Maandag 16 Maart 2026

Bloubergstrand na Bridgetown vir CBMC naweek


CBMC beplan ‘n Manne kamp by Bridgetown vanaf 13 -15 Maart 2026 en ek besluit om dit by te woon en om, as oefening, met my fiets daarheen te ry. Ek vertrek Vrydagoggend 13 Maart 09:10, na ons plaaslike CBMC byeenkoms, uit Bloubergstrand.

 

My beplande roete is oor Kalbaskraal, Malmesbury, ou Piketberg pad en dan af Bergrivier toe. Vanaf Blouberg tot by Malmesbury is dit meesal teer, maar dit is ‘n lekker stil pad en dit neem my 3:23:21 om die 59.9 km af te lê. Ek stop by ‘n garage om ‘n liter Coke te koop. Daarna stop ek ook by Seattle vir koffie en ‘n ietsie om te eet. Ek laat my bottle volmaak met koue water. Teen 13:00 val weer in die pad. 

 

Die res van my roete is alles grootpad. Op hierdie stadium staan die temperatuur op 37 grade Celsius. Ek loop ‘n dame, wat draf, langs die pad raak en vra, so in die verby gaan vir haar “ wie is die malste, ek of jy?”. Sy antwoord “ja Oom ek wonder self!”. Die pad oppervlakte is baie goed en hier is baie min verkeer. Die temperatuur is besig om te klim en binne 10 minute staan dit op 45! Op 82 km daar ek af na ‘n plaas om te kyk of ek hier nog water kan kry nie. Daar is nie veel lewe nie, maar ek kan darem die Coke bottle, waarvan ek alles al teen die tyd gedrink het, vol maak met “lou” water uit ‘n kraan. Die temperatuur styg tot in die hoë 40tigs en draai by 50! Nou bak ek behoorlik! Ek gooi van die water in die Coke bottle oor my kop om af te koel. Op 86 km draai ek regs af op ‘n pad wat my nader aan die rivier sal neem. Op 91 km kry ek weer ‘n plaashuis, waar daar die keer lewe is, en laat maak my waterbottel weer vol. Die temperatuur het nou na ‘n meer “aanvaarbare” 45 gedaal! Op 95.6 km sluit ek by die Gouda pad aan.

 

Intussen het my selfoon, wat ek vir navigasie gebruik, se battery na onder 20% gedaal. Ek koppel my batterypak sodat hy kan laai. Na so ‘n ruk se ry sien ek ‘n boodskap op my selfoon: “Moister has been detected”. Ek neem aan dat van die water wat ek oor my kop gegooi het ietwers iets moes laat nat word het. Die netto effek is dat die batterpak ophou om my selfoon te laai! Ook nie lank nie, toe is hy heeltemal dood! Nou sal ek maar op my Garmin moet terugval vir navigasie. Ek soek Bridetown maar kry dit nie op my Garmin. Gelukkig weet ek waar dit is en kan dit op die Garmin kaart identifiseer. Daar is nog so ongeveer 16 km oor. Op 106 km sluit ek by die teerpad, wat vanaf die N7 na Bridgetown loop, aan. Op 110 km hoor ek ‘n motor aankom en die ry al stadiger hoe nader hy kom. Ek weet toe sommer onmiddellik dat dit van die CBMC manne moet wees. Toe die motor langs my in trek, toe sien ek ek was reg. Ons gesels so in die ry en ek vra vir nog water. Hulle hou stil en gee my ‘n bottle koue water en ‘n bietjie ys. Dit is darem nog net 2 km tot by Bridgetown en dit is nou alles afdraend. 

 

Na 7:08 in die saal en 112 km kom ek net na 16:15 by my bestemming aan waar die temperatuur op 43 grade staan! Dit was voorwaar ‘n besondere ondervinding. Ek dink nie ek het al ooit so lank in sulke hoë tempertature fiets gery nie. Gedurende die naweek bly dit warm. Kobus Toua bied aan om my fiets op sy bakkie te laai en my huis toe te neem nadat die kamp tot ‘n einde gekom het. Na ‘n bietjie “groepsdruk” swig ek maar en aanvaar, met groot blydskap, die aanbod. 

Woensdag 11 Maart 2026

CTCT (Argus) nr 35 English (Sien Afrikaans onder)



8 March 2026 is time for the CTCT (Argus) cycle tour again. This will be my 35th one! I went to Green Point on Friday 7 March to collect my number. I went by again on Saturday to visit the CANSA stall, which I missed on Friday. There I bought a new CANSA top and Leillani also give me sunblock and so other goodies. 

 

On Friday 27 February I fell with my mountain bike and hurt my left hand. I am currently wearing a “brace” and, although nothing is broken, my hand is quite sensitive. So I decided that I will have to take it “easy” on Sunday and adjust my target to under 5 hours instead of 4 hours! I also decided that it would be better to, like normal people, drive to the start by car rather than riding to the start on my bike in like I have done for the past few years. 

 


I left home at 05:45 and parked in Canterbury Street just above the Castle. Movement through to the start area went smoothly and then it was the big wait until 07:12, my start time. The weather looked very favorable and there was no wind. The weather forecast predicted a storm force South East for Simon's Town, so we will just have to see what it looks like when we get there!

 

At the start I remain "calm" and tackle Eastern Boulevard very calmly.



At Hospital Bend the South East showed some teeth, but not too badly. I cycle down the hill carefully. I don't want to add problems with my sore hand or get involved in someone else's "accident"! Where in the past I have "flown" down the hill past Constantia, I now kept left and let the others "fly" past me. At Jubilee Square in Simon's Town I am 11 minutes behind 2025's time and at the Cape Point turn-off, 15 minutes. It looks like I will get in under 5:00.
 

The ride through Scarborough and Sun Valley goes well. I lose more time on the descents than on the ascents. This is because the pace is calmer when we go uphill. I also pass a number of people on the hills, just so they can “fly” past me on the way down again! 



We tackle the “big climb”, Chapman’s Peak. It’s actually two climbs. Chappies 1 is 1.48 km, with 61 meters of ascent and an average gradient of 4.09% and a maximum of 8.96%. Chappies 2 is 1.85 km long, with 94 meters of ascent and an average gradient of 5.09% and a maximum of 15.1%! These two takes me 19 minutes to master. Quite a decent pace. Down the other side and through Hout Bay goes smoothly.





Now only Suikerbossie remains. It takes 12 minutes to master the 1.61 km with 122 meters of ascent. From here to the finish line it is mostly downhill!




It takes me 31 minutes to cover the last 16.5 km. At the end of the proceedings I am very happy with my 4:21, my slowest CTCT (Argus). Now at least I have a goal that I can try to beat in 2027 and I should be able to do it!



Dinsdag 10 Maart 2026

CTCT (Argus) nr 35 Afrikaans


  

Sondag 8 Maart 2026 is weer tyd vir die CTCT (Argus) fietstoer. Dit sal my 35 ste een wees! Ek is Vrydag 7 Maart deur Groenpunt toe om my nommer te gaan haal. Ek maak Saterdag weer ‘n draai daar om by CANSA se stalletjie te besoek. Daar koop ek ‘n nuwe CANSA top en Leilanni gee ook vir my sonblok ensomeer. 

 

Ek het Vrydag 27 Februarie met my berg iets geval en my linkerhand seer gemaak. Ek dra tans ‘n “stut” en, alhoewel daar niks gebreek is nie, is my hand redelik gevoellig. Ek besluit dus dat ek Sondag dit “rustig” sal moet neem pas my mikpunt aan na onder 5 uur in stede van 4 uur! Ek besluit ook dat dit beter sal wees om, soos normale mense, met die motor na die wegspring te ry eder as ok met my fiets in te ry soos wat ek die afgelope paar jaar gedoen het. 

 


Ek kom 05:45 by die huis weg en parkeer in Canterburystraat net bokant die Kasteel. Beweging deur na wegspring area verloop glad en dan vir die groot wag tot 07:12, my wegspring tyd. Die weer lyk baie gunstig en daar is geen wind nie. Die weer voorspelling het ‘n storm sterkte Suid Ooster vir Simonstad voorspel, so ons sal maar moet sien hoe lyk dit daar!

 


Sommer met die ingang is ek “rustig” en pak Oostelike Boulevard heel rustig aan. Bo by Hospitaal draai druk die Suid Ooster, maar darem nie te erg nie. Ek ry maar versigtig die bult af. Ek wil nie nou met my seer hand probleme optel of in iemand anders se “ongeluk” betrokke raak nie! Waar ek in die verlede die bult af verby Constantia “laat waai” het, hou ek links en laat die ander by my verby “vlieg”. Teen Jubilee Square in Simonstad is ek 11 minute agter 2025 se tyd en by Kaappunt se afdraai, 15 minute. Dit lyk darem of ek onder 5:00 sal in kom.

 

Die rit deur Scarborough en Sun Valley verloop goed. Ek verloor meer tyd op afdraendes as op opdraendes. Dit is omdat die pas rustiger is wanneer ons bult op gaan. Ek gaan dus ook heelwat mense verby op die bultte, net sodat hulle bult af weer by my verby kan “vlieg”! Ons pak die “groot klim”, Chapman’s Peak aan. Dit is eintlik twee klimme. Chappies 1 is 1.48 km, met 61 meter styging en ‘n gemiddelde gradient van 4.09% en maksimum van 8.96. Chappies 2 is 1.85 km lank, 94 meter se klim met ‘n gemiddelde gradiënt van 5.09% en maksimum van 15.1! Die lot neem my 19 minute. ‘n Heel skaflike pas. Anderkant en deur Houtbaai verloop vlot.

 




Nou is net Suikerbossie nog oor. Dit neem 12 minute om die 1.61 km met 122 meter se klim onder die knie te kry. Van hier na die einde is dit meesal bult af!



Dit neem my 31 minute om die laaste 16.5 km af te lê. Op die einde van die dag is ek heel tevrede met my 4:21, my stadigste CTCT (Argus). Nou is daar darem ‘n mikpunt wat ek in 2027 kan probeer klop en reg behoort te kry!

 


 

Dinsdag 03 Maart 2026

Kaleo Toer 27/0-01/03



Ek het ‘n Kaleo Toer beplan vir die naweek van 27/02-01/03. Die idee was om Vrydagmiddag die ou Tankwa Trek Prolog (24 km) aan die Suid Ooste kant van Kaleo te ry. Saterdag die Witzenberg roete van ongeveer 90 km en dan Sondag met die ou Gydopas af deur Prins Alfred Hamlet en dan om die Merino Monster. Dit is so 80 km. Al my “maats” wat ek saam genooi het, het ongelukkig voor die tyd onttrek, maar ek het besluit om, op my eie, voort te gaan.

 

Ek val Vrydag 12:15 in die pad en kom net na 14:30 daar aan. Pak af, trek fietsry klere aan en val 14:53 in die pad. Die ou Prolog is ‘n lekker uitdagende roete en ek het dit al ‘n paar keer op my eie en saam met van my maats gery. Dit het ‘n paar lekker klimme en met heelwat “single tracks”, rowwe “jeep tracks” en so ‘n bietjie distrikspad. Dit lyk nie of die roete eintlik meer goed onderhou word nie. Die onlangs reën het ‘n paar lelike spoelslote nagelaat en daar was ook ‘n paar bruggies wat weg gespoel het.





Ek het werklik baie lekker gery en dit vreeslik geniet. Dit was tot by kilometer 18.6! By ‘n baie onbenullige kliprantjie, met ‘n kleinerigge gat in die middel, neem ek die verkeerde lyn! My voorwiel steek in die gat vas ek ek vlieg oor die handvaststels. In  Engles noem hulle dit ‘n klassieke OTB (over the bars). Gelukkig was daar nie skerp klippe nie en ek val tussen die bossies en op die sand. Ek probeer natuurlik die val keer en maak daarmee my linkerhand redelik seer. My linker bobeen swel ook vining op. Niks is stukkend nie, behalwe dat my “ego” ‘n redelike “duik” in het. Ek klim op en ry verder. Ek kan voel dat my linkerhand redelik “gevoellig” is, maar darem nie so dat ek nie die handvatsel kan vas hou nie. Ek ry die laaste 7 km sonder enige ernstige probleme. Hand is ‘n bietjie seer, maar leefbaar! Terwyl ek ry maak ek vrede met die feit dat my naweek se fietsry nou iets van die verlede is. Ek het reeds betaal en sal dus maar die res van die naweek “chill”!

 


Die res van die naweek was heel aangenaam, behalwe vir die feit dat ek Vrydagaand baie min geslaap het as gevolg van pyn. Saterdagaand was die hand nog gevoellig, maar toe slaap ek soos ‘n babatjie!

 

Saterdagoggend ry ek na die plek waar ek geval het en kan weereens nie glo dat ek so agterlosig was nie. Ek het vroeër die dag by baie moeiliker gedeeltes, sonder enige probleme, afgery. Wys weer, konsetreer 110% wanneer jy oor ongelyke terrain ry!


k is voor einde Mei terug om dan weer die hele avontuur aan te pas. Mag dalk die Sondag korter maak.