So ons is in Milan! Dit was maar 'n lang dag waarvan ons vir 8 uur op Dubai moes oorstaan. Danie het darem vir ons twee lekker sterk koppie koffie by Starbucks gekry vir R240! Paul se koffie winkel wou R 125 per koppie hé. Dan kon darem sit en by Starbucks wad dit wegneem koffie! Die restourante op Dubai is on bekostig duur vir ouens soos ons. R600 vir 'n burger met chips!
Ons het net na 14:20 in Milan geland. Vinnig uit die vliegtuig gekom en staan in die ry waar jy paspoort self laat "scan" en dan deurstap. Alhoewel die bordjie bo die ingang "third party passports" aandui werk die nie op SA paspoorte nie, dus terug na die ander laaaang ry. Ons was seker net na 15:00, nou gaan dit lank vat. Die "onderbreking" laat my darem toe om my esim te koop en te aktifeer. Daar is 6 elktronies "scanners" maar net 4 paspoort be-amptes en van hulle lyk asof hulle ekstra lank neem net om ons geduld te toets! So laat een van hulle 8 mense deur terwyl die een in wie se ry ons is amper 5 minute neem om die man voor ons deur te laat en dit sonder om hom een vraag te vra! Ons is darem binne twee deur.
Buite die deur wag ons fiets bokse vir ons. Myne in binne 10 minute aanmekaar. Op die stadium het Danie darem sy voorwiel in maar sukkel nog met sy saal. Ons reël dat ek so lank gaan kyk of ek nie blyplek, teen 'n trdelike prys, naby die lughawe kan kry want ons will môre oggend die trein La Specia hier haal. (Ook maar goed dat ons nie voorthegaan het mer die plan om dadelik die trein te haal nie, want met die paspoort oponthoud sou ons nie voor 12:00 daar aangekom het nie).
Ek monteer my selfoon op my fiets en soek die naaste blyplek teen 'n redelike prys. Ek kry 'n oulike gastehuis, maar hulle werk net met internet besprekings en ek wil nie daarvoor wag nie. Die volgende in 'n hotel, maar hulle is vol. Ek besluit om maar terug te ry en vir Danie te kry sodat ons saam kan soek. Ons identifiseer 'n Ibis maar kan hom nie op GoogleMaps kry nie! Ons ry en sodk maar. Die volgende hotel, 'n Holiday Inn Express is ook vol. ons ry in 'n klein sy straatjie af en loop 'n klrinerig hotel met 'n restouranr, raak. Alles bot toe maar die ingang na die kamers is oop. Met toe ons wil ry kom 'n ou omie by die boordeur uit. Op navraag bevestig hy dat hulle plek het. By ontvangs help Philipe ons en ons is geholpe met verblyf en 'n plek om te eet.
Soos eindig dag 1. Môre sal ons sien watter verrassing dag 2 inhou. Ek het die roete noukeurig beplan en 'n het 'n rowwe tyd skedule maar ons gaan elke dag at soos dit kom. Ons gaan ons nie laat "stress" deur by 'n vooraf bepaalde skedule te hou nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking