Sondag 18 Maart 2018

Eroica SA 2018

I entered again for Eroica SA, which was scheduled to be held in Montagu again on 17 March. The principal behind Eroica is to organise race on the basis of the original Tour 'd France with not backup and on gravel roads. I entered for the long ride, which included Ou Berg Pass and about 95 km of gravel. The first 3 and the last 50 km would be tar.

It us a very low key event and although we were due to start at 07:30, we only got going at 07:46. We were probably about 30 riders who started the long ride and were led out of town by a blue prior 1960 left-hand drive De Soto!

I pumped my tyres to 5 bars in the hope of eliminating last year's two punctures. The gravel roads are generally in a good condition but it is all about selecting a good line and avoiding rocks and small sharp stones. The first 22 km to the beginning of Ou Berg Pass is undulating with a number of low water bridges to cross. The field spread out quite quickly and I am riding on my own. Up the pass I pass a couple of riders and two stationery riders who were sorting out a problem on one if the bikes.

It takes me 25 minutes to climb the pass of 5 km. After another 5 km we turn left towards Touwsriver. A further 5 km down the road is the first water table. Here we have a choice from modern day energy replacement products or "roosterkoek and pine-apple beer". I decided to go for the traditional stuff. Photo's are taken and a very relaxed atmosphere prevails. There were some riders there when I arrived and some more arrive while I am eating, including Sipo. It takes me 16 to get going again and 5 of us leave together.

The 5 of us quickly split into two faster guys followed by two mire and then me. The two front guys disappear into the distance, one guy stop with a cracked steering stem and I pass the other one after a while. The condition of the gravel road really is excellent with very few stones and the added benefit of a wind in our backs. At one point I was cruising along at 40 k.p.h. on a level road. Generally I managed to maintain about 30-35 k.p.h.

The riding is very enjoyable and the weather is perfect. It was quite cool before the pass getting as low as 13 degree centigrade, but now it is in the low twenties. We cycle past Leeuenboschfontein, where we spent a long weekend in December 2012 and 2013 with the family mountain biking and just generally relaxing.

At 85 km we link up with the R318 and from here to Montagu it is all tar. After a short climb we enjoy the pleasure if cruising down Rooihoogte. The next water table is at 96 km. Here we are treaded to "vetkoek" and mince together with some nuts, dried fruit, and dates. There even is a cold beer for those who would like one. I settled for coffee. Just before I left, Sipo arrived. The two "fast guys" from the previous water table is still here.

One leaves just before me. My stop took 27 minutes.

Shortly after leaving, the other "fast guy" passes me. The road is fairly level until we reach Burgers Pass, which once again is fast and furious. The last 25 km is easy pedaling with some minor undulations. After a while I notice the second rider in the distance. That gave me an incentive to pedal harder! As we reached the outskirts of Montagu, I had in my sights and realised that I can catch him. That happened in the main street. We cycled together and reached the finish but nit before we twice missed a turn off. On clocking in it transpired that we were the second and third in on the long ride.

What a wonderful day! Total time 6:41; distance 137 km.



A while after I finished Sipo arrived. I asked him to take a photo of me on front of the Erioca SA sign. We started chatting and when he heard I am going back Cape Town, he asked fir a lift. So Sipo and me ended up riding back to Cape Town and really had s good chat.




Cape Town Cycle Tour/Argus

Sondag 12 March 2018 breek aan met perfekte weer "take two" vir die 40ste Argus! Ek het besluit om net my fietsba die wegspring te ry en val 05:30 in die pad. By Doplpin Beach sluit ek by twee Noorweêrs aan en in Paadeneiland tel ons 'n groot groep op wat almal dieselfde idee het. My wedspring tyd us 07:17 en ek is 06:40 in my wegspring blok.

Ek is redelik naby aan die voorpunt met die wegspring en kom dus saam met die voorstes weg. My mikpunt is 3:15-3:30, my dae van sub 3:00 ry is lankal verby. Die veld spring redelik uit teen Oostelike Boulevard ek ry 'n gemaklike pas. Van hier tot by die bopunt van Edindurgrylaan gaan dit net oor die handhaaf van 'n goeie pas. Teen Eynbergheuwel af is dit belangrik om in 'n goeie groep te kom vir die "drag" tot by Weslake Gholfbaan. Daarna is dit weer net vastbyt tot by Smitswinjrlbaai. Ek gaan op 1:06 verby Jubilee Square in Simonstad, wat vinneger as vorige jare is.

Die klim teen Smitswinjelbaai se bult verloop goed en aan die bopunt hak ek by 'n tandem aan en laat waai. Teen die eerste bult los en hulle en druk voort. Die pas us altyd redelik hoog verby Scarborough. Daarna is dit weer 'n geval van goeie pas handhaaf en byhou by vinneger manne.

Ons spry weer uit teen Osceanview se bult, gevolg deur groeps ry tot aan die voet van Chspman's Peak. Dit is hierdie stuk waar ek die enigste "oomblik" van vanjaar se wedren sien tot 'n ryer so tien meter voor my skielik links en dan regs swek. Gelukkig is daar geen nagevolge en almal ry rustig voort.

Ek tel weer 'n tandem op en waar ek gewoonlik vir hulle wegry teen die bult op, handhaaf ons dieselfde pas teen Chappies uit. Ons is saam bo-oor en anderkant af deur ba Suikerbossie. Iewers langs die pad verloor ek hulle en ry op my eie Suikerbossie uit. Ek handhaaf steeds 'n goeie pas maar ons word 'n klein bietjie opgehou deur 'n Noord Wester wat sedert Scarborough van vooraf druk, gelukkig nie te ernstig nie.

Daar kom 'n vinnige manne by my verby en ek hak weer by hulle aan. Elke nou en dan moet ek so 'n ekstra poging insit om by te hou en is darem suksesvol. Ons ry almal saam en ry dat dit klap deur Seepunt en tot by die einde.

Tyd 3:25. Ek sou graag 'n beter tyd wou ry maar ek weet ek het my beste gegee en is tevrede met die tyd.

Nadat ek ontspan het en ietsie te ete en drinke in die Ikey (UCT) Alumni tent gehad het, vat ek die pad terug Blouberg toe


Sondag 11 Februarie 2018

Tankwa Trek Dag 3

Ek het beter as die vorige nag geslaap maar is net na 04:30 wakker. Gaan maar deur roetine en is 06:20 by die wegspring. Ons is weer in groepe opgedeel, maar vandag spring almal gelyk weg aangesien die eerste 32 km op distrikpad is en die groepe goed uitgesorteer behoort wees wanneer ons by waterpunt 1 kom.

Rk het die eerste dag vir Coen de Bruin, wat in 2014 die eerste 600 km van die Freedom Challenge saam met my gery het, raak geloop. Die Tankwa Trek is sy eerdte wedren na 'n rugoperasie!

Die padoppervlak is goed en die pas is warm. Daar is 'n paar skerp kort bultjies wat help om die groepe goed uit te spry. Ek ry lekker en gee self 'n paar keer die pas aan. Ons bereik waterpunt 1 na 1:14 teen 'n gemiddelde spoed van 26.1 kpu. Ek vertoef so 3 minute.

Wat volg is van die beste enkelspoorpaadjies in Suid Afrika! Dit bergfiets ry se hemel op aarde. Die paadjies, wat spesiaal deur die eienaar van Houdenbeck gemaak is, kronkel deur die veld en tussen die wonderlikste rotsformasie van hierdie area, wat baie ooreenstem met die Sederberge. Die pad oppervlak is oor die algemeen lekker glad en ek geniet myself gate uit! Ons ry verby 'n paar damme wat nie 'n drippel water in het nie!
Die tweede gedeelte van die skof tussen waterpunt 1 en 2 is ook enkelspoorpaadjies maar meer bestaan paaie wat vir ons aan gepas is en gedeeltes van ou en minder gebruikte jeeptracks, maar nog altyd baie lekker en uitdagend. Dit neem my 1:24 om die 23 km tussen waterpunt 1 en 2 af te lê.

Net nadat ek weer begin ry het, kom Coen de Bruin by my verby teen so 'n spoed dat ek nie eers by hom kan "aanhak" nie, maar kan hom darem in die oog hou. Twee manne kom by my verby en ek hak by hulle aan. Na so 'n kwartier se ry vang ons vir Coen! Ook nie lank nie of drie ouens, wat almal dieselfde tops het, sluit by ons aan. Hulle drie en ek en Coen begin saam ry en laat die ander manne agter. Ons handhaaf 'n goeie pas met die drie manskap wat die pas aangee en ek eb Coen wat die agterhoede dek. Ons gaan ook by 'n hele aantal manne verby. Ons ry so saam tot by waterpunt 3. Dit het ons 47 minute geneem om die 16 km af te lê. 

Ons is almal omtrent gelyktydig reg om weer te ry, maar ek kom voor die res weg. Ek ry aanvanklik redelik rustig met die doel dat ons weer 'n groep kan vorm. Ek ry onder andere by Andrew Keevy, met wie ek Vrydag so lekker oor musiek gesles het, verby. Na 'n stylerige bult draai ons weer af op 'n enkelspoorpaadjie. Ek sit net voor die afdraai 'n ekstra poging om voor 'n stadiger ryer op die paadjie te kom. Ek handhaaf 'n lekker maar die ander manne kom nie by nie. Ek besluit om aan te druk. Hulle dal my seker gou inhaal. Ons bly op enkelspoorpaadjies en ek kry dit reg om by 'n paar stadiger manne verby te kom. Dit gaan so aan tot ongeveer so 7 km van die einde af en nog steeds sien ek nie my "spanmaats" nie. Ek weet die einde is redelik tegnies en ek wil nie agter 'n ryers, wat nie tegniese dele goed kan ry nie, vasgevang word nie, met die gevolg dat ek ander ryers verbygaan waar due geleentheid hom voordoen. 

So kom ons by die laaste gedeelte, wat diedelffe is as die eerste dag se einde, aan. Teen die tyd is ek aan die voorpunt en kan ek my eie pas handhaaf. Dit bly so to op die einde en ek voltooi die 84 km in 4:24. My "maats" kom ongeveer drie minute na my by die einde aan.

So eindig nog 'n besonder aangename Trakwa Trek. Ek sal beslis daaraan moet werk om te kyk of ek nie weer 'n borg kan kry nie.

Tankwa Trek Dag 2

Ek was weer vroeg op en moes weer my fiets se agterwiel pomp. Gelukkig het ek afgeskuif na groep C waar beter sal inpas. As gevolg van opeenhopings probleme by Du Touts Drop, wat binne 10 km bereik sou word, is die gapings tussen die groepe vandag 7 minute. 

Vandag ry ek redelik in die middel van die groep. Ons handhaaf 'n goeie pas en hoe nader ons aan Du Toits Drop kom hoe meer begin sekere mense "jokkie" vir 'n goeie posisie. Dit egter nie veel nie want daar is wel 'n opeenhoping reg aan die begin, gelukkig nie te ernstig nie. Redelik naby aan die begin is ek in 'n baie interessante voorval betrokke. Die ou voor my sukkel 'n bietjie en ek ry stadiger om meer spasie tussen ons te skep sodat ek my spoed beter kan aanpas. Die ou agter my kom egter te vinnig aan en stamp my met die gevolg dat ek vooroor begin val. Hy is egter reeds van sy fiets af en vang net voordat ek heeltemal vooroor val en sit my netjies langs my fiets neer! Van toe af noem ek hom "catcher"! Du Toits Drop us regtig 'n hoogtepunt. Dit us redelik tegnies dn die paadjie is redelik uit gery met die gevolg dat rk hard moet konsentreer en versigtig moet wees om seker te maak ek verloor nie beheer oor my fiets nie.

Die roete van die onderpunt van Du Toits Drop deur waterpunt 1 en 2 tot aan die voet van die ou wapad is lieflike enkelspoor paadjies deur die veld met heelwat kleinerige klimme en afdraandes. Baie lekker om te ry teen 'n gemiddelde spoed van ongeveer 16 kpu.

Met die aanvang van die ou wapad begin ons ernstige klimme van die dag. Vir die volgende 2:15 gaan die pad bykans heeltyds op. Na een uur is ons by waterpunt 3 aan die voet van Marino Monster. My gemiddelde spoed was 11 kpu. Nou vir die Monster. Verlede jaar was ek verplig om 'n entjie te stoot. Vanjaar is ek vasberade on tot bo te ry. Die Monster is ongeveer 8 km lank vanaf waterpunt 3 tot bo by waterpunt 4. Die gemiddelde gradiënt is 8.7% met 'n paar sukke van meer as 20%. Dit is 'n "grind" en met 500 meter na die waterpunt kom die angel in die stert met 'n paar haarnaalde en kwaai teer stukkie wat kwaai klim. Van bo is daar 'n asemrowende uitsig oor die Ceres vallei.


Na 6 minute durf ek die oad af aan. Aanvanklik is die pad, wat baie styl is, met sementblokke uitgepak. Na 'n rukkie word ons egter afgely op 'n baie rowwe enkelspoor paadjie teen die berg af. My spoed wissel so tussen 5 en 18 kpu. Ons is drie wat redelik versigtig is, maar elke nou en dan kom daar 'n paar wilde manne by ons verby. Niemand val gelukkig nie, so die ouens kan ry!
Wanneer ons by 'n distrikspad aansluit gaan dit baie beter. Ek is egter deur twee baie versigtige manne net voor die einde opgehou met die gevolg dat ek die tres van die pad alleen moet ry. Ons word weer afgely na enkelspoor paardjies deur die veld en ek geniet myself gate uit. Na 6:11 en 87 km is die wedren verby. Dit was voorwaar 'n besondere dag op die fiets.

Tankwa Trek Dag 1

Een van my kliënte het my vanjaar weer vir die Tankwa Trek geborg. Ek het Donderdagoggend my laaste oefen rit gehad en het net na 13:00 begin oppak. Toe ek egter by my fiets kom is my agterwiel heeltemal pap! Ek het nou al 'n hele rukkie probleme net die wiel, maar besluit om hom op te pomp en ekstra "sealant" saam te neem. Ek kry heelwat trokke op due pad en kom eers na 16:00 by Kaleo, aan die bopunt van Gydopas, aan. Kry 'n tent in die skadu baie naby aan waar ek verlede jaar was. Dra al my begasie tent toe, insluitend my fiets. Die agterwiel is nog styf, maar nie soos toe ek by die huis weg is nie. Ek besluit om 'n kans te vat en weer te pomp net voor die eerste dag se wedren begin. Ons het 'n heerlike aandete van skaapboud, hoenderpastei, rys, pampoen tert, blomkool en brokkelie, mengelslaai, afgerond met 'n keuse van verskillende soetgoed as nagereg.

Ek het my wekker vir 04:45 gestel, maar die nense begin al net na 04:30 beweeg. Na ontbyt pomp ek my agterwiel en sit af na die wegspring. Vir een of ander onverklaarbare rede is ek groep A ingedeel. Ek besluit ek sal maar agterlangs staan en die vinnige manne voor laat ry. Dit is toe ook so en na 2 km is ek heelagter saam met 'n paar ander stadiger manne. By die eerste bult gaan ek 'n paar van hulle verby. Na 20 minute kom die voorste manne van groep B by my verby.

Die eerste deel van die roete is "jeep tracks". Dan volg goeie en redelike tegniese "single tracks" wat aanvanklik die ou ossewa roete na die Witzenbergvallei volg. Ons ry op en af oor die uitlopers van die berg en moet hard konsentreer as gevolg van die tegniese graad van die roete, maar dit is 'n asngename uitdaging. Na 23 km kry ons die eerste waterpunt wat gevolg word deur nog tegniese "single tracks" oor die rante. Dan draai ons links en dan in 'n suidwestelike rigting na die westekant van die vallei na waterpunt 2.

Dit word gevolg deur die aanloop na die groot klim van die dag, deur 'n dennebos toe bo-op die berg wat die Witzenbergvallei van die Tulbaghvallei skei. Baie klim werk en 'n paar baie rowwe gedeeltes tot bo-op die top wat gepaslik die "Pearly Gates" genoem word!
Anderkant af is lekker tegnies en uitdagend, maar alkes is rybaar behalwe vir ongeveer 30 meter wat net te styl en te veel los klippe het. Dit bring ons by waterpunt 3.

Na so 'n paar kilometer op 'n teerpad sluit ons by die roete aan waarmee ons gekom het oor die ou ossewapad oor die nek na die bopunt van die Gydopas en waterpunt 4. Op hierdie gedeelte sluit daar twee manne by my aan wat einde verlede jaar die Munga gedoen het. Ons gesels so 'n bietjie daaroor en hulle sê hulle ry banjaar weer! Nou is dit die "drag" huistoe! Ons vorm 'n "trein" van ongeveer 7 en laat die wiele sing. Die laaste 2 km is deur die rotse bet agter Kaleo. Redelik tegnies en ongelooflik mooi.

Na 5:29:48 voltooi ek die dag se 83 km in 189de plek. Baie lekker en my agterwiel het gehou!


Terwyl ek die middeg sit en onspan, ontmoet ek vir Andrew Keevy wat in Atlantic Beach, so 10 km noord van my, bly. Ons gesels veral lekker oor die feit dat die populêre musiek van die 60's en 70's net soveel stukke beter is as vandag se musiek.


Attakwas 2018

Ek en Hoffie Conradie sou vanjaar weer die Attakwas saam gedoen het, maar hy moes onttrek as gevolg van werk verplgtinge. Ek het toe vir Coenraad Fick, wat vanjaar die Trans Baviaans saam met my doen, genader en aangesien dit op sy "bucket list", het hy die uitdaging aanvaar.

Ons het Vrydag so ongeveer 13:00 weggekom met my broer as bestuurder om die motor na die eindpunt te neem.

Ons was net na 18:00 in Oudtshoorn en braaivlies benodighede by Spar gekoop, geregistreer en deur gery na Kranskloof waar sou oornag. Daar aangekom ontdek ons dat daar net 'n dubbelbed en 'n enkel bed! Ek en Coenraad moes toe noodgedwonge die dubbelbed deel. Die braaivleis en geroosterde broodjies het goed afgegaan en ons teen 22:00 in die bed gekom.

Die wedren het 06:30 begin, dus was ons vroeg op om betyds by die wegspring te wees. Ek het in groep C weggedpring en Coenraad in D (omdat dit sy eers Attakwas was). Die groepe het 5 minute uit mekaar weggespring.

Die eerste paar kilometer is altyd maar stowerig en baie ryers, maar vanjaar was marginaal beter en ek het gou 'n lekker ritme gekry "laat waai". Een van die interessante dinge van die wedrenne is dat gewoonlik groepe van ryers wat van soortgelyke strekte is, ontwikkel. Dan kom hulle by jou verby en dan gaan jy weer by hulle verby en so karring ons voort. Ons is nou meesal op paadjies wat die boere gebruik om deur hulle kampe te ry. Die laaste gedeelte voor die waterpunt is 'n goeie distrikspad.

