Dinsdag 28 Oktober 2025

Fietskraal, Coetzerskloof circle

  


Yesterday was spent driving from Bucklands to Fietskraal. We left Bucklands just after 08:30 and arrived at Fietskraal at 12:15, where we were welcomed by Charné and Michael van Gend. 

 

After a breakfast of bacon and eggs, I hit the road. Leon had some other commitments (with internet connections, work follows you where ever you go) and would join me during the course of the morning. My route took me out of Fietskraal, left on the R337 and after 4 km left again still on the R337, going towards Cradock.


This district road is in a good condition and climbs steadily for the next 20 km from 1,039 to 1,261 meters. Nothing serious and I managed to maintain a good pace. It took me 1:30 the get to the Schurfteberg turnoff. From here it is a more taxing climb up to 1,492 meters over the next 7 km. There after there is a short downhill to the beginning of Coetzerskloof, but I decided to carry on up the Schurfteberg farmstead, owned by CW Erasmus to find out if there is any family connection. That took me another 30 minutes. I was lucky enough to find Wilhelm Erasmus outside with one of his labourers. After a pleasant chat we did establish that there is no direct family connection in spite of the fact that his family is form Somerset East and my dad grew up in Cradock, as a matter of fact just across the mountain about 35 km to the north. We did establish that there is a family connection between him and Spike Erasmus, the knee surgeon from Stellenbosch. I was at varsity with Spike and we, previously, establish that even though our ancestors came from the Eastern Cape, that there is no direct family relationship. Maybe there is way further back to the records we have!

 


After I bid my goodbyes, I started my journey back. There still was no sign of Leon! Just before the Coetzerskloof turnoff, I stopped to have my sandwich. Just as I was about to continue my journey, I saw Leon in the distance! He only got away at 10:00. I waited for him to have his sandwich and then we were on our way. 

 

The first 2 km was quite a good, disused, farm track which took us through a number of farm gates. There even were some old road signs!


The next 1.5 km consisted of various cattle tracks, some which was very indistinct! Through threes and over round brown boulders. A couple of meters down the river, which did have a little water and then back again over the boulders. There were lots of spike-thorns, so I had to be careful where I push my bike because these thorns can cause serious damage if they penetrate your tyre. I did pick up a couple, but fortunately the holes were quickly sealed by the “slim” in the tubeless tyres when I pulled them out. It took me 1:30 to cover the 1.5 km! 

 

The track now became ridable and after a further 500 meters we crossed the river and picked up a reasonable and ridable farm track. This became a reasonable road, which took us past the Coetzerskloof farmstead and onto larger good quality road which took us down to Fietskraal over some minor undulations. After 66 km and 5:46 I pulled in to the Fietskraal yard again. Another good day in the saddle with a worthwhile scouting also completed. We did pick up that there is an alternative which is 3.4 km, against the one I took, which is 1.5 km, but the 3.4 km alternative is ridable and should therefore be quicker. There is a 100 meter climb in the first 1.5 km of the 3.4 km alternative, but as this is ridable., it should not pose a problem. 


Data for the day: 66.05 km; Time 5:46:52; 826 meters climbed.



Sondag 26 Oktober 2025

Hadley na Bucklands




Bennie en Anine se kinders kuier by hulle met die gevolg dat ons in 'n huisie so 2 km weg bly. Hulle gee vir ons tjops, sosaties en wors, wat ons op die binne braai, braai. In tussen het dit renerig geraak en ons reël met Bennie om ons te kom haal sodat ons die rugby tussen die Stormers en Benneton kon kyk. Gelukkig maak die Stormers dit darem toe die moeite werd. Gedurende die nag woed die wind en daar val heelwat reën. 


Ek eet Weetbix en Leon bak vir ons eiers vir ontbyt. Ons kom 08:32 aan die ry. Daar is 'n paadjie reguit af en ons dink dit is 'n kortpad na die grootpad. Ongelukkig werk dit toe nie uit nie en ons moet terug draai toe ons agter kom die pad loop berg op en dan dood. Dus terug verby die huis, so 'n stukkie bult op en dan vat ons die grootpad Hottentotskloof toe. Daar is 'n paar lang bulte op en af wat ons moet aandurf. 


Ons het gisteraand besluit om met 'n draai terug te ry Bucklands toe. Dit "drup, drup" so elke nou en dan en Leon ry verby die eerste afdraai pad. Ek aanvaar hy het dit maar net gemis, of miskien besluit om maar eder kortpad te vat as gevolg van die reën. Ek sien hom ook nie by die tweede afdraai nie en ek ry aan. Die volgende oomblik kom hy by my verby en sê hy het vir my in die sloot gewag. Die afdraai is nou te ver agter en ons besluit om na ander opsies te kyk om ekstra kilometers in te sit.


Die pad val redelik van Hadley na Bucklands, maar daar is ook heelwat bulte. Die stuk deur die kloof is nogal besonders. Op 22 km kry ons die afdraai na Trentyre, wat ons dan na Bucklands toe neem. Alhoewel dit 'n plaaspad is, is die toestand goed en ons handhaaf 'n goeie pas. Daar is geen ernstige bulte nie, net erosie walle! Op 26 km draai ons regs deur 'n kloof en dan anderkant weer links Bucklands toe. Hier is dit 'n regte tweespoor plaaspad. Die oppervlakte is darem so dat ons nog 'n goeie pas kan handhaaf. Teen hierdie trant gaan ons in onder 3 uur klaar maak! 


So 'n ent af is daar 'n split. Volgens die kaart lyk dit of ons regs moet gaan, dus draai ons regs. My GPS sê reguit, maar hier het ek volgens gevoel geplot aangesien die GPS kaart nie die pad aangedui het nie, so ons probeer die ander opsie. Heel interessant, maar na so net meer as 'n kilometer ry ons in 'n wildsheining vas, so ons moet weer terug. 



Ons besluit om die ou Ossewa pad te volg eder as om reguit terug Bucklands toe te ry. Dié neem ons, met 'n redelike klipperige pad, teen 'n rant op. Die pad klim geleidelik die rant uit totdat ons heel bo is met 'n mooi uitsig oor die Grootrivier en omliggende heuwels. Ons volg die baie onduidelike pad al op die rant langs. Plek, plek moet ons mooi kyk om te sien waar die "pad" nou eintlik loop! Daar is net so 'n vae aanduiding van waar die pad is. Dit is egter baie "lekkerder" as om op 'n distrikspad te ry. 






Ons bereik die einde van die rant en daal af na die vlakte. Weereens baie kilpperig en ek lê maar weer versigtigheid aan die dag. Onder kruis ons die Grootrivier en dan weer oor die volgende rant. So gaan ons aan en kry die "tyd in die saal" wat ons beplan het. Na nog so 'n paar ops en afs sluit ons weer by die Trentyre/Bucklands pad aan. Weer deur die Grootrivier en dan op verby 'n paar werkers huisies tot by Bucklands. 


Ons het toe die rit vir die dag van 41 na 55 km gerek en ook 'n ekstra 2 uur se oefening in gekry. Die Ossewa pad was voorwaar iets besonders. 


Data vir die dag: tyd 4:27:22; afstand 53.33 km; vandag het ons net 697 meter geklim. 

Saterdag 25 Oktober 2025

Bucklands na Hadley via Perdeberg


Ek het vir Leon, my broer se seun wat in 2019 die Freedom Challenge (FC) saam met my klaar gemaak het, oortuig om 2027 weer te ry en saam met my klaar te maak. In voorbereiding hiervoor beplan ons 'n paar dele van die roete te "recci". Ons eerste "recci" is van Bucklands oor Perdeberg na Hadley. Dit is in die Steytlerville distrik. Daarna doen ons Coetzerskloof naby Pearston.
 


Ons is Vrydagoggend net na 09:00 uit die Kaap weg en het, na 750 km by Bucklands aangekom. Ons gaste huis is 'n lieflike ou plaashuis en aandete is hoender dye en slaai. 



Die Perdeberg roete Bucklands toe is 'n redelike nuwe toevoeging tot die FC roete. Die ou roete op die distrikspad is nog toelaatbaar. Die roete oor die berg is 25 km teenoor die distrikspad se 41 km, maar sluit 'n veeleisende 3 km "hike-a-bike" in wat tussen 1.5-2.5 uur kan neem. 


Ons begin net na 09:00. Die eerste 7 km is op dieselfde roete as die begin van die distrikspad, maar dan draai ons links en begin klim. Die eerste 3 km, tot by die Ghe-Ghe hut is redelik rybaar. Die oppervlakte is rof op plekke, maar interessant. Die 11 km tot hier het dit ons 1:15 geneem. Na die hut kan ons nog so 'n entjie ry dan draai ons regs op 'n voetslaan pad en dit is onmiddelik fiets op die rug en stap. 


Aanvanklik is die helling nie te erg nie. Die roete is baie duidelik met wit merkers gemerk. Na 'n ruk raak dit al styler. Die merkers raak ook minder, maar daar is net een rigting en dit is op! Bo-oor die rantjie blyk dit dat die rantjie nie die bopunt is nie. Ons rus 'n bietjie en pak die volgende "rantjie". Wanneer ek bo kom bly dit dat dit ook 'n vals "bopunt" was! Daar lê nog baie klim voor. Die helling is nou redelik en ek kan my fiets stoot. Leon trap die bult uit. 












Na 13 km kom ons uiteindelik by die grensdraad. Dit het net meer 2 uur geneem om die 3 km van die hut tot by die bopunt van bult af te lê. Nou is ons op die rug van die bult en ry redelik gemaklik op 'n dubbelspoor paadjie. Na so 'n entjie begin ons daal. Die pad is baie klipperig en ek ry maar versigtig want dit is maklik om oor die los klippe jou balans te verloor en te val. Op dié klippe kan die gevolge redelik seer wees en kan stukkend nerwe tot gevolg hé.


Ek navigeer die baie tegniese afdraend sonder enige probleme. Onder ry ons deur 'n rivierloop en dan anderkant bult op na die distrikspad. Een van Hadley se ingange is regoor en dit is nog net 'n kilometer tot by die huis. 


Die "recci" was regtig baie aangenaam. Leon reken dit sal omtrent 'n uur vinniger wees as die distrikspad. Ek is van mening dat die klim, wat na 110 km op die dag se skof van die FC sal kom, moeiliker gaan wees as die distrikspad, dus sal ek die distrikspad verkies.


Data vir die dag: 24.83 km; 4:39.58; 939 meter se klim.