Dit het deur die nag baie gereent! Ek word 07:00 wakker en vang 'n vinnige stort. Eet Weetbix vir ontbyt en maak vir ons "plunger" koffie. Toe ons wil ry reën dit so hard dat ons eers moet wag om in die motor te klim!
This was in preparation for the Freedom Challenge Race Across South Africa (FCRASA)which I completed in June 2014 and 2019. Ek is die eerste persoon oor 70 jaar wat RASA voltooi het. In June/July 2026 I plan to do the FCRASA again at age 77. This I achieved by finishing in 24 days 11 hours on 3 July 2026 at age 77 and 10 months.
Saterdag 30 Oktober 2021
Oranje Avontuur Dag 2
Oranje Avontuur Dag 1
Die groot dag het aangebreek. Leonico en Derick tel my 14:00 op. Ons is nou net drie en die Land Cruser lyk klaar asof ons Afrika gaan aandurf. Nou-ja ons gaan mos Lesotho aandurf! Dit gaan interessant wees om te sien hoe dit gaan lyk wanneer ons 6 is met vier fietse en al die begasie!
Donderdag 14 Oktober 2021
CTCT nommer 30
10 Oktober 2021
Die 2021 CTCT is verskuif vanaf Maart na 10 Oktonber as gevolg van Covid-19. My voorbereiding het goed verloop e nek is reg vir die groot dag.
Ek her besluit om weer met ny fiets in te ry stad toe en val dus 05:20 in die pad om seker te maak ek is betyds vir my 06:47 wegspring tyd. Ons is veronderstel om ‘n “rolling start” te hé, maar die begin is nie vee lander as in die verlede nie. Die groep is net ‘n bietjie kleiner. Terwyl en so staan en wag sien ek Hoffie Conradie, wat ‘n gedeelte van BB2BB en ‘n Trans Baviaans saam met my gery het, staan langs my in die wegspting blok. Klein wêreld!
Ons spring presies 06:47 weg.
Die weer is baie gunstig e nek het ‘n baie aangename rit. Ek verloor so ‘n paar bondels, maar kry dit dare mook reg on by ‘n paar te hou. Ek klim Smitswinkel teen ‘n goeie pas en gaan by heelwat deelnemers verby.
Deur Scarborough en Misty Cliffs is ek redlek alleen, maar na Ocean view se bult val ek weer by ‘n lekker groep in. Teen Chapman’s Peak rye k my eie pas en haal weer ‘n paar mense teen die bopunt in. Ek ry redelik alleen deur Houtbaai en teen Suikerbossie op.
By Llandudno aft el ek weer ‘n lekker groep op en van hier tot by die eiende gaan die goed.
‘n Kenmerk van vanjaar se wedren is die gebrek aan “voorvalle”. Niemand het naby my geval nie en daar was nie eers gevalle skielike gerem nie. Baie lekker ger yen tevrede met my tyd.
Na die ty dry ek rustig huis toe en kim 11:50 daar aan.
Imbuko Big 5
18 September 2021
In 2020 het ek probeer inskryf vir die Imbuko Big 5, maar word toe in kennisgestel dat hulle nie inskrywings van persone oor 70 aanvaar nie. Vanjaar het ek besluit ek moet kyk of ek nie wel aanvaar kan word vir die uitdaging nie. Na ‘n bietjie korrespondensie en oorreding, besluit hulle toe wel om my inskrywing te aanvaar. Imbuko Big 5 verwys na die 5 groot klimme van die roete van 75 km. Dit vorm ook deel van een van die Cape Epic se skofte.
Ek reël met Johann de Bruyn om hom op te tel en ons kom so net na 06:30 by Imbuko aan. Die wind waai ‘n snot skoot, maar verder lyk die weer goed.
Die wiele begin op die kop 07:00 rol. Aanvanklik is dit afdraand en dan op ‘n redelik gelyke teerpad tot op 3 km en dan begin die eerste klim vanaf ‘n hogte van 140 meter. Ons klim oor die volgende 12 km na 749 meter, al teen die hange onder Du Toitskloof pas. Dit is ‘n gemiddelde van 50.75 meter se klim per km gery! Die paaie is hier meesal ou bosboupaadjies. Die eerste 3 km is redelik en ons klim net 60 meter. Oor die volgende 8 km klim ons 530 meter, ‘n gemidelede van 66 meter per km. Dit is rof is enige taal! Verder waai die wind meeste van de tyd reg van vooraf! Dit neem my 1:30 om die eerste 15 km af te lê. Van die bopunt, net onder waar die pas oor die kruin gaan, daal ons oor 4 km af na 372 meter en die eerste waterpunt.
Wat afgaan, moet weer opgaan en ons begin sommer onmiddelik weer klim. Die wind is darem nou van agter! Ek het ‘n probleem met my ketting, wat eintlik vervang moet word, en die val elke nou en dan af. Ek moet dan maar stilhou en dit weer opsit. Die klim is 4 km lank en ons styg 300 meter. Dus omtrent 75 meter per km. Dit word al erger! Dit neem my 45 minute om die 4 km af te lê. Na 2:35 het ek net 24 km gery. Dus ‘n gemidelde van 8 kpu! Die paadjies is hier oor die algemeen “single tracks” wat spesiaal vir fietsry uit gelê is.
Oor die volgende 7 km daal ons weer 460 meter., reg vir die volgende klim! Dit is 13 km lank met ‘n “dip” na 4 km en ‘n total styging van 560 meter. Ons is nou redelik hoog op teen die Lemietberg net agter Wellington. Vanaf 44 tot 51 km daal ons weer ‘n vinnige 550 meter oor 7 km. Ek het agter gekom dat my ketting probleem minder ernstig is indien ek ‘n redelik spanning op die ketting handhaaf. Dit het tot gevolg dat ek harder as normal moet trap, maar dit help om die frustrasie van ‘n ketting wat gedurig af val, te beperk. Nou het ons darem al drie van die Groot 5 agter die rug. Totale afstand staan op 51 km en ek ry al 5:15. Ek kry dit net nie reg om my gemiddelde spoed bo 10 kpu te kry nie!
Ons is nou in die meer bekende deel van Welvanpas en die paadjies teen Groenberg se hange net bo Val du Charon. Hulle het dit egter goed gedink om ons op te laat ry waar ons gewoonlik af kom. Dit was nogal ‘n uitdaging met die gevolg dat daar heelwat “gestoot” is in plaas van net te ry. Dit neem 40 minute om 5 km te ry! Ander kant af is daar baie los gruis met die gevolg dat ek ook maar stadig die bult af ry.
Onder in die vallei verminder die klim voor ons die aanloop na die laaste klim begin. Die bopunt van die klim is redelik hoog op teen Beulah se bult, maar ons pak hom aan met dieselfde pad waar ons na vanoggend se eerste klim af gekom het. Ons klim dan van 60 km en 215 meter na 508 meter oor ‘n afstand van 11 km. Heel skaflik aan die einde van so ‘n dag! Daar is ook ‘n lekker “dip” van 65 na 68 km. Die draaipunt is op 71 km en dan is dit 4 km afdraand Imbuko toe! Ek voel heel self voldaan dat ek hierdie uitdgaing suksesvol agter die rug gekry het.
Totale tyd 7:46; afstand 75.5 km; klim 2,768 meter en ry teen ‘n gemiddelde spoed van 9.7 kpu. Ek eindig 162 uit 168 deelnemers wat klaar gemaak het. Daar het net drie persone ouer as 60 die wedren voltooi en ek was die derde een.
Woensdag 08 September 2021
2021 Trans Baviaans Repeat
Na die aanskuif en latere kansellasie van die 2020 Trans Baviaans, kon ons weer die kloof in 2021 aandurf, maar weereens nadat die datum met twee weke aangeskuif is.
Alles was dus gereël vir die naweek van 4 September. Ek en Johann de Bruyn vertrek met sy motor, saam met Danie Kotze wat as ondersteunings bestuurder optree, op Vrydagoggend 3 September uit die Kaap weg. Ek het vir Danie 07:30 opgetel en ons was 08:15 by Johann. Nadat die fietse opgelaai is, vertrek ons vanaf Pinehurst. Ons moet die Lowe’s, die Ehlerse en Andre Vancouillie (Kwaggs 2) langs die pad kry. Laas genoemdes het ‘n paar probleempies met kinders aflaai by die skool en ons en die Lowe’s vertrek so lank en reël om mekaar by Shell naby Worcester te ontmoet vir koffie. Vandaar is dit Barrydale toe vir middagete by Diesel en Crème. Alles verloop voorspoedig en ons arriveer so net na 16:00 in Willowmore. Registrasie verloop glad en ons is so ‘n rukkie na 17:00 oppad Marlu toe. Die ander voetuie besluit langs die pad dat dit beter gaan wees om eers in Steylerville vol te maak voordat hulle plaas toe gaan. Ons kom dus so ‘n rukkie voeër as hulle daar aan. Ons word, soos gewoonlik, huldig ontvang en maak onself tuis voor aandete. Die res van die span is net na 18:30 ook daar. Die vyf wat op Sandkraal bly daag ook vir aandete op. Hulle is van Ladismith, Natal. Na ete verkas almal kamer toe, reg vir die tog Willowmore toe 04:30 die oggend.
Almal kom so teen net na 04:00 weg en ons is teen 04:50 in die dorp. Nou vir die finale reg maak . Teen 05:17 kry ons ons “lineards” en begin trap. Ons is heelwat gelukkiger as die ouens wat verlede week gery het, want die temperatuur is 4.0 grade Celsius. Op die hoër gedeeltes en met al die getrap, raak ek gou warm. Toe ons begin sak en die son sy kop begin uitsteek, daal dit na 0.0 garde! Gelukkig is ek reg vir die koue en pla dit my glad nie.
Al sewe van ons ry aanvanklik saam, maar later besluit Kwaggas 2 dat ons pas te stadig is, en trek hulle onder ons uit. Christine Lowe, wat Januarie begin fiets ry het, hou baie goed by. Teen Nuwekloofpas af gaan dit soos gewoonlik rof, maar ons vier kom “heel” onder uit en groepeer weer. Nou ry ons lekker saam, met die gewoonlike groepe wat aansluit en dan óf vooruit ry óf terugval. Ons handhaaf ‘n goeie pas en daag na 2:38 by waterpunt 1 op. Ons kry ook vir Kwagga 2 hier. Nadat almal iets ge-eet en gedrink het, is ons na 10 minute weer in die pad.
Die stuk tussen Waterpunt 1 en 2 is redelik gelyk met geen ernstige bulte nie en alhoewel die profiel lyk of dit afdraend is lyk dit nie so wanneer dit gery word nie! Hierdie deel van die pad is altyd baie sinkplaat en alhoewel die pad geskraap is, is dit vanjaar nie veel anders nie. Ons bereik Waterpunt 2 na ‘n verdere 1:47. Ons gemiddelde spoed oor die 41 km was 23 kpu. En ons het nou in total 92 km afgelê. Hierna begin die groot klimme! Ons stop vir 14 minute.
Oor die eerste 92 km klim ons 803 meter. Oor die volgende 48 km klim ons 1,085 meter. Ons gaan na 6 uur se ry oor die halfpad merk, maar dit gee net rekenskap van 1,200 van die totale 2,900 se klim oor die roete! Ons kry vir Kwagga 2 hier langs die pad. Andre het ‘n bietjie hard met die grond kennis gemaak, maar is darem OK! Ons laat hulle daar en ry aan. Hy sou later weer val, maar het darem die ende in een stuk gemaak. Ons bereik Waterpunt 3 na 6:36 en het nou 124 km gery. Na ‘n stop van 17 minute is ons weer oppad. Net na die Waterpunt is daar ‘n lang ent wat ons deur die water moet ry wat op sy diepste so net onder die knie is. Ons wag eers dat daar ‘n redelike spasie tussen ons en die ouens voor ons is sodat ons nie momentum verloor indien hulle vashak nie. Ons word aangesê om regs te hou. Johann maak so maar ek hou, vir geen besondere, links. Net voor die iende steek Johann se voorwiel teen ‘n klip vas en het kry dit net betyds reg om ‘n voet uit te steek en sy ewewig te behou. Ek ry regdeur. Daar was vanjaar weer heelwat stories van ouens wat onder die water verdwyn het of net kop bo water gehou het as gevolg van in hierdie water val!
So ‘n entjie na die avontuur slaan ons die eerste van die “Fangs”. Dit is twee klien koppies waaroor ons moet ry. Hulle is nie baie lank nie, maar die klim is kwaai. Dit word gevolg deur die MAC waar ons 500 meter oor ‘n afstand van 8 km klim. Dit neem my byna ‘n uur om bo te kom. Ons gemiddelde spoed oor die 17 km tussen 3 en 4 was 8 kpu.
Dit is dan ook Waterpunt 4 en hier kry ons altyd lekker sop! In die verlede was dit gewoonlik donker wanneer ons hier kom, maar met vanjaar se vroeër begin, is dit nou eers 13:55 en die son is lekker warm. Ons het voorsiening gemaak om skoon en droë klere hier aan te trek, maar besluit daarteen. Na 17 minute is ons weer aan die gang. Die bene voel maar moeg, maar ons moet aandruk!
By die “Big Dipper” af moet ons maar versigtig wees vir die spoelslote en los klippe. Johann is hier heelwat vinniger as ek en moet dus so ‘n paar minute vir my aan die onderpunt wag. Van hieraf tot by Waterpunt 5 is baie soos tussen punt 1 en 2. Die voordeel vanjaar is dat ons hier in die daglig ry en kan sien hoe mooi die omgewing is. Ons handhaaf ‘n gemiddelde spoed van 22 kpu. Dit is ‘n offisiele ondersteuninhspunt en Danie was veronderstel om ons hier te ontmoet. Ons kry hom nêrens en daar is ook nie selfoon ontvangs nie!. Daar was gelukkig nie enige iets van belang wat hy vir ons moes gee nie. Na ‘n “Chip Roll” en ‘n paar glasies Coke, is ons 19 minute later weer aan die gang. So drie km verder kry ons vir Danie. Hy het hom toe met ons spoed misgis en dit is hoekom hy laat was. Hy moes egter ook vir die Lowes ondersteun so hy ry aan na Waterpunt 5 en ons ry voort na ‘n vinnige groet.
Nou kom die “Never Ender”. Dit behels drie klimme oor ‘n afstand van 10 km waar ons van 185 meter na 420 meter klim. Die probleem is dat dit op 180 km van die wedren kom en dat dit uit drie klimme bestaan. Die probleem vir die oningeligtes of die wat dit vir die eerste keer ry, is dat daar ‘n lang klim is, gevolg deur ‘n vinnige afdraend, gevold deur nog ‘n klim en afdraend en dan ‘n finale klim. Dit neem ons bykans ‘n uur om die 10 km af te lê. Bo-op die laaste bult is daar ‘n “ombemande” kontrole punt en dan is daar ‘n paar op en af’s tot by Waterpunt 7. Die aanloop na die waterpunt is ‘n bietjie verskuif en ons moet ‘n giftige bultjie uitry voordat ons daar kom. Ons trek nou op 202 km en is al vir 12:48 aan die gang. Hier kry ons ‘n Javel met maalvleis. My eetlus is heeltemal weg en ek eet net die helfte. Ons vertoef 15 minute.
Die einde is nou in sig met net die “Mini MAC” en die treinspoor “single track” wat oor is. Dit raak ook nou donker en ons moet weer ons ligte aansit. Die laaste 23 km is nie te moeilik nie, maar dit is nie maklik om ‘n goeie gemiddelde spoed vol te hou nie. Die eerste gedeelte is op ‘n redelike “Jeep track” wat die “Mini MAC” insluit, gevolg deur ‘n goeie distrikspad met ‘n paar lekke afdraendes, maar dan kom die laaste 10 km al langs die treinspoor af. Die toestand van die pad is goed, maar na 13:30 en 215 km is dit nogal ‘n uitdaging. Die pad is redelik gelyk, maar daar is ‘n paar lae A-raam bruggies wat redelik nou is en dan kruis ons ook nog die spoor ‘n paar keer. Dit gaan maar knor-knor, maar ons maak dit darem. Dit is met groot verligting dat ons die laaste draai omgaan en die ingang na die Fountains Mall sien.
Ons ry, met groot vreugde in ons harte oor die eindstreep na 14:29 teen 19:48 die aand. Wat ‘n voorreg was dit nie om weereens ‘n Trans Baviaans te kan voltooi nie. Die is my 8ste en die laaste 5 was almal tussen 14:10 en 14:50.
Maandag 30 Augustus 2021
2021 Attakwas
As gevolg van Covid-19, is 2021 se Attakwas van Januarie na Augustus verskuif. Die Augustus datum het met die Trans Baviaans Repeat gebots met die gevolg dat my inskrywing oorgedra is na Januarie 2022. Aan die begin van Augustus is die Trans Baviaans Repeat na 4 September verskuif, met die gevolg dat ek my inskrywing toe vanaf Januarie 2022 na 21 Augustus 2021 teruggeskuif het. Dus op 21 Augustus was dit weer Attakwas tyd!
Johann de Bruyn het ook ‘n inskrywing gekry en ons is op 20 Augustus Oudtshoorn toe. My broer sou weer die motor Groot Brak toe neem en Johann se baas, Andreas Diacon is ook saam. Ons het almal by Karoo Soul geslaap. Ek tel vir Nico se net na 09:30 op en ons kry vir Johann-hulle so om en by 10:15.
Johann moet egter eers vir ‘n bestuurderstoets vir sy motorfietslisensie in Somerset Wes gaan. Sy afspraak is vir 11:30. Nadat ons hom aflaai gaan drink ons koffie by Vida in The Sanctuary. Andreas beplan om 2022 die Freedom Challenge Race Across South Africa te doen, so ons het baie om oor te gesels. Johann slaag sy toets en ons val so net na 12:00 weer in die pad, wat ‘n vinnige koffie stop op Riviersonderend insluit.
Ons kom net voor 18:00 in Oudsthoorn aan. Karoo Soul is binne stap afstand van die registrasie plek. Ons laai eers ons fietse en begasie af, registreer en gaan dan Spur toe vir aandete. Ons spring in verskillende groepe weg, maar die wegspring is binne ry afstand vanaf Karoo Soul. Ons is net na 21:00 in die bed en reg vir “The Hell of the South” in die winter! Beslis ‘n eerste en na 2020 se nat Attakwas sien ons uit na ‘n droë, maar koue Attakwas.
Ons kom net vvor 06:00 aan die gang met ‘n vining Weetbix ontbyt en ry sommer met die fietse van Karoo Soul na ons wegspring blokke. Andreas begin 06:55; Johann 07:00 en ek 07:15.
Ons kom uiteindelik teen 07:28 aan die gang. Weereens as gevolg van Covid-19, begin vanjaar se wedren in Oudtshoorn met ‘n 10 km neutrale deel tot by Chandeleur waar die wedren by km 0 offisieël begin. Die temperatuur daal na 2 garde Celsius oppad Chandeleur toe! Teen die tyd wat ons km 0 bereik, styg dit na ‘n koel 5 grade!. Die eerste gedeelte van die roete moes heeltemal verander word as gevolg van vloedskade tydens die onlangse reën. Die veranderde roete is heel interessant met nuwe klimme en afdraendes op redelik goeie tweespoor paadjies. Na so ongeveer 7 km sluit ons by die ou roete aan. Dit wil voor kom asof daar vanjaar minder deelnemers is, met die gevolg dat dit makliker is om te ry. Soos gewoonlik is dit egter nog steeds ‘n geval van “heen en weer”. Dan kom mense by my verby en dan gaan ek weer by van hulle verby. Die pas wat ek handhaaf is redelik en ek geniet die rit. Ons gaan deur ‘n rivierloop, wat heelwat meer water as in die verlede het, met die gevolg dat my skoen en sokkies sopnat is. Dit neem my 13 minute langer as verlede jaar om by die eerste waterpunt te kom. Seker maar ‘n teken van die ouderdom! Daar loop ek weer vir Johan Breunissen raak en hy neem ‘n kort video van my. Na ‘n paar glasies Coke en ‘n paar stukkies piesangbrood, val ek 2 minute later weer in die pad. Die temperatuur het darem al na 13 grade gestyg!
Daar is heelwat meer nat plekke op die roete, maar nie veel water poele nie en dit is darem nie te modderig nie. Na 33 km kruis ons die Kandelaarsrivier en pak ons die eerste ernstige bult aan. Ek kon nog nooit dit reg kry om die bult uit te trap nie. Die was of as gevolg van swak bene of te veel groot klippe of te veel mense wat stoot en nie pad gee nie. Vandag gaan dit egter heelwat beter, seker ook as gevolg van die kliener aantal deelnemers. Ek kry dit dan ook reg om vir die eerste keer in 12 poging die bult uit te trap! Dit word gevolg deur ‘n tweespoor paadjie deur die fynbos oppad na die Moerrasrivier waar ons die R328 kruis en waterpunt 2 kry. My tyd is weereens stadiger as verlede jaar met ‘n verdere 7 minute. Ek is dus nou 20 minute agter verlede jaar se tyd. Ek val na 2 minute weer in die pad.
Die groot klim van die Attakwas begin na waterpunt 2. Van hier af (58km) tot by 70 km klim ons meeste van die tyd. Die oppervlakte is ook lekker rof en ons moet versigtig wees teen die afdraendes met baie los en groterige klippe. Die “King of the Mountain” is op 70 km. Ek hou vining stil en drink ‘n blikkie Biogen. Toe ek weer begin ry kom ek agter dat my voorwiel papperrig is. Ek hou stil en pomp hom met die hoop dat hy sal hou. My gekuk is in en ek het geen verdere probleme met hom nie. Die “sealant” het seker sy werk gedoen. Ek kom na 5:21 en 70 km by waterpunt 3 aan en verloor nog 2 minute. Ek is nou 22 minute agter 2020 se tyd. Dit het egter 2020 heeltyd van hieraf gereën en ek hoort darem ‘n beter tyd oor die laaste 50 km te handhaaf. Ek neem die gebruiklike galsie Coke, piesangbrood, fudge en ‘n paar stukkies droë wors. Ek vertoef 3 minute hier.
Die laaste 50 km is hoofsaaklik op goeie distrikspaaie, maar daar is ‘n paar lelike klimme om aan te durf. Ons begin sommer met ‘n 7 km klim waartydens ons van 358 meter tot by 571 meter klim. Die volgende 8 km is redelik op en af met geen ernstige klimme of afdraendes nie. Op 85 km kry ons ‘n 3 km afdraend waar ons van 495 meter na 347 meter daal. Op 86 km kry ons waterpunt 4. Na die gewone eet en drink en 2 minute se rus, is ek weer aan die gang. Ons het ry met ‘n enkelspoor af na die Koumarivier en ons daal van 347 na 216 meter oor 1 km. Dan ‘n entjie deur nuwe boorde tot by ‘n distrikspad en ons volgende bult. Ons klim 100 meter oor 1 km! Dit word opgevolg deur die normal op en af van hierdie wêreld, maar geen ernstige bukte nie tot op 105 km.
Hier begin die Attakwas se “doodsteek”! Oor die volgende 10 km het ons twee baie styl afdaendes gevolg deur twee baie styl opdraendes! Ons daal van 216 na 49 meter en klim dan weer na 198 meter, daal weer na 46 meter en klim weer na 189 meter. Dit alles oor ‘n afstand van 10 km. Die laaste waterpunt is op die middelste knop! Ek haal ‘n baie mismoedige Johann aan die voet van die eerste bult in! Ek kan nie veel vir hom doen nie en ry aan.
Na die laaste bult is daar so 8 km gelykpad oor na die einde. Ek tel ‘n paartjie, wat ek al ‘n paar keer gedurende die dag gesien het, op en ons werk lekker saam tot by die einde. Dit neem my 15 minute om die laaste 8 km af te lê en ek eindig met ‘n tyd van 08:57, 12 minute stadiger as 2020. Ek het dus 8 minute oor die laaste 50 km opgemaak!
Totale afstand 121 km; totale tyd 08:54; geklim 2,957 meter
<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/7344451770' title='Attakwas' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>
Maandag 17 Mei 2021
36ONE 13/14 Mei 2021
Ons het besluit om ‘n paar dae by my niggie op Marlu in die Steytlerville distrik te gaan kuier voordat ek my 7de 36ONE aandurf. Ons ry dus al die Dinsdagoggend hier af. Toe ek my fiets oplaai, merk ek ‘n “stuk” olie aan die ketting. Toe ons by ons betemmeing aan kom en ek dit wil afhaal, sien ek dit is ‘n gebreekte skakel. Gelukkig is dit reg langs die “master link” en oorkom ek die probleem deur net die gebreekte skakel uit te haal.
Daar is ‘n baie rowwe en styl bult op na die plaaslike Wi-Fi toring nie te ver van die plaas af nie. Ek het nou al twee keer probeer om tot daar te ry, maar elke keer moed op gegee voordat ek by die toring uit gekom het. Ek besluit om weer te probeer en kry dit die keer reg. Dit neem my twee uur om die 11 km tot by die tower af te lê. Die totale klim vir die dag was 599 meter, maar indien in ag geneem word dat dit omtrent alles oppad daarheen was en dat die eerste 5 km op gelyk pad is, werk dit op ongeveer 100 meter se klim vir elke kilometer uit! ‘n Groot gedeelte van die pad is egter nie rybaar nie omdat dit te styl en daar te veel los klippe is, so ek weet nie of ek dit weer sal doen nie.
Tydens die rit kom ek tot die gevolgtrekking dat daar ‘n paar goed op my fiets is waarna ek sal moet laat kyk voordat ek die 36ONE aandurf, onder andere die oorskakeling van die ratte. Ek kry die naam van die plaaslike first winkel by die organiseerders en laai my fiets by hulle af toe ons Donderdagoggend in Oudsthoorn aankom. Ek kry my fiets weer die middag net voor 17:00 nadat hulle die stuur se laers vervang het en die ratte vir my gestel het.
Net voordat ons na die wegspring vertrek, tel ek skielik ‘n probeer met my selfoon op. Ek skakel hom af en weer aan om te kyk of die probleem opgelos is en dit werk, maar ek het vergeet dat ek ‘n nuwe PIN gekry het nadat my vorige foon in Februsrie gesteel is, met die gevolg dat ek hom nie weer aan die gang kan kry nie, behalwe vir internet toegang waarvoor ek ‘n aparte “dongle” het. Op die laat stadium kan ek niks daaraan doen nie en moet maar met die probleem saam lewe. Mt broer laai my ongeveer 14:30 by die wegspring af. As gevolg van Covid mag toeskouers nie by die wegspring die deelnemers afsien nie! Die weervoorspelling vir die wedren is goed met ‘n moontlikheid van reën teen Saterdagaand. Ek hoop om dan al klaar te wees.
Ons spring 15:00 weg. Die eerste paar kilometer tot net buite die dorp is ‘n neutral sone, so die pas is redelik rustig. So in die verbygang loop ek twee manne wat ook die Freedom Challenge se Race Across South Africa gedoen het, raak. Hulle mik vri so 17 uur, terwyl my versier op 24 uur ingestel is!
Ons draai op 6 km regs en die eerste klim begin. Gelukkig is dit nie so warm soos in November verlede jaar nie en die eerste klimme is darem nie te styl nie. Dit hou vir so 9 km aan en dan het ons ‘n lekker afdraend.
Onder in die vlak draai ons regs om ons Wes van Dysseldorp en oor die R29 te neem om dan weer by ‘n distrikspad aan te sluit wat ons eers in ‘n Westelike rigting tot op 44 km en dan Suid Wes neem. Op 55 km draai ons Suid na Heimersrivier toe. Dit is ook die eerste waterpunt. Ons klim 150 meter oor ‘n aftand van 7 kilometer. In teenstelling met verlede jaar het ons vanjaar ‘n briesie van die Noord Weste wat ons lekker aanstoot. By die Heimersrivier/Paardepoort kruissing draai ons weer links Daskop toe. Ons is nou op die area se “rolling hills” en wat opgaan moet ook afgaan, maar ons bly so tussen 540 en 640 meter bo seevlak oor die volgende 45 km. Ek kom na 5:19 in die saal by Louvein, waterpunt 2 en die eerste kontrole punt, aan.
Ek kry my broer hier en neem ‘n warmbaadjie. Ek gee my “dongle” vir hom om te laai, sodat ek darem kontak oor die internet kan maak indien dit nodig is. Ek val na na 15 minute weer in die pad. Die pad vanaf Louvein na Harold is regtig baie vervelig en frustrerend! Ons daal van 650 meter tot 630 oor ‘n afstand van 20 kilometer en die pad is oor die algemeen redelik reguit, met die gevolg dan jy gedurig die ouens voor jou se ligte sien, maar die einde wil net nie kom nie! Op 122 km draai ons regs net voor Herold, ry onderdeur die N9 en sluit dan by die Paardepoortpad aan. Net voor die kruissing, waar ons 4 uur van te vore links in ‘n Oostelike rigting gedraai het, draai ons links in ;n Westelike rigting na ‘n stoor waar die 3 de waterpunt is. Na ‘n paar glasse Coke en stukkies piesangbrood is ek weer oppad. Alhoewel ons nou teen die wind ry het dit grotendeels bedaar en is die toestande baie gunstig. Ons daal vanaf 520 meter na 300 meter by Volmoed oor die volgende 47 kilometer. ‘n Paar van ons vorm ‘n lekker groep oor die laaste 20 kilometer en ek kom na 10:24 in Volmoed aan. Dit is nou 01:24 en ek het vir my broer gesê ek verwag on 02:00 in Volmoed te wees, so ek het sommer met die aankoms verwag dat ons mekaar gaan mis! Ek eet ‘n bordjie pasta en drink koffie, maar sien my broer nêrens nie! Dit is darem nie ‘n te ernstigte probleem nie. Ek sou graag ‘n warmbaadjie en handskoene by hom wou kry, maar dit is darem nie te koud nie. Ek vertrek na 22 minute.
Vanaf Volmoed is daar ‘n 20 kilometer se geleidelike klim tot op kilometer 201 km. Op hierdie stadium van die wedren is dit nogal baie gevra, maar ek byt vas. Oor die volgende 25 kilometer daal ons af na die kruissing van die Gouritsrivier, wat soos gewoonlik, droog is! Oor die volgende 25 kilometer, tot aan die voet van Rooibergpas, klim ons weereens geleidelik vanaf 150 meter na 350 meter! Daar is darem twee waterpunte oor hierdie afstand. By die eerste een vra ek vir ‘n swartsak, wat ek aan die binnekant van my warmbaadjie sit om die koue uit te hou end it werk dan ook baie goed.
Op 250 kilometer begin die groot klim van Rooiberg! 440 meter se klim oor ‘n afstand van 7 kilometer! Ek byt egter vas en kry dit weereens reg om dit in een poging uit te ry! ‘n Gemidelde spoed van 7.92 k.p.u.
Ek drink weer ‘n paar glasse Coke by die waterpunt en durf dan die bult af aan. Op hierdie stadium is my hande besig om my op te keil! Die rowwe paaie wat ons tot dusver gery het, het tot gevolg dat my hande pyn. Rooiberg af is besonder rof, met die gevolg dat ek ekstra stadig moet ry om die pyn so min as moontlik te maak. Om sake te vererger is daar ook groot stukke sinkplaat wat die hand probleem het erger maak!
Ek na 18:30 kom ek in Calitsdorp aan. Die keer wag my broer darem vir my. Aangesien ek nie meer ligte gaan nodig hé nie, gee ek dit vir hom. Dit spaar darem so ‘n bietjie gewig! Na 14 minute is ek weer aan die ry.
Vanaf Calitzdorp klim die pad geleidelik tot op so ongeveer 300 kilometer. Dan kom daar vier bulte oor die volgende 25 kilometer wat vergelykbaar met Rooiberg is! Die enigste verskil is dat daar na elkeen darem ook ‘n afdraend is. Dit is egter ‘n skrale troos op hierdie stadium van die wedren. Daar is darem ook ‘n waterpunt bo op een van die bulte. Nadat ons regs gedraai het Lategansvlei toe, is daar nog ‘n klein klimmetjie en dan ‘n lekker stuk, wat meesal afdraend is tot op 345 kilometer. Die laaste 15 kilometer is redelik gelyk en ek kom na 23:43:48 by die eindpunt aan! ‘n Verbetering van 37 minute op verlede jaar se tyd, maar ver kort van van beste tyd van 20:20 in 2018! Dit lyk my die jare begin my vang!
So eindig nog ‘n 36ONE. Hierdie wedren is beslis nie vir sissies nie en verg baie vasbyt en deurdrings vermoë.


