By die eerste watertafel stop ek gou bir 'n glasie Coke en ietsie om te eet. Allewyn, 'n vriend van my skoonseun Wynand is hier aan diens). Nou is ons weer op tweedpoor paadjies deur die veld en die gehalte raak al rowwer. Ons kry ook ons eerste groot bult wat later so rof raak dat ek moet af klim en stoot. Daar is darem so een of twee ouens wat dit regkry om momentum te behou en tot bo ry. My pas is goed en ek kom by waterpunt 1 aan op 'n tyd waarmee ek tevrede is. Later sal dit blyk dat ek teen die tyd al 2 minute verloor het op verlede jaar! Soos verwag is my broer hier om te kyk hoe ek vorder.

Tot dusver was die weer perfek met 'n tedelije temperatuur en wolke ander kant die berg. Dit het die vorige dag aan die seekant van die berg gereën. Die roete begin nou moeiliker en meer tegnies raak en op 'n paar plekke is ek verplig om af te klim en te stoot. Nadat ons oor die top van die berg is, raak die grond ook nat. Daar was die vorige week 'n brand en die werêld is pikswart. Selfs die sand is swart! El ry lekker en vorl en vol vertroue dat ek my 8 uur mikpunt sal haal. Ek geniet die afdraand na die Spur stop wat deeldae rybaar us. Ek us geskok om te sien hoe min water daar in die rivier is waar ons moet deur voor die stop!

My fiets word skoon gespuit, die ketting word ge-olie, ek eet 'n Spur pattie, maak waterbottel vol en spring in die pad. Die padoppervlakte is klam en modderig! Vordering is goed, maar die klam oppervlak vertraag die pas. Die algemene trajek is ook op! Die modderige pad bemors die fiets maar is gelukkig nie so dik dat dit op die bande aan koek nie. By waterpunt vier is daar mense met emmers vol water en borsels om die fiets skoon te maak. Die eetgoed is baie lekker en daar val so elke nou en dan 'n ligte misreëntjie.

Net na hierdie waterpunt daal ons met 'n baie tegniese "single track" na 'n rivier wat lekker loop met die gevolg dat my fiets mooi skoon is toe en anderkant uit kom. Ongelukkig word dit opgevolg deur dik pikswat modder! Die distrikspad daarna het ook 'n dun laagie modder, so van dik stof oor die eerste gedeelte is ons nou vol modder. 'n Regte gemors!

Ek kom ook skielik agter dat ek ongeveer 'n halfuur agter my tyken tyd is! Moet maar aanstoot en kyk of ek 'n bietjie tyd kan opmaak oor die laaste 20 km. Gelukkig is ons 'n paar manne wat lekker saamwerk en handhaaf 'n goeie pas. Dit is met groot blydskap dat ons die laaste paar draaie aandurf en dan due sement paadjie na die eindstreep. Ek maak in 8:31 klaar. Nadat dk my tye met verlede jaar vergelyk, blyk dit dat ek orals 'n bietjie tyd veloor het maar die groot probleem was tussen waterpunt 3 en 5 waar ek 20 minute verloor het.

Coenraad maak in 10:24 klaar nadat hy ernstige probleme met krampe ontwikkel het.


Vrydag 29 Desember 2017

Rawsonville na Bloubergstrand

Ek het die vorige aand gereël vir ontbyt in my kamer en ‘n “lunch pack”. Dit is net na 21:00 afgelewer en ek was teen 21:45 in droomland totdat my wekker my 04:45 wakker gemaak het. Ek was redelik tydsaam en kom 05:55 weg.

Ek besluit om eers ‘n draai by die garage te gaan maak om my fiets se wiele op te pomp. Ook maar goed, want die agterwiel was redelik pap. Daarna volg en ‘n grondpad uit die dorp oor die Deetlifs Landgoed. Dit loop egter in ‘n sirkel na die verbindings pad met die R101. Net nadat en op die verbindings pad is, is daar ‘n goeie grondpad na links en ek besluit om ‘n kans the vat. Die pad kronkel deur die wingerde en plase. By een van die opstalle kry ek ‘n paar mense en hulle bevestig dat die pad deurloop na die R101. Dit is toe ook so en ek sluit by die R101 aan net voordat die pad by die N1 aansluit.

Van hier moet ek noodgedwonge die N1 volg tot by die weegbrug waar die ou pas links afgaan. Daar gekom besluit ek om eers ‘n breek te neem en te kyk wat alles in my “lunch pack” is. Ek eet ‘n eier, kersie tamaties, ‘n toebroodjie en ‘n stukkie vleis. Na 15 minute val ek weer in die pad. Die pas is redelik stil, maar daar kom tog ‘n paar voertuie en vragmotors verby, een ‘n bietjie naby na my sin! Dit neem my 48 minute om die 7 km tot by die bopunt van die pas af te lê. Die bene is vanoggend redelik tam na gister se 193 km en die stere is baie gevoelig! Anderkant is ek redelik verbaas om te sien dat al die dene bome afgekap is. Toe ek drie jaar gelede hier af is was die hange van die berg bedek met bome. Nou is alles kaal en dit is dus baie maklik om die kronkel paadjie vir die aansluiting by die Beulah pad te volg.

Ek besluit om in Wellington te stop vir ‘n koffie of ‘n koeldrank, maar toe ek deur my sakkie gaan waarin ek gewoonlik ‘n noot of twee bêre gaan, kry ek niks. Ek is toe maar verplig om net my waterbottel vol te maak. Net nadat ek oor die Lady Loch nou bruggie is, trek ek af en neem weer ‘n ete breek. Die keer eet ek weer ‘n eier, van die bruin saadbrood, die druiwe en ‘n “cheese griller”. Na 15 minute is ek weer aan die gang, maar die energie vlakke bly vanoggend laag. Die seer stere maak dit oor nie makliker nie. By die R45/R44 kruising draai ek regs en ry tot by die Agter Paardeberg afdraai. Na 2.5 km draai ek links op die Langvlei pad.

Die nood druk en by die volgende kruising hou ek stil vir, onder andere ‘n nommer 2 gemaks breek! Na 11 minute is ek weer aan die gang. Hierdie pad ken ek baie goed en ry ek gereeld wanneer ek vir ‘n lang wedren oefen. Dit loop oor Middelburg en Leeuwendans en sluit by die Slentpad, wat Paardeberg met Klipheuwel verbind, aan. By Leeuwendans se bestuurder se huis maak ek weer my waterbottel vol. My stere en bene protesteer en by die Occultdale afdraai stop ek weer om net ‘n bietjie te rus. Na ‘n rukkie kom ek weer aan die gang. Die Occultdale pad sluit by die M58 (Adderleypad) aan en dan draai ek af na Malanshoogte. My water is min en die watersak in my rugsak is ook leeg met die gevolg dat ek by Faircape stop om water te kry.

Die einde is nou is sig met net Malanshoogte waar ek nog oor kom moet word. Ek “grind” die bult uit en geniet die afdraand na die Vissershok vierrigting stop waar en regs draai na die N7. Ek ry oor die N7 en met die ou brug oor die Dieprivier. Net naderkant die brug volg ek ‘n plaaspad wat my deur neem na Sandownweg toe. Dan al langs Sandownweg langs tot by Sandown Retail Crossing. Die teerstrate agter die sentrum is meesal klaar maar nog nie oop vir verkeer nie, maar dit is maklik om met ‘n fiets by die versperrings verby te kom. Na ‘n stukkie deur die veld kom ek by die pad uit wat die verlenging van Big Bay Boulevard is en my dit neem huis toe. Ek is net na 15:30 by die huis. Moeg en dankbaar!


Data: Afstand 111.49 km; Tyd 9:40:24; Klim 1,256 meter; Daal 1,426 meter; Maksimum temperatuur 40 grade Celsius!