This was in preparation for the Freedom Challenge Race Across South Africa (FCRASA)which I completed in June 2014 and 2019. Ek is die eerste persoon oor 70 jaar wat RASA voltooi het. In June/July 2026 I plan to do the FCRASA again at age 77. This I achieved by finishing in 24 days 11 hours on 3 July 2026 at age 77 and 10 months.
Maandag 06 Junie 2011
Laaste Saterdag
Die laaste Saterdag vir oefening voor die begin van die Freedom Challenge. Lekker rustige rit vanaf Blouberg oor Hillcrest en terug. Het 'n bietjie reën langs die pad gekry maar gelukkig niks ernstig nie so ek het darem nie te nat geword nie. Hillcrest was 'n bietjie modderrig en ek dus maar besluit om die Groen roete oor die eerste deel te doen aangesien die Rooi pad se bult te glad sou wees. Rit was baie rustig en aangesien ek eers 08:36 by die huis weggekom het, het ek besluit om totale rit tot onder vier uur te beperk. Op die einde van die dag het dit my toe net drie uur vyftien minute geneem. My fiets was egter goed bemodder en ek wou ook nie die nuwe ketting nou al blootstel aan te veel verwering as gevolg van die modder nie. My agterrem is ook nie "lekker" nie en daar sal, voor ek begin, daarna gekyk moet word. Nog net twee moontlike oefen ritte voor die grote begin!
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking