Die mikpunt is 500 km oor 4 dae. Die roete: Blouberg-Ceres-Mount Ceder-Citusdal-Blouberg.
Akkommodasie is gedurende die week uitgesorteer.
Dag 1
Ek val Saterdag 24 Oktober 05:00 in die pad. Ek wou oor Leeuwendans ry, maar besluit Vrydagaand ek hou aan met Slentpad, oor R45 direk tot by Haazendal pad. Die laaste stukkie is oor 'n plaas maar ek het al baie daar deur gery en nog nooit probleme opgetel nie. Vandag is my "gelukkig" dag en ek loop 'n plaas bestuurder raak. Hy sĂȘ fiets ryers is welkom om daarlangs te ry, so nou weet ek vir die toekoms!
Die 68 km tot by R45 was meesal teer, maar nou is dit grond tot by Gouda. Die laaste deel langs die spoorlyn af. Hier loop ek 'n groot poel water raak wat my noodsaak om 'n entjie op die spoor langs te ry. Anderkant Gouda tel ek 'n grondpad langs 'n kanaal wat parrallel met die R46 loop, op. Nie te ver nie dan kom ek by 'n sementwal en moet dan my fiets op my rug sit om by die ou Nuwekloof pad uit te kom.
Dit is net rybaar met 'n moerraserigge gedeelte tot waar dit deur die berg gaan. Hier is die brug wat die oor die treinspoor geneem het nie meet daar nie en ek moet weer spoorlangs. Gelukkig geen treine vandag.
Die res van die pad is alles teer tot in Ceres. Ek stop langs die pad vir middag ete en in Mitchellspas, wat 'n paar "stop and go's" het, vul ek my waterbottel met lekker berg water.
Na 153 km en 9:28 se ry, kom ek ny Palmboom Gastehuis, my blyplek vir die aand, aan. Lekker dag se oefening.
Day 2
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking