk dat hulle by Bottelnek afgdraai het en aan die voet van die pas gewag het. 



Ek ry dus maar aan. Aangesien ek niemand teekom nie, besluit ek om aan te stoot na die bopunt van die pas. Ek het 2020 die pad saam met swaar in sy Fortuner gery, so ek het 'n goeie idee van die toestand van die pad. Die pad is rof maar nie te styl nie. Indien ek momentum behou word, kan ek aan hou met ry. Ek kry dit reg om voort te boenner en dit neem my 48 minute om die 5.5 km uit te klim.



Die sterk wind van agter het beslis gehelp om hierdie bult te oorwin! Net nadat ek die bopunt bereik, begin daar 'n paar groot reën druppels te val. Ek kruip agter 'n klip weg en so 15 minute later daag die ander ook daar op. Leonico maak dit ook tot bo met die bakkie. Die gebruiklike fotos word geneem en dan begin die terug tog aan gesien ons nie hier bo-oor ry nie, maar terug draai om nog die Barkley pas af te ry en vannaand in Elliot te slaap. 


Nou moet ons teen die wind in ry en so elke nou en dan word ons met 'n paar haal korrels en groot reën druppels getyster. Nadat ons weer by die R393 aansluit, raak die weerlig en donderweer ook al erger. Ons sien gereel weerlig strale en die wolke donder. Dit begin harder reën en ons raak nat. By die R56 draai ons links af Elliot toe.


Ons gaan die Barley pas teen 'n malle spoed af. My maksimum was 77 kpu terwyl van die ander tot 84 kpu behaal het. Gelukkig het dit ophou reën en die wind veroorsaak dat ons gou droog raak. Dit is darem ook nie te koud nie met 'n temperatuur van so 13 grade celsuis. Die laaste 10 km dorp toe is redelik gelyk en die ander laat my toe om die pas aan te gee sodat hulle nie vir my wegry nie. 


Na 9:21 en 115.33 km kom ons by ons bestemmimg vir die dag aan. Die ander het so 8 km en 'n half uur langer gery. Voorwaar weereens 'n besonder dag.






 




Saterdag 29 Oktober 2022

Suiddrak 20 Dag 3

Die groep kom 06:50 weg. Ek ry nie die eerste deel saam nie. Ek ry saam met Leonico en Derrick na die halfpad merk by die reunes net bokant Tena Head. Ons val net na 08:00 in die pad. Die pad is rof en dit neem ons 'n uur tot by die bopunt van Naudesnek. Ons 'n entjie anderkant af om 'n plek te kry waar die ondersteunings span ons kan in wag met koffie en beskuit. Terug na die Tena Head afdraai en deur na die reunes. Die pad is redelik tot waar die Traveres in kom. Van daaraf aan is dit baie rof. Ons is 10:00 daar en maak vuur. Die wind waai en dit is rederlik koud. Die hout is nat en die vuur sukkel! Ons oorweeg dit om die gaar tjops wat ons het net warm te maak indien hulle nou opdaag en die worst e braai vir later vanmiddag se beplande ontmoeting. Dit naderhand 11:00 en daar is nog geen teken van hulle nie. Intussen het die vuur darem behoorlik begin brand en ons kan die wors begin braai. 

Intussen ry die vier Carlislehoekspruit pas uit, maar dit gaan ook maar moeilik. Die gradient is kwaai en daar moet so hier en daar gestoot word. Verder is ek nie daar nie, so hulle kry nie soveel ruskans soos die vorige dae toe hulle vir my moes wag nie. Hulle gebruik toe maar die “verskoning” om te sê “kom ons wag vir Lippus" (my naam op die toer), wanneer hulle ‘n ruskans soek. Dit was pas nommer 10.


Dit neem langer as beplan om by die Tiffendale/Tena Head/Traverse se afdraai pad te kom. Verder is die pad ook baie rof wat hulle vordering kortwiek.

By die reunes besluit ek om in die pad aft e ry om te kyk wanneer hulle oor die bult kom sodat ek vir die ander kan laat weet hulle is oppad. So net voor 12:00 sien ek die eerste een oor die bult (wat seker so 10 minute weg is) kom. Dit was pas nommer 11. Ek jaag terug om die ander te laat weet. Daar word vining ge-eet en koffie gedrink. 

Na ‘n beraadslaaging word daar besluit om dit te oorweeg om net tot by die blou “container“ te ry en dan te besluit of ons die res van die dag se schedule gaan volg. Ons val 12:34 in die pad. Dit neem ons so ‘n half uur om bo te kom. Dit was pas nommer 12. Somme word gemaak en ons besluit da tons te laat gaan klaar maak indien ons by ons oorspronklike plan hou. Daar word dus ooreengekom om terug te gaan Tena Head toe, daar iets te drink en dan Rhodes toe te ry. 

By Tena Head aangekom kry ons die ander twee ook daar. Nadat ons die innerlike versterk het, val ons in die pad Rhodes toe. Ons skat dat dit ons so 2 uur sal neem om die net meer as 34 km af te lê. Die wind waai dat dit klap, maar gelukkig meesal van agter. By die Naudesnek aansluiting pomp die wind behoorlik. Ons neem ‘n paar fotos env al weer in die pad. Alhoewel die Mountain passes se teken hier is, is die hoogste punt so ‘n verdere 5 km in die pad af. Aanvanklik daal die pad maar dan klim hy weer ongeveer 2,600 meter. Hier word daar weer fotos geneem en dan begin die daling in alle erens.


Dit was pas nommer 13. Vir die volgende 10 km is dit ‘n adrenalien vullende jaagtog teen die pas af met sy al om bekende haarnaald draaie. Met ongeveer 15 km oor raak die pad gelyker, maar van hier tot in Rhodes is daar bykans 15 “pimples” wat dit moeilik maak om ‘n goeie gemiddelde spoed te handhaaf. Van die “pimples” is maar klein, maar daar is ‘n paar ernsiges ook. 

Alles verloop gelukkig goed en  ons bereik Rhodes teen 16:30. Ons stem almal saam dat dit die regte roep was om ons beplanning vir die dag aan te pas. Indien ons by ons oorspronlike gehou het, sou ons seker eers 19:30, in die donker en sonder ligte, klaar gemaak het.