Die kombuis maak eers 08:00 oop en ek moet ontbyt eet voor ek die dag aanpak met die gevolg dat ek eers 08:44 aan die gang kom. Die begin is intimmiderend! 6.05 km; 510 meter se klim; gem 8.4; maks 18.7 grade! Dit neem my 1:15 om tot bo te kom. Die uitsig vorentoe lyk ook moeilik, maar daar is darem 'n lekker afdreand voor die tyd. Die volgende klim is net so lank maar nie so styl nie. In die eerste 3 uur lĂȘ ek net 22 km af. 5 km daarvan was die afdreand teen 31 kpu wat net 10 minute neem! Daarna stop ek by Kromrivier vir 'n Coke, koffie en "chicken mayo" toebroodjie. Na 40 minite is ek weer aan die gang.
Die klim uit Kromrivier is ook nie net 'n fulletjie nie maar darem nie so lank en styl soos daardie eerste twee nie. Ek stop by Dwarsrivier om my waterbottel vol ys te maak. Die pad van hier tot aan die begin van Uitkykpas en veeleisend. Redelik gelyk maar wind van voor en moeilik om goeie momentum te handhaaf. 19 km in 1:30. Uitkykpas is van net voor die bokant tot anderkant die Jamaka afdraai geteer! Dit word gevolg deur Nieuwoudtpas. Albei passe in baie lekker van oos na wes want ek kom van 'n platoo af. Die klim van wes na oos sal beslis 'n ander storie wees.
Met al die afdreades klim my gemiddelde spoed en wanneer ek op 76 km links draai Citrusdal toe staan dit op 11 kpu. Die volgende 12 km is grond wat dan teer raak. Die teerpad is redelik sieldodend met 'n paar lastige heuweltjies oppad Citrusdal toe. Daar is ook 'n ligte bries van voor.
Na 103 km en 8:55 met 1,755 meter se klim, arriveer ek by my blyplek vir die aand. Goeie dag se oefening!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking